Miga 6:1-9
Wanneer ons hoor “afgode”, dink ons goue beelde. Maar die versoeking om afgode te aanbid, is vandag erger. Dis gevaarliker in ons tyd waar sosiale en ekonomiese strukture maklik afgode word. In ons kultuur van individualisme en prestasie en welvaart, word ons verbruikers – ook van geloof; en maak ons van God en van geloof ’n kommoditeit. En dan begin ons goed aanbid asof dit God is en ons behandel mense asof hulle goed is.