Skip to main content

Dag 4: Lees Markus 10:35-45 – Die wat eerste wil wees, word almal se dienaar

Die gesprek het al vroeër in Kapernaum begin waar die dissipels gestry het met mekaar oor wie van hulle die belangrikste is.  Jakobus en Johannes het duidelik gedink dat hulle kwalifiseer vir ereposisies, moontlik omdat hulle waarskynlik neefs van Jesus was, en saam met Hom op die berg van verheerliking was.  Jesus hanteer die arrogansie met deernis, deur weereens sy lering te herhaal dat dié wat eerste wil wees, almal se dienaar moet word, soos Hy inderdaad deur sy eie manier van lewe gewys het.  Dit is die sleutel tot ware diensbaarheid: om jouself nie hoër te ag as ander nie, maar jou te gee vir diens.

Dink na oor wat dit vir jou beteken in jou eie situasie en besluit watter praktiese diens jy vandag kan doen in navolging van Jesus.

Dag 3: Lees Markus 10:17-31 – Dissipelskap sluit jou besittings in

Jesus het die ryk jongman liefgekry en ingenooi in sy dissipelkring, op voorwaarde dat hy afstand doen van sy besittings.  Dit het die jongman egter afgeskrik en bedruk laat weggaan, want hy het baie besittings gehad.  Petrus wonder dan oor hulle eie situasie wat wel alles verlaat het.  Jesus belowe daarop nie net die ewige lewe nie, maar ook ‘n oorvloed van familie en eiendom, reeds in hierdie lewe, hoewel dit saam met vervolging sal wees.

Dink na oor hoe jy jou besittings hanteer.  Maak vandag die keuse om die Here te begin vertrou, deur niks van Hom terug te hou nie.

Dag 2: Lees Markus 8:34-38 – As iemand agter My wil aankom …

Petrus het so pas bely dat Jesus die Christus is (vers 29). Hulle het gesnap dat Hy die Messias is.  Nou moes hulle Hom egter as die Lydende Messias leer ken (Jes 53).  Dit sluit in dat die dissipels in hulle navolging van Jesus self hulle voete op ‘n Lydensweg plaas.  Dissipelskap kos ‘n prys: selfverloëning, kruis opneem (teken van volle oorgawe en nie ‘n verheerliking van pyn nie) en navolging.  Dit is die paradoks van die geestelike lewe: wie sy lewe vir homself wil behou, sal dit verloor; wie sy lewe vir Hom en die evangelie verloor, sal dit behou.

Dink na oor wat jou navolging van Jesus jou kos.  Wy jou toe aan God se pad vir jou.