A quieted heart is our best preparation for all this work of God. . . Meditation refocuses us from ourselves and from the world so that we reflect on God’s Word, His nature, His abilities, and His works. . . . So we prayerfully ponder, muse, and “chew” the words of Scripture. . . The goal is simply to permit the Holy Spirit to activate the life-giving Word of God.
’n Mens besef nie altyd wanneer jy midde-in geskiedenis leef nie. Dat die oomblik wat jy nou beleef, ’n oomblik is waaroor die wêreld vir jare gaan praat nie. Maar ek dink die twee laaste weke was so ’n tyd. Suid-Afrika het opgestaan en begin sê: “Nie weer nie. Genoeg.” En in ’n ikoniese beeld wat waarskynlik vir altyd in ons kollektiewe geheue geëts sal wees, het vier vroue bewend opgestaan – tjoepstil – en mag op sy kop gekeer en onreg ontbloot. So op die vooraand van vrouedag, wat ons herinner aan die onreg van ons verlede en die vroue wat opgestaan het en gesê het: “genoeg.” Vrouedag. Vier vroue met handgeskrewe plakkate wat ons herinner dat 1 uit 3 vroue in SA verkrag word (sommige statistieke sê 1 uit 2), dat daar elke 6 dae ’n vrou in SA deur haar lewensmaat vermoor word.
Wat ’n ironiese tablo was die afgelope twee weke nie! Die skrille kontraste wat in gelid staan.
Die Here het verwag dat daar reg sou wees, maar daar was net onreg, dat daar geregtigheid sou wees, maar daar was net die hulpgeroep van veronregtes.
Die Luisterblad bevat riglyne vir persoonlike stiltetyd, kleingroepmateriaal en huisgodsdiensmateriaal. Ons werk vooruit na die volgende Sondag se familiediens. Volgende week is egter Sendingweek, terwyl die Luisterblad steeds fokus op die RCL. (Laai die volledige pdf-dokument hier af om makliker te druk.)
Ons het almal twee sterk en baie algemene menslike behoeftes. Ons wil êrens behoort en ons wil iemand van betekenis wees. Ons wil inpas in ‘n netwerk van verhoudinge en iets in daardie netwerk beteken. Ons het dus mense nodig wat ons aanvaar soos ons is. En ons het mense nodig vir wie ons belangrik is, in wie se lewe ons ‘n rol kan speel – en omgekeerd.
Dit is waarskynlik die kern van die probleem van ons land – dat mense, weens ons geskiedenis sowel as weens die vooroordele wat ons teenoor mekaar het, sukkel om te behoort, en om van betekenis te wees. Ons sukkel om ‘n gemeenskaplike identiteit te ontwikkel. Ons sukkel om ‘n ruimte te skep dat mense voel hulle hoort by mekaar, en dat hulle bydrae van betekenis geag word, van watter kant van die spektrum hulle ook al af kom.
Dit is nie anders in die kerk van die Here Jesus Christus nie. Ons wil aan ‘n geloofsgemeenskap behoort en ons wil iemand van betekenis in daardie gemeenskap wees. Ons wil saam die Here aanbid en saam die Here dien. Om dit op jou eie te doen, is moontlik, maar altyd ‘n bietjie van ‘n alleenpad.
Dit is immers waarom ons vandag hier in die erediens is. Ons is hier omdat ons voel ons hoort hier, of ten minste dat ons soek daarna om hier te behoort. En ons wil van betekenis wees hier, die idee kry dat ons gawes en ons talente en ons bydrae ‘n verskil maak.
Markus vertel die gelykenis van die saad wat in die grond val om die krag van die Woord wat mense verander, te illustreer. Die saad groei immers vanself (vgl. verse 26-28 wat net in Markus voorkom). Maar, terselfdertyd dring hy aan by ons om aandag te gee aan wat ons hoor. “Want met die maat waarmee julle meet, sal vir julle gemeet word en daar sal vir julle nog toegevoeg word.” Dit wil sê, ons hoor net soveel as wat ons tyd maak daarvoor! En as ons meer luister, sal daar meer vir ons gegee word! Dit is nogal ‘n lewensveranderende gedagte!
Dink diep hieroor na: Jy verander as jy tyd maak om die Bybel te lees, want dit is hoe Jesus dit doen. Die wonder is, dat wanneer jy dit doen … jy nog meer kry as wat jy selfs verwag het! Maar as jy dit nie doen nie, raak dit wat jy reeds het, verlore. Wie ore het, en kan hoor, moet luister!