Huisgeloof 20 tot 26 Julie 2015
Omgee-gesprekke
Vertel vir mekaar hoe julle dink God lyk en is.
Bybellees
• Lees Romeine 12:2 en gesels oor wat julle opval of aanspreek in die teksgedeelte.
• Daar is ’n uitdrukking: “Jy is wat jy eet”. Gesels oor hoe dít wat jy insit, bepaal wat jy uitkry. Hoe kan ons dit van toepassing maak op ons lewe saam met God?
Gewoontes en Gebruike
Watter geloofsgewoonte beoefen julle gesin gereeld saam? Bv. huisgodsiens, kerk toe gaan, saam bid. Hoe gaan julle hierdie kwartaal daardie gewoonte inoefen?
Oorweeg om vir hierdie kwartaal by ’n selgroep aan te sluit. Of kry ’n paar vriende bymekaar en begin ’n nuwe selgroep!
Geseën om te seën
Hoe gaan julle gesien hierdie week ’n verskil maak aan iemand anders se lewe?