Skip to main content

Author: Chris van Wyk

Wie weet of Hy nie weer voorspoed sal gee nie – Joël

Biddag vir reën Somerstrand 14 Februarie 2018

Verwelkoming

Ek gaan julle in gebed begelei aan die hand van die profesie van Joël. Ek het die bewegings in die boek in ses dele opgedeel. Daar gaan by vier daarvan tyd vir stilgebed wees. Volg net die PowerPoint en my instruksies.

Continue reading

Johannes 11:1-44 – Liefde gee lewe

STILTETYD

Jesus Raises Lazarus From The Dead van Ann Lukesh

Rus: Fokus jou gedagtes op Jesus se uitspraak oor Homself: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal leef, al het hy ook gesterf; en elkeen wat leef en in My glo, sal tot in ewigheid nooit sterf nie.” (Joh 11:25).

Hoor:  Lees Johannes 11:1-44 en leef jou in die verhaal in. Merk al die karakters. Dink na oor elkeen se gedagtes, gevoelens en gedrag. Dink na oor wat Jesus vir elkeen sê. Dink na oor wat Jesus self voel en wat Hy doen. Hoe spreek dit jou aan?  Watter boodskap het dit vir jou?  Fokus op insigte, ingewings, gewaarwordings, prentjies wat die Gees by jou laat opkom.  Vra jouself af, of dit jou troos, seën of ontsteld laat. Dink na oor wat God deur hierdie verhaal vir jou wil sê.

Leef:  Neem tyd vandag om na te dink oor jou ewige bestemming.  Wat glo jy oor Jesus?  Wat glo jy oor die lewe na die dood? Het jy sekerheid dat Jesus ook vir jou die opstanding en die lewe is?

Loof die Here in gebed daarvoor. Bid om sekerheid as jy dit nie het nie. Hy vra van jou dieselfde vraag as wat Hy aan Martha gevra het: “Glo jy dit?” En Hy gee die ewige lewe vir jou as jy dit in geloof ontvang.

Continue reading

Extract from Nik Ripken’s book “The Insanity of God”

This is the story of my journey. Please hear this well: I do not have answers to all of my questions. In fact, I am still not exactly sure where this journey might lead. But I am certain that the questions are worth asking—and I am certain that God is a patient, though sometimes demanding, teacher. I am not completely sure about the ending of the story. But the beginning, I believe, was a plane trip to hell . . .

Continue reading

Dit alles doen ek ter wille van die evangelie – 1 Korintiërs 9:19-23

Paulus het die reg om te deel in die voorregte van die evangelie

Paulus reageer hier in 1 Korintiërs 9 op mense wat kritiek lewer op sy bediening. Hy gebruik ‘n reeks retoriese vrae waarmee hy bevestig dat hy ‘n apostel is en die voorregte daaraan verbonde sou kon geniet.

  • Het ek nie vir Jesus, ons Here, persoonlik na sy opstanding gesien nie (vers 1)?
  • Is julle dan nie die vrug van my werk nie (vers 2)?
  • Het ek nie die reg om deur julle onderhou te word nie (vers 4)?

En telkens is die antwoord natuurlik, ja.

  • Hy het die Here Jesus gesien.
  • Die Korintiërs is die vrug van sy arbeid.
  • Hy het die reg om deur hulle onderhou te word.

Hy gaan voort om hierdie reg te begrond in die wet van God, want dit is wat die Skrif ook sê.

  • Wie dien ooit op eie koste as soldaat?
  • Wie plant ‘n wingerd en eet nie van sy vrugte nie?
  • Jy mag mos nie ‘n bees waarmee jy graan dors se bek toebind nie (Deut 25:4)?

Tog het Paulus besluit om dié voorregte nie te gebruik nie, sodat niemand beswaar kon maak dat Paulus homself verryk deur die bediening nie. Hoekom nie?

Want: “Dit alles doen ek ter wille van die evangelie!”

Die evangelie is vir hom belangriker as sy eie belang. Hy gaan liewer dood as om iets van hulle te vra as hulle dit nie self gee nie! Trouens dit is sy roem en eer dat hy dit kosteloos doen, al het hy die reg om van hulle afhanklik te wees vir sy lewensonderhoud.

DOWNLOAD THE ENGLISH TRANSLATION

HIER VOLG DIE HELE EREDIENS

Continue reading

Knowing God – Genesis 3:1-15

The Bushmen in the Kalahari Desert talk about the two “hungers”. There is the Great Hunger and there is the Little Hunger. The Little Hunger wants food for the belly; but the Great Hunger, the greatest hunger of all, is the hunger for meaning…

The hunger for meaning. For us it means we have to talk about God, for He is the one, we believe, that gives ultimate meaning. Not only happiness or significance, but ultimate meaning.

That is what we will focus on tonight. In our search for meaning, how do we get to know God?

Continue reading

Kleingroepmateriaal: 1 Korintiërs 9:19-23 – Om met passie jou roeping na te jaag

STILTETYD

Rus: Fokus jou gedagtes op God deur Dawid se een begeerte jou eie te maak: “Om u wil te doen, my God, is my een begeerte, u woord is my hele lewe.” (Ps 40:9).

Hoor:  Lees die hele 1 Korintiërs 9 om Paulus se roeping in sy geheel te verstaan. Hoe spreek sy roeping jou aan?  Watter boodskap het dit vir jou?  Fokus op insigte, ingewings, gewaarwordings, prentjies wat die Gees by jou laat opkom.  Vra jouself af, of dit jou troos, seën of ontsteld laat. Dink na oor wat God daardeur vir jou wil sê.

Leef:  Neem tyd vandag om na te dink oor jou eie roeping (doel).  Wat het die Here op jou hart gedruk wat jy ten alle koste moet najaag?  Wat is jou passie in die lewe – die ding wat net so ‘n belangrike rol speel in jou lewe dat jy nie anders kan as om dit te doen nie?  En hoe staan dit met jou fokus – is jy nog met alles in jou gefokus daarop?  Lewensbelangrike vrae en lewensveranderende vrae! En as jy nie só ‘n roeping of passie het nie – die Here gee dit aan dié wat Hom soek!

Bid om helderheid, oortuiging en vrede.  Skryf jou gedagtes in jou joernaal. Onthou om soms terug te blaai hierheen, om weer te lees wat jy geskryf het. Die Gees begelei ons deur herhalende insigte en ingewings vanuit sy Woord. Wees gehoorsaam aan die lig wat jy ontvang.  Gaan leef dit!

KLEINGROEPTYD

Ingenooi deur God: Vertel vir mekaar wat tans in jul lewens aangaan op julle reis met God.

Ingaan in God se tyd: Laat iemand Psalm 40:7-9 biddend voorlees.  Gee tyd vir stilgebed.  Fokus op oorgawe aan die wil van die Here in sy Woord.

Luister na God se Woord: Paulus reageer in 1 Korintiërs 9 op mense wat kritiek lewer op sy bediening. Hy bevestig met ‘n reeks retoriese vrae dat hy ‘n apostel is en die voorregte daaraan verbonde sou kon geniet. In die proses noem hy ‘n paar riglyne van hoe apostels van ander gawes in die kerk onderskei is in sy tyd, bv dat hulle Jesus persoonlik na sy opstanding gesien het (1 Kor 15:5-8).  In 2 Korintiërs 10-13 sal hy dit nog uitvoeriger doen.

Hy gebruik voorbeelde uit ‘n wye reeks lewensverbande om sy punt te staaf, en begrond sy roeping veral in die wet van God (Deut 25:4; vgl sy raad aan Timoteus hieroor: 1 Tim 5:18).  Weereens sien ‘n mens die lering van Jesus weerspieël in sy beredenering (Matt 10:10; Luk 10:7).

Tog het hy (en Barnabas) besluit om dié voorregte nie te gebruik nie, sodat niemand beswaar kon maak dat hulle hulleself verryk deur die bediening nie.  Die evangelie is vir hom belangriker as sy eie belang (let op die kruis-evangelie wat alles vir hom bepaal).  Hy gaan liewer dood!  Trouens dit is sy roem en eer dat hy dit kosteloos doen, al het hy die reg om van hulle afhanklik te wees vir sy lewensonderhoud.

Lees nou 1 Korintiërs 9:19-23.  Gee kans dat elkeen rustig op hul eie oor die teks reflekteer: wat staan vir jou uit, wat raak jou?

Luister na mekaar:  Vertel vir mekaar wat julle gehoor het in die teks.

Luister na ander en die tye: Paulus se roeping word breed uitgespel: vir Jode (wettiese mense), vir heidene (hy gebruik nie die woord nie, maar praat van mense wat sonder die wet lewe, wat die betekenis duidelik maak), en vir swakkes (vgl hfst 8 en Rom 14; 15).  Trouens “vir almal het ek alles geword om in elk geval sommige te red.”  Geen wonder dat sy bediening en uiteindelik skryfwerk die hele Christelike wêreld beïnvloed het en steeds doen.

Let op dat hy nie sy eie menings en oortuigings prysgee nie, nooit die liefdesgebod van Christus bv. verlaat nie, maar tog aanpas by die mense wat hy op ‘n gegewe tyd bedien, sodat hy iets vir hulle kan beteken.  Hy het bv. die sabbat nagekom ter wille van die Jode, anders sou hulle hom nooit toegelaat het om by hulle in die sinagoge op te tree nie.  Vergelyk bv Hand 16:3 waar Timoteus besny is; Hand 18:18 waar Paulus ‘n gelofte afgelê het; Hand 21:20-26 waar Paulus ‘n reinigingshandeling ondergaan ter wille van die Jode.

Soms het hy egter ook baie skerp verskil van mense wie se oortuigings die hart van die evangelie aangerand het.  Dit het hy gedoen teenoor Jode (Gal 2:11-14 – waar hy Petrus teengestaan het) en teenoor heidene (baie keer in hierdie brief, waar hy verkeerde idees oor allerlei aanvat).  Ander kere het hy egter sensitief opgetree teenoor mense wat nie die kennis gehad het wat hy het nie (1 Kor 8).

Hoe help dit jou om jou eie roeping beter te verstaan? Bespreek.

Luister weer na God se Woord: Lees weer 1 Korintiërs 9:19-23. Wat tref jou nou?

Fokus op wat God nou doen:  Die hoofstuk laat ‘n mens besef hoe belangrik ‘n bewussyn van jou roeping (doel) is, dat dit jou passie in die lewe moet wees, en dat jy dit met alles in jou moet najaag, beide in voorbereiding as in uitvoering. Vertel mekaar hoe dié gedeelte julle aanspoor om julle eie roeping na te jaag. Waarheen nooi die Here julle uit?

Antwoord met ons lewe:  Bid saam.  Reageer op wat julle uit die Woord gehoor het.  Bid ook vir mekaar.  Dink veral aan die roeping wat God vir elkeen van ons het.

FAMILIETYD

Rus:  Laat iemand Psalm 40:7-9 biddend voorlees.  Gee tyd vir stilgebed.  Fokus op oorgawe aan die wil van die Here in sy Woord.

Hoor:  Lees 1 Korintiërs 9:19-23 in hierdie vertaling: “Geen gemeente sorg vir my nie. Daarom kan niemand ook vir my sê wat ek moet doen nie. Ek is nou vry om te kan doen wat ek dink die beste is. Al wat vir my belangrik is, is dat mense hulle hart vir die Here gee. Daarom, wanneer ek by die Jode is, leef ek soos ’n Jood. So kry hulle ook ’n kans om van Jesus te hoor. As ek weer by die Grieke kom, leef ek soos ’n Griek. So kan hulle ook ’n kans kry om God se kinders te word. As ek by mense kom wat soms sukkel om aan Jesus vas te hou, dan probeer ek om dit te verstaan. So kan ek hulle help om beter Christene te word. Ek is bereid om enigiets te doen as ek net mense na Jesus toe kan lei. Ek doen dit omdat ek vir Jesus lief is. Dit is vir my ook lekker as ek kan sien hoe mense se lewe verander as hulle Jesus se vriende word.” (Die Nuwe Testament vir kinders in ’n taal wat hulle verstaan).

Vertel vir mekaar wat julle gehoor het in die teks.

Leef:  Wat sê dit vir julle? Hoe wil die Here hê dat julle moet leef?