Luisterblad 16 tot 22 Januarie 2017
Written by Chris van Wyk on . Posted in Kleingroepmateriaal, Materiaal. No Comments on Luisterblad 16 tot 22 Januarie 2017
Stiltetyd aan die hand van die RCL tekste – eerste kwartaal 2017
Written by Chris van Wyk on . Posted in Materiaal. No Comments on Stiltetyd aan die hand van die RCL tekste – eerste kwartaal 2017
In die eerste kwartaal 2017 gaan ons in die gemeente Somerstrand weer die ekumeniese RCL (Revised Common Lectionary) leesrooster volg. Dit gee vir elke week vier teksgedeeltes: twee uit die OT en die Psalms, en twee uit die evangelies en die res van die NT. Ander gemeentes is welkom om dié materiaal vir hulle eie gebruik aan te wend.
STILTETYD
Lidmate word uitgenooi om die vier tekste vir die week in hulle stiltetyd te gebruik aan die hand van hierdie hulpmiddel. Laai Stiltetyd vir die eerste kwartaal 2017 hier af (pdf – 1.6 MB)
Jy kan hierdie materiaal ook as ‘n gedrukte kopie by die kerkkantoor kry vir R30.
Leefblad 21 tot 27 November 2016
Written by Chris van Wyk on . Posted in Kleingroepmateriaal. No Comments on Leefblad 21 tot 27 November 2016
PERSOONLIKE LEEFBLAD
RUS
Ons vier volgende Sondag Koninkryksdag, die laaste dag van die kerkjaar. Dit is ook ons Kerssangdiens. Dink na oor die afgelope jaar en loof die Here vir die goeie wat jy ervaar het in sy teenwoordigheid as Koning. Gee vir Hom dié dinge waarmee jy nog sukkel.
HOOR
Die Here Jesus se koningskap word van die begin af teengestaan. Die Skrifgeleerdes het tevergeefs vir Herodes tot insig probeer bring met ‘n aanhaling uit Miga 5:1 dat die Christus se geboorte as koning gevier moet word (Matt. 2:5-6). Herodes het die Christus teengestaan en probeer uitwis. Waarmee Herodes ‘n simbool raak van alle mense wat nie met vreugde op die Verlosser reageer nie.
Dink na oor die teenstand vandag teen die Koningskap van Christus in die lewe. Waar sien jy dit raak? Hoe raak dit jou?
Lees nou Matt. 24:36-44.
Die krag van gebed – Pinkster 2016
Written by Chris van Wyk on . Posted in Kleingroepmateriaal, Pinkster 2016 - die krag van gebed. No Comments on Die krag van gebed – Pinkster 2016
Pinkster in New York
(Laai pdf hier af: Die krag van gebed - sewe Psalms vir Pinkster.pdf)
Die 10 dae tussen Hemelvaart en Pinksterdag was nog altyd ’n baie besondere tyd in die NG Kerk familie. Vir meer as 150 jaar al word die tyd aan Pinksterbidure afgestaan, ’n gebruik wat reg deur die kerk gehandhaaf word. Die fokus is op die werk van die Heilige Gees, die nuwe lewe wat Hy bring, en die krag wat Hy gee sodat ons by God se werk in die lewe kan aansluit.
Die stimulus daarvoor begin interessant genoeg in ’n North Dutch Reformed kerk in Fulton straat, New York in Amerika, en ironies genoeg in 1857, presies in dieselfde jaar van die gewraakte besluit “ten gevolge van de zwakheid van sommige” wat hier by ons tot aparte kerkvorming gelei het.
Amerika was in ‘n toestand van sosiale, morele, politieke, geestelike en ekonomiese verval. Op 14 Oktober dié jaar het die bankstelsel van die VSA ineengestort. Die spoorweë het bankrot gespeel. Fabrieke het toegemaak. Die onrus oor die nagevolge slawerny was aan die oplaai. Burgeroorlog het gedreig. Mense was radeloos en sonder hoop. Die toekoms was donker.
Jeremiah Lanphier, ‘n stadsendeling van die gemeente in Fultonstraat, was baie bekommerd oor die impak van die landsituasie op die geestelike toestand van die mense van New York. Hy besluit toe om elke week ‘n middaguur-gebedsbyeenkoms tussen 12:00 en 13:00 te hou. Hy het pamflette laat druk om mense uit te nooi vir die eerste byeenkoms op 23 September 1857. Dit sou plaasvind in die konsistorie van die kerk in Fultonstraat.
Huisgeloof: 16-22 Nov 2015
Written by Chris van Wyk on . Posted in Huisgodsdiens. No Comments on Huisgeloof: 16-22 Nov 2015
Heiligheid
OMGEE-GESPREKKE
- As julle die woord “heilig” hoor, wat beteken dit vir jou?
- Gesels ook oor die betekenis van:
- God is heilig?
- Wat is vir God heilig?
- Wat is vir jou heilig?
BYBELLEES
- Lees Efesiërs 4:17-24 saam.
Maak seker julle verduidelik groot konsepte sodat almal verstaan wat aangaan. Julle kan selfs na ander vertalings kyk soos “Die Bybel vir almal” dit is beskikbaar op www.bybel.co.za (gaan na “lees die Bybel aan die regter kant) of lees dit uit Bybels wat spesifiek vertaal is vir kinders soos “Die Bybel@kinders”.
- Wat beteken dit om nie soos heidene* te lewe nie – vers 17-20?
- Hoe kan ons dié opdrag nakom om nie soos heidene te lewe nie – vers 21-24?
*Heidene – mense wat nie in God glo nie.
GEWOONTES EN GEBRUIKE
Ons is nou nuwe mense deur Jesus Christus, ons lewe nie meer soos die ou mense nie. Aangesien ons nuwe mense is, kies ons dan om sekere dinge nie te doen nie.
- Hoe kan julle elke dag onthou dat julle nuwe mense in Jesus is en dus heilig moet lewe?


