Skip to main content

Matteus 9:1-8 – Hou moed, kind, jou sondes word vergewe

Die wonderwerk van vergifnisDie hart van die boodskap vandag is dat die wonderwerk van vergifnis eintlik die belangriker wonderwerk is. ‘n Mens sou selfs kon sê, die wonderwerk van vergifnis troef die wonderwerk van genesing, al gee Jesus uiteindelik albei vir die man.

Want sien, jy kan met albei jou twee bene loop, sonder krukke oor die weg kom, sonder ‘n draagbaar of in sy geval ‘n slaapmat beweeg, maar as jou sonde nie op ‘n manier vergewe word nie, is jou toekoms duister.

“Hou moed, kind, jou sondes word vergewe.” Jesus sien dus sy hart raak, en genees sy hart. Vergifnis is die groter wonderwerk, dié een waarvan fisiese genesing eintlik net die teken is.

Jesus is dus nie maar net die Groot Geneesheer nie. Hy is veral die Groot Vergewer van sondes.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

Continue reading

Matteus 9:1-8 – Is wonderwerke moontlik vandag?

Laat ek dit weer helder sê: Markus, Lukas, Matteus, Johannes, Paulus en elkeen van die ander skrywers van die NT wat oor Jesus geskryf het, het bevestig dat Jesus ‘n wonderwerker was. Hulle sou dit immers nie kon skryf as dié dinge nie regtig gebeur het nie. Die wonderwerke van Jesus en die getuienisse daaroor in die evangelies maak net sin, as dit regtig gebeur het.

Die interpretasie van wat daar gebeur het, daaroor kon ‘n mens natuurlik verskil. Die Fariseërs en die Skrifgeleerdes het immers duidelik verskil oor die interpretasie daarvan. Jesus se wonderwerke is van die duiwel af, het hulle gesê. Dit kom nie van God af nie!

Dít was hulle interpretasie. Maar hulle het nie gewaag om te probeer sê, dit het nie gebeur nie. Hulle kon nie, want die getuienis oor Jesus se wonderwerke was net te duidelik. Hulle kón nie daarmee stry nie. Hulle kón dit nie ongedaan maak nie. Verdag maak, ja, verseker. Ontken, nee, toe nie. Dit was net nie moontlik nie.

Geen wonder dat nie een van die antieke bronne op Jesus se wonderwerke gereageer het deur dit te probeer ontken nie. Josephus noem Jesus baie spesifiek ‘n “miracle worker”. Selfs die Fariseërs en Skrifgeleerdes het die wonderwerke nie probeer ontken nie; net teologies probeer diskrediteer.

Maar, dít was toe. Is wonderwerke moontlik vandag?

HIER VOLG DIE HELE VOORDRAG:

Continue reading

Markus 9:14-29 – “Hoe lank gebeur dit al met hom?”

wwjd“What would Jesus do?” (WWJD). Die vraag van Charles Sheldon in sy boek In His Steps bly steeds vir baie Christene relevant: “What would Jesus do?” Baie tieners het op ‘n tyd dié frase op ‘n armband gedra. Dit was ‘n maklike manier om jouself te herinner, in elke situasie, dat jy soos Jesus moet leef, die dinge moet doen wat Hy sou gedoen het. “What would Jesus do?” Inderdaad.

Ek dink dit is steeds ‘n geldige vraag vir vandag: “What would Jesus do?” Ek dink ons almal sal graag wil doen wat Jesus gedoen het. Anders, wat is die punt van ons Christenskap, as ons nie doen wat ons leier, Jesus, gedoen het nie? “What would Jesus do?”

Maar, is dit so eenvoudig?

Laat my dink aan die tiener wat gesê het: “What would Jesus do? Dis maklik – die teenoorgestelde as wat ek sou doen!”

Om te doen wat Jesus gedoen het, is nie so maklik nie

Hy het intuïtief geweet dat dit alreeds een van die probleme is wat ons het. Ons doen nie die dinge wat Jesus gedoen het so maklik soos Jesus dit self gedoen het nie!

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

Continue reading

Lukas 10:25-37 – “Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry”

Good-Samaritan_1-full-1024“Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry.”

Die Here Jesus het ‘n hart vir mense. Dit hoor mens in hierdie gelykenis van die Barmhartige Samaritaan. As Hy die Samaritaan se reaksie beskryf dan beskryf Hy eintlik sy eie hart: “Toe hy hom sien, het hy hom innig jammer gekry.” Want dit is wat Jesus eintlik vir enigeen van ons doen. “Toe hy jou sien, het hy jou innig jammer gekry.” Dit is die evangelie van dié meesterverhaal.

Jesus het ‘n hart wat luister, ‘n hart wat omgee, ‘n hart wat liefhet. Ons sien dit in elke ding wat Hy ooit gedoen het. Sy geboorte. Sy bediening. Sy lyding. Sy kruisdood. Sy opstanding. Selfs sy hemelvaart, want Hy tree vir ons elke oomblik van elke dag in. Sy gebede word in die hart van die hemel gehoor, en dáár wys Hy steeds dat Hy vir ons omgee, trouens dat Hy vir al die mense op hierdie aarde omgee.

“Toe hy ons sien, het hy ons innig jammer gekry.” Inderdaad.

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS:

Continue reading

Matteus 8:1-4 – “Here, as U wil, kan U my rein maak.”

hartpp1Wie lees graag?

  • Wat lees julle?
  • Dié wat nie lees nie, fliek julle darem graag?
  • Wat is julle favorite flieks?

Ek het te veel favorite flieks, maar die Matrix trilogie, die Lord of the Rings trilogie, en die MIB trilogie is nogal redelik hoog op die lys. En ek het gehou van die Alien flieks en Prometheus – bietjie gory – en Elysium en so aan. Tussendeur darem ook romantiese komedies, The American President, en ernstiger flieks soos Andy en Red in Shawshank Redemption – kragtige fliek!

“Get busy living, or get busy dying.” sê Andy vir Red. En “Remember Red, hope is a good thing, maybe the best of things, and no good thing ever dies.” Die fliek eindig met dié frase: “I hope I can make it across the border. I hope to see my friend, and shake his hand. I hope the Pacific is as blue as it has been in my dreams. I hope.”

Continue reading

Lukas 10:1-16 – “Hy het hulle twee-twee voor Hom uitgestuur na elke dorp en plek wat Hy nog wou besoek”

22 Februarie 2015 – Laat Jesus deur jou VREEMDELINGE ontmoet

pp1

Ek verkneukel my altyd as ek oor gasvryheid nadink in die verhaal van Abraham by die tent en die drie mans wat hom kom besoek het. Ek kan my so inleef in die oorgawe waarmee hy die ontmoeting met die drie mans in Genesis 18 hanteer het.

Om jou geheue te verfris. Abraham het so gesit-slaap in die trek van sy oop tentdeur op die warmste deel van die dag. Drie figure het skielik verskyn in die dynserigheid. Sonder om te huiwer, het Abraham opgestaan, na hulle toe gedraf en voor hulle neergebuig: “Menere, doen my die guns. Moenie net verby gaan nie. Laat ek eers ‘n bietjie water gaan haal en julle voete was. Kom rus hier onder my boom. U is nou eenmaal hier en ek wil darem vir julle ‘n stukkie brood gaan haal sodat julle weer nuwe krag kan kry vir die pad wat voorlê.”

En die drie mans het nie gehuiwer nie.

Abraham het in die tent ingeskarrel na Sara toe en vir haar gesê:“Bak vir ons roosterkoeke, sommer 16 kg s’n.”  Dis meer as 64 koppies meel, meer as ‘n honderd roosterkoeke!

Abraham het buitentoe gedraf na die beeste en ‘n mooi jong kalf gevat. Die beste en sagste vleis wat hy het – omtrent ‘n 100 kg. En hy het dit gaar gemaak. Hy neem toe botter en melk, die roosterkoeke en die kalfsvleis en sit dit voor die mans neer en bedien hulle self.

En dan, op dié punt, maak die verhaal ‘n wending. Die mans vra na sy vrou en maak ‘n belofte: “oor ‘n jaar sal jou vrou Sara ‘n seun hê”. En skielik besef Abraham, dis die Here wat nou met hom praat.

Sy gasvryheid het in ‘n ontmoeting met die Here verander! Hy hou ‘n braai vir die Here!

En in die ontmoeting doen die Here ‘n wonderlike ding. Hy bring vir Abraham en Sara weer bymekaar uit. 24 jaar lank al wag hulle vir die kind van die belofte. Sara het al vir Abraham haar slavin Hagar gegee om deur haar ‘n kind te hê. Maar dit het net verwydering gebring. Geen wonder dat Sara by haarself gelag het en gedink het: “Sal ek nog genot kan hê noudat ek afgeleef is? En dit met my man wat oud is?”

Maar die Here het die belofte herhaal. Oor ‘n jaar sal jou vrou ‘n seun hê.

En dit was ook só.

Gasvryheid het hulle lewe verander! Vir altyd!

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading