5-11 Nov: Geloof is aansteeklik
PADDAS SONDER BENE KAN NIE HOOR NIE: GELOOF IS AANSTEEKLIK
RUS EN ONTVANG
Ons tema Sondag is: “Geloof is aansteeklik” of “Faith is caught more than taught”. Identifiseer iemand wat jy ken wat die geloof dra: wat geloof aan ander leer deur hul optrede en menswees. Waaraan kan jy sien dat hulle die geloof dra?
HOOR EN ONTGIN
Lees Deut. 6:4-9
- Wat tref jou in die gedeeltes? Deel dit met mekaar en gesels oor die teks.
- Wat beteken dit om God lief te hê? Hoe weet ons dat ons hom liefhet? Hoe wys ons daardie liefde?
- Kyk na al die verskillende tye wat daar oor geloof gepraat moet word. Hoekom, dink julle, word spesifiek daardie tye genoem?
- Kyk na die verskillende plekke waar die gebooie aangebring moet word. Wat, dink julle, simboliseer elkeen van daardie plekke?
LEEF EN ONTPLOOI
- Met wie praat jy oor jou geloof? En met wie nié? Watter veranderinge moet jy aanbring om jou geloof (meer) aansteeklik te maak?
- Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord? Sê dankie!
- Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys. Onthou ook om deur die week te bid vir die dinge op die gebedslys in die afkondiginge.