Skip to main content

Dag 3 – Wie ek is

Lees Josua 24:14-27

Wat Josua hier wil tuisbring is die belangrikheid van ‘n uitdruklike keuse om die Here te dien.  Om nie hierdie keuse te maak nie, impliseer dat jy ‘n ander keuse

maak, en hierdie keuse hou dan in dat ‘n deel van die skepping, in plaas van die Skepper, dien.  Maar die gode van sukses, aansien en besittings is harde meesters wat dikwels nie die beloofde tevredenheid bring nie.  Josua stel die volk voor ‘n keuse.  Hulle kan nie die keuse vermy nie.  Ons kan ook nie God en iets anders kies nie.  Luk 16:13 is hieroor baie duidelik:  Julle kan nie God én Mamon dien nie.

Het jy al krities nagedink oor hoe jou toewyding aan die Here jou lewe prakties beïnvloed?  ‘n Toegewyde lewe vereis dat jy gedurig hierdie oorgawe in stand sal hou en sal verstaan wat die vereistes daarvan is.

Dag 2 – Wie God is

Lees Jeremia 31:31-36

God verbind hom aan die mens deur sy beloftes – ons noem dit die verbond.  Die volk Israel was dikwels ongehoorsaam.  In hierdie gedeelte word daar verby die naderende straf gekyk na ‘n troosvolle tyd onder ‘n nuwe verbond.  Daar sal ‘n toegewyde groep gelowiges oorbly wat uiteindelik die Here se seën, vergifnis en vernuwing sal geniet.

Met hierdie nuwe verbond verbind God Hom aan Israel en word daar vooruit gekyk na ‘n tyd wanneer almal Hom sal ken en wanneer sy wet op hulle harte geskryf sal wees – wanneer hulle God se wil so hulle eie gemaak het dat hulle spontaan daaraan gehoorsaam sal wees.

Die Here se genade gaan dus altyd ons geloofsreaksie vooraf.  Dit dui op die Here se onwankelbare verbintenis aan ons.  Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar: sy enigste Seun het Hy na die wêreld toe gestuur sodat ons deur Hom die lewe kan hê. Werklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes (1 Joh 4:9-10).  As die Here Hom so aan jou verbind, wat verhinder jou om hierdie nabye verhouding met Hom te geniet?

Dag 1- Om met toewyding te leef

Lees Romeine 12:1-2

As navolgers van Christus behoort ons aan niks of niemand meer toegewyd of oorgegee te wees as aan die Here nie.  Paulus doen ‘n ernstige beroep namens God op ons om onsself aan die Here oor te gee.  Op grond van wat die Here reeds vir ons gedoen het (sy genade waardeur hy ons van ons sondeskuld verlos het en waardeur ons daagliks geheilig word en waardeur ons ook eendag verheerlik sal word) moet ons ons nou as lewende offers aan die Here gee.  Met ander woord, ons moet hierdie genade van God toelaat om verder in ons te werk sodat dit (die genade) ons tot  ‘n algehele toewyding kan bring.

Om jouself aan God toe te wy, beteken om jou selfsugtige begeertes en ambisies te laat vaar terwyl jy daarna streef om in ooreenstemming met God se wil te leef.  Hierdie toewyding beteken dat ons onsself en ons vermoëns tot die Heer se beskikking  stel.  Het jy jouself al so aan Christus toegewy?  Indien nie, oorweeg om dit te doen.  Indien jy dit miskien al gedoen het, hernu dit.