Skip to main content

HANDELINGE 8:26-40

Week van 14 – 19 Mei 2012

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor julle ervarings van Pinkster en die werk van die Heilige Gees.
  • Word stil en laat iemand met ‘n gebed open.

HOOR EN ONTGIN

Lees Handelinge 8:26-40

  • Wat tref jou in die gedeelte?  Deel dit met mekaar.

Hier volg ’n paar verhelderende opmerkings oor die gedeelte:

Die verhaal van Filippus en die Etiopiër is belangrik om verskeie redes:

  • Dit gee ons ‘n prentjie van hoe God, spesifiek Jesus en die Gees, aktief is onder ons. Jesus, die Here, gee deur ‘n boodskapper, die engel, leiding. In die OT was dié engel van die Here een van die maniere waarop Sy teenwoordigheid op aarde ervaar is (dink aan Abraham en die drie besoekers in Gen 18). God doen dit ook deur die Gees wat opdragte gee. Die Gees neem selfs vir Filippus fisies na ‘n ander plek aan die einde van hierdie verhaal.
  • Dit wys hoe belangrik begrip van die Bybelse verhale vir geloof is. Dit illustreer ook die belangrikheid van indringende gesprek oor geloof. Gesprek is die belangrikste manier waarop geloof versprei. 
  • Dit wys ook hoe belangrik geloof is. Dit is ook waarom die doop onmiddellik bedien is. Net geloof, gebaseer op die Skrif, sowel as op die bereidheid om die gawe van die versoeningsdood van Christus te aanvaar (Jes 53:7-8), is nodig. Sommige manuskripte voeg dan ook by as die Etiopiër vra wat verhinder dat hy gedoop word: “Niks nie – as jy met jou hele hart glo.” Waarop die Etiopiër antwoord: “Ek glo dat Jesus Christus die Seun van God is.”
  • Dit onderstreep God se liefde vir Afrika. Dit is heerlik om te sien dat die evangelie na Afrika toe uitbrei, voordat dit verder die Midde-Ooste en Europa bereik. Dit maak ’n mens baie trots as 21ste eeuse gelowige van en uit Afrika. 

Bespreek.

LEEF EN ONTPLOOI

  • IN GESPREK MET GOD – PINKSTER 2012 – 20-27 Mei:

Ons gaan dié Pinkster fokus op God se stem en hoe om met Hom in gesprek te wees en te leef.  Kry vir jou ’n boekie by die kerk wat jy as ’n Joernaal vir Pinkster kan gebruik. 

Ons gaan fokus op: 1) hoe om God te beleef, 2) hoe om tot rus te kom, 3) hoe om te luister, 4) hoe om te ontvang, 5) hoe om met God te praat, 6) hoe om God te geniet en 7) hoe om vir God te leef.

  • Sluit af met ‘n gebed.

Fokustekste vir kleingroepe

Hier is die tekste wat ons elke Sondag vir die volgende 14 weke gaan gebruik. Kleingroepe kan dit gebruik vir hulle groepwerk, en natuurlik ook die kleingroepmateriaal benut wat in die kwartaal hiervoor uitgewerk word.
  1. Op soek na sin en betekenis – Pred 3:1-15 – 15 April
  2. Die gevaar van selfgenoegsaamheid en oorgerustheid – Pred 9:1-12 – 22 April
  3. Lewe met oorleg en vreugde – Pred 12:9-14 – 29 April
  4. Die droom van die liefde – Hgl 1:1-3:11 (3:6-11) – 6 Mei
  5. Die werklikheid van die liefde –Hgl 4:1-8:14 (8:5-14) – 13 Mei
  6. Om God te beleef – Hand 8:26-40 – 20 Mei
  7. Om vir God te leef – Psalm 40 – 27 Mei
  8. Die krag van die Heilige Gees – Romeine 8:12-17 – 3 Junie
  9. Om te lewe soos Hy dit wil – 2 Korintiërs 4:13-5:1 – 10 Junie
  10. Toegewy aan God alleen – 2 Korintiërs 5:6-17 – 17 Junie
  11. Ambassadeurs van die versoening – 2 Korintiërs 6:1-13 – 24 Junie
  12. Bly maar net glo! – Markus 5:21-43 – 1 Julie  
  13. Die dilemma van die tuisdorp – Markus 6:1-13 – 8 Julie 
  14. Dissipelskap vra altyd ‘n prys – Markus 6:14-29 – 15 Julie 

Fil 4:10-23 Week vanaf 11 Maart 2012

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor julle ervaring van ’n fokus op blymoedige vrede (Fil 4:2-9 van verlede week).
  • Word stil en oordink die betekenis vir jou van die sleutelteks in Filippense – 2:5-8.
  • Laat iemand met ‘n gebed open.

HOOR EN ONTGIN

  • Lees Filippense 4:10-23 – Die Gees verander ons tot liefdevolle omgee
  • Sê vir mekaar wat die teks by jou wakker gemaak het.

Hier volg ’n paar verhelderende opmerkings oor die gedeelte:

Die wonder van saamwees, saamdink, saambid, en saamleef

Paulus se visie vir die gemeente is dat hulle die wonder van saamwees, saamdink, saambid en saamleef sal beleef.  Dit is immers waarvoor Jesus gekom het.  Hy het nie ‘n boek geskryf en vir ons nagelaat nie.  Hy het ‘n gemeenskap gestig wat oor grense mense insluit wat anders is as ons.  Só herwin ons weer die bewussyn van eenheid wat God bedoel het vir die Paradys, en leef ons dit voor in hierdie wêreld, totdat almal dit weet.

God se krag bepaal ons lewe, nie gebrek of oorvloed nie

’n Mens sien weereens die paradigma van Fil 2:6-11 in hierdie gedeelte aan die werk, hierdie keer toegepas op Paulus se ervaring van sy praktiese lewensomstandighede.  Die patroon van selfontlediging en verheerliking is nie net te siene in Christus se lewe en bediening nie (2:6-11), nie net sigbaar in Paulus se eie lewe en bediening nie (3:3-14), maar ook in Paulus se lewensomstandighede (4:10-14).  Hy weet wat gebrek, armoede en honger is, en hy weet wat is oorvloed en om genoeg te hê om te eet.  En in albei tipe lewensomstandighede het hy geleer om deur te kom, homself te behelp, omdat hy geleer het dat hy tot alles in staat is deur Christus se krag wat in hom werk (onthou Fil 3:10!).  Die woord wat hy hiervoor in vers 11 gebruik – behelp (autarkes)  – kan ook met selfgenoegsaam vertaal word, dws om vergenoegd of tevrede te wees en steeds met ’n oop hand te lewe.  Eksterne omstandighede – of dit nou gebrek of oorvloed tot gevolg gehad het – het nie Paulus se manier van lewe bepaal nie, selfs nie sy tevredenheid daarmee al dan nie.  God se krag het dit bepaal.  Daarom was hy werklik in staat tot alles. In 2 Korintiërs 9:8 het Paulus hieroor só geskryf: “En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg (autarkeia) kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.”

Materiële ondersteuning ontsluit God se oorvloedige voorsiening

Paulus se blydskap (in die Here) oor hulle materiële ondersteuning lê op verskillende vlakke.  In die eerste plek het hulle hulp sy omstandighede verlig.  Tronke was gewoonlik haglike plekke: vuil, donker, en koud of warm na gelang van die weersomstandighede.  Gevangenes  is aan mekaar in groepe vasgeketting. Hulle moes hulle eie kos en klere voorsien (bv deur families). Dat Timoteus, as reisgenoot, en Epafroditos, met hulp van die gemeente, dus vir Paulus bystaan, was ’n groot hulp (Fil 2:19-30). Maar, in die tweede plek, het hulle hulp die band tussen hom en die gemeente verstewig (4:10-16).  Hulle was immers van die begin af by die ondersteuning van sy bediening betrokke (onder andere in Tessalonika), wat van die intieme band tussen hulle getuig het.  In die derde plek het hulle hulp aan hom hulle eie toewyding aan die Here verstewig (vers 17-18).  Paulus noem hulle bydrae ’n liturgiese offer aan God met ’n lieflike geur, wat vir Hom aanneemlik en welgevallig is, waarmee hy sy gedagtes in Romeine 12:1-2 verder uitbrei.  Dit is nie net gelowiges se persoonlike lewens wat ’n offer is aan God nie (Rom 12); dit is ook die gemeente se korporatiewe bediening wat ’n offer is aan God (Fil 4).  Dit is waarom Paulus sê dat die offer hulle ryker maak in terme van die vrug wat hulle oplewer in die bediening.  Dit getuig van ’n al hoe groter wordende geestelike onderskeiding (aan my dink – phronein) en volwassenheid. In die vierde plek bring hierdie offer nie net lof aan God nie, maar ontsluit dit ook Sy oorvloedige voorsiening vir elke behoefte (chreia) wat hulle het (vers 19-20), dit waarvoor Paulus in die vorige perikoop gesê het hulle voortdurend moet bid.

 LEEF EN ONTPLOOI

  • Hoe is die Here in jou lewe besig om jou van liefdevolle omgee te leer?
  • Hoe kan jy groei in jou verantwoordelikheid daar rondom?
  • Sluit af met ‘n gebed rondom Fil 2:9-11.

Fil 4:2-9 Week vanaf 4 Maart 2012

RUS EN ONTVANG

  • Gesels met mekaar oor julle ervaring van ’n fokus op geestelike volwassenheid (Fil 3:1-4:1 van verlede week).
  • Word stil en oordink die betekenis vir jou van die sleutelteks in Filippense – 2:5-8.
  • Laat iemand met ‘n gebed open.

HOOR EN ONTGIN

  • Lees Filippense 4:2-9 – Die Gees verander ons tot blymoedige vrede
  • Sê vir mekaar wat die teks by jou wakker gemaak het.

Hier volg ’n paar verhelderende opmerkings oor die gedeelte:

Om eensgesind saam te dink in die Here

Onthou dat dit ’n gemeente is wat begin het met ’n baie diverse samestelling (Hand 16).  Die potensiaal vir konflik vanuit hulle agtergronde – taal, klas, opvoeding, afkoms – was dus altyd daar.  Daarom moedig Paulus hulle aan om te fokus op eensgesindheid, spesifiek in die konflik wat daar tussen Euodia en Sintige bestaan het.  Beide was waarskynlik sterk vroue, met ’n passie vir die evangelie, en ’n roepingsbewustheid binne die gemeente.  Maar hulle sterk persoonlikhede, of die sterk bewussyn van hulle roeping, het hulle in konflik met mekaar gebring.  Paulus spreek hulle en die gemeente dus sterk aan om die eenheid wat God tussen hulle geskep het, te bewaar.   Interessant, die frase wat Paulus hier gebruik wat ons met “eensgesind te wees in die Here” vertaal, is to auto phronein en Kuriô – wat ook vertaal kan word “om saam te dink in die Here”.  Dit is presies wat ons vandag met die woord geloofsonderskeiding bedoel: om jou in te stel om saam te dink in die Here, om die Godsvrae te vra (Waarmee is God besig?  Waartoe roep God ons?), om gesprek te hê totdat daar ’n oortuiging opdaag wat harmonie en konsensus bring, iets waaraan die hele gemeenskap van gelowiges hulleself kan verbind.

Om met vreugde en inskiklikheid te leef

Paulus skryf verder dat dit nie net eensgesindheid in die Here is wat kenmerkend van die gemeente (en sy leiers) moet wees nie, maar ook ’n vreugde in die Here, iets wat regdeur die brief beklemtoon word.  Hy gebruik die woord chairete (blydskap/vreugde) waarmee hy nie net die innerlike blydskap beskryf wat in God se teenwoordigheid hulle deel sal wees nie, maar ook die gesamentlike blydskap in die gemeenskap van gelowiges.  Let op dat hierdie blydskap verbind word aan ’n inskiklikheid (epieikes) teenoor alle mense.  Daarmee bedoel Paulus dat dit nie net die gemeenskap van gelowiges is wat ’n veilige, vriendelike, vreugdevolle plek moet wees nie, maar dat hierdie gesindheid ook die wyse waarop gelowiges met die publieke gemeenskap saamleef, moet stempel.  Die bereidheid om te skik, om te luister na rede, om bereid te wees om van ander te leer, of soos een kommentaar dit stel, om met: “sweet reasonableness” op te tree, moet die uitstaande kenmerk van die gemeente se interaksie met die wêreld wees.

Om die vrede van God in gebed te beleef

Met die gedagtes oor God se nabyheid as begronding vir hulle vreugde en inskiklikheid, is dit geen wonder dat Paulus daarvandaan beweeg na die gemeente se behoeftes en besorgdhede nie.  Omdat God naby is, kan hulle oor alles en in alle omstandighede na Hom toe gaan in gebed.  Letterlik staan daar in vers 6: “maak in alles (alle situasies) julle versoeke (aitema) bekend aan God deur gebede (proseuche) en versoeke/petisies (deesis) met danksegging (eucharistie).” Die verskillende woorde vir gebed in die vers moenie te veel onderskei word nie, omdat dit eintlik as sinonieme gelees kan word.  Die punt van die vers is eintlik net om duidelik te sê: angstigheid oor allerlei word deur voortdurende veelvuldige versoeke verlig!  Die aanmoediging tot gebed word opgevolg met een van die mees ongelooflike beloftes wat Paulus gee, letterlik vertaal: “gevolglik sal die vrede (eirene) van God, wat alle begrip/denke (nous) te bowe gaan, oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus”.  Dit is die enigste plek in die NT waar só van “die vrede van God” gepraat word.  Paulus bedoel hier nie die vrede met God nie, maar die vrede van God, die vrede wat Hy self het, die vrede wat Hy self is, die vermoë wat Hy het om nie angstig te raak oor allerlei nie, maar in beheer en veral getrou aan Homself te bly.  Dít is wat die harte en gedagtes van die gemeente sal bewaar.  En dié vrede gaan alle denke te bowe – dit bedoel letterlik dat dit iets is wat beter is as die beste beplanning!  Ons gedagtes en emosies is soos ‘n oorlogsterrein wat God sal beskerm teen angstigheid en chaos.

LEEF EN ONTPLOOI

  • Hoe is die Here in jou lewe besig om jou van blymoedige vrede te leer?