Hoe dink jy oor die Heilige Gees?
Ek onthou hoe ek direk na my bekering ‘n boekie gelees het, iets soos die Oorvloedige Lewe. Dit het gegaan oor die vervulling met die Heilige Gees. Ek onthou goed as jong tiener die ervaring van geluk en vrede wat ek gehad het in my aanvanklike bewuswording van die Heilige Gees.
Dit is hoe baie mense die Heilige Gees ervaar. Sommige beskryf vervulling as ‘n stroom van onuitputlike liefde. Ander as ‘n tot rus kom in jouself. Ander as ‘n vrede wat jou verstand te bowe gaan.
Tog, het ek later van ander groot manne en vroue se ervaringe met die Heilige Gees gelees wat my laat wonder het, mis ek nie iets nie? Veral in die boek They Found the Secret: Twenty Lives That Reveal a Touch of Eternity.
Daarin is die wonderlike verhale van onder andere Hudson Taylor, Charles Finney, Dwight Moody, Andrew Murray, en Eugenia Price. Hulle verhale het my geïnspireer, maar ook laat wonder. Mis ek nie iets nie, want my ervaring was baie keer so ‘n bietjie op en af. Soms baie bewus. Soms ‘n bietjie minder.
Miskien het jy ook al gewonder?
Deur die jare het ek ook ervarings gesien wat my heeltemal teen die bors stuit. Die Toronto Blessing van mense wat in ‘n beswyming gaan, aan die hardloop gaan, weird en selfs skokkende dinge doen. Kyk maar net na die videos van mense soos Benny Hinn waar mense platgedruk word en aan die bewe gaan, soms heeltemal onbeheerbaar.
En dan wonder ‘n mens wat is die waarheid?
Wie is die Heilige Gees? Hoe werk vervulling? Wat kan jy verwag?
Begin by God se Openbaring
Dit is altyd belangrik om by die openbaring wat God vir ons gegee het, te begin. Om te begin met wat God vir ons in sy Woord openbaar het. Dan voorkom ‘n mens dat jy mislei word.
Wie is die Heilige Gees? Wat doen Hy? Wat leer ons in die Bybel?
Daar is drie aspekte van die Gees se werk wat ek wil uitlig in die OT. Daar is uiteraard meer.
Download the English Translation: Trust the Helper – John 14
HIER VOLG DIE HELE EREDIENS: