Die boeke Esra en Nehemia wys vir ons hoe jy te werk gaan om ‘n geloofsgemeenskap weer op te bou ná ’n tyd van chaos (ballingskap). Ná die Kronis (waarskynlik Esra self) in 1 en 2 Kronieke sy waarderende blik op die verlede gegooi het om daaruit dinge te neem wat identiteitsvormend is, vertel hy in Esra-Nehemia verder van die drie leiers ná die ballingskap, naamlik:
Die boek Daniël fokus op God se aktiewe soewereine betrokkenheid in die geloofsgemeenskap sowel as in die koninkryke van hierdie wêreld:
soos geïllustreer deur ses verhale van Daniël en sy vriende se wedervaringe tydens die ballingskap in Babilon – hfst. 1-6 – sowel as
soos beskryf in ’n reeks van vier apokaliptiese visioene – hfst. 7-12.
Aan die eenkant demonstreer dit God se voorsiening en versorging vir dié wat aan Hom getrou en lojaal bly ten spyte van talle uitdagings (Daniël en sy drie vriende), sowel as sy aanvaarding van enigiemand wat hul vertroue in Hom plaas, selfs heidense konings (Nebukadnesar, Darius).
Aan die anderkant demonstreer dit God se invloed en ingrype in die geskiedenis wat nie net die wel en weë van konings en koninkryke bepaal nie, maar afstuur op ’n finale afrekening met die boosheid van die mensdom en die vestiging van Sy koninkryk op aarde.
Vertel vir mekaar hoe julle weke was en wat die Here vir julle gedoen het deur die week.
Vertel mekaar wat julle drome is? Wat wil julle hê, die Here vir julle wil doen? Vertel vir mekaar wat julle graag wil hê die Here vir mekaar wil doen?
Bid saam vir julle verwagtings vir julself en vir mekaar.
Jeremia verpak sy boodskap in twee oorhoofse perspektiewe: ’n boodskap van oordeel (afbreek, uitroei, vernietig, platslaan) en ’n boodskap van herstel (bou, vestig), soos die Here vir hom reg aan die begin van sy bediening die opdrag gee (Jer. 1:10). Die oordeel oorheers egter in Jeremia se prediking (Jer. 1-38) omdat die volk en sy opeenvolgende leiers net te ver afgedwaal het in hulle verhouding met God (“my volk [het] My jare gelede al vergeet” – Jer. 2:32), wat die besef by Jeremia laat groei het dat die ballingskap onafwendbaar aan die kom is (“Maar Ek gáán jou straf” – Jer. 2:35).
Die begin van die einde (van die koninkryke van Israel) – 2 Konings 17-19 en dele uit Jesaja
Hiskia word koning in Juda en vir die eerste keer is daar ’n koning wat ’n regmerkie agter sy naam kry. Hy gehoorsaam die Here in alles, selfs in die vernietiging van die hoogtes wat so ’n knaende probleem vir die volk van die Here reg deur die koningstyd was. Geen wonder dat Hiskia aanvanklik voorspoedig was nie, want die Here was by Hom op ’n manier wat net nie moontlik was met van die vorige konings van Juda nie. En stukkie vir stukkie kry hy dit reg om sy onafhanklikheid terug te wen van die Assiriërs en Filistyne.
Elia se moedeloosheid kom na die grootste hoogtepunt van sy bediening, die oorwinning oor Baäl voor die oë van die koning en sy mense. Die dreigement van Isebel, die krag agter die troon en die godsdiens, is eintlik hol na Elia se demonstrasie op die berg Karmel dat daar nie ander gode is nie! Maar dit bring ‘n diep donkerte vir Elia.