Ouers vertel vir die kinders van die reëls toe julle self kinders was. Dalk kan jy selfs ’n storie vertel van ’n keer wat jy die reëls oortree het – en wat die gevolge was! Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Lees Eksodus 20:1-17. Jonger kinders sal dit geniet om die storie te hoor van hóé die volk die wet ontvang het – lees dit uit ’n kinderbybel vir hulle voor.
Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.
Dit is baie belangrik dat ons onthou dat hierdie wette nie voorwaardes is vir ons om God se kinders te wees nie. Wanneer kinders nie hul ouers gehoorsaam nie, hou hulle nie op om hul ouers se kinders te wees nie. Hulle ouers bly ook steeds lief vir hulle! Die reëls is daar om hulle te beskerm, bv. jy mag nie met ’n skêr hardloop nie (jonger kinders) of jy moet saans 10 uur by die huis wees (ouer kinders). Maak seker dat die kinders dit verstaan. Julle kan sommer lekker gesels oor julle gesin se reëls en hoekom julle spesifieke reëls het – en die gevolge wanneer jy die reëls oortree!
LEEF
Kyk na die spesifieke gebooie (dalk kan julle elke aand van die week net twee doen). Gesels oor wat die gebooie vandag vir ons beteken, hoe gehoorsaam ons dit as ons bv. nie osse het of wil hê nie?
Die Gr 3’s behandel elke jaar die Tien Gebooie in hul kategese. As julle jonger kinders het, gaan kyk hier vir pragtige uitbeeldings wat dit maklik maak om die verskillende gebooie te onthou.
Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid.

Gesels oor die afgelope kwartaal. Wat het gebeur wat vir julle lekker was? Wat was vir julle sleg? Wat het die Here hierdie kwartaal vir julle geleer (ook deur die goed wat met julle gebeur het)? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Vertel vir mekaar wat julle elkeen se gunsteling Bybelgedeelte is. Kies een daarvan en lees dit (of lees elke aand van die week een). Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.

Watter reaksie vra die teks van julle? Gesels hoe julle dit kan doen.

Ons het hierdie kwartaal vir die eerste keer weeklikse Huisgodsdiensmateriaal beskikbaar gestel. Antwoord asb hierdie 5 kort vrae om ons te help met moontlike toekomstige materiaal!

RUS Vertel vir mekaar hoe dit vir julle was om die afgelope week elke dag Bybel te lees. Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Laat iemand 2 Kon 5:1-4 (gesinne met kleiner kinders) of Matteus 28:19 (gesinne met ouer kinders) lees. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.

Vertel vir mekaar wat getuienis beteken.
Ons kan nie almal maklik praat nie – hoe kan ‘n mens getuig sonder om te praat?
Elke keer wat julle vir mekaar vertel wat julle in die Bybel gelees het of wat julle by die Here geleer het, is julle besig om te getuig! Dit is nie so moeilik nie – dalk moet ons net gewoond raak daaraan. Dink aan iemand vir wie jy iets kan vertel van God of wat jou geloof vir jou beteken. Vertel vir mekaar met wie jy gaan praat en wat jy gaan sê (of hoe jy gaan getuig en teenoor wie.)
Dink aan ‘n manier om (een van) ons gemeente se sendelinge te ondersteun. Wat gaan julle doen?
Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys- maak seker dat elkeen kans kry om te bid.
HUISGODSDIENS Week van 29 Aug. – 4 Sept
Hand. 14:1-20 NEDERIGHEID
RUS Vertel vir mekaar hoe dit toe gegaan het met julle onderneming om deur die week teenoor iemand te getuig. Wat het gebeur? Hoe het jy gevoel? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Laat iemand Hand. 14:1-20 lees. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.

Vertel vir mekaar wat julle dink nederigheid beteken.
Wat is vir julle familie belangrik (bv. opleiding, afkoms, prestasie…)? Hoe kan julle vir God die eer gee daarvoor?
Gee kans dat elke familielid vir elkeen van die familie vertel waarom hulle kosbaar is in julle gesin – wat is hulle unieke bydrae?

HUISGODSDIENS Week van 5-11 September
Luk. 2:41-52 GEMEENSKAP
RUS Vertel vir mekaar wat hierdie week gebeur het wat julle aan nederigheid laat dink het. Kon jy in hierdie week nederig wees? Was dit maklik of moeilik? Hoekom? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Gesinne met kleiner kinders: Laat iemand 1 Kor. 12:12, 14-21 lees. Ouer kinders: Efesiërs 4:1-3, 25-27, 31-5:2. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.

Gesinne met kleiner kinders: vertel vir mekaar hoekom ons kerk toe gaan. Gaan in die kring om en laat die gesin vir elkeen vertel watter bydrae hulle in die liggaam van Christus maak / kan maak. Beplan hoe julle as gesin saam by die kerk gaan betrokke wees.
Gesinne met ouer kinders: Is daar dalk iemand wat een van julle sukkel om te aanvaar of te vergewe? Laat die gesin saam vir jou bid om dit te regkry.
Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid hierdie week ook spesiaal vir ons gemeente. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid.
HUISGODSDIENS Week van 12-18 Sept
1 Sam 3:1-10 GELOOFSONDERSKEIDING
RUS Vertel vir mekaar hoe julle in die afgelope week gemeenskap beleef het. Gesinne met kleiner kinders: hoe vorder ons met ons betrokkenheid in die gemeente? Hoe was dit vir ons om betrokke te wees? Gesinne met ouer kinders: hoe het dit die afgelope week met julle verhoudings gegaan – veral met die mense wat julle sukkel om te aanvaar of te vergewe? Wat het gebeur? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Laat iemand 1 Sam 3:1-10 lees. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.

Gesels met mekaar oor die maniere waarop God met ons praat – deur die Bybel, deur ander mense, ens.
Hoe weet jy dat dit God is wat met jou praat? Soms weet ons sekere goed is God se stem/wil (soos wanneer ons Bybel lees of mamma sê ek moet vir sussie om verskoning vra), maar ons noem dit nie noodwendig God se stem nie.
Julle moet in die week wat kom probeer hoor wanneer en hoe God met julle praat en wat hy sê!
Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid. As daar spesifieke sake is waarvoor een van julle die Here se wil soek, vertel dit vir mekaar en bid spesifiek daarvoor.
HUISGODSDIENS Week van 19-25 Sept.
Hand 15:36-41 LEWENSPRAKTYK
RUS Vertel vir mekaar waar en hoe die Here die afgelope week met jou gepraat het. Hoe weet jy dit was hy wat met jou gepraat het? Was dit vir jou maklik of moeilik om sy stem te hoor? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.
HOOR
Laat iemand Hand 15:36-41 lees. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.

LEEF ‘n Christelike lewe is ‘n praktyk – daar is sekere gewoontes (dissiplines) wat ons gereeld doen. Dit is anders as reëls wat ons nakom – dit is goed wat ons doen om aan te hou groei in ons geloof. Verskillende mense doen verskillende goed.
Besluit saam wat julle gesin se praktyk gaan wees (bv. gaan x keer kerk toe, hou x keer per week huisgodsdiens, familietyd, tafelgebede, gebed, wat ons Sondae doen…) en beplan om dit te doen. Wie gaan seker maak dat dit gebeur?
Dis amper vakansie – gaan jul praktyk oor die vakansie dieselfde bly of anders wees? As dit anders is, wat kan julle doen om seker te maak dat julle na die vakansie doen wat julle vandag onderneem het?

We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.