Skip to main content

Fil 3:1-4:1 Week vanaf 26 Februarie 2012

Ons werk hierdie kwartaal met die brief van Paulus aan die Filippense.

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor julle ervaring van ’n fokus op gasvrye vriendskappe (Fil 2:19-30 van verlede week) en wat die Here julle die week geleer het.
  • Word stil en oordink die betekenis vir jou van die sleutelteks in Filippense – 2:5-8.
  • Laat iemand met ‘n gebed open.

HOOR EN ONTGIN

  • Lees Filippense 3:1-4:1 – Die Gees verander ons tot geestelike volwassenheid
  • Sê vir mekaar wat die teks by jou wakker gemaak het.

Hier volg ’n paar verhelderende opmerkings oor die gedeelte:

Die oplossing vir konflik met mense wat anders dink as jy, lê baie keer nie in die direkte konfrontasie met hulle nie, maar in die fokus op jou eie verhouding met die Here Jesus.  Om te groei in jou kennis van Hom, en Sy krag te ondervind in die praktyk van jou lewe, is die beste manier om koers te hou, sonder om ander af te kraak, of deur hulle van stryk gebring te word.  En wanneer jy dit regkry om dit boonop saam met ander te doen, selfs en veral saam met dié van wie jy verskil, dan groei ‘n gemeenskap in geestelike volwassenheid!

Ontwrigting moet groter gehoorsaamheid en getrouheid stimuleer

Paulus se raad aan die gemeente is om nie afgeskrik of geïntimideer te word deur óf die teenstanders óf die dwaalleraars óf die vrysinniges nie, maar vas te bly staan in die geloof, volkome eensgesind verder saam te stry vir die evangelie, en koers te hou op die pad wat hulle tot dusvêr ingeslaan het (vers 16) in navolging van Paulus (vers 17) en in getrouheid aan die Here (Fil 4:1).  Hulle sekerheid (vers 1) moes nie in hulle afkoms of die onderhouding van uiterlike dinge gesoek word nie – juis die voordele wat Paulus laat vaar het ( gebore Israeliet, Benjaminiet soos koning Saul, egte Hebreër [ma en pa was Jode], nougesette Fariseër) – maar in die vashou aan en vertroue op die Een wat sekerheid bring.  Die verwarring wat die Joodse tradisionaliste veroorsaak het, en die versoeking waarvoor die vrysinniges hulle geplaas het, moes hulle dus stimuleer tot groter gehoorsaamheid en getrouheid, presies die dinge wat Christus in hulle lewens wou bewerk.

Om Christus Jesus te ken, oortref alles in waarde

Die voorbeeld wat Paulus vir hulle gestel het en waaraan hy sy hele lewe gewy het, was om Christus Jesus te ken (vers 10), en om deur Hom geken te word (vers 12).  Dit oortref alles in waarde.  Wat vroeër vir hom ’n bate was, is nou vir hom eerder  ’n las.  Om Christus te ken, is waarom dit nou vir Paulus gaan teenoor alle ander dinge waarin mense wins en voordeel soek.  “Ons het die ware besnydenis … óns wat ons op Christus Jesus beroem en nie op uiterlike dinge vertrou nie …  want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde” (vers 3, 8). En dié waarde spel Paulus uit op twee maniere.  Dit lê in die vryspraak (geregtigheid) wat God gee aan dié wat in Christus glo, sodat hulle met Hom in ’n versoende verhouding kan leef.  En dit lê in die gelykvormigheid aan Christus in die selfontlediging van Sy dood en die verheerliking met sy opstanding (vgl vers 10 met 2:6-11).  Dit is die enigste wens wat Paulus vir homself het, en dit is waar om sy roeping en lewe wentel.  Dit is immers presies in hierdie gelykvormigheid wat die hoop van die opstanding ook lê.  Daarmee gee Paulus ook ’n baie spesifieke inhoud aan wat met geestelike volwassenheid (vers 15) bedoel word: dit beteken nie om volmaak te wees nie, maar om al hoe meer gestempel te word deur die kennis van Christus, en te leef uit die werklikheid dat Hy: “my reeds Syne gemaak het” (vers 12).  Paulus wil dus in die werklikheid van sy persoonlike alledaagse lewe al hoe meer ervaar wat Hy glo en teologies weet die waarheid is.

LEEF EN ONTPLOOI

  • Hoe is die Here in jou lewe besig om jou van gasvrye vriendskappe te leer?
  • Hoe kan jy groei in jou verantwoordelikheid daar rondom?
  • Sluit af met ‘n gebed rondom Fil 2:9-11.

Fil 2:19-30: Week vanaf 19 Feb 2012

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor julle ervaring van ’n fokus op ’n onberispelike lewenswandel (Fil 2:12-18 van verlede week) en wat die Here julle die week geleer het.

  • Lees Filippense 2:19-30 – Die Gees verander ons tot gasvrye vriendskappe

Ander se belange is Jesus Christus se belange

’n Mens kry in die volgende perikoop ’n kykie in die diep-persoonlike verhouding wat Paulus met hierdie gemeente gehad het.  Hulle belange staan regtig voorop in sy gedagte.  Daarom wil hy vir Timoteus (Fil 2:19) na hulle toe stuur, iemand wat hulle van die begin van hulle geloofspad af ken, om te hoor hoe dit met hulle gaan.  Hy wil ook vir Epafroditos (2:25 – “julle apostolos” [apostel/gestuurde/boodskapper] staan daar in die oorspronklike Grieks) – wat namens hulle vir Paulus kom bystaan het – na hulle toe terug stuur, om hulle kommer oor Epafroditos se siekte (hy is intussen genees) asook sy groeiende verlange huis toe te verlig.  Trouens, Paulus sou self graag by hulle wil uitkom (2:24).  Let op hoe hy hiermee vir hulle ook drie verdere voorbeelde gee (Timoteus, Epafroditos en hyself) van hoe hulle self teenoor mekaar moet optree, presies soos hy in vroeër in die hoofstuk geskrywe het: “Julle moenie net elkeen aan sy eie belange dink nie, maar ook aan dié van ander” (2:4).  Dit sluit die onderlinge gasvryheid in, asook die agting vir geestelike leiers (2:29), in ’n netwerk van onderlinge diens.  Let ook op hoe hierdie tipe omgee ten diepste illustreer watter prioriteit ’n mens aan die belange van Jesus Christus gee, in Wie hierdie gesindheid die allerbeste geïllustreer is (2:6-11).  Deur aan ander se belange te dink, is ’n mens inderdaad besig om Jesus se belange te dien.  Anders gestel: Jesus kom na ons in die gedaante van “die ander”!

Ons hele lewe word “in die Here Jesus” geleef

Paulus werk hier met ’n baie belangrike beginsel in sy beplanning en bediening: “Ek hoop/vertrou in die Here Jesus …” (Fil 2:19, 24 – ongelukkig voorwaardelik vertaal in die NAV: “as die Here Jesus wil”).  Om te hoop of te vertrou in die Here beteken nie dieselfde as om onnadenkend iets ondergeskik te maak aan die Here se wil, of soos ons soms met die gesegde DV (Deo Volente) uitdruk nie.  “In die Here” beteken dat Paulus doelbewus wat hy doen “in verhouding met die Here Jesus” doen. Of dit nou iets is waarop hy hoop (elpizô in Fil 2:19 – vgl ook Fil 1:23), of iets waarop hy met meer sekerheid vertrou (peithô in Fil 2:24), dit geskied in verhouding met die Here.  Dit is om doelbewus die Heerskappy van Jesus te soek en aanvaar, presies dit wat in die tweede helfte van die gedeelte oor Jesus se selfontlediging en verheerliking in Fil 2:6-11 verklaar is.  Dit herinner ’n mens aan die 17de eeuse boekie The Practice of The Presence of God waarin briewe van en ook ’n paar gesprekke met Nicholas Herman – wat die naam Brother Lawrence gekry het in ‘n klooster in Parys waar hy as kok gewerk het – deur Joseph de Beaufort opgeteken is.  Nicholas het ’n direkte benadering tot die geestelike lewe beoefen en hom dit ten doel gestel om alles wat hy doen en dink “in die Here” en “vir die Here” te doen en dink.  Paulus het hierdie beginsel op ’n harde manier geleer op sy tweede sendingreis, net voor hy die roeping na Europa ontvang het wat tot die stigting van die gemeente van Filippi gelei het (Hand 16:6-9).  Die Gees van Jesus het Paulus twee keer verhinder om sy eie kop in die bediening te volg, voor hulle (almal was betrokke!) deur die gesig van die Masedoniese man oortuig is om die evangelie in Europa te verkondig.  En dié direkte benadering het nie net sy eie lewe daarna bepaal nie, maar ook die praktiese geestelike lewe wat hy aan die gemeentes voorgehou en voorgeleef het.  Dit is ook waarom ’n onderskeidende lewe vir hom so belangrik was, soos ons in Fil 1:9-10 gesien het.

Fil 2:12-18: Week vanaf 12 Feb 2012

Week van 13-18 Februarie 2012

Ons werk hierdie kwartaal met die brief van Paulus aan die Filippense.

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor julle ervaring van selfopofferende diensbaarheid (Fil 2:5-11 van verlede week) en wat die Here julle die week geleer het.

  • Lees Filippense 2:12-18 – Die Gees verander ons tot ’n onberispelike lewenswandel

Ligdraers in die wêreld

Paulus volg sy oproep tot onderskeidende liefde (1:9-10), en eensgesindheid na buite en binne (1:27-2:2), deur veral aan ander se belange te dink (2:3-4), op in Fil 2:12-18 deur hulle hier aan te moedig om in alles gehoorsaam te wees aan die kruis-evangelie – soos Christus inderdaad vir hulle die voorbeeld van gehoorsaamheid gestel het (2:6-11).  En die metafoor wat hy daarvoor gebruik, is dat hulle soos ligdraers in die wêreld sal wees (letterlik: “skyn soos ligte in die wêreld” – vgl Jesus in die Bergrede: “Julle is die lig vir die wêreld” – Matt 5:14).

Hy beskou dit as sy priesterlike taak om hulle hiertoe aan te moedig en sy lewe in diens van hulle gehoorsaamheid te gee.  Daarom gebruik hy die verdere metafore uit die offerkultus dat hulle geloof ’n offer is wat hy in diens van God bring, en sy bloed ’n drankoffer is wat daaroor uitgegiet word, waaroor hulle saam met hom moet bly wees (vers 17-18 – vgl ook Rom 15:16 waar hy op soortgelyke wyse skrywe oor sy priesterlike taak om die evangelie van God te bedien).

“Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe” is die NAV se poging om vers 12 se Griekse oorspronklike te vertaal, wat letterlik lui: “met vrees en bewing moet julle jul heil/verlossing/saligheid uitwerk”. Die voorgestelde nuwe Afrikaanse vertaling lui so: “werk met vrees en bewing aan julle verlossing.”

Paulus bedoel kennelik nie hier dat hulle verantwoordelik is vir hulle ewige saligheid nie.  Dit sou op ’n onvanpaste werkheiligheid neerkom wat in stryd met die res van die NT boodskap sou wees.  Hy roep hulle eerder op om vrugte te dra wat by hulle verlossing pas.  Wright sê hiervan, dat hulle opgeroep word: “(to) work out in practice what it means to live by this salvation rather than the one their culture is forcing upon them.”

Let ook op dat hierdie oproep van Paulus afhanklik gemaak word van God se werk (vers 13) wat juis vir hulle in staat wil stel om gehoorsaam te kan wees: “want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer”.  Hulle gehoorsaamheid is dus nie die aanvulling of voltooiing van God se werk in hulle lewens nie, maar die resultaat van wat Hy in hulle begin het (vgl veral Fil 1:6!) – “creating both the desire and the drive” (Hawthorne).  Die fokus is dus op God se werk in hulle, en om dit prakties deel van hulle lewens te maak.  Dit sluit in dat hulle nie moet kla en murmureer nie (eerder bid – Fil 4:6-7), moet sorg dat hulle opreg en onberispelik optree, sodat niemand hulle van iets slegs sal verdink nie, en bo alles aan die woord van die lewe moet vashou om dit uit te dra (vgl Petrus in Joh 6:68: “U het die woorde wat ewige lewe gee”, waarmee hy ook eksplisiet sy eie vashou aan die Here verklaar het).

LEEF EN ONTPLOOI

  • Hoe is die Here in jou lewe besig om jou ’n onberispelike lewenswandel te leer?