Luisterblad 14 tot 20 Mei 2017
PERSOONLIKE LUISTERBLAD
RUS
- Raak stil. Ons lees hierdie week oor die “Ander Voorspraak” in ons voorbereiding vir Pinkster wat om die draai is. Dink na oor wat die Here Jesus as die “Voorspraak” by die Vader al vir jou beteken het. Dink ook na oor wat die Heilige Gees as die “Ander Voorspraak” in jou hart en lewe al vir jou beteken het. Skryf van die stories in jou joernaal neer. Loof Hom vir die liefde wat Hy op só ‘n oorvloedige manier in jou lewe uitgestort het.


