Skip to main content

Fil 1:12-26 Huisgodsdiensmateriaal 22 Jan

Week van 22-28 Januarie 2012

RUS

  • As julle verlede week gebid het vir iemand in jul gesin w at ‘n keuse moet maak, vertel vir mekaar wat intussen gebeur het.
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

HOOR

Lees Filippense 1:12-14 uit DieBybel@ kinders.co.za

Liewe vriende, weet julle wat?  Ek sit mos in die ronk, né.  Dit klink sleg, maar dit is darem nie net sleg nie.  Weet julle hoekom?  Hier in die tronk het ek baie kans om met mense oor Jesus te praat.  Die wagte en sommer almal sien dat ek in die tronk is omdat ek nie skaam is om te sê dat ek vir Jesus lief is nie.  Dit maak ander kinders van die Here ook sommer bly en gee hulle moed.  Hulle sien dat al is ‘n mens in die tronk, kan jy nog vir Jesus mooi dinge doen.  Nou is hulle nie meer skaam om vir ander mense te vertel van Jesus nie.

Gesels oor die teksgedeelte (ouers kan ook na die inligting in die kleingroepmateriaal kyk).

  • Ons sal nie sommer in die tronk gegooi word nie, maar watter goed is daar wat ons soms bang maak om van Jesus te vertel of die regte ding te doen (bv. vriende wat sal spot, geld verloor in besigheid, ens)?
  • Dink aan voorbeelde van hoe slegte goed wat gebeur, mens juis help om vir ander van Jesus te vertel?

LEEF

  • Is daar goed in van julle se lewens wat op die oomblik vir julle soos ‘n “tronk” voel?  Hoe kan julle dit positief gebruik, sodat ander daardeur kan sien dat julle vir Jesus liefhet?
  • Vertel vir mekaar waartoe Jesus julle nou roep.
  • Gaan deur jul gebedslys- is van jul gebede beantwoord?  Sê dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid saam vir mekaar en die dinge op jul lys.

Fil 1:9-11 Huisgodsdiensmateriaal – 15 Jan 2012

Week van 15-21 Januarie 2012 

RUS

  • ­ Vertel vir mekaar van die op-en-af branders in jul lewens die afgelope week.  Hoe het die Here dit gebruik?
  • ­ Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

 HOOR

Lees Filippense 1:9-11 uit Die Boodskap

Weet julle waarvoor bid ek?  Ek bid dat julle al hoe nader aan Jesus sal leef.  Dit is moontlik as julle bereid is om uit julle geestelike ervaring te leer.  Dan sal julle altyd die beste keuses kan maak.  Dit sal sorg dat wanneer Jesus weer kom, niemand ‘n vinger na julle sal kan wys en julle van swakhede beskuldig nie.  In alles wat julle doen, sal mense kan sien dat julle verhouding met God reg is.  Jesus Christus sal julle help om reg te lewe.  So sal mense aan julle kan sien hoe wonderlik God is.  Dan sal hulle met opgewondenheid oor sy grootheid praat.

  • Hoe kan ‘n mens nader aan Jesus leef?
  • Vertel vir mekaar van ‘n geestelike ervaring waaruit julle iets geleer het (dalk ‘n preek, ‘n gedeelte wat julle gelees het, iemand wat iets vertel het, omstandighede, ens).
  • Hoe kan hierdie goed (om nader aan Jesus te leef en te leer uit ons geestelike ervarings) ons help om die regte keuses te maak?

 LEEF

  • ­ Vertel vir mekaar waartoe Jesus julle nou roep.
  • ­ Hoe gaan julle elkeen probeer om nader aan Jesus te leef?
  • ­ Is daar keuses waarmee van julle op die oomblik sukkel?  Vertel vir mekaar daarvan en bid daarvoor.
  • ­ Kyk weer na vers 11.  Dink bietjie wat mense op die oomblik in julle lewens sien.  Bid dat Jesus julle sal help om reg te lewe.
  • ­ Gaan deur jul gebedslys – is van jul gebede al beantwoord?  Sê dan dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid  saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys.

Vakansie Huisgodsdiensmateriaal – 12 Des 2011 – 15 Jan 2012

Huisgodsdiensmateriaal 12-18 Desember 2011

Gebruik jul adventkalender om elke dag huisgodsdiens te hou:  elke dag wanneer julle ‘n nuwe “deurtjie” oopmaak, lees ‘n spesiale teksvers en gesels oor Jesus se teenwoordigheid in jul lewens.

Rus

  • ­Steek die eerste drie Adventkerse aan – die eerste een wat hoop simboliseer, die tweede wat vrede simboliseer en die pink een wat vreugde simboliseer.
  • ­Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

Hoor

Lees Ps 89:1-14 uit diebybel@kinders.co.za:

Here, ek wil altyd sing oor hoe goed U vir ons is.  U sal nooit ophou om goed te wees vir ons nie, want U woon in die hemel. U het gesê:  “Ek het vir Dawid belowe: ’Daar sal altyd een van jou kinders of een van hulle kinders wees wat in Jerusalem regeer.’”  Almal wat in die hemel woon, prys U omdat U so goed en getrou is.  Daar is niemand in die hemel wat naastenby so groot en sterk soos U is nie.  U het baie engele wat U help.  Daarom kan niemand u planne keer nie.  U is baie sterker as die see.  U is baie sterker as al u vyande,  U het die hemel daarbo en die aarde hieronder gemaak.  Alles  behoort aan U.  U het alles gemaak wat ver in die noorde is en alles wat ver in die suide is.  Selfs die hoë berge is bly omdat hulle na U kan luister.  U kan doen net wat U wil.

  • ­Gesels oor die teks.  Vertel vir mekaar wat vir julle uitstaan – wat sê dit vir julle?
  • Die Psalm praat van God se liefdevolle trou – sy getrouheid of lojaliteit (Engels: “steadfast love”).  Vertel vir mekaar waar en hoe julle God se getrouheid in jul lewens ervaar het hierdie jaar.

Leef

  • ­“Prys” beteken om mooi goed oor ander te sê.  Ons prys vir God wanneer ons mooi goed oor God sê.
  • Prys God saam.  Sing ‘n gunsteling loflied.  Bid die Psalm. ­
  • Gaan deur jul gebedslys – is van jul gebede al beantwoord?  Sê dan dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid  saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys.

 Huisgodsdiensmateriaal 19-25 Desember 2011

Gebruik jul adventkalender om elke dag huisgodsdiens te hou:  elke dag wanneer julle ‘n nuwe “deurtjie” oopmaak, lees ‘n spesiale teksvers en gesels oor Jesus se teenwoordigheid in jul lewens.  Voordat julle geskenke uitdeel, lees die verhaal van Jesus se geboorte in Luk. 2.

Rus

  • ­Steek die eerste vier Adventkerse aan – die eerste een wat hoop simboliseer, die tweede wat vrede simboliseer, die pink een wat vreugde simboliseer en die vierde een wat liefde simboliseer. ­
  • Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

Hoor

Lees Ps 98 (julle kan dit gerus uit ‘n eenvoudiger vertaling lees).

  • Kyk weer na alles wat God gedoen het waaroor die psalmdigter so bly is.  Vertel vir mekaar wat God gedoen het waaroor julle bly is.

 Leef

  • ­Wat hou die oorwinning (vv2-3) wat ons met Kersfees vier, alles in?  Hoe kan julle hierdie oorwinning van Jesus prakties uitleef?
  • ­Gaan deur jul gebedslys – is van jul gebede al beantwoord?  Sê dan dankie!  Maak ‘n lys van die goed waarvoor julle hierdie week gaan bid.  Bid  saam vir mekaar en die ander dinge op jul lys.

Huisgodsdiensmateriaal 26 Des – 1 Jan

Rus

  • Vertel vir mekaar wat vir julle die hoogtepunt van Kersfees was vanjaar.

Lees Matt 2:1-12 (julle kan dit gerus uit ‘n eenvoudiger vertaling lees).

  • Dis vreemd dat die Jode, wat juis die Messias verwag het, nie die teken van sy koms kon raaksien nie!  Vertel vir mekaar hoe dit kan gebeur dat Christene vandag nog nie Jesus se teenwoordigheid raaksien nie.  Hoe kan ons so leef dat ons altyd Jesus se teenwoordigheid in ons lewe raaksien?

Leef

  • Gaan een-een deur die hele familie en laat elkeen sê wat hulle in die ander waardeer.  As julle kan, verwys na hoe familielede in spesifieke situasies opgetree het die afgelope jaar en bevestig positiewe optrede soos liefde, vergifnis, dapperheid, integriteit, ens.

Huisgodsdiensmateriaal 2 – 8 Januarie 2012

Rus

Laat iemand bid en vir die Here vra om met julle te praat.

Hoor

Lees Handelinge 19:1-7 (julle kan dit gerus uit ‘n eenvoudiger vertaling lees).

  • Hierdie verse vertel vir ons hoe die evangelie buite Jerusalem versprei is:  Apollos het die evangelie in Korinte verkondig en Paulus het dit in die binneland tot by Efese verkondig.  (As julle vrae het oor die praat in tale, lees 1 Kor. 12:7-11; 14:1-5.  Onthou, die praat in tale is NIE ‘n teken van vervulling meet die Heilige Gees nie.)
  • Is daar mense vir wie julle kan help om God beter te verstaan?  Hoe kan julle dit doen?

Leef

  • Vertel vir mekaar wat julle hoop vir hierdie jaar.  Gee genoeg tyd om spesifiek vir elkeen se behoeftes vir die jaar te bid.

Huisgodsdiensmateriaal 9-15 Januarie 2012

Rus

  • Vertel vir mekaar wat julle elkeen se hoogtepunt van die vakansie was.  Waar het julle God beleef hierdie vakansie?

Ons begin Sondag ‘n nuwe reeks oor Filippense en fokus die week op die diversiteit van die geloofsgemeenskap.  Lees Handelinge 16:11-15 (julle kan dit gerus uit ‘n eenvoudiger vertaling lees).

  • Dit is belangrik dat die eerste bekeerlinge in Filippi vroue was – en boonop vroue wat nie gebore Jode was nie.  Hulle was nie deel van die “in crowd” nie – tog is hulle die mense wat God kies!  Wat beteken dit vir ons, vandag?

Leef

  • Wie is die mense wat in ons wêreld uitgesluit word?  Hoe kan ons hulle insluit?
  • Die skool begin hierdie week!  Bid spesiaal daarvoor.  Onthou om ook vir die onderwysers te bid.