12-18 November: Volwasse Gelowiges
Lees Markus 13:1-13
RUS EN ONTVANG
- Van watter rampe wat ons stad in onlangse tye getref het, het die Here julle bewaar?
- Van watter gevare wat elke dag rondom ons plaasvind, het die Here julle tot dusver bewaar?
- Gebed: Vra iemand om die Here te dank vir Sy beskerming en bid vir hulle wat getref is deur rampe en gevare.
HOOR EN ONTGIN
- Lees verse 1-2: Die tempel was vir die Jode die sentrum van hulle geloof en godsdiens. Nou sê Jesus dit gaan van hulle weggeneem word. Wat is die sentrum van jou/ons geloof en wat sal gebeur as dit van jou/ons weggeneem word?
- Lees verse 3-8: Baie mense vra vandag: Hoe kan ‘n liefdevolle God rampe en oorloë toelaat? Watter nut het die tekens van die tye?
- Die boodskap van die Evangelie is liefde. Hoe is dit versoenbaar met die vervolging van gelowiges (verse 9-13)?
LEEF EN ONTPLOOI
Besluit as gesin of groep watter lewenswyse hierdie gedeelte van ons as gelowiges vra.