Skip to main content

Huisgodsdiens: 25-31 Julie – Gasvryheid

RUS

Vertel vir mekaar hoe julle in die week wat verby is vrygewig was.  Wat was maklik? Moeilik?  Hoe het dit jou laat voel? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

  • Laat iemand Hand. 9:26-32 lees.  Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal.  As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
  • Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
  • Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.

 LEEF

  • Vertel vir mekaar wat julle dink gasvryheid beteken.  Het een van julle ‘n storie van iemand wat gasvry was teenoor jou?  Vertel dit vir mekaar.
  • Hoe gaan julle gesin hierdie week “gasvryheid” beoefen?
  • Sondag gaan Nagmaal wees.  Verduidelik vir die kinders wat die Nagmaal is en hoe ons daaraan deelneem (kyk op ons webtuiste by http://bit.ly/pinmKv as jy riglyne vir die gesprek soek).  Besluit saam hoe julle gaan voorberei vir die Nagmaal.
  • Sondag kuier die lidmate van die VGK Bloemendal by ons.  Gesels hoe julle (ons gemeente) spesiaal gasvry teenoor hulle kan wees Sondag.
  • Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op
  • van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid.

Huisgodsdiens: 18-24 Julie 2011 – Vrygewigheid

RUS
Vertel vir mekaar wat die Here vandag / hierdie week in jul lewens gedoen het. Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR
Laat iemand Joh. 6:1-13 lees. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.

LEEF
Vertel vir mekaar wat vrygewigheid beteken. Het een van julle ‘n storie van iemand wat vrygewig was teenoor jou? Vertel dit vir mekaar.
Maak ‘n lys van goed wat julle nie meer nodig het of nie meer gebruik nie – vir wie kan julle dit gee?
Hoe gaan julle gesin hierdie week “vrygewigheid” beoefen?
Maak ‘n lys van goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid.