Huisgodsdiens 26 Sept – 2 Okt

RUS

Gesels oor die afgelope kwartaal.  Wat het gebeur wat vir julle lekker was? Wat was vir julle sleg? Wat het die Here hierdie kwartaal vir julle geleer (ook deur die goed wat met julle gebeur het)? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

  • ­ Vertel vir mekaar wat julle elkeen se gunsteling Bybelgedeelte is.  Kies een daarvan en lees dit (of lees elke aand van die week een). Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
  • ­ Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.

LEEF

  • ­ Watter reaksie vra die teks van julle?  Gesels hoe julle dit kan doen.
  • ­ Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op  van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid saam vir mekaar en die ander  dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid.

Ons het hierdie kwartaal vir die eerste keer weeklikse Huisgodsdiensmateriaal beskikbaar gestel. Antwoord asb hierdie 5 kort vrae om ons te help met moontlike toekomstige materiaal!

 

     

Trackback from your site.

Leave a comment