Ons reik uit – 18-28 Augustus
RUS
Vertel vir mekaar hoe julle gewoonlik probleme hanteer. As jy bv. ’n slegte dag gehad het, wat doen jy? Is jy ’n glas half-vol of half-leeg mens?
HOOR
Lees Filippense 1:12-26.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Kleingroepmateriaal, Materiaal. No Comments on Ons reik uit – 18-28 Augustus
Vertel vir mekaar hoe julle gewoonlik probleme hanteer. As jy bv. ’n slegte dag gehad het, wat doen jy? Is jy ’n glas half-vol of half-leeg mens?
Lees Filippense 1:12-26.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Ons reik uit – 24 Aug 2014
Paulus kan selfs vanuit die tronk praat oor hoe sy omstandighede die verkondiging van die evangelie bevorder. Wat van ons “tronke” en die manier wat ons dit hanteer – bevorder dit die verkondiging van die evangelie?
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Ons verwelkom almal
Written by Chris van Wyk on . Posted in Chris van Wyk, Filippense. No Comments on Fil 3:1-4:1 Geestelike volwassenheid
Dit is nie om dowe neute dat Paulus begin om die gemeente van Filippi te herinner daaraan om bly te wees in die Here nie. Dit is wanneer jy met blydskap in die Here lewe, dat die uitdagings van hierdie lewe in perspektief kom, en jy die vermoë ontwikkel om die uitdagings die hoof te bied.
Die lewe is nie maklik nie
Laat ons eerlik wees met mekaar. Die lewe is nie maklik nie. Selfs wanneer dinge goed gaan en jy voorspoed belewe, is daar dinge wat sleg gaan, en verkeerd gaan, en ontwrigting saai. En as die ontwrigtende dinge nie met jou gebeur nie, dan gebeur dit met jou mense, of dit gebeur met jou naaste, of dit gebeur doodgewoon met ander mense in hierdie wêreld.
Written by Chris van Wyk on . Posted in Materiaal. No Comments on Fil 2:12-18: Week vanaf 12 Feb 2012
Ons werk hierdie kwartaal met die brief van Paulus aan die Filippense.
Hier volg ’n paar verhelderende opmerkings oor die gedeelte:
Ligdraers in die wêreld
Paulus volg sy oproep tot onderskeidende liefde (1:9-10), en eensgesindheid na buite en binne (1:27-2:2), deur veral aan ander se belange te dink (2:3-4), op in Fil 2:12-18 deur hulle hier aan te moedig om in alles gehoorsaam te wees aan die kruis-evangelie – soos Christus inderdaad vir hulle die voorbeeld van gehoorsaamheid gestel het (2:6-11). En die metafoor wat hy daarvoor gebruik, is dat hulle soos ligdraers in die wêreld sal wees (letterlik: “skyn soos ligte in die wêreld” – vgl Jesus in die Bergrede: “Julle is die lig vir die wêreld” – Matt 5:14).
Hy beskou dit as sy priesterlike taak om hulle hiertoe aan te moedig en sy lewe in diens van hulle gehoorsaamheid te gee. Daarom gebruik hy die verdere metafore uit die offerkultus dat hulle geloof ’n offer is wat hy in diens van God bring, en sy bloed ’n drankoffer is wat daaroor uitgegiet word, waaroor hulle saam met hom moet bly wees (vers 17-18 – vgl ook Rom 15:16 waar hy op soortgelyke wyse skrywe oor sy priesterlike taak om die evangelie van God te bedien).
“Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe” is die NAV se poging om vers 12 se Griekse oorspronklike te vertaal, wat letterlik lui: “met vrees en bewing moet julle jul heil/verlossing/saligheid uitwerk”. Die voorgestelde nuwe Afrikaanse vertaling lui so: “werk met vrees en bewing aan julle verlossing.”
Paulus bedoel kennelik nie hier dat hulle verantwoordelik is vir hulle ewige saligheid nie. Dit sou op ’n onvanpaste werkheiligheid neerkom wat in stryd met die res van die NT boodskap sou wees. Hy roep hulle eerder op om vrugte te dra wat by hulle verlossing pas. Wright sê hiervan, dat hulle opgeroep word: “(to) work out in practice what it means to live by this salvation rather than the one their culture is forcing upon them.”
Let ook op dat hierdie oproep van Paulus afhanklik gemaak word van God se werk (vers 13) wat juis vir hulle in staat wil stel om gehoorsaam te kan wees: “want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer”. Hulle gehoorsaamheid is dus nie die aanvulling of voltooiing van God se werk in hulle lewens nie, maar die resultaat van wat Hy in hulle begin het (vgl veral Fil 1:6!) – “creating both the desire and the drive” (Hawthorne). Die fokus is dus op God se werk in hulle, en om dit prakties deel van hulle lewens te maak. Dit sluit in dat hulle nie moet kla en murmureer nie (eerder bid – Fil 4:6-7), moet sorg dat hulle opreg en onberispelik optree, sodat niemand hulle van iets slegs sal verdink nie, en bo alles aan die woord van die lewe moet vashou om dit uit te dra (vgl Petrus in Joh 6:68: “U het die woorde wat ewige lewe gee”, waarmee hy ook eksplisiet sy eie vashou aan die Here verklaar het).
Written by Chris van Wyk on . Posted in Filippense. No Comments on Fil 2:12-18: Week vanaf 12 Feb 2012

We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.