Skip to main content

Dag 4: Lees Markus 10:35-45 – Die wat eerste wil wees, word almal se dienaar

Die gesprek het al vroeër in Kapernaum begin waar die dissipels gestry het met mekaar oor wie van hulle die belangrikste is.  Jakobus en Johannes het duidelik gedink dat hulle kwalifiseer vir ereposisies, moontlik omdat hulle waarskynlik neefs van Jesus was, en saam met Hom op die berg van verheerliking was.  Jesus hanteer die arrogansie met deernis, deur weereens sy lering te herhaal dat dié wat eerste wil wees, almal se dienaar moet word, soos Hy inderdaad deur sy eie manier van lewe gewys het.  Dit is die sleutel tot ware diensbaarheid: om jouself nie hoër te ag as ander nie, maar jou te gee vir diens.

Dink na oor wat dit vir jou beteken in jou eie situasie en besluit watter praktiese diens jy vandag kan doen in navolging van Jesus.

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.