Skip to main content

Matt 4:1-11 – Son 14 Feb 2010

Volg in Jesus se voetspore en . . .
jou karakter word gebou
Matteus 4:1-11
14 Februarie 2010

Verwelkoming
Reeks dissipelskap – Jesus volg, wat beteken.
Toetrede:
Kerk is nie huis van Here, Psalms wel, ons NT-gelowiges:  óns is Here woning,
Wanneer dus sing Here woning:  teenwoordigheid:
• Lied 158 Koor vers 1, gemeente vers 2-3 (staan)
Votum 
Vandag eerste Sondag Lydenstyd, dink Jesus lyding t.w.v. ons.
Praat oor dissipelskap, natuurlik ook implikasies vir ons.
Jesus gesê:
“die Seun van die mens moet baie ly,
deur die familiehoofde,
priesterhoofde en
skrifgeleerdes
verwerp word,
en Hy moet doodgemaak word,
en op die derde dag opgewek word.”
23  Toe het Hy vir almal gesê:
“As iemand agter My aan wil kom,
moet hy homself verloën,
elke dag sy kruis opneem
 en My volg,
24  want elkeen wat sy lewe wil behou,
 sal dit verloor,
 maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor,
 sal dit behou.
25  “Wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins verkry,
 maar homself verloor of te gronde gaan?
Lukas 9
Seëngroet
Aan almal in Somerstrand  wat aan God behoort
en in Christus Jesus glo:
Genade en vrede vir julle
van God ons Vader
en die Here Jesus Christus,
deur die werking van die Heilige Gees.

(Ef. 1:1-2)
Lofsang
Lied 168 (staan)
Lied 177 x2  (sit)
Lied 548 (sit)

Terugvoer: Corneille du Plooy

Kindertyd
Volgende paar weke praat oor dissipelskap.
Wie weet wat is?
See, in voetspore loop, soms spring?
Ook Jesus volg,
lees in Bybel hoe Jesus geleef.

Matt 4 lees Jesus versoek.
Wat beteken?
Jesus 40 dae in woestyn,
warm soos by ons,
Jesus honger.
duiwel sê:
verander klippe in brood.
Jesus geweet nie God wil, nie gedoen.

Partykeer jy iets wil doen weet nie mag doen –
dalk verstaan nie hoekom nie mag doen.
Reëls wat nie verstaan?
• hardloop skêr
• wys met mes
• sekere tyd gaan slaap
• agter op bestuurder spring
• van balkon in swembad spring
• hardloop swembad

Wil graag doen, kan nie verstaan hoekom nie,
wanneer Jesus voetspore volg,
dan doen ons regte ding,
al verstaan nie,
want behoort aan Jesus.

Gebed    :      Lied 271 vers 2 (sit)
Skriflesing
Matteus 4:1-11
 

Preek
Begin vandag nuwe reeks – volg in voetspore van Jesus.
Reeks dissipelskap –
gaan volgende week bietjie meer uitpak.
Feit is,
Jesus ons geroep dissipels te wees,
om hom te volg.
Vra van ons iets – vra meer as geloof.
Vra dat in sy voetspore sal volg,
waar dit ons ook al neem –
volgende week (belydenisaflegging) meer uitpak.

Vandag oor manier waarop karakter gevorm word wanneer Jesus volg.

Teks:  Jesus gedoop,
dan Gees lei in woestyn in,
word versoek.

Deel van hele 40-dae tradisie:
Moses vas 40 dae terwyl saam God op berg,
Elia vas 40 dae,
ons 40 dae vas lydenstyd, vandag begin.

Na 40 dae,
Jesus broos, kwesbaar,
word versoek.

Versoeking tradisioneel geïnterpreteer:
Om in beheer te wees
om skouspelagtig te wees
om magtig te wees.

Voetnoot, belangrik oplet:
versoekings lyk nie altyd soos versoeking,
nie soos Alice in Wonderland papiertjie op, sê:
versoeking.
Ons geneig versoeking só dink,
goed voor hand liggend verkeerd:
man verneuk, skelm besigheid.

maar versoekings dikwels baie meer subtiel.
Lyk goed, reg, dikwels logies.
Lyk op oog af niks verkeerd –
hoekom moet Jesus nie klippe in brood verander?
Kan.
Honger.
Sal geen skade doen.

Iemand sê meeste van tyd wanneer ons versoekings ingee,
dink is beste ding wat op daardie oomblik kan doen.

Einde voetnoot.

Teks werklik verstaan,
moet ons versoeking verstaan.
Term “versoeking van Jesus” misleidend.
Ons versoeking dink,
dink verleiding sonde te doen,
maar Grieks hier eintlik beter vertaal met “toets”. 

Binne OT tradisie van gelowiges wat getoets word:
Job,
dienskneg Jes 53.

Jesus versoeking tog ook vir hom geestelike ervaring –
in doop ontvang roeping,
in woestyn aanvaar roeping,
kies hy om pad te gaan God voor hom uitgelê.

So versoeking Jesus hier nie om een van klassieke doodsondes te pleeg,
maar om ander pad te gaan as pad God vir hom beplan,
Jesus reaksie op versoekings,
is instemming God te volg.

Wanneer Jesus dus versoek,
is vorming van sy verhouding met sy Vader,
leer om werklik op God te vertrou,
ook in moeilike situasie. 

Onthou,
op besondere manier word versoekings op ou end tog waar:
Jesus word self brood wat lewe gee,
Jesus word die tempel wat in drie dae afgebreek en weer opgebou word,
verheerlik op die berg,
regeer oor die aarde, regterhand van God, elke knie buig en tong erken:
Jesus Christus is die Here.

Maar wat hy hier gebied word,
is ‘n kortpad,
‘n makliker pad.

Langenhoven:  Pasop vir die kortpad.
daar moet ‘n rede wees waarom die lang pad nie daarlangs gaan nie.

Die lang pad,
pad wat vir Jesus voorlê, nie maklike pad.
Pynlike pad –
pad wat lewe gekos,
pad waarop selfs van God verlaat!

Hebr 5:7-8
Gedurende sy aardse lewe
het Hy aan God,
wat Hom uit die dood kon red,
gebede
en smekinge geoffer
met harde geroep
en met trane.
En sy gebede is verhoor
vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God.
8  Hoewel Hy die Seun was,
het Hy deur alles wat Hy gely het,
geleer wat gehoorsaamheid is.

 

Jesus het gesê: 
Luk 9:
“As iemand agter My aan wil kom,
moet hy homself verloën,
 sy kruis opneem
en My volg,
25  want wie sy lewe wil behou,
sal dit verloor;
maar wie sy lewe ter wille van My verloor,
sal dit terugkry.

Dit is wat dissipelskap is.
Om jouself te verloën,
kruis opneem
Jesus volg.

Dink ons verloor juis dit dikwels uit oog:
dissipelskap kos iets.

Pad God ons laat loop,
dikwels nie kort, reguit, maklike pad.
Dikwels styl, moeilik.

Meestal verstaan ook nie hoekom hierdie pad.

Ongelukkig hierdie week iets gebeur
my gehelp om hierdie verhaal van Jesus beter te verstaan.

Weet nie wie van julle verhaal van Hettie Brittz se verkragting in koerant gelees?
(Koerante jok, mense in gemeente haar ken, waar).

Vertel hoe in huis aangehou,
hoe Here vir haar sê gaan verkrag word.

Aangrypendste egter hoe sy en Louis daaroor praat,
verwys na “battle scars in ‘n oorlog wat ons nie kan verloor nie.” 
Praat van hoe Jesus ook vir verkragter aan kruis gesterf,
oor tien jaar sal kan getuig oor alles wat hieruit voortgevloei. 

Ek dink dis skrikwekkend.
Maar dit help my vanoggend teks verstaan,
want dit is versoeking.

Kan verskillend reageer op hierdie versoeking:
wraak, woede, haat. . .
of vertroue op God.

Dink baie keer heg ons voorwaardes aan ons dissipelskap.
Miskien onbedoeld,
dalk selfs onbewustelik.

Veronderstel as God volg, sal goed gaan.
Sal beskerm wees teen gevaar.
Uitkoms finansies.
Siekte genees.

Die vraag is:
sal ons die Here bly volg,
al verloor ons alles,
al word ons bankrot verklaar,
al gaan ‘n geliefde dood aan ‘n siekte ons gedink God gaan genees,
al word ons wreed aangeval?

Op die ou end is dit die vraag van dissipelskap:
gaan ek opgee op God,
gaan ek my eie pad volg,
of gaan ek op God bly vertrou,
toelaat dat die versoekings en beproewings my vorm,
eerder as dat dit my opstandig maak.

Wie sy lewe wil behou,
sal dit verloor,
maar wie sy lewe ter wille van my verloor,
sal dit terugkry.

As Jesus ons vra om kruis opneem en hom te volg,
dan moet weet hy nie van ons iets vra ons nie kan doen.

Daarom kennis neem manier waarop Jesus versoekings hanteer,
wat hom gehelp staande te bly:

Eerste ding Jesus gehelp,
ek glo ook ons kan help:
Jesus geweet wie hy is.

Net voor versoeking,
gedoop,
stem uit hemel:
Dit is my geliefde seun,
oor hom verheug ek my.

Henry Nouwen sê is oortuig dat woorde “jy is my geliefde”
grootste waarheid wat daar is oor die mens.

As gelowige is dit ook waar van jou:
Jy is God se geliefde. 

Deur lewe, ook deur versoekings:
Jy is my geliefde seun/dogter.
Oor jou verheug ek my.

Wanneer dit weet,
kan enige toets deurkom,
enige versoeking oorleef.

Bepaal identiteit op grond van baie dinge:
Afrikaner
Vrou
Gen. X-er
Van Niekerk….

Kinderpinkster verlede jaar:
‘n man hou altyd sy woord.
Kind gaan deur lewe gaan, deel van wie hy is.

By Jesus leer,
is dat identiteit in God
bepalend is vir wie is.
Jy is my geliefde kind,
oor jou verheug ek my. 

Deel van Hettie Brittz storie,
net voor verkragting,
Jesus vir haar gesê:  Jy is my bruid.
Jy is my geliefde.

Wat ook al oor pad kom,
voel wil wankel, ingee, opgee:
Jy is God se geliefde.

Tweedens Christus Woord geken.

Waaroor reeks tot op hede gegaan – verdiep in woord.

Nie genoeg net woorde te ken – duiwel haal ook aan.

Woord verstaan deur Gees,
beide Luther & Calvyn beklemtoon Woord en Gees hoort saam.

Wanneer so verdiep in Woord, elke dag daarmee besig,
sal vind dat Gees jou aan Woord herinner wanneer in spesifieke situasies van versoeking kom.

Derdens, Jesus God geken,
veral:  geweet God plan het.

Versoeking natuurlik Jesus allerhande ander goed te vertrou,
Jesus vertrou God.

Kry reg om versoekings te weerstaan,
omdat grootste begeerte is om God wil te doen.
As begeerte mag of iets dergeliks was,
sou nie kon weerstaan.
maar grootste begeerte God wil doen,
en omdat God ken,
weet God plan het,
kan God wil doen.

Hebr 12:2:
Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was,
het Hy die kruis verduur
 sonder om vir die skande daarvan terug te deins,
en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

Omdat Jesus geweet God plan het,
kon hy pyn – selfs van kruis – verduur.

As dus onthou wie God is,
God liefde is,
God plan het,
ons ook  help in ons versoekings.
Gebed 
Ps 51
U verwag opregtheid diep in ‘n mens se hart:
laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe.
Laat my weer blydskap en vreugde belewe.
U het my verbrysel; laat my weer jubel.
Skep vir my ‘n rein hart, o God,
vernuwe my gees
en maak my standvastig.
Here, gee my die woorde om u lof te verkondig.
Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging:

Gebed om reën     Lied 278 Koor 1x, gemeente 1x

Dankoffer
manier waarop afhanklikheid van God erken, steeds bid vir reën.

Slotlied:  Lied 505 gemeente verse 1, 2 & 3, koor vers 2
Seën

Kolossense 3:12-17 – Die Bybel is ‘n huis om in te woon – Son 7 Feb 2010

Verwelkoming

  • Vraelys – PowerPoint twee slides: Waar die skakel is en waarheen die skakel jou neem.
  • Simpatie – Ons innige simpatie aan Gerrit Venter, kinders en familie met die heengaan van Rita. Ons innige meegevoel ook aan Louis Marx, kinders en familie met die heengaan van Elizabeth. Ons bid vir julle die sterkte van die Here toe.

Toetrede

Lied 154 “Kom nou tesaam, laat ons vergader, één as sy kerk, één in sy Naam.” (gemeente vers 1 en 3, koor vers 2) sit

Votum

Seëngroet

Lofliedere

Lied 365 “Hoor die blye eng’lelied aan die Koningseun gebied: Vrede op aarde – God die eer – Hy daal tot die sondaar neer.” staan

Lied 373 “U, Jesus, eersgebore Kind, u lig sou bewe in die wind, dit flikker in die donker.” sit

Kindertyd

Hoe leer julle lees?
In Dolfyntjie skryf hulle mos julle name op ‘n bord en dan leer julle om dit te herken.
Kyk gou hierna: kan julle die naam herken? Rethie
En met die foto by?
Kom ons probeer nog een. Chris
En in graad 1 leer julle mos om prentjies en woorde met mekaar te verbind.
Ken julle die woord al? boek
En met die prentjie?
Kom ons probeer weer.  lyf
As ‘n mens dit genoeg doen, uiteindelik dan kan jy lees en verstaan wat jy lees!
En dan kan ‘n mens die koerant oopmaak en verstaan wat mense sê.
En jy kan ‘n boek lees en verstaan wat die skrywer sê.
En jy kan leer oor diere en dan kan jy ‘n dieredokter word.
Of jy kan leer oor mielies en dan kan jy ‘n mielieboer word.
En jy kan leer oor pype en water en krane en dan kan jy ‘n loodgieter word.
Dit is hoe die lewe werk – en alles is afhanklik daarvan dat ons kan lees.
Dit is net soos die Bybel ook werk.
Ons leer om die Bybel te lees.
Dan begin ons om te doen wat die Bybel sê, en
kort voor lank dan kan jy doen wat die Here wil hê jy moet doen.
En dan raak die Here vir jou alles in die lewe.
Hy raak soos ‘n huis waarin jy woon.
Hy bly by jou, Hy is lief vir jou, en julle kan met mekaar praat en
ons raak familie.

Gebed

Skriflesing

Dit is ‘n wonderlike gedeelte.

Hy gebruik eintlik die woordjie beklee in vers 12 om die gedagte van iets waarin ‘n mens woon of leef oor te dra: “Beklee julle dan … en dan volg die vyf goed wat hy sê waarmee hulle hulleself moet beklee:

1.      die 5 deugdes (meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig, verdraagsaam),

2.      die liefde vir mekaar (wat met sy geduld en vergifnis die hoofbestanddele is van die gemeenskapslewe wat onder ons moet heers),

3.      die Woord van God in al sy vorme (prediking, lering en onderrig),

4.      die liedere vir God in al sy vorme (psalms, lofsange en geestelike liedere), en

5.      hulle lewenswandel in die wêreld (wat ons sê of doen).

En die middelste mededeling – om die Woord in ons te laat woon – is die hart van die gedeelte, want dit is die bron waaruit die ander 4 opdragte hulle krag kry.  Alles word gekoppel word aan hierdie oproep dat die boodskap van Christus in sy volle rykdom in hulle moet bly, as’t ware in hulle moet woning maak, of anders gestel ‘n huis moet word waarin hulle woon.

Ons kan volgens God se riglyne leef as ons dit alles doen, waarvan ek vandag spesifiek gaan konsentreer op die 3de opdrag, om in die Woord te bly, dat dit ons huis word.

Kolossense 3:12-17

Woordverkondiging

Die Bybel is God se verhaal

Die Bybel is die verhaal van God.  Dit strek van die begin van die skepping af regdeur die geskiedenis tot by die verhaal van Jesus Christus.  En na Jesus se lyding, dood, opstanding en hemelvaart vertel die Bybel ons van die Gees wat deur die kerk die koninkryk van God laat kom.  En Johannes skryf ten laaste oor die nuwe skepping wat God belowe het vir almal wat in Hom glo.  Van begin tot einde is dit God se verhaal.

Dit is ook die evangelie.  Dit is die fondament van wat ons glo.  En dit waarom ons die Bybel die Woord van God noem.  Dit is Sy verhaal.

Dit leer ons op God vertrou

Hierdie Bybel nooi ons telkens uit om met hierdie verhaal, die verhaal van God, rekening te hou.  Dit nooi ons uit om te vertrou op God se nabyheid, sy beloftes, sy krag.  Dit nooi ons uit om sy wil te soek en te doen, en eerder met Sy onsigbare werklikheid rekening te hou as met dit wat ons rondom ons sien.  En dit nooi ons uit om te leef soos Hy van ons vra eerder as soos almal rondom ons leef.

Dit leer ons om anders as die wêreld te leef

In die Bergrede noem Jesus, byvoorbeeld, diegene gelukkig, geseënd wat agter in die tou staan, as ‘n mens volgens gewone wêreldse standaarde sou meet: die armes, die sagmoediges, die barmhartiges – want, sê Jesus, aan hulle behoort die koninkryk van die hemel, hulle sal die nuwe aarde ontvang, en aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

Die ongelooflike belofte word aan reinhartiges gemaak, hulle sal God sien.  Die vredemakers sal kinders van God genoem word.  En dié wat vervolg word omdat hulle Jesus navolg, hulle sal hulle loon ontvang in die hemel (Matt 5:1-9).

Die Bybel leer ons om nie so besorg oor allerhande dinge te wees nie, ons nie so moeg te maak oor aardse goed nie, maar eerder ‘n skat na te jaag wat groter is as kos en klere en sukses en status (Matt 6:25-34).

Dit leer ons om anders as die wêreld nie te dink oor wie ons kan uitsluit nie, maar eerder oor wie ons kan insluit, soos die verhaal van die barmhartige Samaritaan ons leer.  Daar is niemand wat ooit in beginsel, van die begin af, uitgesluit word net omdat hulle is wie hulle ook al is nie.  Ons mag ‘n naaste word vir dié wat ons kan help op ons pad deur die lewe (Matt 22:34-40).

Want dié Bybel wat hierdie verhale vertel, is ‘n boek wat aan ons eie adres gerig is.  Dit sê vir ons: “Gaan en doen jy net so.”

Dit leer ons om ander met mekaar te leef

Net so fokus Paulus ons gedagtes hier in Kolossense op die manier waarop ons met mekaar moet leef in die gemeenskap van gelowiges.

Daar is 1) 5 deugdes wat God van sy uitverkore volk verwag:  meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig, verdraagsaam.

Hy wil hê dat ons 2) mekaar moet liefhê deur geduld met mekaar te hê en mekaar te vergewe as iets verkeerd gaan.  Dit is die hoofbestanddele van die gemeenskapslewe wat onder ons moet heers.

En die hart van hierdie gemeenskapslewe is om 3) op die Bybel te fokus, wat uitmond in 4) ons spreke met God in ons liedere en 5) ‘n lewe wat God se eer voorop stel.

Maar die belangrikste hiervan is die fokus op die Bybel, die middelste van die 5 bestanddele, want al die ander dinge hang daarvan af.

Hoe word die Bybel ‘n werklikheid?

Regdeur die eeue word hierdie Bybel op dieselfde manier vir ons die Woord van God as ons in drie eenvoudige stappe daarna luister: ons lees dit, ons dink daaroor na en ons leef dit. (Vgl Dirkie Smit se uitstekende weergawe hiervan in Neem, lees)

Ons lees die Bybel

Die lees van die Bybel kan eenvoudig wees (in jou stiltetyd), én baie kompleks (akademies: tradisie-histories of retories); dit kan alleen gedoen word én in groepe; dit kan inzoom op een vers of selfs een woord in ‘n ‘n vers, én dit kan die breë lyne probeer vasvat.  Dit kan in die kerk wees én in ‘n huis of saam met ‘n groep vriende.

Hierdie eerste stap bly die eerste liefde, die ding wat die vonk verskaf, waarvan alles afhang.

  • Soos Augustinus onder die vyeboom gedoen het in 439 toe hy die kinderstemme hoor sing het, Tolle lege, Tolle lege, Neem, lees, Neem lees, en ingehardloop het en in Romeine begin lees het – en sy hele lewe verander het.
  • Of soos Karl Barth in 1918 onder ‘n appelboom gesit en lees het en die Bybel vir hom, asof vir die eerste keer, oopgegaan het. En sy ontdekking het ‘n impak gehad in die Christelike wêreld wat enorm was, bv. met sy kommentaar op die (toevallig ook) Romeine brief, waarin hy weer sterk beklemtoon het dat God na ons kom, zenkrecht von oben, en nie maar net langs die weg van humanistiese ontwikkeling nie.
  • En laat ons nie vergeet van Luther wat ook in die Romeine brief die eerste ervaring gehad het dat die Bybel vir hom oopgaan, en hy God se genade in Jesus vir die eerste keer ervaar het.

As ‘n mens die Bybel só lees, dat die betekenis daarvan vir jou vasvang en dit die rigsnoer vir jou lewe word, dan word die Bybel vir jou soos ‘n huis om in te woon, ‘n wêreld waarin jy tuis kan wees en jou kan verheug, elke dag, ook vandag in die 3de millennium na Christus.

Ons dink na oor die Bybel

Die tweede stap van Bybellees is net so belangrik.  Dit is om die Bybel herhalend, en met groeiende nadenke te lees; om nie tevrede te wees totdat die betekenis daarvan vir jou oopgaan en jy die praktiese betekenis vir jou lewe daaruit kon haal nie.

En die nadink van die Bybel kan baie dinge insluit: dit kan meditatief wees met baie stilte en verwondering; dit kan akademies wees met baie vrae en met baie instrumente; dit kan in groepsverband wees of juis in ‘n oor-grense-luister, waarin nuwe perspektiewe vir jou oopgaan.

  • Ek sal nooit vergeet hoe ek in ‘n luister sessie met VGK dominees oor ‘n baie bekende teks gesels het, die verhaal van Jesus se verheerliking op die berg (dit is toevallig ook die tyd in die kerkjaar wat ons vandag vier!), en een van hulle my gevra het wat ek maak met die verskyning van Moses en Elia saam met Jesus op die berg; wat ek dink daar gebeur het. En toe ek sê, maar hulle het seker uit God se wêreld, die hemel, verskyn, het hy begin praat oor die wyse waarop hy oor die voorvaders dink vanuit ‘n Christelike perspektief, en hulle die “living dead” genoem. Geen sprake van aanbidding nie, maar net erkenning dat hulle nie opgehou bestaan het nie, en steeds ‘n rol kon speel.

Nou, dit bly steeds vir my ‘n vreemde konsep, maar ten minste iets waaroor ek begin dink omdat ek blootgestel is aan ‘n ander manier van dink oor die Bybel.  En dit beteken dat daar groter begrip vir mekaar kom, al bly die konsepte steeds vreemd.  En die toenadering in ons begrip het met die nadenke vanuit ander hoeke te make.

Ons leef die Bybel

Maar, dit moet altyd ook die derde stap insluit, om die Bybel te gaan leef, om te doen wat God in sy Woord van ons vra.

Soos Paulus hier leer in Kolossense, moet die boodskap van Christus, sy logos, in sy volle rykdom in ons bly. Dit beteken dat ons mekaar moet leer en onderrig met alle wysheid in die betekenis van die Bybel. En let op dat Paulus hier van drie verskillende vorme van verkondiging praat: prediking, lering en onderrig.  Nou, die punt is nie om dit noodwendig presies te gaan identifiseer en onderskei van mekaar nie, maar om te sê dit moet omvattend wees, en op verskillende maniere gedoen word.

Hierdie leef van en uit God se werklikheid sluit in dat ons met dankbaarheid in ons harte psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God moet sing. Weereens word drie vorme van sang genoem, om te sê dat daar ‘n verskeidenheid moet wees en dat dit regtig ‘n belangrike rol moet speek in die samekoms van God se mense.  Die Psalms sê nie verniet dat God woon waar die lofsange van sy mense weerklink nie.

Om die waarheid te sê, hierdie Woord se aanspraak op ons lewens is so omvattend, dat Paulus sê, “wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.”

En dit moet in die praktyk van die lewe geleef word.

Die leef van die Bybel is nie vanselfsprekend nie

Maar laat ons eerlik met mekaar wees.  Die leef van die Bybel is nie vanselfsprekend nie.  Dit bly steeds die moeilikste deel van die besig wees met die Bybel.  Ons sien dit alreeds in die verhale van die skares wat Jesus gevolg het, wat aanvanklik verwonderd was oor Hom en die wonders wat Hy doen, maar toenemend sy woorde moeilik gevind het om te doen, en uiteindelik gerebelleer het teen Hom en Hom verwerp en gekruisig het.

Die kruis het nie gebeur omdat die skares slegte mense was nie, maar omdat die navolging van Jesus toenemend moeiliker geword het, en hulle die prys daarvoor nie wou betaal nie. Sy woorde was in konflik met die huise waarin hulle gewoon het, hulle verstaan van wat belangrik is en wat nie.  En dan moet die een wat konflik vir jou veroorsaak uit die weg geruim word, nie waar nie, want hoe anders kry jy sy stem stil?

Vandag maak ons Sy stem stil deur in die eerste plek ons lees te beperk – ‘n vinnige blaai deur die Bybel vir ‘n teks wat ons opval, of nog erger net in ‘n dagboek te lees en glad nie meer die Bybel te hanteer nie.  In die tweede plek lees ons oppervlakkig, sonder om diep daaroor na te dink en die betekenis te laat insak in ons harte.  Gevolglik word ons nie uitgedaag om ons lewens te verander nie, want daar is nie diepte in ons nadenke nie.  En in die derde plek – en dit is die grootste gevaar – lees ons sonder om te doen.  Gevolglik verdwyn nie net die uitdaging van die Woord nie, maar die Woord self uit ons lewe, soos die Satan die Woord oppik uit ons harte.  Dit kry nie eers kans om wortel te skiet nie, laat staan nog om kans te kry om sy werk te doen nie.

Sommige teoloë het hieroor so sterk gevoel dat hulle half raadop voorgestel het dat die Bybel eerder verbrand moet word, want mense maak ‘n bespotting daarvan deur nie te doen wat dit vra nie.

Schleiermacher skryf op ‘n keer in sy dagboek dat hy dink die Bybelgenootskappe moet toemaak, en alle Bybels moet gekonfiskeer word en vernietig word, terwyl hulle sê: Here, ons doen liewer dit, en erken daarmee openlik dat ons tog nie van plan was of is om van die Bybel of uit die Bybel te lewe nie.  Ons wil nie in hierdie huis van die Woord woon nie.

Ook Thielicke, wat ons die beste ken uit sy boekie Die gebed wat die wêreld omspan, het soortgelyke gedagtes geopper omdat hy besorg was oor die kerk se geloofwaardigheid.  Die kerk vertel vir ander van die Bybel, maar doen nie self wat die Woord vra nie.

Ons leef die Bybel deur die Gees van God

Dit is waarom die werk van die Gees so belangrik is.  Dit is wanneer Hy ons vrymaak, ons harte sagmaak, laat reageer op die fluistering van die Woord in ons lewe, dat ons dit regkry om in die anderster wêreld van die Woord te woon, om daarvan ons huis te maak.

En dit gebeur wanneer ons toelaat dat die Woord ons begin lees.

Wat ek daarmee bedoel, is dat ‘n mens die Bybel moet lees totdat dit iets binne in jou begin roer, dat jy ervaar die sluier word van jou oë gelig en jy begin met God se oë kyk na jouself, na die wêreld, en na Hom en sy teenwoordigheid in die lewe, en jy daardie roering begin koester.

O, die wonder van só ‘n lees, waar jou lewe opgeneem word in die lewe van God, en Hy jou só vol maak van Homself dat jy eintlik deursigtig raak en God oral uit jou begin skyn.

Dan raak die Bybel regtig vir jou ‘n HUIS om in te woon.

Amen.

Gebed

Dankoffers

Koor: Ons vind ons krag in die Here – Vonkk 58.

Ouderlinge voorstelling

Slotlied

Lied 494 “Gelukkig is die mens wat op die Here bou, God self sal in sy nood sy hande om ons hou.” ( vers 1 en 3 almal, vers 2 koor) staan

Seën

Gemeenterespons

Lied 228 “Halleluja!” (koor 1x, en gemeente 1x)

Dag 5 – Efesiërs 4:11-16

Jesus het aan die kerk gawes gegee om haar op te bou en toe te rus.  Dit beteken dat ons elkeen ons plek moet volstaan, t.w.v. ons eie en die kerk se groei. Wanneer die gawes só funksioneer, sal die gelowiges volwassenheid bereik in die eenheid van die geloof en die kennis van Christus.  Dan is Christus ten volle in hulle en hulle in Christus.  Op aarde is gelowiges steeds in wording:  ons groei en ontwikkel. 
Die eerste teken van die “volgroeide mens” is dat dié gelowige so toegerus is in die geloof dat die vals leraars hulle nie sal laat afdwaal of onsekerheid sal bring nie.

Dag 3 – Hebreërs 5:11-6:3

Gelowiges is dikwels leergestremd en ken nie die ABC van die Christelike geloof nie.  In plaas daarvan om geestelik te groei, te onderskei tussen reg en verkeerd en ander te begin leer wie God is, sukkel ons dikwels steeds met die grondfase van die geloof. 
Jou verhouding met God en jou kennis van die geloof  moet groei.  Dit is ‘n proses wat jou lewe lank sal duur.  Wees bereid om te leer.