Rut
SKRIFLESING
Genesis 19:
30Lot het toe van Soar af weggegaan
en met sy twee dogters
in die berge gaan bly.
Hy was bang om in Soar te bly
en het toe met sy twee dogters
in ’n grot gaan woon.
31Die oudste dogter
het vir die jongste gesê:
“Pa is oud.
Hier rond sal ons nie op die gebruiklike manier mans kry nie.
32Kom ons maak vir pa dronk
en dan slaap ons by hom
sodat ons by hom kinders kan hê.”
33Daardie nag
het hulle hom dronk gemaak,
en die oudste dogter het met hom gemeenskap gehad.
Hy het nie besef dat dit sy is
wat by hom kom lê
en daarna opstaan nie.
…
36So het die twee dogters van Lot by hulle pa swanger geword.
37Die oudste het ’n seun in die wêreld gebring
en hom Moab genoem.
Hy is die voorvader van die Moabiete.
38Die jongste dogter
het ook ’n seun in die wêreld gebring
en hom Ben-Ammi genoem.
Hy is die voorvader van die Ammoniete.
Tyd van Abraham…
Weet nou al wat intussen gebeur.
Israeliete eindig slawe Egipte,
Totdat eeue later bevry.
Terwyl land van belofte ingaan:
Numeri 22
22 Daarna het die Israeliete verder getrek
en kamp opgeslaan in die Moabsvlakte
teenoor Jerigo,
oos van die Jordaan.
2Balak seun van Sippor
het gehoor van alles wat Israel
aan die Amoriete gedoen het.
3Die Moabiete het baie groot geskrik vir die Israeliete,
want hulle was baie.
Die Moabiete het bang geword vir die Israeliete
4en het vir die leiers van Midian gesê:
“Hierdie horde gaan alles rondom ons opvreet
soos beeste die gras in die veld opvreet.”
Balak seun van Sippor was destyds koning van Moab
5en hy het boodskappers gestuur
om vir Bileam
seun van Beor
te laat haal. …
Balak het hom laat weet:
“’n Volk wat uit Egipte kom,
het hier by my kom intrek.
Die aarde is tóé onder hulle.
6Kom asseblief
en vervloek hierdie volk vir my,
want hulle is te sterk vir my.
Miskien sal ek hulle dan kan verslaan
en uit die land verdryf.
Ek weet:
wie jy seën, is geseën,
en wie jy vervloek, is vervloek.”
Israeliete wel op ou end beloofde land in –
Net voorland ingaan:
Deut. 23:
2Niemand wat gebore is uit ontoelaatbare geslagsgemeenskap
[= bloedskande]
mag lid van die gemeente word nie,
selfs nie so ’n persoon se tiende nageslag nie.
3Geen Ammoniet
of Moabiet
mag lid van die gemeente word nie.
Niemand uit hulle nageslag
mag ooit
lid van die gemeente word nie,
selfs nie eers een van die tiende geslag nie.
4Dit is omdat hulle jou nie van kos en water voorsien het
toe julle uit Egipte getrek het nie
en hulle vir Bileam seun van Beor
uit Petor in Mesopotamië
gehuur het om jou te vervloek.
Beloofde land,
Breek tyd van Rigters aan.
Tussentyd rigters – konings –
Lees verhaal van Rut.
Hoor nie in Afrikaans,
As lees Hebreeus,
Baie melodieus,
Een refrein hele tyd:
Rut die Moabiet.
Rut die Moabiet.
Rut die Moabiet.
Mens kan natuurlik baie dinge sê
oor Naomi & Elimelek besluit onrein land Moab te gaan woon –
boonop seuns toelaat Moabitiese vroue te trou!
Hulle lyn besmet met Moabitiese bloedskandige,
Ongasvrye (ergste belediging) lyn.
Rut bekende woorde Naomi,
Naomi wil terugstuur –
Onthou, weduwee uitgelewer,
Geen inkomste, heenkome.
Rut beter kans eie mense sal sorg –
Veral nie Israel sorg!
Dalk Naomi skaam Rut saam huis toe neem?
(Rut 1:16-17)
16Maar Rut het geantwoord:
“Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan
en om om te draai nie,
want waar u gaan,
sal ek gaan;
waar u bly,
sal ek bly;
u volk is my volk;
u God is my God;
17waar u sterf,
sal ek sterf
en daar sal ek begrawe word.
Ek lê ’n eed af voor die Here:
net die dood sal ons skei.”
Rut deurgaans voorgehou simbool van geloof,
Regte ding doen,
Vertrou op God.
Rut en Boas trou,
Seun Obed.
Naby einde boek woorde:
Obed was die voorvader van Dawid. (Rut 4:17b).
Dan laaste teks vanoggend:
Matteus 1:
1 Die geslagsregister van Jesus Christus,
die Seun van Dawid,
die seun van Abraham:
2Abraham was die vader van Isak,
Isak van Jakob,
en Jakob van Juda en sy broers;
3Juda was die vader van Peres
en Serag by Tamar,
Peres van Gesron,
en Gesron van Ram;
4Ram was die vader van Amminadab,
Amminadab van Nagson,
en Nagson van Salmon;
5Salmon was die vader van Boas by Ragab,
Boas van Obed by Rut [die Moabiet],
Obed van Isai;
6Isai was die vader van koning Dawid.
Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija;
7Salomo was die vader van Rehabeam,
Rehabeam van Abia en Abia van Asa;
8Asa was die vader van Josafat,
Josafat van Joram,
en Joram van Ussia;
9Ussia was die vader van Jotam,
Jotam van Agas,
en Agas van Hiskia;
10Hiskia was die vader van Manasse,
Manasse van Amon,
en Amon van Josia;
11Josia was die vader van Jojagin en sy broers.
Toe is die volk weggevoer na Babilonië toe.
12En na die Babiloniese ballingskap was dit so:
Jojagin was die vader van Sealtiël,
en Sealtiël van Serubbabel;
13Serubbabel was die vader van Abihud,
Abihud van Eljakim,
en Eljakim van Asor;
14Asor was die vader van Sadok,
Sadok van Agim,
en Agim van Elihud;
15Elihud was die vader van Eleasar,
Eleasar van Mattan,
en Mattan van Jakob;
16Jakob was die vader van Josef,
die man van Maria
uit wie gebore is
Jesus
wat Christus genoem word.
Preek
Gebeur baie dinge in verhaal van Rut die Moabiet –
Soveel kan uitlig,
Literêr slim –
Kan hele kwartaal reeks.
Vanoggend net twee goed uitlig
(eerste eintlik reeds met Skriflesing).
Jan verlede week:
Jy is nie te gewoon vir God nie.
Dan kan vandag amper sê:
Jy is nie te erg vir God nie.
Beter nog:
NIEMAND is te erg vir God nie.
Niks
Maar niks
Kan ons uit die gemeenskap van gelowiges hou nie.
Wonderlike goeie nuus vir elkeen van ons –
Almal goed beken met ons eie troetel-sondes,
Geraamtes in sommige van ons se verlede:
Maak nie saak wát nie –
Maak nie saak wat jy gedoen het,
Of aangedoen is –
Kan jou nie uit God se teenwoordigheid hou nie,
Sal jou nie diskwalifiseer nie.
Dis die goeie nuus vir elkeen van ons.
Maar teks gaan vêrder,
Wyer as dit.
Kleingroepmateriaal verwys na
God insluiting van vreemdelinge
Sigbaar hierdie teks.
Ek dink nie ons besef hoe radikaal dit is nie.
Hoe skandelik hierdie teks is,
Hoe dit ganse realiteit van Israel,
Maar ook van ons,
Omkeer.
Wie jy ook al dink die vieslikste,
Die ergste,
Die een wat God darem net nie durf insluit nie –
God máák daardie mense deel van sy Liggaam.
Praat dalk nou hier van volk,
Nasie,
Groep mense – lewenstyl jou nie aanstaan,
Mense in Walmer Township,
In bos hier by baken.
Of dalk selfs individu –
Iemand jou te nagekom,
Jou voorgeslagte te nagekom,
Wrok oor geslagte gekoester.
Daardie mense red God,
Sluit in.
Maar God sluit hulle nie net in nie!
1. God gebruik hulle.
2. God hou hulle op as voorbeeld vir dié van ons wat voel ons effens nader aan sentrum van God se wil en plan en beeld is as húlle
3. God trek hulle in God se eie geslagsregister in.
Jesus se geslagsregister nie bloot toevallig.
Wanneer verhaal Rut hier afspeel,
Moabitiese bloed deel van Dawidiese lyn,
God reeds besig te beplan,
Reeds besig pad gereed te maak sy seun.
Dit wys eintlik al vir ons vooruit
Wat sy seun gaan kom doen.
Wanneer Jesus op aarde leef,
Word die randfigure in die middel gesit.
Total struktuur van hoe ons
En bevoorregtes van Jesus tyd
Wêreld verstaan,
Word omgekeer.
Geseënd is nié die wat finansieel welaf is,
Wat weet hoe om ’n mes en vurk vas te hou,
Vir self kan voorsien
Mag, invloed.
Vermoë het om hele koninkryk-besigheid intellektueel te snap,
Kan nadink oor wet, God wil…
Geseënd is julle wat arm is,
Want aan julle behoort die koninkryk van God.
Geseën is julle wat honger is
Wat huil
Dié wat deur mense gehaat
En verstoot
En uitgeskel word.
(Luk. 6) –
Want dít is die mense belangrik is in Jesus koninkryk.
Wanneer Jesus leiers kies,
Wat sy boodskap gaan verkondig wêreld deur –
Nie geleerdes,
Nie godsdienstiges –
Vissermanne,
Eenvoudige werkersklas mense.
Wanneer Jesus eie taak aankondig –
Teks ons lei vanjaar:
18“Die Gees van die Here is op My
omdat Hy My gesalf het
om die evangelie aan armes
te verkondig.
Hy het My gestuur
om vrylating vir gevangenes
uit te roep
en herstel van gesig vir blindes,
om onderdruktes in vryheid
uit te stuur,
19om die genadejaar van die Here
aan te kondig.”
Die Bybel Nuwe Vertaling. 1998 (electronic ed.) (Lk 4:18–19). Cape Town, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika.
Natuurlik kan ons dit soms vergeestelik,
Nodig om onsself ingesluit te voel daarby.
Maar kan eenvoudig nie res van evangelie ignoreer,
Jesus optrede van dag tot dag
Wat duidelik maak
Dat hy dit baie letterlik bedoel,
Armes
Prostitute
Verraaiers.
Jesus maak die laastes eerste.
Daardie mense vir ons onsigbaar is –
Hulle, sê Jesus,
Is die belangrikes.
Die randfigure
Word sentrale karakters.
Dit maak van die boek Rut ’n baie uitdagende boek vir elkeen van ons.
Daag ons uit eerlik wees met self,
Te sien wie ons “Moabiete” is –
Ons eie vooroordele dapper te nóém,
Te sien hoe God juis ons persepsie van hoe dinge moet wees,
Omkeer.
Maar waar laat dit ons?
Baie van ons is op sekere maniere randfigure,
Kom sê: Moabiete.
Maar ons almal
Is op baie maniere
Níe Moabiete nie –
Nie arm nie,
Nie in die tronk nie,
Nie blind nie…
Hoe lees ons dan
Nie net verhaal van Rut
Maar hele evangelie –
Verhaal van Jesus van Nasaret,
Wie sterwe en opstanding vandag spesifiek oordink.
Ons dalk nie Moabiete.
Ons dalk eerder Boasiete.
Mense wat wél die mag het,
Wél die landerye,
Die koring –
En daarmee saam
Dubbel die verantwoordelikheid.
Wet Israel
Levitikus 19:
9“Wanneer julle julle lande afoes,
moet julle nie die wenakkers afoes nie
en ook nie die are wat bly lê,
agterna optel nie.
10Julle moet ook nie die wingerde
’n tweede keer oes
of die korrels wat val,
optel nie.
Laat dit alles bly vir die armes
en die vreemdelinge.
Ek is die Here julle God.
(Voorbeeld paar weke gelede gesê –
Wet wys vir volk hoe hy wil hê hulle sy liggaam moet wees).
Boas getrou wet –
Sorg dat mense in nood versorg word.
Maar gaan vérder as net letter van wet:
Sê laat val bietjie meer,
Moenie sukkel met haar.
(Gaan nie vanoggend ingaan in hele trou storie).
As God armes, kwesbares intrek in sy liggaam,
Dan gebruik hy ONS om dit te doen,
ONS om ander te versorg.
Dis hoekom so NB dat ons vanjaar praat van
Geseën om te seën.
Ons hoef nie skuldig te voel oor seën wat God vir ons gee.
Is gawe!
Sê daarvoor dankie.
En gebruik dit met verantwoordelikheid –
Om ander te versorg,
Om ander wat in ons samelewing onsigbaar geraak het,
Sigbaar te maak.
Om die “untouchables”
Aan te raak.
30 minute om te seën
Klein eerste tree,
Help om met die verantwoordelikheid te leef
Wat God aan ons toevertrou het.
Afsluit vertel Stop Hunger Now –
Groot maatskappye,
Baie van ons nie regtig iets doen.
Vertel eerstens omdat so inspirerend,
Tweedens weet sommige van julle dalk kontakte:
www.stophungernowsa.org
Besighede belê minimum R25 000
(deel bedrag aftrek – sal beter weet as ek),
SHN reël event, group building.
Pak kos –
(groente, vit).
Boks kos R504
Kind brein ontwikkel eerste 6 jaar –
Ondervoed,
Agterstand vir altyd.
As wil impak maak land,
Klein kinders kos gee!
Crèche kry geld van regering,
Per kind,
Elke dag kos gee.
Om te kry,
Moet registreer.
Om te registreer,
Moet sekere vereistes –
Wasbak,
Toilet…
SHN vind crèche wat nie geregistreer.
Verkoop bokse @ R100 een –
Geld in crèche se eie rekening inbetaal.
Na 6 maande,
Crèche se eie geld gebruik
Help voldoen vereistes
Registreer,
Toegang fondse.
Theo Havemann Oos-Kaap koördineerder,
As betrokke wil raak,
Meer wil weet,
Gesels.
Vertel van SHN
Een voorbeeld.
Maar elkeen van ons
Kan op manier
Boas wees vir ’n vreemdeling.
Dit is waartoe God ons roep.