GOD IS VRYGEWIG 2-8 Augustus
Teologiese Raamwerk / Kleingroepmateriaal / Geloofsgewoonte vir die week / Huisgeloof
Written by Chris van Wyk on . Posted in Huisgodsdiens, Kleingroepmateriaal. No Comments on GOD IS VRYGEWIG 2-8 Augustus
Teologiese Raamwerk / Kleingroepmateriaal / Geloofsgewoonte vir die week / Huisgeloof
Written by Rethie van Niekerk on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on God is Goed Huisgeloof
Vertel vir mekaar van kere wat julle spesiaal besef het dat God goed is. Probeer veral dink aan kere wat dit nie noodwendig goed gegaan het nie.
Written by on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on Huisgeloof 20 tot 26 Julie 2015
Vertel vir mekaar hoe julle dink God lyk en is.
• Lees Romeine 12:2 en gesels oor wat julle opval of aanspreek in die teksgedeelte.
• Daar is ’n uitdrukking: “Jy is wat jy eet”. Gesels oor hoe dít wat jy insit, bepaal wat jy uitkry. Hoe kan ons dit van toepassing maak op ons lewe saam met God?
Watter geloofsgewoonte beoefen julle gesin gereeld saam? Bv. huisgodsiens, kerk toe gaan, saam bid. Hoe gaan julle hierdie kwartaal daardie gewoonte inoefen?
Oorweeg om vir hierdie kwartaal by ’n selgroep aan te sluit. Of kry ’n paar vriende bymekaar en begin ’n nuwe selgroep!
Hoe gaan julle gesien hierdie week ’n verskil maak aan iemand anders se lewe?
Written by on . Posted in Kleingroepmateriaal. No Comments on Waarna soek jy?
Begeer jy vrede? ’n Hart vol liefde? Geloof wat God in alles sien en gehoorsaam?
Ons leef onder die valse indruk dat ons hierdie goed kan kry deur harder te probeer. Wanneer ons pogings dan nie suksesvol is nie, neem ons aan ons het gewoon nie die nodige selfbeheersing of selfdissipline nie.
Written by Chris van Wyk on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on Huisgeloof 13 tot 19 Julie
As julle by die Feesweek was aan die begin van die vakansie, vertel vir jul ouers van die monkey dance – en leer dit vir hulle! Kry die musiek en bewegings hier.
Lees die verhaal van Dawid wat die Ark na Jerusalem neem: 2 Samuel 6:12b-15
Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal en die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels. Ouers herinner kinders dat hierdie ’n ander ark is as Noag s’n. Die ark van die verbond het mense herinner dat God by hulle is. Google prente van die ark. Kyk hoe Dawid en die mense vir God geloof het!
Sing hierdie week elke dag een van jul gunsteling lofliedere saam! Julle kan gerus ook hierdie liedjie leer en saam sing.
Watter sendeling(e) ondersteun jul gesin? Bid vir daardie sendeling.
Written by on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on Huisgodsdiens 6 tot 12 Julie Lof
Ouers vertel vir kinders wat julle gunsteling Bybel-liedjie was toe julle kinders was. Gee kans dat die kinders ook vertel wat nou hul gunsteling Bybel-liedjie is.
Lees Psalm 100 uit “Die Bybel vir almal”
’n Psalm. Om dankie te sê.
Almal op die aarde, julle moet juig vir die Here. Julle moet bly wees en julle moet die Here dien, julle moet voor Hom kom sing. Julle moet weet dat die Here God is. Hy het ons gemaak, en ons is Syne, ons is sy volk, ons is die skape wat aan Hom behoort. Julle moet deur sy poorte inkom en vir Hom dankie sê, julle moet voor sy tempel kom staan en julle moet Hom prys. Julle moet vir Hom dankie sê, julle moet sy Naam prys. Want die Here is goed, Hy doen altyd wat Hy belowe het, Hy bly dieselfde vir elke geslag.
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal en die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Die Psalm sê ons moet God “prys”. Soms praat ons ook van loof of lofprysing of aanbidding. Vertel nou vir mekaar: hoe werk dit wanneer iemand (ouers, onderwyser) jou prys?
• Om God te prys is om vir God te sê dat hy belangrik en goed is. Op watter maniere prys ons alles vir God?
Sing hierdie week elke dag een van jul gunsteling lofliedere saam!
Watter sendeling(e) ondersteun jul gesin? Bid vir daardie sendeling.
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.