Skip to main content

Dag 2 – Lees Matteus 13:10-16, 34-35 – Die Woord moet met jou besig raak

Die gelykenisse help ons om nie net met ons ore te luister nie, maar met ons harte; om nie net die woorde te hoor nie, maar die betekenis agter die woorde. Dit daag ons uit om nie net te luister vir die letterlike betekenis wat ons rasioneel kan verstaan nie, maar om te soek vir dié betekenis wat van ons vra om betrokke te raak met die teks.

Dink na oor die manier waarop jy gewoonlik die Bybel lees:

  • Is jy besig met die woord, of is die Woord besig met jou?
  • Wat kan jy doen om oper te wees vir die werk van die Gees deur die Woord?

Dag 1 – Lees Matteus 13:1-9, 18-23 – Die Bybelse boodskap vind self sy weg

Dink na oor die verskillende maniere waarop die Woord soos saad is.

Gelykenisse word normaalweg nie deur die verteller verduidelik nie (vv 18-23). Gevolglik dink geleerdes dat die interpretasie van hierdie gelykenis deur ‘n tweede geslag gelowiges geskep is.

“Die kerk het altyd met die vertroue geleef dat die Woord van God soos saad is, klein, onopsigtelik en skynbaar selfs onbeduidend, maar inderwaarheid lewend, vol potensiaal en stilweg besig om te ontwikkel en te groei en vrug te dra, wat op ‘n dag tot verwondering en verbasing van almal net sigbaar word, in alle prag. Die boodskap van die Bybel [is] aktief, werksaam. Dis asof die Bybel ook nie van ons inspanning en vermoëns en vaardighede en invloed en oorredingskrag afhanklik is nie, maar asof die Bybelse boodskap self sy weg vind en sy doel bereik, sy vrug oplewer deur die wonderbare en verborge werking van Gods Gees.”

Dirkie Smit in Neem, Lees.

Ekstra inligting

Parables do not “contain” knowledge; they cannot be understood as we understand a moral tale, an argument, or a statement. Parables precipitate internal action, forcing the hearer or reader to a crisis or collision that requires movement, which in New Testament terms is an either / or: either stumbling or changing-and-becoming, either enacting a lie that we desire or
being transformed. (Girardian Reflections on the Lectionary)