Elia en die weduwee – 1 Konings 17 (10-16 Junie)

Rus

  • Vertel vir mekaar hoe julle weke was en wat die Here vir julle gedoen het deur die week.
  • Vertel mekaar wat julle drome is? Wat wil julle hê, die Here vir julle wil doen? Vertel vir mekaar wat julle graag wil hê die Here vir mekaar wil doen?
  • Bid saam vir julle verwagtings vir julself en vir mekaar.

Hoor

Lees saam die verhaal van Elia en die weduwee van Sarfat (1. Kon 17).

‘n Paar gedagtes

Hierdie verhaal is een van die wonderwerk verhale in die Ou Testament was so merkwaardig is. Eerstens Elia die profeet van Israel word noord gestuur weg van Israel af, en daar beloof die Here meel en olie aan mense wat nie “Sy volk” is nie. Tweedens, by ‘n weduwee wat die laagste persoon was op die sosiale leer. Sy, wat eintlik afhanklik is van haar familie, voorsien aan haar naastes. Derdens God bring lewe aan die seun.

  • Gesels oor die gedagtes en bespreek jul eie gedagtes en gevoelens oor hierdie verhaal (gedagtes en gevoelens is hoe die teks tot jou hart spreek) .
  • Gesels oor wat julle hoor in die teks, wat is die boodskap? (Wat dink jy wil die Here vir jou sê deur hierdie teks?)
  • Gesels oor God se beloftes en hoe hierdie teks die belangrikheid van totale afhanklikheid onderstreep. In onduidelike en onverwagse maniere kom God en voorsien vir die wat in Hom glo.
  • Wat leer ons by die weduwee?
  • Wat leer ons by Elia?
  • Wat leer ons uit die seun se lewe? God bring lewe. Hy is lig in die donker. In watter mate sou die teks anders wees, as die seun gesterf het … Hoe sou ons dan die teks gelees het?

Leef

Hierdie teks daag ons uit om in die Here te vertrou. As die weduwee nie die kos gemaak het nie, sou dinge heel waarskynlik anders gelyk het. Die weduwee het in die Here vertrou en gedoen soos Elia haar voorgesê het.

  • Ons moet bereid wees om alles te gee, om soveel meer by God te kry.
  • Die weduwee het vir hulle ‘n maaltyd gemaak en hulle het dit geniet. Net so moet ons ook voluit lewe en ons lewens geniet en niks terughou vir die Here nie.
  • Die Here wil ons soveel meer seën, partykeer staan ons soms in die pad, omdat ons te bang is om te glo.
     

Trackback from your site.

Leave a comment