Skip to main content

Jes 61 Huisgodsdiensmateriaal – 11 Des 2011

Gebruik jul adventkalender om elke dag huisgodsdiens te hou:  elke dag wanneer julle ‘n nuwe “deurtjie” oopmaak, lees ‘n spesiale teksvers en gesels oor Jesus se teenwoordigheid in jul lewens.

Rus

  • ­ Steek die eerste twee Adventkerse aan – die eerste een wat hoop simboliseer en die tweede wat vrede simboliseer.
  • ­ Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

Hoor

Lees Jesaja 61:1-4, 8-11.  (Julle kan gerus ’n eenvoudiger vertaling probeer.)

  • ­ Gesels oor die tels.  Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan – wat sê dit vir julle?
  • ­ Wat beteken dit om ‘n “Boom van Redding”  te wees? (Vir die ouers: ‘n Ander vertaling is “Bome van Geregtigheid”.  God se kinders leef regverdig en staan op vir geregtigheid waar daar onreg is.  Miskien kan julle dink aan plekke waar julle onreg teëkom en gesels oor hoe julle daarteen kan opstaan.)

Leef

  • ­ Hoe kan julle hierdie week mense wat moedeloos is opbeur of wat treur vertroos (v1-3)?
  • ­ Gaan deur jul gebedslys – is van jul gebede al beantwoord?  Sê dan dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid  saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys.

Psalm 41 Huisgodsdiensmateriaal – 4 Des 2011

Rus

  • ­ Dink terug oor jul lees van die Psalms hierdie kwartaal – wat het julle geleer?

Lees Psalm 41:2-4 uit Die Bybel vir Almal:

Dit gaan goed met die persoon wat bekommerd is oor ‘n arm mens.  Die Here sal so ‘n persoon red wanneer dit sleg gaan.  Die Here sal sulke mense beskerm en hulle laat aanhou lewe, die Here sal hulle gelukkige mense maak in hierdie land.  U sal hulle nie vir hul vyande gee sodat die vyande met hulle kan doen wat hulle wil nie.  Die Here sal hulle help wanneer hulle siek is en God sal hulle weer gesond laat word.

  •  ­ Gesels oor die Psalm (ouers kan ook kyk na die inligting in die kleingroepmateriaal).  Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die Psalm – wat sê dit vir julle?
  • ­ Vertel vir mekaar hoe en/of waar julle al beleef het dat die Here julle beskerm.

 Leef

  • ­ Wat vra God nou van julle?  Vertel vir mekaar wat julle gaan doen in reaksie op die Psalm.
  • ­ Die Psalm sê “dit gaan goed met die persoon wat bekommerd is oor ‘n arm mens”.  Wie is die arm mense oor wie julle bekommerd is?  Hoe kan julle hulle help?  Julle kan bv. geskenke koop vir die kinders van Maranatha – vat ‘n kaartjie van die kersboom in die kerkgebou se voorportaal.  Julle kan ook lekkernye skenk vir die Kerspartytjie by Barcelona in Helenvale.  Of blikkieskos en toiletware vir die CMR. (Kyk elders in die afkondigings vir meer inligting.)
  • ­ Gaan deur jul gebedslys – is van jul gebede al beantwoord?  Sê dan dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid – onthou om veral vir armes te bid.  Bid  saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys.

Ps 37 Huisgodsdiensmateriaal – 27 Nov 2011

Rus

  • ­ Vertel vir mekaar hoe en waar julle vandag God se sorg beleef het.

Lees Psalm 37:1-6 uit Die Boodskap:

1Moenie jou energie mors om heeltyd oor slegte mense te praat nie. Moenie loop en kla dat hulle loskom met hulle skelmstreke nie.  Moenie op hulle jaloers wees nie. 2Hulle verdwyn sommer op ‘n dag. Vandag is hulle daar; môre is hulle weg. 3 Glo liewer in die Here. Doen goeie dinge vir ander mense. Doen wat jy moet doen, en bly  getrou aan die Here. 4 Wees elke oomblik bly dat jy die Here ken. Hy  sal sorg dat jy kry wat jy wil hê. 5 Stel jou lewe elke dag in die Here se hand. Vertrou op Hom. Hy sal vir jou sorg. 6 Hy sal jou op die regte pad hou. Die Here sal vir almal wys dat jy reg leef.

  • ­ Laat elkeen vertel wie die “slegte mense” is wat hulle pla.  Gesels oor wat hierdie Psalm julle leer oor hoe julle kan reageer op daardie mense.
  • ­ Kyk ook na Fil 4:6-7 (uit diebybel@kinders.co.za):

As jou hart seer is, of jy bang is of miskien nie weet wat om te doen nie, gaan vra God om jou te help.  Bid en vertel hom hoe jy hier binnekant voel.  Hy sal jou help, want hy kan jou help.  Moenie bang wees dat hy ou ooit sal vergeet nie.  As jy gebid het, hoef jy nie meer bang te wees nie.  Jesus is mos jou goeie Vriend.  Al verdwyn al die dinge waarvoor jy bang is nie dadelik nie, kan jy maar solank vir die Here basie dankie sê. Hy sal jou help.  Daarvan kan jy seker wees.

  • ­ Sondag (20/11) wat Biddag vir Beskermingsdiense.  Bid vir die polisie – dat hulle veilig sal wees en reg sal doen. Dalk kan julle selfs vir hulle blomme of koekies vat?