Skip to main content

Huisgodsdiens: 15-21 Augustus 2011 – Daaglikse Ondersoek

RUS

  • Vertel vir mekaar vir wie julle in die week wat verby is omgegee het en hoe julle dit gedoen het. Wat was maklik? Moeilik? Hoe het dit jou laat voel? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.
  • As julle ouer kinders het, kan julle dalk in plaas van die gewone gebed begin met ‘n “Stop, Kyk, Luister” oefening. Laat almal stil en rustig word – sit gemaklik, oë toe, fokus op julle asemhaling. [tydjie stilte] Almal dink dan aan die afgelope week – wat het gebeur wat vir jou lekker/goed was? Sê vir God dankie daarvoor. [tydjie stilte] Wat het gebeur wat vir jou sleg was? Praat met God daaroor. [tydjie stilte]

HOOR

  • Laat iemand Psalm 119:1-16 (of 1-8) lees. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
  • Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
  • Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.

LEEF

  • Verduidelik vir die kinders dat God deur die Bybel met ons praat. Daarom moet ons elke dag Bybel lees, sodat ons kan weet wat God vir ons sê.
  • Vertel vir mekaar wat julle elkeen se gunsteling deel in die Bybel is.
  • Onderneem om hierdie week getrou Bybel te lees – dink oor hoe julle mekaar hierin kan aanmoedig.
  • Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid.

*Bybel-lees en daaglikse ondersoek is nie dieselfde nie. T.w.v. die kinders werk ons egter in die huisgodsdiens met Bybel-lees eerder as daaglikse ondersoek.

Huisgodsdiens: 8-14 Augustus 2011 – Omgee

RUS

Vertel vir mekaar wie julle in die week wat verby is bemoedig het en hoe julle dit gedoen het.  Wat was maklik? Moeilik?  Hoe het dit jou laat voel? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

  • ­Laat iemand Hand. 11:19-24 lees.  Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal.  As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
  • ­ Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
  • ­ Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.

LEEF

  • ­ Vertel vir mekaar wat julle dink omgee beteken.  Het een van julle ‘n storie van iemand wat vir jou omgegee het?  Hoe het hulle dit gedoen?
  • ­ Op watter maniere kan ’n mens alles wys dat jy omgee?
  • ­ Aan wie kan julle dink wat in nood is?  Hoe kan julle vir hulle omgee?  (As julle wil, kan julle op die gemeente se almanak kyk na al die bedieninge en oorweeg hoe julle saam by een daarvan betrokke kan raak.)
  • ­ Kyk na jul gebedslys van verlede week – was daar ‘n antwoord op  van jul gebede? Haal sake af en/of voeg sake by om voor te bid. Bid saam vir mekaar en die ander  dinge op jul lys – maak seker dat elkeen kans kry om te bid

Huisgodsdiens: 1-7 Augustus 2011 – Bemoediging

RUS
Vertel vir mekaar hoe julle in die week wat verby is gasvry was. Wat was maklik? Moeilik? Hoe het dit jou laat voel? Laat iemand daarna bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

  • Laat iemand Hand. 11:19-24 lees. Probeer ‘n makliker vertaling soos Die Boodskap of Die Bybel vir Almal. As daar kleiner kinders is, vertel eerder die teks as om alles te lees.
  • Ouers verduidelik die teks vir die kinders – maak seker dat hulle al die begrippe verstaan.
  • Vertel vir mekaar wat in die teks vir jou uitgestaan het of nuut was.

LEEF

  • Vertel vir mekaar wat julle dink bemoediging beteken. Het een van julle ‘n storie van iemand wat jou bemoedig het? Vertel dit vir mekaar.
  • Maak ‘n lys van mense wat bemoediging nodig het. Hoe gaan julle hierdie mense bemoedig?
  • Volgende week is Vrouedag. Hoe kan julle spesiaal die vroue in jul lewens bemoedig?