Skip to main content

Kleingroepmateriaal: Numeri 21 – God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou

PERSOONLIKE LUISTER

Rus: Fokus jou gedagtes elke dag op God deur die Aäronitiese seën in Num. 6:24-27 te oordink en vir jouself toe te eien.

Hoor:  Lees hierdie week Numeri 30-34 in jou stiltetyd aan die hand van die bydraes by www.bybelskool.com/numeri.  Wat doen die verhale aan jou?  Watter boodskap het dit vir jou?  Spreek dit tot ’n spesifieke situasie?  Fokus op insigte, ingewings, gewaarwordings, prentjies wat by jou opkom.  Vra jouself af, of dit jou troos, seën of ontsteld laat. Dink na oor wat God daardeur vir jou wil sê.

Leef:  Bid om helderheid, oortuiging en vrede.  Skryf jou gedagtes in jou joernaal, sodat jy oor tyd kan agterkom hoe die Here besig is om jou te begelei rondom herhalende insigte en ingewings. Wees gehoorsaam aan die lig wat jy ontvang.  Gaan leef dit!

Continue reading

Kleingroepmateriaal: Numeri 12 – God bevestig Moses as sy betroubaarste dienaar

PERSOONLIKE LUISTER

Rus: Fokus jou gedagtes elke dag op God deur die Aäronitiese seën in Num. 6:24-27 te oordink en vir jouself toe te eien.

Hoor:  Lees hierdie week Numeri 12-18 in jou stiltetyd aan die hand van die bydraes by www.bybelskool.com/numeri.  Wat doen die verhale aan jou?  Watter boodskap het dit vir jou?  Spreek dit tot ’n spesifieke situasie?  Fokus op insigte, ingewings, gewaarwordings, prentjies wat by jou opkom.  Vra jouself af, of dit jou troos, seën of ontsteld laat. Dink na oor wat God daardeur vir jou wil sê.

Leef:  Bid om helderheid, oortuiging en vrede.  Skryf jou gedagtes in jou joernaal, sodat jy oor tyd kan agterkom hoe die Here besig is om jou te begelei rondom herhalende insigte en ingewings. Wees gehoorsaam aan die lig wat jy ontvang.  Gaan leef dit!

Continue reading

Numeri 11 – ‘n Onweerstaanbare lus vir vleis

PERSOONLIKE LUISTER

Rus: Fokus jou gedagtes elke dag op God deur die Aäronitiese seën in Num. 6:24-27 te oordink en vir jouself toe te eien.

Hoor:  Lees hierdie week Numeri 6-11 in jou stiltetyd aan die hand van die bydraes by www.bybelskool.com/numeri.  Wat doen die verhale aan jou?  Watter boodskap het dit vir jou?  Spreek dit tot ’n spesifieke situasie?  Fokus op insigte, ingewings, gewaarwordings, prentjies wat by jou opkom.  Vra jouself af, of dit jou troos, seën of ontsteld laat. Dink na oor wat God daardeur vir jou wil sê.

Leef:  Bid om helderheid, oortuiging en vrede.  Skryf jou gedagtes in jou joernaal, sodat jy oor tyd kan agterkom hoe die Here besig is om jou te begelei rondom herhalende insigte en ingewings. Wees gehoorsaam aan die lig wat jy ontvang.  Gaan leef dit!

SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God: Vertel vir mekaar wat tans in jul lewens aangaan op julle reis met God.

Ingaan in God se tyd: Laat iemand Numeri 6:24-27 biddend voorlees.  Gee tyd vir stilgebed.  Eien dié seën van die Here vir julle toe.

Luister na God se Woord:  Lees Numeri 11:1-23 (volgende week lees ons verder).  Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer:  wat staan vir jou uit, wat raak jou?

Luister na mekaar:  Vertel vir mekaar wat julle gehoor het in die teks.

Luister na ander en die tye:

Die volk begin kla oor hulle swaarkry in die woestyn, al was hulle nog maar net drie dae op reis. Hulle behoeftes het hulle verlei om die Here te verwyt, en hulle soos tevore te verset teen die Here se pad met hulle wat ook tóé sy toornige reaksie uitgelok het (Eks. 16:2; 17:3; Num. 14:2).

Hierdie tipe klagtes is dus nie dieselfde as die klagtes wat in Job en die Psalms op roerende wyse verwoord word nie.  Dit is daar nie verwyte van of verset teen die Here nie, maar verlangens en verwagtings van die voorsiening van die Here: “Hoor my as ek kla, o God, beskerm my lewe teen die bedreiging van die vyand!” (Ps. 64:2).

Judas skryf waarskynlik ook hieroor en beskryf sulke klakouse soos dié van Numeri as mense wat: “ontevrede is met hulle lot” en net leef: “volgens hulle eie begeertes” (Judas 16).  Paulus raai ons daarteenoor aan om alles te doen: “sonder kla of teëpraat” (Fil. 2:4), ons begeertes in alles met smeking en danksegging aan die Here bekend te maak, soos Dawid, en God te vertrou vir ons lewe (Fil. 4:4-7).

Jakobus raai ons aan om selfs in ons onderlinge verhoudinge nie oor mekaar te kla nie, in die vertroue dat die Here self sal as Regter sal optree (Jak. 5:9).  Soos Petrus ook sê: “Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla.” (1 Pet. 4:9).

Wat sê dit vir die hantering van julle eie behoeftes en begeertes?

Luister weer na God se Woord: 

God se streng optrede help egter net vir ‘n tyd.  Net daarna kry die mense van gemengde afkoms (gepeupel) wat hulle met die Israeliete geassosieer het (vgl. ook Eks. 12:38) ‘n “onversadigbare lus vir vleis” wat die volk verlei om ook terug te verlang na die vleis, vis, komkommers, waatlemoene, prei, uie en knoffel van Egipte.  Die manna was net nie meer goed genoeg vir hulle nie, al hoef hulle nie daarvoor te gewerk het nie en was dit ‘n veelsydige geurige voedsel.

Die probleem was natuurlik nie die behoefte aan afwisseling en proteïne nie, maar die feit dat hulle terugverlang het na Egipte wat gelei het daartoe dat hulle die voorsiening van die Here verontagsaam het.  In plaas daarvan om hulle behoeftes aan Hom bekend te maak, het hulle in hulle gedagtes van Hom afstand gedoen en in opstand gekom teen die uitdagings van die reis wat hulle met God onderneem het.

Dit loop uit op ‘n indringende gesprek tussen Moses en die Here waarin die realiteit van die uitdaging van hierdie reis deeglik bespreek word.  Die Here reageer met twee baie spesifieke reaksies.  Hy belowe dat ‘n deel van sy Gees op Moses ook vir die leiers gegee sal word om Moses by te staan, en dat God ook vleis sal voorsien vir die volk se gulsige lus.

Die eerste reaksie toon God se empatie met Moses.  Die tweede sy ongeduld met die volk.  Hulle sal nie net ‘n stukkie vleis kry nie, maar soveel dat hulle daarvan naar sal word, omdat hulle die Here getart en verwyt het oor die plek waar hulle hulle bevind.

Moses reageer met ongeloof, omdat hy net nie kon glo dat daar genoeg vleis vir die mense voorsien kon word uit wat hulle gehad het nie.  Selfs al sou ‘n wonderwerk gebeur en al die vis in die see vir hulle gevang word, dink hy nie sal daar genoeg wees vir dié mense nie!

Die Here se reaksie is berispend, sonder om Moses te verneder en bevestig God se mag om in oorvloed te voorsien: “Dink jy Ek het nie die mag nie? Jy sal nou self sien of my woord bewaarheid word of nie.”  Die Here wil dus ook deur hierdie gebeure Moses se geloof in God vergroot.

Wat sê dit vir julle van julle vertroue op God se voorsiening?

Fokus op wat God nou doen:  Wat, dink julle, sê God vandag vir julle?  Wat, dink julle, sê God vir ons gemeente?  Wat wil julle met julle saamneem uit julle nadenke oor die Skrif?

Antwoord met ons lewe:  Bid saam.  Reageer op wat julle uit die Woord gehoor het.  Bid ook vir mekaar.  Dink veral aan die goed wat julle heel aan die begin met mekaar gedeel het.

FAMILIE-LEWE

Rus:  Watter behoeftes en begeertes het julle wat eintlik klagtes begin word?  Laat iemand bid en vir die Here vra om julle harte en gedagtes tot rus te bring en te voorsien in julle behoeftes en begeertes (Fil. 4:4-7).

Hoor:  Lees Numeri 11:1-23.  Watter mense het gekla?  Waaroor het die mense gekla?  Wat was God se reaksie?  Wat was Moses se reaksie?

Leef:  Wat leer God se belofte van sy Gees en van vleis ons van God se voorsiening?

Kleingroepmateriaal 31 Julie tot 6 Augustus 2017

SAAM-LUISTER

Ingenooi deur God: Vertel vir mekaar waar en hoe julle tans die Here se seën beleef.

Ingaan in God se tyd: Laat iemand Psalm 67 biddend voorlees.

Luister na God se Woord:  Lees Numeri 6:22-27.  Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer:  wat staan vir jou uit, wat raak jou?

Luister na mekaar:  Vertel vir mekaar wat julle gehoor het in die teks.

Continue reading

Kleingroepmateriaal 30 Julie 2017 – Numeri 1-2 – Elkeen kry sy plek in die kamp

Ingenooi deur God

Lees Psalm 148:1-6.  Gee geleentheid dat almal in kort gespreksgebede die Here loof en aanbid vir die orde waarmee Hy alles gemaak het, die plek wat Hy vir alles gegee het.  As julle genoeg tyd het, lees ook vers 7-14 en doen dieselfde.  Laat ook stiltes toe.

Ingaan in God se tyd

Dit is die tyd van die jaar wat ons “koninkrykstyd” noem.  Ons leef in die verwagting dat God as Koning in ons lewe heers.  Laat van die groeplede deel hoe hulle God as Koning in hulle lewe ervaar het sedert julle laas by mekaar was.

Luister na God se Woord

Die tyd vir die volk van Israel om die reis deur die woestyn voort te sit na die beloofde land Kanaän het aangebreek, veertien maande ná die Uittog uit Egipte.  Die Tabernakel is voltooi, die voorskrifte van die wet is gegee, en elkeen het goed geweet hoe hulle in gehoorsaamheid aan die Here en mekaar moet leef.  Hulle was gereed om die Here te volg na die plek wat Hy vir hulle in Kanaän sou aanwys.

Vir die uitdagings waaraan hulle in die woestyn blootgestel sou word, was daar egter nog ‘n paar finale voorbereidings om te tref.  Hulle moes militêr, sosiaal en geestelik as ‘n eenheid saamgesnoer word vir die uitdagings wat hulle in hulle konflik met ander nasies sou ervaar.  Hulle moes ook leer hoe om in die praktyk as families binne die groter geheel met mekaar en God te leef.

Lees Numeri 1-2 (fokus op 1:1-4, 16-19, 43-54; 2:1-3, 2:43).  Gebruik die onderstaande grafika om sin te maak van 2:33 (Josef se nageslag het in twee stamme ontwikkel, Efraim en Manasse).

Wycliffe Bible Encyclopedia

Luister na mekaar

Deel met mekaar wat julle tref in Numeri 1-2.

Luister na ander en die tye

  1. Die feit dat die Here dié opdrag gee, is betekenisvol, want Dawid moes dit ontgeld toe hy die volk wederregtelik getel het onder aanhitsing van die Satan (1 Kron. 21:1; vgl. ook 2 Sam. 24:1 waar dit die Here self is wat hom daartoe aanhits, omdat die Here toornig was oor Israel weens ‘n ongespesifiseerde rede). Hoekom kon die Here dit doen, en nie Dawid nie?
  2. Die tweede opdrag aan Moses en Aäron was om aan elke Israeliet ‘n plek in die “kamp” te gee rondom die Tabernakel van die Here. Hoekom was dit só belangrik?  Hoekom was dit rondom die Tabernakel?
  3. Die vaandel (banner) was ‘n uitkenningsteken vir die stam. Daarbenewens was daar ook ‘n familieteken.  Wat het dit vir die stamme en families beteken?  Watter toepassing het dit vandag?

Luister weer na God se Woord

Som vlugtig die boodskap van Numeri 1-2 op.  Wat het vir jou in julle nadenke duidelik geword?  Wat maak die Heilige Gees nou vir julle duidelik?

Twee gedeeltes in die NT  brei op die boodskap van Numeri 1-2 uit.

  1. Lees Johannes 14:1-4. Watter ooreenkomste en verskille sien julle raak?
  2. Lees Efesiërs 6:10-13. Watter ooreenkomste en verskille sien julle raak?

Fokus op wat God nou doen

Gesels met mekaar dat ons elkeen in die geloofsgemeenskap ‘n plek het, maar dat ons tegelykertyd saam met almal wat in Hom glo, van betekenis is in die stryd vir geloof op ons reis in hierdie wêreld.  Alan Stibbs  beskryf dit as: “Worship and war” (Search the Scriptures).  Hoe skakel julle elkeen in die  lig van Numeri 1-2 tans in die gemeente en ons geloofstryd in die wêreld in?

Antwoord met ons lewe

Ons twee grootste behoeftes as mense word deur Numeri 1-2 aangespreek: om te behoort en van betekenis te wees.  Sê vir die Here dankie daarvoor en help mekaar om julle plek vol te staan in ons gesamentlike aanbidding en die geloofstryd!