Skip to main content

Huisgodsdiens 2 Samuel 1

2 Samuel 1

Huisgeloof week van 22 tot 28 Junie

OMGEE-GESPREKKE

Gesels oor treur en rou. Ouers kan kinders help om te verstaan wat dit is deur te gesels oor iets wat die kinders onlangs hartseer gemaak het. Ouers kan ook self vertel van ’n verlies waaroor hulle gerou het.

BYBEL LEES

Lees 2 Samuel 1:17-27

• Herinner mekaar eers aan die agtergrond van die gedeelte. Kyk by die kleingroepmateriaal om jul geheue te verfris.
• Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die verhaal en die teks. As julle vrae het, kan julle ook daaroor gesels.
• Dawid en Jonatan was baie goeie vriende. Gesels met mekaar oor vriendskap. Wie is julle vriende? Wat maak van iemand ’n goeie vriend?
• Julle kan ook gesels oor die sterk gevoelens wat ’n mens beleef wanneer jy hartseer is. Ons mag maar hartseer wees – kyk hoe hartseer was Koning Dawid. Wat kan ’n mens doen wanneer jy hartseer is? (Bv. Dawid wat stories vertel oor die mense oor wie hy hartseer is – herinneringe deel.)

GEWOONTES EN GEBRUIKE

Ken julle iemand wat hartseer is? Gaan maak ’n draai by daardie persoon en luister na hulle.

GESEËN OM TE SEËN

Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam daarvoor. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.

Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê – 1 Joh 3

14-20 Junie 2015 in voorbereiding vir die erediens 21 Junie

RUS

  1. ‘n Mens raak van die Gees bewus wanneer jy stil word en aan die verborge dinge in jou lewe dink, dinge waarvoor jy waardering het (troos), of dinge wat jou ontstel (ruk).
  2. Dink dus terug aan die dinge waaroor jy dankbaar is, die “heilige momente” in jou lewe waarin jy God se seënende hand in jou lewe kan raaksien. Gee vir elkeen tyd hiervoor in die groep.
  3. Dink ook terug aan dié dinge wat jou ontstel het, wat jou binneste op hol jaag. Só raak ‘n mens bewus van jou behoefte aan God … en van hoe Hy daardie behoefte kan bevredig. In dié terugdink – begin die Gees met jou praat!  Gee vir elkeen tyd hiervoor in die groep.
  4. Laat iemand met ‘n gebed begin.

LUISTER

  1. Ons kom aan die einde van ‘n kwartaal waarin ons op die Persoon en werk van die Heilige Gees gefokus het. Deel met mekaar wat julle hierdie kwartaal van die Gees geleer en ervaar het.  Dit kan ook dié dinge insluit wat julle nou met die RUS beweging ervaar het.
  2. Lees 1 Johannes 2:24-3:24 en gesels eers spontaan oor wat julle in die gedeelte aanspreek – wat julle ruk en/of wat julle troos. Dit is belangrik om eers te fokus op wat jy self gehoor het en dít te deel met mekaar.
  3. Deel ook met mekaar hoe dié teks aansluit by dinge waaroor jy nagedink het in die RUS gedeelte.
  4. Fokus nou op 3:10 soos in The Message weergegee: “Here’s how you tell the difference between God’s children and the Devil’s children: The one who won’t practice righteous ways isn’t from God, nor is the one who won’t love brother or sister. A simple test.” Wat hoor julle in dié uitspraak van Johannes?

LEEF

  1. Die Gees wat in ons bly, is die Een wat ons hierin begelei, sê 3:10. Hoe doen die Gees dit?  Hoe kan ons meer bewus met Hom saamwerk?
  2. Johannes lê 3:10 verder uit in die twee perikope wat daarop volg. Die eerste wy uit oor die liefde vir mekaar wat prakties moet wees (3:11-17). Die tweede wy uit oor die vrymoedige gebed dat reg sal geskied (3:18-24 – hy verwys bv. na praktiese dade, opregtheid, God se gebooie gehoorsaam, doen wat God goedvind).  Hoe kan julle dié week die Heilige Gees toelaat sodat julle in liefde vir mekaar en julle die gebed vir en die doen van geregtigheid kan toeneem?
  3. Bid vir mekaar dat ons die moed sal hê om die Gees se begeleiding hierin te gehoorsaam. Gebruik ook die gebedsriglyne in die aankondigings.

Die Gees begelei ons om reg te doen en lief te hê – 1 Joh 3 – huisgeloof

14-20 Junie 2015 in voorbereiding vir die erediens 21 Junie

OMGEE-GESPREKKE

  1. ‘n Mens raak van die Gees bewus wanneer jy stil word en aan die verborge dinge in jou lewe dink, dinge waarvoor jy waardering het (troos), of dinge wat jou ontstel (ruk).
  2. Dink dus terug aan die dinge waaroor jy dankbaar is. Gee vir elkeen tyd hiervoor in die groep.
  3. Dink ook terug aan dié dinge wat jou ontstel het. Só raak ‘n mens bewus van jou behoefte aan God … en van hoe Hy daardie behoefte kan bevredig.  In dié terugdink – begin die Gees met jou praat!  Gee vir elkeen tyd hiervoor in die groep.
  4. Deel met mekaar wat julle in die nadenke oor die Gees se werk in julle lewe ervaar het. Deel ook met mekaar wat julle hierdie kwartaal van die Gees geleer en ervaar het.
  5. Laat iemand met ‘n gebed begin.

BYBELLEES

  1. Lees 1 Johannes 2:24-3:24 en gesels eers spontaan oor wat julle in die gedeelte aanspreek – wat julle ruk en/of wat julle troos. Dit is belangrik om eers te fokus op wat jy self gehoor het en dít te deel met mekaar.
  2. Fokus nou op 3:10 soos in The Message weergegee: “Here’s how you tell the difference between God’s children and the Devil’s children: The one who won’t practice righteous ways isn’t from God, nor is the one who won’t love brother or sister. A simple test.” Wat hoor julle in dié uitspraak van Johannes?

GEWOONTES EN GEBRUIKE

  1. Die Gees wat in ons bly, is die Een wat ons hierin begelei, sê 3:10. Hoe doen die Gees dit?  Hoe kan ons meer bewus met Hom saamwerk?
  2. Johannes lê 3:10 verder uit in die twee perikope wat daarop volg. Die eerste wy uit oor die liefde vir mekaar wat prakties moet wees (3:11-17). Die tweede wy uit oor die vrymoedige gebed dat reg sal geskied (3:18-24 – hy verwys bv. na praktiese dade, opregtheid, God se gebooie gehoorsaam, doen wat God goedvind).  Hoe kan julle dié week die Heilige Gees toelaat sodat julle in liefde vir mekaar en julle die gebed vir en die doen van geregtigheid kan toeneem?

GESEËN OM TE SEËN

  1. Bid vir mekaar dat ons die moed sal hê om die Gees se begeleiding hierin te gehoorsaam. Gebruik ook die gebedsriglyne in die aankondigings.

Gesalf met die Heilige Gees om soos Jesus te leef – 1 Joh. 2

RUS

Jou identiteitsboek is die wettige dokument wat dien as bewys van wie jy is.  Dit bevestig ook jou nasionaliteit.  Met hierdie inligting kan jy ook ‘n paspoort bekom wat jou toegang gee tot lande waar jy ‘n onbekende is.

1 Joh 2 beskryf die identiteit van wie jy as kind van God is.  Dit begin reeds in 1 Joh 1.  Lees deur die hoofstukke en kyk hoeveel keer daar iets in die verband gesê word.  Wat beteken dit vir jou? Gesels in die groep daaroor.

Neem tyd om in stilte na te dink oor jou identiteit in Christus.

Waarvoor sal jy die Here wil dankie sê?

HOOR

Ons tema is Gesalf met die Heilige Gees om soos Jesus te leef.  Lees 1 Joh 2:20 saam met 1 Joh 2:6.

Lees ook 1 Samuel 9 – 10:9.  Wat beteken die salwing vir Saul?  Hoe het die salwing Saul se identiteit verander?

Die naam Messias beteken gesalfde.  Lees Jesaja 61:1-2 en Lukas 4:16-21.

Nou sê 1 Joh 2:20 Jesus, die Gesalfde, het ons met die Heilige Gees gesalf.

Verbind al hierdie gedeeltes met mekaar.  Wat beteken dit vir julle en wat sê dit vir ons oor ons identiteit in Christus?

In watter posisie plaas dit ons teenoor die Bose en duisternis van hierdie wêreld?

LEEF

Ons is Gesalf met die Heilige Gees om soos Jesus te leef.  Wat beteken dit prakties?  Volg die leidrade in 1 Joh 2 en die ander teksgedeeltes.

Andersom gesê: Hoe lyk die identiteitsboek wat jy van Jesus ontvang?

Watter identiteits-verandering moet daar by jou wees?

Bid saam om af te sluit.

Johannes 16:12-15 – Word gelei in die waarheid

1 Junie – 7 Junie

Rus

  • Deel met mekaar hoe julle die afgelope week die Gees wat lewe bring vir ander ervaar het.
  • Laat iemand met ʼn gebed begin.

Luister

  • Lees Johannes 16:5-15 saam.
  • Fokus veral op verse 12-15 en gesels oor wat vir julle in die teks aanspreek.
  • Gesels oor die stelling “Hy julle in die hele waarheid lei”, wat beteken hierdie stelling vir jou?
    • Watter rol speel hierdie stelling tans in jou lewe?
    • Gesels oor die kompleksiteit van hierdie stelling?
    • Hoe beïnvloed hierdie stelling jou geloof?

Leef

  • Wat is die een ding wat jy vandag met jou saamvat uit die luister na die Woord en na mekaar? Dra mekaar op aan die Here en deel dit volgende week met mekaar.

Johannes 7:37-39 – die Gees bring lewe vir ander – 25-31 Mei

25-31 Mei 2015 in voorbereiding vir die erediens 31 Mei

OMGEE-GESPREKKE

  1. ‘n Mens raak van die Gees bewus wanneer jy stil word en aan die verborge dinge in jou lewe dink, dinge waarvoor jy waardering het (troos), of dinge wat jou ontstel (ruk).
  2. Dink dus terug aan die dinge waaroor jy dankbaar is. Gee vir elkeen tyd hiervoor in die groep.
  3. Dink ook terug aan dié dinge wat jou ontstel het. Só raak ‘n mens bewus van jou behoefte aan God … en van hoe Hy daardie behoefte kan bevredig. In dié terugdink – begin die Gees met jou praat! Gee vir elkeen tyd hiervoor in die groep.
  4. Deel met mekaar wat julle in die nadenke oor die Gees se werk in julle lewe ervaar het.
  5. Laat iemand met ‘n gebed begin.

BYBELLEES

  1. Lees Johannes 7:37-39 en gesels eers oor wat julle in die gedeelte aanspreek – wat julle ruk en/of wat julle troos.
  2. Deel met mekaar hoe dié teks aansluit by dinge waaroor jy nagedink het in die RUS gedeelte.
  3. Fokus nou op vers 38: “Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” Letterlik: “Uit sy binneste (maag/binnekant – figuurlik gebruik: binneste) sal lewende (vars, verkwikkende) water vloei.” Wat hoor julle in dié uitspraak van Jesus?

GEWOONTES EN GEBRUIKE

  1. Jesus sê hier dié wat in Hom glo, dié wat die ewige lewe hét, kanale van lewende water sal wees wat ‘n impak in die wêreld sal maak! Dit is wat die Gees in en deur ons lewe wil doen. Hoe kan julle dié week die Heilige Gees toelaat om julle kanale van lewende water vir mense rondom julle te laat wees?

GESEËN OM TE SEËN

  1. Bid vir mekaar dat ons die moed sal hê om die Gees hierin te gehoorsaam. Gebruik ook die gebedsriglyne in die aankondigings.