Markus 5 – Menswaardigheid

Jesus maak mense heel deur na hulle te luister…

ONS GROET MEKAAR

’n Klassieke gereformeerde liturgie is ’n tweegesprek:  ons luister na God, God luister na ons ons reageer oor en weer.  Daarom wil ek jou nooi: wees vanoggend bewus van hierdie wederkerige gesprek, van God wat na ons luister en ons wat ons na God luister.

ONS KOM NA GOD TOE

kleedKyk na die prent van die vrou wat Jesus se kleed aanraak [Seisoen van Menswaardigheid illustrasie], in die geloof dat dit haar sal genees.  Word stil en dink na:  watter nood is daar in jou lewe, die plekke en/of maniere waarop jy onsigbaar voel, situasies ens. wat jy graag wil hê God moet raaksien, dinge waarvoor jy aan Jesus se kleed wil gryp.

Stilte

Flam 318 Nader tot die Here

GOD SÊ VIR ONS WELKOM

Votum en Seëngroet

Psalm 66:16–17, 19-20

ONS LOOF GOD

Lied 200 U goedheid, heer, kan ons nie peil nie (staan)

VONKK 110 Saam Wil Ons Die Here (kanon) (sit)

GOD SÊ HOE ONS SAAM MET HOM LEEF

dogtertjieWet

Miga 6:8

Kyk na die prent [Seisoen van Menswaardigheid illustrasie].  Wie is die mense deur wie se lewe jy nie geraak word nie, maar eerder onaangeraak bly – die mense wat jy nie aanraak nie.

ONS REAGEER OP WAT GOD VRA

(Skuldbelydenis en Toewyding)

V: Here, daar is so baie mense rondom ons, maar ons sien die meeste van hulle nie eens raak nie.

G: Here, wees ons genadig!

V: Here, by U is die laastes eerste, maar by ons bly hulle laaste.

G: Here, wees ons genadig!

V: Here, ons hou meer van belangrike mense as van onbelangrike mense.

G: Here, wees ons genadig!

V: Here, ons is volslae uitverkoop aan ’n samelewing waarin groter altyd beter is.

G: Here, wees ons genadig!

V: Here, ons is te besig om stil te staan en te luister na die sagter stemme rondom ons.

G: Here, wees ons genadig!

V: Here, ons hou van dinge en van mense en selfs van kerke wat blink.

G: Here, wees ons genadig!

V: Here, help ons om méér mense raak te sien, veral die byna onsigbares.

G: Here, wees ons genadig!

[Wepener, Cas. 2011.  Soos ’n Blom na die Son Draai.  Wellington:  Bybel-Media.]

GOD SÊ DAT HY ONS LIEF HET

Psalm 103:8–13

ONS SÊ VIR GOD DANKIE

(Toe-eiening)

Flam 107 Die borrelliedjie (staan)

ONS SÊ ONS WIL NA GOD LUISTER

Epiklese

Flam 87 Maak my nou stil, Heer, ek wil na U luister

GOD PRAAT MET ONS

Skriflesing

Markus 5:21-42  (man lees:  21-24; vrou lees:  25-34; man lees:  35-42)

Preek

Inleiding

Ons is besig met ’n reeks getiteld:  Jesus-verhale van menswaardigheid.  Vandag fokus eintlik op die verhaal an die dogtertjie van Jaïrus – met die waarde van luister.  Oor ‘n paar weke fokus ons op die vrou wat aan bloedvloeiing lei – met die waarde van omarm.  Die twee verhale hoort egter saam in die skrifgedeelte, daarom gaan ons vandag oor die hele skrifgedeelte dink.

Gareth Cliff

Ons land het die laaste paar weke behoorlik gegons oor rassisme.  Een van die gevalle, waarvan julle sal weet, is Gareth Cliff wat deur deur M-Net as Idols beoordelaar afgedank is, omdat hy te midde van die rassisme storm gesê het mense verstaan nie vryheid van spraak nie.

Die afgelope week was daar ’n hofsaak, waar Cliff M-Net gedagvaar het oor die afdanking.  Gareth Cliff, met behulp van sy prokureur Dali Mpofu, het natuurlik die saak gewen.  Hierdie foto wys vir Cliff en Mpofu waar hulle uitbundig na hul oorwinning uit die hof stap.  Alle fokus is, natuurlik, op hulle.  Hulle het pas ’n saak met miljoene rande gewen.

En dan, skuins agter hulle, is iemand besig om in die rommel te grawe.  Byna onsigbaar.  Ek weet nie of die fotograaf bedoel het dat die foto ironies moet wees, of dalk self nie eers die ou in agtergrond gesien het nie?  Maar ek weet van myself dat sulke mense dikwels wegsmelt in die landskap.  Ons is so gefokus op die ryk oorwinnaars, dat die mense op die kantlyne verdwyn.

Die man in die rommel se naam is Oscar Maile, ’n hawelose man, voorheen ’n verwer, wat sy werk verloor het.  Hy is aan dwelms verslaaf en wat herwin rommel.  Hiermee maak hy ongeveer R80 per dag.

Dit is natuurlik ook die verhaal wat ons vandag in die Bybel gelees het:  Ekstreme kante van die sosio-ekonomiese skaal.  Die gesiene man, ’n leier in die gemeenskap, wie se twaalfjarige dogtertjie waarskynlik tot haar siekte ’n lewe van welvaart en bevoorregting gelei het.  En ’n armlastige vrou, wie se 12-jaar lange siekte haar onsigbaar gemaak het.

Die tempel se deure is oop

As jy al ooit ’n preek oor hierdie gedeelte gehoor het, dan het jy sekerlik al baie gehoor oor reinheid en onreinheid:  hoe daar in Jesus tyd wette was wat die hele lewe gereguleer het.  Hierdie wette het bepaal wie in die tempel mag kom.  Dit het sosiale interaksie bepaal.  Dit het mense se plek in die samelewing bepaal.   Dan het jy ook al gehoor hoe hierdie vrou weens haar siekte waarskynlik  ’n uitgeworpene was.  Iemand wat waarskynlik geen menslike kontak gehad het nie.  Wanneer sy wel met ander kontak gehad het, het haar onreinheid afgesmeer.  Dan het jy al gehoor hoe sy nie in die tempel mag kom nie en per implikasie beperk was in haar aanbidding.

Maar kom ons vergeet vir ’n oomblik van haar onreinheid en ons kyk wat Jesus doen.  Begin ’n paar verse terug, waar Jesus in Gerasa aankom.  Dis ’n nie-Joodse gebied.  Onrein.  Dit wil voorkom asof Jesus na ’n begraafplaas gaan.  Onrein!  Dan kom ’n onrein man na Jesus – ’n besetene, wat tussen grafte woon.  In stede daarvan om hom te ignoreer, jaag Jesus die geeste uit hom uit.  Na wat?  Varke!  Onrein!

Dan kom die vrou wat aan bloedvloeiing ly en raak aan Jesus.  In stede daarvan om haar tereg te wys, sê Jesus hierdie onverwagse, skokkende woorde:   “Dogter, jou geloof het jou gered.”

Maar Jesus gaan verder!   Terwyl hy staan en hanna-hanna met ’n onbelangrike, pariah vrou, gaan die ryk, belangrike man se kind dood.  Jesus gaan na haar huis… en… let op… raak aan haar lyk.  Onrein!

Dit is konsekwent in Jesus se bediening.  Hy het die wet onderhou, gesê dat hy nie gekom het om die wet ongeldig / ongedaan (Matt. 5) te maak nie.  Maar hy het ook aanmekaar, aanhoudend, reinheidswette oortree.  In die proses het hy die tempel se deure oopgemaak.  Deur reinheidwette te oortree, het Jesus dié dinge wat verhoed het dat mense God kan aanbid, die dinge wat tussen mense en God staan, weggeneem.  Dis nie om dowe neute dat die tempel se voorhangsel geskeur het met Jesus se sterwe nie.

In Jesus sien ons dat God se heiligheid nie ’n statiese ding is nie, maar ’n aktiewe krag wat versprei en onheiligheid uitwis, sodat mense die lewe-gewende krag van die evangelie kan ontvang.  As die tradisionele Joodse siening was dat mense heiligheid bekom deur hulle af te skei van die bedreigende kragte van onreinheid, dan bied Markus (deur die hele boek) ’n alternatief:  dat onreinheid oorkom word deur heelheid te versprei.  Soos Marcus Borg dit stel:  Die politiek van onreinheid word vervang met die politiek van deernis.

Jesus se verbreking van reinheidwette sê vir ons dat ons welkom is by God, dat ons tot God mag nader, dat deernis en heelheid baie magtiger is as enige “klad” wat ons mag sien of voel.

Aanraak en aanhoor

Die tweede ding wat so treffend is in hierdie verhaal – wat aansluit by reinheid – is die rol van aanraking en luister.

Die vrou raak aan Jesus se kleed en word gesond.  Jesus kon dit daar laat!  Hy was immers haastig!  Hy het ’n prominente godsdienste leier by hom, iemand met dringende nood.  Maar Jesus stop.  Hy vra wie aan hom geraak het.  Hy dring aan op persoonlike kontak.  Hy sien die onsigbare vrou raak – die vrou wat dit kon regkry om tussen die skare deur tot by hom te kom en hom aan te raak, sonder dat enige iemand haar sien!  En Jesus LUISTER na haar.  Onthou, sy is nou reeds genees! Maar Jesus kyk haar in die oë, luister na haar verhaal, trek haar in verhouding in. En noem haar… dogter.  Kan jy sien hoe omvattend hierdie vrou se genesing is?  Dis hoekom die Bybel sê sy is “gered”, eerder as genees.

Hier is ook ’n kontras tussen hierdie vrou en Jaïrus se dogtertjie.  In die dogtertjie se lewe is daar ’n man wa vir haar intree.  Maar sy is vrou alleen, met geen man wat vir haar kan intree, haar kan beskerm nie – iets wat in haar samelewing lewensbelangrik was.  En Jesus noem haar:  dogter.  Sy word weer deel van gemeenskap, van familie.  Sy word in eer herstel.  Sy word ’n voorbeeld van geloof.

Dan gaan Jesus na Jaïrus se huis.

Dis baie interessant – eintlik half vreemd vir Jesus se tyd – dat die ma bykom.

Nou weereens:  Jesus kon mos die dogtertjie van ‘n afstand af genees het!  Hy kon haar al gesond gemaak het toe Jaïrus aanvanklik by hom aangekom het!  Maar Jesus gaan in haar kamer in, raak haar aan en spreek haar aan.

Vroeër vandeesweek het iemand in Vancouver vertel van iets wat hulle op trein sien afspeel het.  ’n Ses voet vyf man, duidelik óf hoog op dwelms of (en?) met ’n geestesversteuring, het baie aggressief op die trein gevloek en geskreeu.  Almal was bang.  Een wildvreemde tannie – 70 jaar oud – het haar hand uitgesteek en sy hand styf vasgehou, totdat hy gekalmeer het.  Sy het in stilte by hom bly sit, terwyl hy met trane in sy oë haar hand vasgehou het.

Jesus se optrede in vandag se Skriflesing sê vir ons twee goed.  Eerstens oor ons eie waarde:  dat God ook by ons stilstaan, ons na waarde ag, raaksien en luister.

Tweedens kan hierdie verhaal ons help om mense raak te sien – die dogtertjies, of die mense wat in rommel grawe, die vreemdeling op die trein – en liefde te beliggaam.  Om mense in die oë te kyk, aan te raak wanneer dit gepas is, te luister, te “sit”.

Selfsorg en die stryd om heelheid

Die derde ding interessant – vreemd! – is aan hierdie verhaal, is die rol wat die vrou in haar eie genesing speel.  Sy neem die inisiatief.  Sy vra nie vir genesing.  Om die waarheid te sê, sy oortree sosiale kodes – waarskynlik selfs godsdienste wette – om genesing te bekom.  En Jesus sê:  haar geloof het haar gered.

Dit gebeur te dikwels dat ons terugsit en dink ander moet ons red, iemand anders  moet vir ons intree, namens ons optree.   Die verhaal van die vrou met bloedvloeiing beklemtoon haar waardigheid.  Sy is assertief, self-geldend, dapper en eerlik.

Hierdie verhale daag ons uit om nie net verantwoordelikheid te neem vir ander –  soos wat Jaïrus gedoen het vir sy dogter nie – maar om ook verantwoordelikheid te neem vir onsself.  ’n Mens sien dit gereeld in Markus.  Jesus werk op ’n kragtige manier.  Maar Jesus sluit mense in by sy werk.  Dit is deelnemende krag.

Frances Gench [Gench, Frances Taylor. 2004. Back to the Well: Women’s Encounters with Jesus in the Gospels. Westminster, John Knox Press.] stel dit aangrypend:

May the example of Jesus’ empowering ministry shape our efforts to empower others in their own struggles for healing and wholeness.  And may the example of this woman rouse us from our own despair and dependency to take responsibility for ourselves, to act courageously in our own behalf, to embrace the power of God that Jesus exercises on our behalf, and to claim our voices and full personhood in Christ.

Mag die voorbeeld van Jesus se bemagtigende bediening vorm gee aan ons pogings om ander te bemagtig in hul eie stryd om genesing en heelheid. En mag hierdie vrou se voorbeeld ons laat ontwaak uit ons eie wanhoop en afhanklikheid, om verantwoordelikheid te neem vir onsself, om dapper op te tree ook vir ten behoewe van onsself, om die krag van God wat Jesus ter wille van ons beoefen, te omarm en om ons stemme  en volle menswees in Christus te vat.

Dealing with interruptions

En as ons dit kan regkry, dan gou vinnig nog ’n laaste saak:  onderbrekings.  Hierdie is nie naastenby die enigste keer wat Jesus onderbreek word nie.  Maar Jesus laat toe dat ’n naamlose, hawelose vrou sy missie met ’n prominente godsdienste leier onderbreek.  Jesus se medelye diskrimineer nie.  Dis universeel.  Henry Nouwen het gesê:  Ek het my lewe lank gekla dat my werk aanmekaar onderbreek word, totdat ek besef het:  die onderbrekings is my werk.

Dis natuurlik net wanneer ons ook na onsself kyk, seker maak dat ons tyd het om te rus, seker maak daar is kantlyne in ons program, wat ons onderbreek kan word.

Luister, om ander raak te sien, beteken dikwels baie prakties dat ons gewilligheid  moet wees om onderbreek te word.

In 1999 het ek met ’n bus van Worcester tot in Harare gereis.  Ek het by ’n vriendin in Chivo gaan kuier, van waar ons huisbesoek deur die hele suide van Zimbabwe gedoen het.  Onder andere het ons een dag na die Copota School of the Blind in Masvingo gegaan.  Dit was die eerste dag van die nuwe skooljaar.  Almal hardloop heen en weer om alles aan die gang te kry.

Ek en my vriendin se tannie het op die skool se stoep gesit en wag terwyl my vriendin iewers anders heen gery het om een of anders iets te gaan oplaai.  Die skoolhoof het verbygekom en gesê ons moet na sy kantoor kom.  Ons het gaan sit, vir hom gesê hy moet asb. nie dat ons hom uit sy werk uithou nie, ons weet dis ’n besige dag, hy het baie om te doen – hy kan rustig voortgaan.  Hy het ons half geskok aangekyk en gesê:  “Nee, dit kan mos nie so wees nie.  Mense is altyd belangriker as dinge.  Daar is altyd genoeg tyd vir mense.”  Hy het voortgegaan om ons te vertel van die skool se werk, al hulle uitdagings… en na ’n lang gesprek, gestop en gesê:  “Mfundisi, now you pray for us.”

Ek het  daardie dag twee goed geleer:  Daar is altyd genoeg tyd vir mense.  En wanneer iemand vir jou iets vertel, dan moet jy luister, want jy gaan nou-nou moet bid.

ONS VRA GOD OM ONS TE HELP

(Voorbidding)

GOD STUUR ONS

Afkondigings

ONS VERBIND ONSSELF AAN GOD SE OPDRAG

(Dankoffer)

ONS REAGEER OP GOD SE WOORD

(Slotsang)

Lied 284 Laat, Heer, u vrede deur my vloei (staan)

GOD STUUR ONS MET SY SEËN

Mag ons Jesus se genesende aanraking, bemagtigende teenwoordigheid en omvattende genade ken, te midde van ons eie desperate omstandighede.

Mag hierdie belewenis vir ons geloof en ’n stem gee, ons herstel tot gemeenskap en heelheid, ons opwek tot nuwe lewe.

En mag Jesus se tasbare, bemagtigende en geduldige deernis ons eie lewens vorm in ooreenstemming met sy lewe.

Amen

May we know Jesus’ healing touch, his empowering presence, and his indiscriminate mercy in the midst of our own desperate realities, summoning our faith and our voice restoring us to wholeness and community and raising is to new life.  And may Jesus’ tangible empowering and patient compassion shape our own daily ministries in conformity to his own.  [Gench, Frances Taylor. 2004. Back to the Well: Women’s Encounters with Jesus in the Gospels. Westminster, John Knox Press.]

ONS GAAN MET GOD SE SEËN

(Respons)

Lied 533 Stuur ons Here (koor is voorsangers)

 

     

Tags: , , , ,

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie!

  • Avatar

    mariette

    |

    Môre-môre!

    Dankie Chris. Die reeks dra baie praktiese wenke oor en is verrykende luistergenot vir elkeen. Elke dag iets nuuts om na uit te sien!

    Seën daarop toegebid
    Mariette

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Nee, Elmarie, jy hoef nie. Ons kan 250 mense akkommodeer. Skryf net in by die deure. Baie welkom.

  • Avatar

    Prof Elmarie Venter

    |

    More Ds Chris. Ons is 3 wat wil bywoon. Moet ons nog bespreek? Groete
    Elmarie

  • Vreesloos 1

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • 21 Mei 2020

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.

  • Avatar

    Des Sampson

    |

    Goeie dag. Ek is voorsitter van die DVK op Hartenbos. Wat doen julle mbt die versorging van predikante en kantoor personeel?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dit was Rethie van Niekerk se preek. Sy het in die preek verwys na die Hebreeuse woorde.

    Die eerste reël (seën) het drie woorde, dan vyf woorde, dan sewe woorde.  15, 20, 25 konsonante (onthou ʾ is ook ‘n konsonant).  11, 13, 16 lettergrepe (ek het weer getel, en dit is die korrekte aantal).

    24 yĕbārekkā yĕhwâh wĕyišmĕrekā
    25 yāʾēr yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wîyḥunekā
    26 yiśāʾ yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wĕyāśēm lĕkā šālôwm

    Hoop dit maak sin.

  • Avatar

    Annemarie vn Zyl

    |

    NUM 6; GOD SE SEEN, Goeiemore
    Ek het vanoggend hierdie Bybelstudie gedoen en dit was wonderlik. Die deel DIE TEKS verstaan ek egter glad nie. ek kry die aantal woorde reg maar glad nie die konsonante en lettergrepe nie. Ek verstaan ook nie die doel van hierdie deel nie, tensy jy wil bewys dat dit menslik amper onmoontlik is om die seen so te skryf, met die spesifieke aantal konsonante en lettergrepe sonder God se ingryping.. ek sal dit waardeer as iemand die deel in kort vir my verduidelik Baie dankie Annemarie van zyl.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Corrie! Mooi jaar vir jou.

  • Avatar

    Corrie

    |

    Ds. Chris, soos altyd ń opbeurende en positiewe bydra deur U, vir die toepassing deur die kinders van God. Selfs hulle wat Hom nog nie as hul Saligmaker en Verlosser aangeneem het nie, sal baat by diė insetsel. Ek vra dat God se seën op U sal rus.

  • Avatar

    C Joubert

    |

    Inspirerende en besielende boodskappe

  • Avatar

    Sonja Lizemore

    |

    Beste Ds Chris.
    Net n GROOT DANKIE vir die liedere. Dit is baie spesiaal.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Carol, jy is reg, dit is ‘n kosbare insig! Ek het ook onlangs gepreek oor die inwonende Christus, as jy meer wil lees. Baie seën.

  • Avatar

    Carol

    |

    Baie dankie vir die eerste keer in my lewe besef ek nou wat my probleem is. Ek het nog nie vir JESUS in my ontdek nie dis geen wonder dat my verhouding met JESUS nêrens kom nie. Geen ontmoeting geen kennis of wysheid en GEEN GROEI.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Annelize – ons hou dienste in die kerkgebou (Louis Bothasingel 177, Somerstrand) om 09:00 Sondae tegelykertyd met ons Youtube erediens ook om 09:00. Ons het ook ‘n meer informele Youtube erediens – Pulse – wat van 11:00 af op ‘n Sondag beskikbaar is. Ter wille van die personeel se verlof sal ons DV van 27 Desember tot 24 Januarie nie fisiese eredienste in die kerk hê nie, net die Youtube erediens 09:00. Dié dienste word weer hervat van 31 Januarie af sowel as moontlik ‘n aanddiens om 18:30. As jy hier is, maak ‘n afspraak dat ons jou kan verwelkom. My sel is “nul agt twee 5749191”. Groete, Chris van Wyk.