Vertel vir mekaar hoe en waar julle vandag God se sorg beleef het.
Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.
Hoor
Lees Psalm 29 (probeer om dit uit ‘n eenvoudiger vertaling te lees).
Gesels oor die Psalm (ouers kan ook kyk na die inligting in die kleingroepmateriaal). Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan in die Psalm – wat sê dit vir julle?
Verduidelik vir die kinders wat dit beteken om God te loof. Laat die kinders saam dink waarvoor ons God alles kan loof.
Leef
Loof die Here! Laat elkeen sê wat hul gunsteling loflied is en sing dit saam.
Bid ‘n gesamentlike lofgebed – maak beurte om vir God te sê waarvoor julle hom loof.
Gaan deur jul gebedslys – is van jul gebede al beantwoord? Sê dan dankie! Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys.

As ‘n mens na die hemel kyk wat God gemaak het, kan jy sien hoe groot en sterk hy is. In die dag en in die nag is die hemel soos iemand wat vertel hoe wonderlik God is. Die hemel praat nie regtig nie, maar dit wys hoe groot God is. ‘n Mens kan dit enige plek op aarde sien. Die hemel is soos ‘n tent vir die son. In die oggend kom die son uit die tent. Die son loop oor die hemel soos iemand wat baie trots en bly is. Die son skyn oral en maak alles warm.
Die Here se Woord is net so wonderlik. Dit gee jou nuwe krag. Dit help ‘n mens om te weet wat jy moet doen. Die Here se wette is reg. As ‘n mens dit doen, maak dit jou bly. Dit laat jou verstaan wat jy moet doen.
Dis goed om vir die Here respek te hê. Die Here se Woord is waar. Die Here se Woord is meer werd as baie goud. Dit is lekker om sy Woord te lees. Dit help ‘n mens om reg te lewe. As ‘n mens na sy Woord luister, sal dit baie goed gaan met jou.
‘n Mens doen so maklik sonde sonder dat jy dit weet. Moet my nie straf oor sonde waarvan ek nie weet nie, Here! Keer my ook dat ek nie moedswillig sonde doen nie. Ek is bang dat ek sonde begin doen waarmee ek nie kan ophou nie, Here. As U my help, sal U my nie hoef te straf nie. Help my om niks te sê of te dink waarvan U nie hou nie, Here! U is die een wat my beskerm en my red.

Vertel vir mekaar wat julle laat onthou dat God daar is. Hoe help die natuur julle om te ont-hou hoe wonderlik God is?
Vertel vir mekaar hoe julle God se stem hoor uit die Bybel. Ouers kan ‘n storie vertel van ‘n spesifieke geleentheid wat God met hulle gepraat het.
Leef
Laat almal in die tuin uitgaan en iets kry wat hulle laat dink aan God se teenwoordigheid. Kom terug en vertel vir mekaar hoekom jy dit gekies het. Spandeer hierdie week tyd in die natuur en loof die Here vir sy wonderlike skepping.
Eet heuning en sê vir God dankie dat sy Woord net so wonderlik is!

Lees Psalm 14.
Vir die dirigent. ’n Lied van Dawid. Mense wat niks van God wil weet nie, sê vir hulself daar is nie ’n God nie. Daarom doen hulle slegte dinge. Nie een van hulle doen wat goed is nie.
Die Here het uit die hemel gekyk om te sien of daar iemand is wat slim is, wat tot hom bid. Maar hy kon niemand kry nie. Nie eers een mens het gedoen wat reg is nie.
Weet al daardie mense dan niks nie? Hulle laat my volk se mense baie swaar kry. Hulle vat al my volk se goed vir hulle en lewe lekker daarvan. Hulle bid ook nie tot die Here nie.
Maar hulle sal skielik skrif, want God is by die mense wat reg lewe. Julle slegte mense: julle maak of die arm mense niks is nie. Maar die Here pas hulle op!
Ag, mag die Here die Israeliete uit Jerusalem kom help. As die Here dit weer met sy volk laat goed gaan, sal hulle baie, bale bly wees. (diebybel@kinders.co.za)

Die Psalm sê dat dwase mense mense is wat nie God se leiding soek nie – wat nie leef soos God wil hê nie. Kan julle vir mekaar vertel van kere wat julle soos dwase opgetree het en wat die gevolge was?
Slim mense is volgens hierdie Psalm mense wat volgens God se wil leef en hom vertrou. Is daar iets spesifiek in jul elkeen se lewe waarvoor julle op die oomblik God moet vertrou of God se wil soek? Vertel vir mekaar daarvan. Bid saam vir die spesifieke sake.
Maak ‘n lys van goed waarvoor julle hierdie week gaan bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys.

We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website.
Read our Privacy Policy.