Dit is fassinerend om Johannes se verhaal van die opstanding met nougesette aandag te lees. As jy dit lees en herlees en nogmaals herlees begin fyn detail uitstaan wat jou begrip van wat hier gebeur nie net verdiep nie, maar jou eintlik intrek in wat hier gebeur.
‘n Goeie verhaal is mos so. Dit is asof jy in die lees ingetrek word. Dit is asof jy dit saam begin beleef. Asof jy daar is. Dit is wat Johannes ook met ‘n mens regkry in hierdie verhaal van die opstanding.
In my voorbereiding het hierdie teks van Jesus se dood en begrafnis in Johannes 19 my aanvanklik swaarmoedig gestem. Ek het dit gelees, en weer gelees en nog ‘n keer gelees. Ek het gesukkel om ‘n boodskap daarin raak te sien wat ek vir julle kan bring.
Ek is só bewus van die feit dat ons hoop nodig het in ons lewe en ons land. Daar is soveel negatiewe dinge wat ons beleef. Soveel dinge wat ons wanhopig maak. En ek het só ‘n behoefte om ‘n boodskap van hoop te bring.
Maar die groeiende donkerte van Jesus se ervaring aan die kruis het my gemoed bekruip soos die skaduwees in die klowe tussen die berge. Jy dink nog daar is ‘n bietjie sonskyn oor dan verdwyn die son agter die berge.
Wat sê ‘n mens as só ‘n donkerte jou bekruip en oorval? En dit uit die Bybel, uit die teks wat ons vir Goeie Vrydag eintlik móét lees?
Ek het soos ek altyd maak die verwysings in die Skrif nagegaan, die talle verwysings wat Johannes gebruik as agtergrond vir die beskrywing van Jesus se dood en begrafnis.
Die eerste was die eerste twee OT verwysings na die sug wat deur Jesus se dorre lippe ontsnap het: “Ek is dors”.
1. “Ek is dors”
Maar die twee verwysings na die OT in hierdie uitspraak van Jesus het my nog verder in die donkerte ingeneem, en gelaat met ‘n gevoel van verydeling. Soveel leed. Soveel pyn. So lank reeds voorspel:
Tennebrae diens Donderdag 29 Maart 18:00 Somerstrand
PowerPoint 1: Dit is Volbring!
Dulce Jesus Mio speel.
Doof musiek uit en PowerPoint af
Chris lees inleiding:
Beleef die laaste ses uur van Jesus se kruisiging met woord en beeld. Uur vir uur. Soos die Skrif dit vir ons vertel. Sewe kruiswoorde troef die leed en die laster. Genade vir jou. En vir my. Dit is Volbring!
Met die Tennebrae (donker) diens Donderdagaand 18:00 fokus ons op Jesus se kruisiging wat eindig met sy woorde: “Dit is volbring!” Daarmee bring ons Jesus se laaste ses uur aan die kruis in herinnering.
Met Goeie Vrydag om 09:00 fokus ons op Jesus wat: “gesterf het en begrawe is”. Ons hou ook saam nagmaal.
Op Paassondag 09:00 fokus ons op die ontknoping van die kruisigingsverhaal: “wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode” in Johannes 20.
Daar is drie reise of bewegings opgesluit in die boodskap van Johannes 19:17-27.
Die reis van Gabbata na Golgota
Die eerste beweging is die letterlike reis van Gabbata na Golgota, van die huis van Pilatus na die kruis van Jesus, van die regsverydeling van die mensdom na die reddingsdaad van God self.
Die reis van Gabbata na Golgota begin, van Pilatus se plek, die “Klipplaveisel”, na Jesus se kruisiging, die “Kopbeenplek”.
Gabbata was ‘n plek wat ‘n mooi plaveisel van klip as vloer gehad het, ‘n teken van beskawing, van reg en orde. ‘n Plek soos hier in die kerk. Netjiese teëls. Imposant.
Golgota was ‘n plek waar mense doodgemaak is, waar kopbene rondgelê het, baie keer nie eers met respek in ‘n graf neergelê nie. ‘n Plek soos ons ashope, die plek waar afval weggegooi is, die plek waar niemand wou kom nie.
Die doel van hierdie beskrywing is om jou te oortuig dat dit werklik was; dat Jesus regtig die lydingspad geloop het; dat Hy regtig aan ‘n kruis gehang het; vir jou.
Maar die beweging is nie net ‘n fisiese reis van beskawing na begraafplaas nie. Dit is ook ‘n geestelike reis.
Dit is ‘n reis ván die plek waar Pilatus kies om sy lewe te behou, maar dit juis uiteindelik verloor, omdat hy die Een wat die lewe in sy hand hou, verraai en verwerp.
Dit is ‘n reis ná die plek waar Jesus kies om sy lewe te gee in die dood, sodat dié wat in Hom glo, die lewe sal kan behou.
Dit is daarom egter nie net ‘n reis van verydeling nie. Dit is ook ’n beweging vanaf Pilatus se regsverydeling, ter wille van sy eie lewe, na Jesus se reddingsdaad, ter wille van ander se lewe. Wat beteken, al is dit swaar, al was dit ‘n pad van pyn, was dit ook ‘n reis van redding.
Ons gemeenskap beloon populariteit. Die gewildste mense is die grootste mense. Jesus werk heeltemal anders. Hy wys dat die grootste mens die Een is wat dien, in sy geval tot aan sy dood aan die kruis.
Ons bely in die Apostoliese Geloofsbelydenis oor Jesus: “wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is.”
Ons fokus vandag op Jesus voor Pilatus, volgende week op die kruisiging, Goeie Vrydag op sy dood en begrafnis en Paassondag uit Johannes 20 op die opstanding, soos ons bely: “wat op die derde dag weer opgestaan het uit die dode”.
Tussen-in gaan ons ook ‘n Tennebrae (donker) diens hou Donderdagaand 29 Maart 18:00. Ons fokus met video, woord en lied op Jesus se kruisiging: Dit is volbring!
Die skildery van Mihály Munkácsy (1844–1900) Le Christ devant Pilate dien as agtergrond vir vandag se PowerPoint.