Huisgodsdiens: 22 Aug – 25 Sept 2011

HUISGODSDIENS Week van 22-28 Augustus

2 Kon 5:1-4 GETUIENIS

RUS
Vertel vir mekaar hoe dit vir julle was om die afgelope week elke dag Bybel te lees. Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

  • Laat iemand 2 Kon 5:1-4 (gesinne met kleiner kinders) of Matteus 28:19 (gesinne met ouer kinders) lees. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
  • Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
  • Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.

LEEF

  • Vertel vir mekaar wat getuienis beteken.
  • Ons kan nie almal maklik praat nie – hoe kan ‘n mens getuig sonder om te praat?
  • Elke keer wat julle vir mekaar vertel wat julle in die Bybel gelees het of wat julle by die Here geleer het, is julle besig om te getuig! Dit is nie so moeilik nie – dalk moet ons net gewoond raak daaraan. Dink aan iemand vir wie jy iets kan vertel van God of wat jou geloof vir jou beteken. Vertel vir mekaar met wie jy gaan praat en wat jy gaan sê (of hoe jy gaan getuig en teenoor wie.)
  • Dink aan ‘n manier om (een van) ons gemeente se sendelinge te ondersteun. Wat gaan julle doen?
  • Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys- maak seker dat elkeen kans kry om te bid.

HUISGODSDIENS Week van 29 Aug. – 4 Sept

Hand. 14:1-20 NEDERIGHEID

RUS
Vertel vir mekaar hoe dit toe gegaan het met julle onderneming om deur die week teenoor iemand te getuig. Wat het gebeur? Hoe het jy gevoel? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

  • Laat iemand Hand. 14:1-20 lees. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
  • Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
  • Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.

LEEF

  • Vertel vir mekaar wat julle dink nederigheid beteken.
  • Wat is vir julle familie belangrik (bv. opleiding, afkoms, prestasie…)? Hoe kan julle vir God die eer gee daarvoor?
  • Gee kans dat elke familielid vir elkeen van die familie vertel waarom hulle kosbaar is in julle gesin – wat is hulle unieke bydrae?
  • Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid.

HUISGODSDIENS Week van 5-11 September

Luk. 2:41-52 GEMEENSKAP

RUS
Vertel vir mekaar wat hierdie week gebeur het wat julle aan nederigheid laat dink het. Kon jy in hierdie week nederig wees? Was dit maklik of moeilik? Hoekom? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

  • Gesinne met kleiner kinders: Laat iemand 1 Kor. 12:12, 14-21 lees. Ouer kinders: Efesiërs 4:1-3, 25-27, 31-5:2. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
  • Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
  • Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.

LEEF

  • Gesinne met kleiner kinders: vertel vir mekaar hoekom ons kerk toe gaan. Gaan in die kring om en laat die gesin vir elkeen vertel watter bydrae hulle in die liggaam van Christus maak / kan maak. Beplan hoe julle as gesin saam by die kerk gaan betrokke wees.
  • Gesinne met ouer kinders: Is daar dalk iemand wat een van julle sukkel om te aanvaar of te vergewe? Laat die gesin saam vir jou bid om dit te regkry.
  • Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid hierdie week ook spesiaal vir ons gemeente. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid.

HUISGODSDIENS Week van 12-18 Sept

1 Sam 3:1-10 GELOOFSONDERSKEIDING

RUS
Vertel vir mekaar hoe julle in die afgelope week gemeenskap beleef het. Gesinne met kleiner kinders: hoe vorder ons met ons betrokkenheid in die gemeente? Hoe was dit vir ons om betrokke te wees? Gesinne met ouer kinders: hoe het dit die afgelope week met julle verhoudings gegaan – veral met die mense wat julle sukkel om te aanvaar of te vergewe? Wat het gebeur? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

  • Laat iemand 1 Sam 3:1-10 lees. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
  • Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
  • Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.

LEEF

  • Gesels met mekaar oor die maniere waarop God met ons praat – deur die Bybel, deur ander mense, ens.
  • Hoe weet jy dat dit God is wat met jou praat? Soms weet ons sekere goed is God se stem/wil (soos wanneer ons Bybel lees of mamma sê ek moet vir sussie om verskoning vra), maar ons noem dit nie noodwendig God se stem nie.
  • Julle moet in die week wat kom probeer hoor wanneer en hoe God met julle praat en wat hy sê!
  • Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid. As daar spesifieke sake is waarvoor een van julle die Here se wil soek, vertel dit vir mekaar en bid spesifiek daarvoor.

HUISGODSDIENS Week van 19-25 Sept.

Hand 15:36-41 LEWENSPRAKTYK

RUS
Vertel vir mekaar waar en hoe die Here die afgelope week met jou gepraat het. Hoe weet jy dit was hy wat met jou gepraat het? Was dit vir jou maklik of moeilik om sy stem te hoor? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

  • Laat iemand Hand 15:36-41 lees. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
  • Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
  • Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.

LEEF
‘n Christelike lewe is ‘n praktyk – daar is sekere gewoontes (dissiplines) wat ons gereeld doen. Dit is anders as reëls wat ons nakom – dit is goed wat ons doen om aan te hou groei in ons geloof. Verskillende mense doen verskillende goed.

  • Besluit saam wat julle gesin se praktyk gaan wees (bv. gaan x keer kerk toe, hou x keer per week huisgodsdiens, familietyd, tafelgebede, gebed, wat ons Sondae doen…) en beplan om dit te doen. Wie gaan seker maak dat dit gebeur?
  • Dis amper vakansie – gaan jul praktyk oor die vakansie dieselfde bly of anders wees? As dit anders is, wat kan julle doen om seker te maak dat julle na die vakansie doen wat julle vandag onderneem het?
  • Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid.
     

Trackback from your site.

Leave a comment

Kommentaar en navrae

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie!

  • Avatar

    mariette

    |

    Môre-môre!

    Dankie Chris. Die reeks dra baie praktiese wenke oor en is verrykende luistergenot vir elkeen. Elke dag iets nuuts om na uit te sien!

    Seën daarop toegebid
    Mariette

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Nee, Elmarie, jy hoef nie. Ons kan 250 mense akkommodeer. Skryf net in by die deure. Baie welkom.

  • Avatar

    Prof Elmarie Venter

    |

    More Ds Chris. Ons is 3 wat wil bywoon. Moet ons nog bespreek? Groete
    Elmarie

  • Vreesloos 1

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • 21 Mei 2020

    |

    […] Pinkster-reeks se titel vanjaar is “Vreesloos”– oor geloof in ‘n tyd waar ons bang […]

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Ons het vir baie lank ‘n versorgingskommissie gehad vir leraars en personeellede. Dit was persone in die gemeente wat gereeld op informele wyse met elkeen van ons kontak gemaak het, belanggestel het in wat in ons lewens aangaan, uitgevra het na uitdagings, en vir ons gebid het. Dit was benewens die diensverhoudingekommissie wat meer op die formele dinge gekonsentreer het. Die inperking het ‘n bietjie daaraan verander, maar dit was ‘n baie goeie informele sisteem van versorging.

  • Avatar

    Des Sampson

    |

    Goeie dag. Ek is voorsitter van die DVK op Hartenbos. Wat doen julle mbt die versorging van predikante en kantoor personeel?

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dit was Rethie van Niekerk se preek. Sy het in die preek verwys na die Hebreeuse woorde.

    Die eerste reël (seën) het drie woorde, dan vyf woorde, dan sewe woorde.  15, 20, 25 konsonante (onthou ʾ is ook ‘n konsonant).  11, 13, 16 lettergrepe (ek het weer getel, en dit is die korrekte aantal).

    24 yĕbārekkā yĕhwâh wĕyišmĕrekā
    25 yāʾēr yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wîyḥunekā
    26 yiśāʾ yĕhwâh pānāyw ʾēlêykā wĕyāśēm lĕkā šālôwm

    Hoop dit maak sin.

  • Avatar

    Annemarie vn Zyl

    |

    NUM 6; GOD SE SEEN, Goeiemore
    Ek het vanoggend hierdie Bybelstudie gedoen en dit was wonderlik. Die deel DIE TEKS verstaan ek egter glad nie. ek kry die aantal woorde reg maar glad nie die konsonante en lettergrepe nie. Ek verstaan ook nie die doel van hierdie deel nie, tensy jy wil bewys dat dit menslik amper onmoontlik is om die seen so te skryf, met die spesifieke aantal konsonante en lettergrepe sonder God se ingryping.. ek sal dit waardeer as iemand die deel in kort vir my verduidelik Baie dankie Annemarie van zyl.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Dankie Corrie! Mooi jaar vir jou.

  • Avatar

    Corrie

    |

    Ds. Chris, soos altyd ń opbeurende en positiewe bydra deur U, vir die toepassing deur die kinders van God. Selfs hulle wat Hom nog nie as hul Saligmaker en Verlosser aangeneem het nie, sal baat by diė insetsel. Ek vra dat God se seën op U sal rus.

  • Avatar

    C Joubert

    |

    Inspirerende en besielende boodskappe

  • Avatar

    Sonja Lizemore

    |

    Beste Ds Chris.
    Net n GROOT DANKIE vir die liedere. Dit is baie spesiaal.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Carol, jy is reg, dit is ‘n kosbare insig! Ek het ook onlangs gepreek oor die inwonende Christus, as jy meer wil lees. Baie seën.

  • Avatar

    Carol

    |

    Baie dankie vir die eerste keer in my lewe besef ek nou wat my probleem is. Ek het nog nie vir JESUS in my ontdek nie dis geen wonder dat my verhouding met JESUS nêrens kom nie. Geen ontmoeting geen kennis of wysheid en GEEN GROEI.

  • Avatar

    Chris van Wyk

    |

    Hi Annelize – ons hou dienste in die kerkgebou (Louis Bothasingel 177, Somerstrand) om 09:00 Sondae tegelykertyd met ons Youtube erediens ook om 09:00. Ons het ook ‘n meer informele Youtube erediens – Pulse – wat van 11:00 af op ‘n Sondag beskikbaar is. Ter wille van die personeel se verlof sal ons DV van 27 Desember tot 24 Januarie nie fisiese eredienste in die kerk hê nie, net die Youtube erediens 09:00. Dié dienste word weer hervat van 31 Januarie af sowel as moontlik ‘n aanddiens om 18:30. As jy hier is, maak ‘n afspraak dat ons jou kan verwelkom. My sel is “nul agt twee 5749191”. Groete, Chris van Wyk.