Skip to main content

Dag 1: Lees Markus 8:22-26 – ‘n Dubbele aanraking van Jesus is nodig

Dit is interessant dat Jesus se genesing van die blinde van Betsaida twee stadia in-sluit.  Sommige geleerdes dink dat die twee stadia eintlik ‘n “acted parable” is.  Jesus wys hiermee vooruit na die verskillende stadiums waardeur sy dissipels sal moet gaan om regtig geestelik te kan sien.  Soos Guelich sê: “They are in need of a ’second touch’ which ultimately comes after Easter”.  Die man se genesing funksio-neer dus ook as ‘n metafoor in die res van die verhaal: net dié wie se oë Jesus genees, kan regtig sien – in geestelike sin.

Bid dat die Here jou oë ook geestelik oop sal maak vir sy pad met jou.

Dag 1: Lees Markus 8:22-26 – ‘n Dubbele aanraking van Jesus is nodig

Dit is interessant dat Jesus se genesing van die blinde van Betsaida twee stadia in-sluit.  Sommige geleerdes dink dat die twee stadia eintlik ‘n “acted parable” is.  Jesus wys hiermee vooruit na die verskillende stadiums waardeur sy dissipels sal moet gaan om regtig geestelik te kan sien.  Soos Guelich sê: “They are in need of a ’second touch’ which ultimately comes after Easter”.  Die man se genesing funksio-neer dus ook as ‘n metafoor in die res van die verhaal: net dié wie se oë Jesus genees, kan regtig sien – in geestelike sin.

Bid dat die Here jou oë ook geestelik oop sal maak vir sy pad met jou.

Luk 2:41-52 – Son 7 Maart 2010

Volg in die voetspore van Jesus en jou geestelike lewe verdiep

Toetrede, Verwelkoming, Afkondigings

Gebed om reën

Votum & Seëngroet

Toewyding
Ps 42:1 en 5
Lied 271
Ps 119: 7, 8, 14 (koor), 18

Doop

Kindertyd

Hoe praat babatjies?
Groot kinders?
Grootmense?

As Gr 7, juffrou vra vraag, antwoord soos baba?

Wie kan al skryf?
Self skoenveters vasmaak?

Mens groei – langer, slimmer – skoenveters, skryf,
ook in verhouding met Jesus groei. 
Anders soos baba wat nooit groot word –
langer, praat steeds soos baba,
kan nie self eet,
skoenveters vasmaak.
Hoe groei verhouding Jesus?
Wie onthou groeigoggas –
groei, omdat goggas groei!
Liedjie:
speel, werk, gaan elke Sondag na die kerk.
Om te lees uit die Bybel en te bid en te getuig,
dit laat ‘n groeigogga juig.

Is hoe groei:
Kerk toe, Kategese,
Lees Bybel, bid – as nie self kan, vra ouers te help.

Epiklese

Skriflesing Lukas 2:41-52

Preek

Begin, eers paar goed sê oor teks:

Jesus hier 12 jaar.
Op drumpel van volwasse – 13 jaar,
dan verwag wet ten volle onderhou,
al verpligtinge volwasse gelowiges nakom.

Weet min van Jesus kinderjare –
net geboorte,
hierdie een geval –
net in Lukas.
Lukas skryf vir Grieks-Romeinse gehoor,
antieke biografieë in hierdie tradisie
een verhaal uit kinderdae
op manier vooruitskouing na karakter van volwassene –
wat Lukas hier doen

Sien dat ouers – en daarom ook Jesus –
getroue gelowiges was.
Eks 12 & Deut. 16 opdrag jaarliks Pasga in Jerusalem vier –
Jesus familie elke jaar gedoen.

Aangesien reis gevaarlik,
mense in groot groepe gereis. 
Beteken ook nie direkte toesig van kinders nodig,
speel in groepies…
daarom eers aan einde van dag,
familie saam aandete,
agterkom Jesus nie daar.

Terugreis Jerusalem gevaarlik,
nou op eie.
Sommige beweer dís eintlik waaroor Maria ontsteld wanneer met Jesus raas.

Natuurlik belangrik dat Jesus na 3 dae vind – vooruit wys na ons Paasfees,
Jesus opstanding.
Maar ons besig reeks:  volg in voetspore van Jesus.
As in Jesus voetspore volg,
dan vir ons twee dinge relevant:

Eerstens:  hoewel Jesus God was,
leergierig:
waar Hy tussen die geleerdes sit
en na hulle luister
en hulle uitvra.
Jesus groei nie vanself gebeur,
Jesus geleer van God,
woord geleer,
tyd in tempel spandeer,
met geleerdes gesels.

Tweedens:
Jesus gegroei.
52  En Jesus het verstandelik
 en liggaamlik gegroei
en in guns by God
en die mense toegeneem.
Groei fisies,
intellektueel
sosiaal
én geestelik. 
Het julle al opgelet hoe vinnig kinders grootword?

Vandag kindertjies gedoop,
môre gaan skool toe,
oë knip, staan hier voor belydenis aflê.

Kort voor lank universiteit.
As weer kyk, getroud
en voor oë uitvee,
is jy oupa en ouma!

Hoor ouers gereeld daaroor praat,
veral wanneer kindertjies nog klein,
hoe vinnig grootword. 

Dikwels hoor sê:
wens kon net so groot hou!

Al ooit so gesê?

Maar gestel daardie wens word waar.
Gestel kinders hou op groei –
word nie langer nie,
verander nie,
groei nie.
Nie wens bewaarheid,
tragedie!
Van vreeslikste goed wat met kind – en familie – kan gebeur,
mediese kondisie,
kind ophou groei.
Dodelik! 

Dalk nie so ekstreem,
groei fisies,
maar bly emosioneel en sosiaal kind.
Ons noem dit:  onvolwasse.

Ook dit is tragies!
Mense onvolwasse bly,
verantwoordelikheid vermy,
wip wanneer nie hulle sin kry.

Gedrag wat in 3 jarige oulik is,
is in 13-jarige glad nie meer oulik nie.
Sal sommer vinnig sê:
Word groot!

Net soos wat fisies of emosioneel moet groei,
absoluut tragies nie meer groei,
net so nodig geestelik aanhou groei. 
Lees paar plekke in Bybel van hierdie tragiese kondisie,
gelowiges nie groei [Joernaal]:
1 Kor 3:
ek kon met julle nie praat
soos met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie;
ek moes praat soos met wêreldse mense,
soos met kindertjies in die geloof in Christus.
2  Ek het julle met melk gevoed,
nie met vaste kos nie,
want julle kon dit nog nie verteer nie.
En julle kan dit ook nou nog nie verteer nie,
3  want julle is nog wêreldse mense.
Daar kom jaloesie en twis onder julle voor.
 Is dit nie omdat julle nog wêrelds is
en julle wêrelds gedra nie?

Hebr 5:11-6:1a
11  In verband hiermee
het ons baie te sê
wat moeilik is om aan julle te verduidelik,
aangesien julle so traag is om te leer.
12  Hoewel julle teen hierdie tyd
self reeds onderrig behoort te gee,
het julle weer nodig
dat iemand julle in die grondwaarhede
van die woord van God moet onderrig.
‘n Mens moet julle met melk voed
en nie met vaste kos nie.
13  Iemand wat nog van melk lewe,
kan nie saampraat
oor wat reg of verkeerd is nie,
want hy is nog ‘n kind.
14  Vaste kos is vir grootmense,
vir mense wat oor insig beskik
 en wat deur ervaring
geoefen is
om tussen goed en kwaad te onderskei.
1  Laat ons nie stilstaan by die eerste dinge
wat aangaande Christus verkondig word nie,
maar verder gaan
na die volle inhoud van die boodskap.

Kinders kaarte teen muur,
elke jaar meet hoeveel gegroei
(ons nie kaarte,
merkie teen deurkosyn).

Asof Lukas Jesus groei merk
met besoeke aan tempel!

Geestelike groei moeiliker te meet,
kan nie merkies maak,
sekere mylpale afmerk:
vandag het ek leer kruip,
vandag eerste woord gesê,
vandag leer loop. . .

Maar hoewel nie so maklik meet,
weet ons elkeen tog.
Weet wat in geestelike lewe aangaan,
weet hoeveel gegroei in laaste maand,
jaar,
jare.

Weet of vaste kos verteer – of melk,
of nog besig met eerste dinge van boodskap van Christus,
of al begin aanbeweeg na voller inhoud,
of optree soos wêreldse mense
of burgers van Koninkryk van God.
Of ons al self besig is om te onderrig
en of ons nog verwag dat ander ons onderrig.

Ons weet dit. 

Net soos wat babatjies met gereelde tussenposes geweeg,
teen hierdie tyd moet soveel weeg…
weet, teen hierdie tyd moet hier wees.

Hoe lank jy al gelowige?
6 maande?
6 jaar?
50 jaar?
Hoeveel het jy gegroei in hierdie tyd?
Waar behoort jy teen hierdie tyd te wees?

Ons moet geestelik groei!
In geloofslewe verdiep.
Wat gebrek aan groei ekstra tragies maak,
is dat groei nie stagneer nie –
dit gaan agteruit.
As nie geestelik groei,
dan gaan geestelik agteruit. 

Baie goed kan getuig as tekens van verdieping –
of tekens van gebrek aan groei.
Versigting te doen,
want baie nie,
nie so eenvoudig,
checklist –
sommige van ons van nature liefdevol, bv. 

So as doen,
dan nie hele lineaal teen meer,
nie self punt gee,
idee gee, makliker onderskei, oop vir Gees stem in jou:
Juan Carlos Ortiz,
tekens van nié geestelik groei,
nog geestelike babas, soos Paulus sê:

1.  Selfsug.
Soos kinders, “ek” altyd in middelpunt –
ook van geestelike lewe:
wat kry ek daaruit?  Wat beteken dit vir my?
Nie gee nie, maar ontvang. 

2.  Meer geïnteresseerd in gawes as vrug. 
Wil iets by God hê,
stel nie soveel belang in vrug dra, lééf volgens eise van woord. 
Wil  heel tyd hê God moet ons help –
gee vir ons dit, gee vir ons dat.
Volwasse gelowige weet hoe om te gee. 

3.  Materialisme

4.  Onbetrokkenheid
Volwasse gelowiges is diensbaar,
is êrens besig te dien:
sendelinge ondersteun, armes, mede-gelowiges swaarkry.
Onvolwasse, meer gefokus op hoe jý bedien kan word,
as om ander te dien. 
5.  Gebedslewe nie groei.
Gebede vandag bid,
nie veel anders as gebede 5 jaar terug,
10 jaar terug gebid.

Ortiz gebruik voorbeeld van hoe hy met sy vrou praat:
“Suster Marta, paar woorde sê.”
“Reg so dominee.”
“weet nie opgelet, voel anders oor jou as ander susters in gemeente…”

Na 12 jaar van getroud wees, kinders,
praat baie meer persoonlik met mekaar!

6.  Verveling
Verveeld met geloof, nie meer opgewonde oor wat kan leer en beleef
Vind kerk vervelig,
Bybel vervelig,

7.  Neem nie toe in kennis –
nog besig met ABC van geloof –
Hebr 6 lys:
bekering
leefwyse
geloof
doop
handoplegging
opstanding van dooies
en ewige oordeel
as melk. 

Kan natuurlik nog baie dinge noem.
Bybel praat van gedrag
kennis
ander leer.

Idee noem, nie te beskaam,
laat skuldig voel.
Hoop help elkeen van ons,
oop vir fluistering van Gees in ons,
eerlik self kan erken waar geestelik staan.

Want dán kan ons groei.
As weet waar is,
kan aanbeweeg,
kan in voetspore van Jesus volg
en geestelik verdiep. 

En dan eerste ding vir mekaar moet sê,
is dat geestelike groei nie vanself gebeur nie –
dit vra van ons dat ons werk daaraan. 
Dit vra dat ons gereeld “tempel” toe gaan
om te luister,
te vra,
te deel.

Daar is nie kortpaaie nie. 
Soek dikwels kortpaaie –
geestelike ervaring,
seminaar
Mighty men
boek,
DVD
sekere stel reëls
program of kursus…

Hierdie dinge alles goed,
tree op pad –
maar nie kortpad.

Geestelike groei neem tyd. 
Nie oornag,
nie vandag besluit:
gaan geestelik groei –
en dan môre geestelike reus.

Dit neem,
om waarheid te sê,
leeftyd –
altyd besig te groei,
altyd nog iets leer. 

Verg tyd & dissipline
1 Tim 4:7
Oefen jou liewer
 om in toewyding aan God te lewe.

Soos enige iets oefen,
al is daar nie kortpaaie,
tog sekere stappe kan neem.
Kan niks doen langer te word –
kan heelwat doen geestelik groei. 

Eerste, ons oor en oor sê,
wat week vir mekaar gesê baie tekens van groei in gemeente sien:
Besig met Woord.

Teks Here vanjaar vir gemeente gegee – Kol 3
Let the Word of Christ – the Message – have the run of the house. 

Rom 10:17
17  Die geloof is dus uit die gehoor,
en die gehoor is deur die woord van God.

Hoor Bybel in kerk – een van belangrike redes waarom Hebr 10:25 sê moenie van samekomste van gemeente wegbly. 

Hoor woord in kleingroepe – Bybelstusie, sel, dissipelskap – wanneer gelowiges saam oor woord besin.

Hoor woord wanneer self lees,
self bestudeer. 

Hier is voorbeeld van Jesus duidelik:
Het in tempel gebly,
mense opgesoek wat Woord ken,
self ook insig gedeel.

Om te leer wat God in verlede gesê en gedoen en belowe het,
om te leer wat God van sy volgelinge verwag –
dis eerste stap van geestelike groei. 

Baie hulpmiddels,
as voel kan nie op eie doen:
boeke
didage – Bybelskool, op pad met God,
dissipelskap-kursus
Kleingroep aansluit. 

Tweede stap is gehoorsaamheid.
Om te doen wat God van ons vra,
te leef soos wat Woord ons leer.
Interessant Paulus in Korintiërs oor gemeente se onvolwassenheid skryf,
praat van gedrag,
spesifiek jaloesie en twis.

Wanneer woord lees,
duidelik wat God van ons vra,
hoe wil hê moet leef –
nie net 10 Gebooie –
hoewel regtig basics is –
mag nie egbreek pleeg, iemand anders lewenstyl begeer –
is hele Nuwe Testament voorbeeld van lewe as gelowige.

Afgelope paar Sondae gepraat van dissipelskap,
hele tyd klem:  geloof en lewe hoort saam.
Dissipelskap beteken gehoorsaamheid,
doen wat God vra,
leef soos God sê.

Groei dan, ook gehoorsaamheid. 
Deel hiervan ook skuldbelydenis,
erken wanneer verkeerd doen,
skuld bely,
vergifnis ontvang ons in Christus het. 

Voorbidding

Dankoffers

Bestuursraad terugvoer – Frik

Slotlied Lied 541

Seën
Lied 178 (Dona nobis pacem)

Joh 13:13-17 – So 28 Feb 2010

Volg in die Voetspore van Jesus …

en jou liefde vir ander groei

Skriflesing Joh 13:1 – 17

Teks:  Joh 13:13-17

Interessant in hierdie bekende gedeelte, is dat Mattteus, Markus en Lukas van hierdie gebeurtenis vertel as die instelling van die Nagmaal. Jesus gebruik die Joodse Pasgamaaltyd om te sê dat Hy die Lam is wat geslag gaan word om hulle uit die sondeslawerny te verlos. Die wyn en die brood wys van hierdie oomblik af dan na Jesus se bloed en sy liggaam.

Johannes laat die ete ‘n aand voor die pasgamaal plaasvind as ‘n ete saam met goeie vriende. Dit sou ‘n laaste maaltyd saam met vriende, saam met sy dissipels, wees. Jesus het geweet wat op Hom wag. ‘n Mens sou kon verstaan dat dit vir Hom ‘n emosioneel gelade oomblik sou wees. Die Johannes-evangelie beskryf hoe Jesus sy dissipels se voete gewas het, terwyl die ander evangelies net vertel van die instelling van die Nagmaal. ‘n Mens sou moet insien dat die voetewassing ‘n simboliese handeling van groot belangrikheid is. Dit was ‘n belangrike geleentheid vir Jesus, sy dae op aarde raak min, Hy moet nou vir sy dissipels die dinge sê wat nog gesê moet word. Dat hierdie simboliese handeling misverstaan kan word, is baie moontlik. Daarom vra Hy toe Hy klaar hulle voete gewas het, weer sy bokleed aangetrek het en weer gaan aansit het: Verstaan julle wat ek vir julle gedoen het?

Jesus wou ʼn baie spesiale boodskap by die Kerk inskerp, want in die eerste dae van die vroeë Kerk het die gevaar bestaan dat Jesus se opdrag van diens en diensbaarheid vergete kon raak. Die simbool van vriendskap en vreugde het gevaar geloop om te verander in ʼn instrument van oorheersing en mag. Jesus se dissipels het besonder intens meegeding om die eerste plek. Omdat Jesus dit goed geweet het, het Hy vir hulle en vir ons ʼn voorbeeld gestel: Hy het die voete van ander gewas, iets wat slawe in daardie tyd gedoen het. Dit het Hy gedoen in sy laaste ure van vryheid. Dit is wat Hy nog moes doen. ʼn Mens moet baie sterk wees om iemand anders op so ʼn manier te dien. Die slaaf is die meester en die lydende kneg is die Seun van God! Dit is en was ongehoord!

Die was van sy dissipels se voete wil vir hulle iets oor mag en die prysgawe daarvan, leer, oor die vernietigende verleidelikheid van mag wat nooit deel van die kerk moes gewees het nie. Maar as ‘n mens al die Vatikaanstad en die Vatikaan museums met al die skatte in Rome besoek het, dan kom ‘n mens gou agter hoe vinnig die kerk Jesus se boodskap vergeet het. En natuurlik nie net ‘n ver kerk in Rome nie, maar ook naby, hier by ons, orals rondom ons. Die werklikheid van mag en magsmisbruik in die wêreld waarin ons leef, is orals te sien, ook in alle kerke, op alle plekke.

Jesus se hele aardse geskiedenis is eintlik ‘n anti-mag storie. Kort na sy geboorte moes sy ouers al met Hom vlug omdat Herodes die mag gehad het om te bepaal om alle seuntjies onder twee jaar te laat doodmaak omdat hy bang was dat die Verlosser waarvan die wyse sterrekykers uit die Ooste kom vertel het, hom van sy mag sou beroof. Jesus word uiteindelik oorgelewer om gekruisig te word omdat die magte van daardie oomblik bedreig was deur sy optrede. Jesus laat dit toe, as hulle dink hulle wen, slaag, dan sterf Hy om mense te verlos, dan sterf Hy soos ‘n lam.

Continue reading