Skip to main content

Tag: elia

Nabot se wingerd – 1 Konings 21

Meeste van ons, veral hier in SA, verstaan van grond:  van die waarde van grond, die emosie rondom grond.  Ons is ook goed bekend met konflik rondom grond, met onreg rondom grond.  Ons geskiedenis is deurspek met die stryd om grond, met stories oor grond wat onregmatig afgeneem is.  Vandag is ons bekommerd oor die her-verdeling van grond…  Op die oog af lyk dit asof dít is waaroor Nabot se storie gaan:  grond

Continue reading

die profeet

elizabeth meen dat elia by krit
dikwels met sy gesig tussen sy bene gesit
en wag gewonder het of dit wat hy manhaftig
geprofeteer het sou gebeur
here moet ek van die voëls wat u onrein verklaar
kos kry die water wat vrot
die laaste holtes ingeplof het, drink
laat my sién wat ek gesê het
die reën ruik
die gras sien spruit
u doen tog niks voor u profete weet
maar die dae kom nie meer in díe vallei
en die water is ‘n skeppie dooie gras en klei;
maar sê sy,
toe hy eers weer aanskuif tot teen God se sy
het hy gehoor en wéét…
bly dus, gee elizabeth weer raad,
‘n rukkie langer in jou vereenkanting
en wag totdat jy hóór
om dan soos elia sonder groot lawaai
met God se vuur die water van die altaar op te lek,
die weduwee van sidon
of brits of waar ook al
se seun terug uit die dode in die lewe in te lei,
of dít my liewe mens wat jy begeer:
soos ‘n gaselle die hoogtes af
die wind te sny

deur Rosa Smit

uit “Krone van die Narsing” (Tafelberg, 1986)

Elia en die profete van Baäl – 1 Konings 18

Was jy al ooit lus om vuur uit die hemel af te roep?

Ek praat nou van God se vuur – dat jy iets sien en wens jy kan God se oordeel daarop laat neerreën, dit vernietig, totaal uitwis!  En in die proses finaal bewys dat God God is,dat die sogenaamde realiteit NIE is soos wat dinge moet wees nie, dat daar ander realiteit is, ‘n hoër gesag, wat omgee wat hier gebeur, wat gaan oordeel oor die misbruik van sy skepping.

Continue reading

Junie Vakansie – Elia

Huisgodsdiens 17-22 Junie 2013

Ons staan die vakansie stil by die storie van Elia, wat ons reeds die afgelope kwartaal oorsigtelik gelees het.  Lees 1 Kon 18:21-39 (die storie van Elia en die Baäl profete) in ’n maklike vertaling van die Bybel en gesels oor wat vir julle uitstaan in die verhaal. 

Huisgodsdiens 24-30 Junie 2013

Ons staan die vakansie stil by die storie van Elia, wat ons reeds die afgelope kwartaal oorsigtelik gelees het.  Lees 1 Kon 19:1-15 (die storie van Elia wat vlug) in ’n maklike vertaling van die Bybel en gesels oor wat vir julle uitstaan in die verhaal. 

Huisgodsdiens 1-6 Julie 2013

Ons staan die vakansie stil by die storie van Elia, wat ons reeds die afgelope kwartaal oorsigtelik gelees het.  Lees 1 Kon 21:1-21 (die storie van Nabot se wingerd) in ’n maklike vertaling van die Bybel en gesels oor wat vir julle uitstaan in die verhaal. 

Huisgodsdiens 8-13 Julie 2013

Ons staan die vakansie stil by die storie van Elia, wat ons reeds die afgelope kwartaal oorsigtelik gelees het.  Lees 2 Kon 2:1-14 (die storie van Elia wat opgeneem word in die hemel) in ’n maklike vertaling van die Bybel en gesels oor wat vir julle uitstaan in die verhaal.