Skip to main content

Pinkster Joh 14 Die Gees sal by julle bly Son 23 Mei 2010

Verwelkoming
Toetrede
Ons vier vandag die wonder
dat Joël se profesie
ook in ons lewens
waar geword het:
17  Só sal dit in die laaste dae wees,
sê God:
Ek sal my Gees uitstort op alle mense:
 julle seuns en julle dogters
sal as profete optree;
julle jongmense sal gesigte sien;
julle oumense sal drome droom.
18  Ja, op my dienaars en my dienaresse
sal Ek in daardie dae my Gees uitstort,
en hulle sal as profete optree.
(Handelinge 2)

(Sonder aankondiging) Lied 444 koor 1x, gemeente 2x (sit)
KERS WORD AANGESTEEK TERWYL KOOR SING
Votum
Rom 8
Seëngroet
Lofsang
(sonder aankondiging) Lied 432 (staan)
Kindertyd
Verwelkoming + wat Pinkster gedoen het
Epiklese
Lied 442 – koor vers 1, gemeente vers 2-3 (sit)
Skriflesing
Johannes 14
Preek
Kinders:
Gaan iets doen,
Gaan nie kan sien wat ek doen,
sal wel kan agterkom wat gedoen het.
[flits teen muur]

Wat het ek gedoen?  [flits aangesit]
Hoe weet jy dat ek dit gedoen het? [Kon lig sien]
Kon jy die flits sien? [nee]

Kan nie flits sien,
kan effek van flits sien –
lig van flits jou gehelp weet dat daar ‘n flits is –
al kon nie flits sien.

Ook nie Heilige Gees sien,
maar weet hy is hier,
sien effek van sy werk.

Iemand vertel van Fanie,
visserman.

Op jong ouderdom reeds skipper van groot vissersboot.

Vertel hoedat boot onlangs in geweldige groot storm beskadig is.
Bemanning verskrik.
Lewens gewaag om kabels tydens storm oor stuurkajuit te gooi,
om dit aan dek vas te bind.
Het gedink storm gaan stuurkajuit afruk!

Vissersboot begin lek
terwyl hulle stadig begin aansukkel het hawe toe.

Hoe nader gekom,
hoe hewiger storm gewoed.
20km van hawe,
bemanning begin dink boot gaan uitmekaar breek.
Vinniger begin lek as wat hulle water kon uitpomp.

Wind en golwe so rondgeslinger,
dat bang was in skeepsruim te bly te pomp.

Verder hulle nie seker of iemand noodroepe oor radio kon hoor nie.
Selfs as iemand kon hoor, sou niemand kon help nie.

Meteens het baie groot vissersboot tussen reën en mis opgedoem.

Al wat boot kon doen,
was om skuins agter hulle te vaar,
op so manier dat boot ergste wind en golwe kon afkeer.

Fanie se boot was in windskaduwee van groter boot.
Terwyl aangesukkel hawe toe,
groter boot hele tyd skuins agter hulle gebly,
tussen hulle en ergste geweld van storm. 

Storm hulle nie meer rondgeslinger,
kon helderder dink,
paar lekplekke verseël,
beter behoor oor pompe neem,
was rustiger,
omdat nie meer alleen was.

Deur langs hulle te vaar,
het die boot hulle gered. 
Het hawe lewendig gehaal.

Jesus leer ons dat die Heilige Gees
PARAKLEET is,
een wat langs ons kom loop.

Deur werk van Gees bly God – Vader & Seun – self by ons.

Besef jy wat dit beteken?
hoe wonderlik dit is?
God is by ons –
NABY ons.

Nader as jou eie asem,
so naby is die opgestane Jesus aan ons,
intiem.

God los ons nie alleen nie.
Die Gees bly by ons.

En terwyl die Gees by ons bly,
help hy ons om te glo.

Soos flits netnou,
gee Gees vir ons lig,
fokus baie spesifiek op Jesus.

Gees leer ons
en herinner ons
aan wat Jesus gesê het.
Help ons om Jesus raak te sien,
bind ons aan Jesus se woorde,
leer ons hoe om reg op Jesus se woorde te reageer.

En regte manier op Jesus woorde reageer,
is om in hom te glo.

So Gees help ons te glo
deur te herinner aan wat Jesus gesê en gedoen.

Omdat gawe van geloof by Gees ontvang,
is ons nie uitgelewer aan storms van lewe.
Kan standvastig lewe,
anker in Jesus.

Tweede ding Gees ons gee,
rustigheid.

Jesus leer ons:
julle moenie ontsteld wees nie
en julle moenie bang wees nie
(Joh 14:27).

Fanie se storie van stormsee,
vrees verlam,
sodat nie kon doen wat nodig was.

Ons hoef nooit so bang te wees,
nooit verlam deur vrees –
ons is nie alleen nie.

Kinders bang donderstorms,
of nagmerrie.

Word wakker,
roep ma/pa,
spring uit bed.
Wil ouers by hê.

Wanneer ouers by het,
voel ewe skielik veilig.
Weerlig en donderslae stop nie,
maar wêreld het vir kind verander –
kan rustig slaap.
Hoe nie storm of nagmerrie alleen in oë te staar.

Vrees uiteindelik nie vir weer of nagmerrie,
maar vir alleenheid. 

Soos ma / pa help om nie bang te wees,
help Gees ons,
vrees en alleenheid word met rustigheid vervang.

Brueggeman sê so mooi:
Goeie nuus is dat God se lewegewende krag in hierdie wêreld aan die werk is.

Aanname dikwels dat die wêreld God se lewegewende krag geweier
en verwerp het,
dat ons daarom in vrees moet lewe –
vrees wat ons uitleef in
angs
gierigheid
selfsug
en geweld.

Die teks sê die teenoorgestelde.
Bevestig dat wêreld steeds ruimte is waarbinne God werk.
Nie wanhoop, fatalisme –
moedig, vry leef,
vol vrede.

Dit volgende gawe Gees ons gee:
vrede.

Vrede laat ek vir julle na,
my vrede gee ek vir julle.

Vrede baie meer as afwesigheid van konflik.
Gaan hier om OT verstaan van Shalom –
Hebr woord vir vrede.

Hierdie vrede is somtotaal van wat God van mense verwag.
As jy in een woord wil sê hoe wêreld lyk God besig tot stand te bring,
dan sê jy “shalom”-

Beteken:
• genesing, heelheid, herstel
• Geregtigheid, lewensruimte, bestaansreg
• vreugde, om opgeneem te word in die feesviering van die herstelde verhouding met God, medemens & natuur.

En dis die vrede wat Jesus gee.

Volgende ding wat Gees doen,
is ons help om Jesus te gehoorsaam.

Johannes-evangelie definieer geloofsgemeenskap
as mense wat Jesus opdragte uitvoer –
Soos Ek julle liefhet,
moet julle mekaar liefhê.
Gemeenskap waar hierdie vrede –
shalom –
beleef word.

Gemeenskappe van liefde,
waar mense Jesus woorde ter harte neem
en daaruit leef.

God se liefde,
soos geopenbaar deur Jesus,
is liefde wat opoffer in diens van ander.
God is so.
Jesus wys dit vir ons.
Daarom moet ons ook só lewe.

Gehoorsaamheid aan Jesus maak ons
die draers van Jesus se liefde.

Bring laaste ding wat Gees ons gee:
krag.
Wie in My glo,
sal ook die dinge doen wat Ek doen;
en hy sal nog groter dinge as dit doen,

Miskien vreemdste deel van belofte van Gees –
dat Jesus sê sal selfde dinge as hy doen,
nog groter dinge doen.

Ons hét Gees,
Gees bly by ons. 
Jesus wonderwerke gedoen – mense genees, op water geloop –
ons doen nie eintlik nie – nie gereeld nie –
wat sommige laat spekuleer is weens gebrek aan geloof.

Kan eintlik sê gebrek aan Gees.
Kan tog nie wees?

So hoe kan selfde doen as Jesus?

Ons dalk so beïndruk deur mag,
dat nie raaksien dat Jesus wonderwerke nie gaan oor mag nie,
maar oor sy liefde.

Wat Jesus gedoen het,
nie soseer mag demonstreer,
maar liefde demonstreer.

Dis waaroor evangelie gaan –
oor liefde en diens.

Ons kan nie op water loop,
mense uit dood opwek –
maar kan Jesus liefde bewys.

Jesus het wonderwerke gedoen,
doen steeds wonderwerke.

Maar God vra van ons iets selfs groter as wonderwerke –
hy vra van ons om instrumente van sy liefde te wees
vir mense wat nodig het om sy liefde te beleef.

Toe Jesus op aarde was,
kon net in een mens op slag se oë kyk,
sy liefde net aan een mens op slag bewys.

Maar nou’s hy aan die regterhand van die Vader,
en het hy sy Gees vir ons gegee,
sodat ons nou sy liggaam hier op aarde is,
sodat hy soveel mense as wat hy kinders  het,
gelyk in die oë kan kyk,
gelyk kan dien,
gelyk kan help. 

Beteken nie net mense vertel gaan hemel toe as Jesus glo –
hoewel ook doen –
maar dat dien.
om kos te gee vir die wat honger is,
iets om te drink vir die wat dors is,
huisvesting vir vreemdelinge
klere die sonder klere
verpleging siekes
(Matt 25:34-36)

Gees bly by ons.
Gees ons gemeente ongekende kapasiteit gegee te dien –
sien verskillende plekke betrokke as gemeente,
lidmate betrokke –
besoeke.
Gee oorsig besoeke.
Getuienisse
Getuienis

Gesê Gees gemeente ongekende kapasiteit gegee te dien –
bid nog meer sal doen,
oë oopmaak,
nood raaksien.
Voorbidding
Roeping –
lankal gesê, een van gewoontes vir ons belangrik,
weer Pinkster bevestig – bid.
Groepies:
Bid plekke besoek:
MTR Smit
Bosslapers
Werkskeppingprojek
Kayalethu
Kamvalethu
Chesire
Thand’usana –
vele ander.
Groepies – bid vir nood in gebied.

(sonder aankondiging) Lied 438 (sit)
Nagmaal
God is vír ons,
wie kan dan teen ons wees?
32  Hy het sy eie Seun nie gespaar nie,
maar Hom oorgelewer
om ons almal te red.
Sal Hy ons dan nie al die ander dinge
 saam met Hom uit genade skenk nie?
33  Wie kan die uitverkorenes van God aankla?
God self spreek hulle vry.
34  Wie kan ons veroordeel?
Christus Jesus het gesterf,
maar meer as dit:
Hy is uit die dood opgewek,
Hy sit aan die regterhand van God,
Hy pleit vir ons.
35  Wie kan ons van die liefde van Christus skei?
Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard?
36  Daar staan immers geskrywe:
“Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig,
dat ons soos slagskape behandel word.”
37  Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars
deur Hom wat vir ons liefhet.
38  Hiervan is ek oortuig:
geen dood of lewe of engele of magte of teenswoordige of toekomstige dinge of kragte
39  of hoogte of diepte of enigiets anders in die skepping
kan ons van die liefde van God skei nie,
die liefde wat daar is in Christus Jesus ons Here.

Wanneer nou saam tafel sit waarheen Here Jesus ons genooi,
dan vir ons ‘n waarborg,
so seker brood eet en wyn drink,
so seker het deel aan Christus.

Deur hieraan deel,
gemeenskap met mekaar
en lewende God.

Tafel gereed, kom sit by tafel,
Tafelgebed
O God, ek het U so liefgekry!
In U is die oerskoonheid van al die eeue;
In U is die prag van elke nuwe dag.
Ek het U so lief!
U het so lank na my geroep, agter my aangeloop,
totdat my ore hulle doofheid verloor het,
my oë oopgegaan het vir u lieg en ek U kon herken.
Ek  het U so lief!
U het die soet geur van u asem oor my geblaas,
en toe ek my asem intrek, is ek geheel met U vervul.
Hoe lief het ek U!
Ek het U liefde geproe, en nou honger en dors ek net na U.
U het my aangeraak,
en nou is die verlange na u vrede ’n brandende vuur in my.
Amen
uitdeel – hou, saam gebruik.
Instellingswoorde
Gebruik
Gebed
Dankoffer
Koor Lied 443
Slotlied
Lied 431 (staan)
Seën
Lied
Lied 313

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.