Skip to main content

Hand 3-4 – Son 23 Nov 08

Handelinge 3 & 4

Prediking
Hierdie kwartaal reeks: hulle het hulle heelhartig toegelê…” Oor geestelike groei.

Begin vra:  waar is jy?
Dit is God wat transformasie / geestelike groei bring.
Deon navorsing verduidelik (stoele),
Mense op hierdie verhoudingspad met Jesus Christus kan op dieselfde wyse val in 4 voorspelbare segmente opgedeel word:

  • Ontdekkingstog van die boodskap van Christus (Exploring Christianity)
  • Groei in Christus
  • Naby aan Christus
  • Christus-gesentreerd

Toe begin vra:  wat help geestelike groei, van een segment na ander beweeg?

Eerstens:  Christus volg.
Maar daar is ‘n geestelike ontwikkelingspad (spiritual continuum) wat baie voorspelbaar en kragtig is – ‘n groeiende verhouding met Jesus Christus.  ‘n Groeiende naby verhouding met Christus = geestelike groei!
o    Dit gaan oor Jesus!
o    Dit gaan oor ‘n groeiende verhouding.
o    Dit is ‘n gawe van die Heilige Gees.

Daarna gesels oor die “Vanilla faktor”,
Een ding wat weet meeste help geestelike groei, is Bybel, sesifiek refleksie oor Bybel.

Ander ding rol speel in geestelike groei, genoem “Connect faktor”.Die meeste van die groot dinge wat met die eerste kerk gebeur, gebeur waar hulle saam is, waar hulle saam bid, waar hulle saam eet, waar hulle saam bedien.
Dit klop met die bevindings van die navorsing oor geestelike groei:
Een van die belangrikste behoeftes wat mense aan die begin van hulle
• geestelike reis het, is om te connect. Daar moet ‘n verbondenheid wees met Jesus, EN ‘n verbondenheid met ander wat die pad saam kan loop.
Daarom is kleingroepe en geleenthede waar mense mekaar kan ontmoet en
• leer ken, so belangrik. Want as dié behoefte ontmoet word, groei mense,
skuif hulle van ontdekkers na gelowiges,

Deon Binneman gesels oor Plato’s:  Grootste struikelblokke geestelike groei, gewoon dat groei nie prioriteit is!

Verlede week Deon Loots oor Trampolien faktor – Lewe weggee, belangrikheid van diens & betrokkenheid in geestelike groei.

Vanoggend: momentum faktor – Hoe hierdie geestelike groei volhoubaar voortgaan, impak het.

Reflekteer laaste paar weke – barometer:
Momentum barometer
Dink na oor wat die Here vir jou in die afgelope 7 weke oor geestelike groei gewys het.  Lys tien verhoudings, aktiwiteite, geleenthede of ervarings wat vir jou die meeste beteken het.
1.
2.
3.
4.
5.
6.
7.
8.
9.
10.
Hoe kan jy jou lewe verander om meer tyd te gee aan dié mense, aktiwiteite, geleenthede en ervarings in jou lewe?

Laaste paar weke,
Dinge ons help,
Maniere geskuif,
Vanoggend:  hoe seker maak voortgaan,
Momentum behou?

Beeld swaai:
Aanvanklik harde werk,
Heen-en-weer swaai,
Op stadium neem momentum oor,
Swaai amper vanself,
Gemaklik hoër en hoër.

So dis vraag vanoggend.
As hierdie kwartaal gesê geestelike groei vir ons prioriteit,
Onderneem Jesus volg,
Gewoonte van refleksie woord,
Verhoudings mede-christene,
Betrokke kerk –
Wat impak daarvan?

Dink i.p.v. momentum,
Dalk eerder praat van rimpel-faktor.

Want dis hoe geestelike groei werk –
Soos klip in dam water gooi,
Rimpels uitkring,
Al verder en verder,
Groter…

Wanneer praat van momentum in geestelike groei,
Praat van impak van groei in jou lewe,
Impak wat dit – of jy – op wêreld om jou het,
Van rimpel-effek van geestelike groei.

o    Dit is die eerste een van die twee belangrikste bevindinge van die Willow ondersoek: (Die ander een is: die Bybel is die “vanilla”-faktor in alles!)
§    Christus-gesentreerde mense het ‘n enorme kapasiteit om ‘n groter koninkryk impak te hê

o    Daar is egter ‘n enorme gaping van 50% by dié segment, tussen liefde vir God (80% van die segment se mense) en liefde vir ander (30%), die meetinstrument vir geestelike groei wat Willow gebruik.
o    Die mees volwasse Christus volgelinge ervaar ‘n groter afstand tussen hulle liefde vir God en hulle liefde vir ander as die ander segmente.
§    40% dien nie in ‘n kerk bediening een keer ‘n maand nie.
§    50% dien nie ander “on my own” een keer ‘n maand nie.
§    70% dien nie behoeftiges via die kerk een keer ‘n maand nie.
§    17% van Christus-gesentreerde mense dien nie in enige van dié kapasiteite een keer ‘n maand nie.
§    40% gee nie ‘n dankoffer nie.
§    20% bid nie daagliks vir leiding in hulle lewe nie.
§    50% het minder as 6 geestelike gesprekke met nie-gelowiges per jaar.

Lyk asof klip van geestelike groei soms in dam val,
En dan sonder enige werklike effek afsak na bodem!

Maar geestelike groei kring uit,
Het rimpel effek,
Nie net op jou as mens,
Maar ook op omgewing rondom jou.

Arabiese gesegde:
Die grootste oortreding in die woestyn
Is om water te vind
En dan oor jou fonds te swyg.

Geestelik groei het ‘n rimpel effek.

Dink aan teks vanoggend gelees,
Hele verhaal van Handelinge,
Is verhaal van momentum,
Van rimpel-effek van evangelie,
Wat al verder en verder uitkring.

4  Tog het baie van die mense
 wat hulle prediking gehoor het,
 gelowig geword;
en die getal gelowiges het aangegroei
 tot omtrent vyf duisend.

Al dikwels vertel,
Sosioloog Rodney Stark,
Boek “The Rise of Christianity”,
Vra hoe en hoekom die kerk so vinnig gegroei?

Vir Christenskap om so groot te word in so kort tyd,
Moes dit elke dekade,
Vir 3 eeue lank,
Met 40 % gegroei het!

Hoe gebeur so iets?
Stark som dit as volg op:
Die vroeë volgelinge van Jesus het meer omgegee as die mense rondom hulle.
“They outloved others;
They outserved others.”

Hulle geloof het ‘n werklike rimpel-effek gehad.  

Stark noem aantal voorbeelde:
In 165 n.C. het epidemie (moontlik waterpokkies)  
Soos vuur deur Romeinse Ryk versprei.
Binne 15 jaar het ‘n kwart na een derde van die bevolking gesterf.

Selfde gebeur in 251 n.C., weer epidemie (die keer moontlik masels),
Hele dorpe uitgewis.

Maar anders as die nie-Christene,
Het die Christene die mense om hulle versorg,
Ook die ongelowiges!

Biskop van tyd, Dionisus,
Skryf:
Christene het ongebreidelde liefde en lojaliteit getoon,
Nooit aan self gedink,
Maar eerste aan die ander.
Nie bekommer oor gevaar,
Hulle omgesien na siekes,
Na hul elke behoefte gekyk
En hulle bedien.

Waar die ongelowiges gevlug het,
Siekes weggejaag,
Soms selfs in straat gegooi,
Christene mense versorg,
Soms selfs siek geraak,
Maar sterwende mense versorg,
Sodat gelukkig en met vrede gesterf.

Eeu later het Romeinse keiser Christene optrede bevestig.

Stark:
To cities filled with the homeless and impoverished,
Christianity offered charity
As well as hope.

To cities filled with newcomers and strangers,
Christianity offered an immediate basis for attachments.

To cities filled with orphans and widows,
Christianity provided a new and expanded sense of family.

To cities torn by violent ethnic strife,
Christianity offered a new basis of social solidarity.

And to cities faced with epidemics,
Fires
And earthquakes,
Christianity offered effective nursing services.  

Hele verhaal van Handelinge,
Verhaal van momentum van evangelie,
Van rimpel-effek wat dissipels het op omgewing.  

Wanneer God ons innooi in verhouding met hom,
Wanneer ons ons heelhartig toelê
En geestelike groei,
Dan is God se uitnodiging nie:
Bly stil en luister!  Nie.
God uitnodiging eerder:
Stap saam met my
En dien ander.

God het ons lief,
Sodat ons kan
En ander mense
Kan liefhê.
Here ons God met hele hart,
En naaste soos onsself.  

Geestelike groei het ‘n rimpel effek,
Wanneer ons deel raak van die Gees se lewe in ons lewens,
Draai dit ons om,
Dat ons buite onsself kyk,
En ander dien.  

Om saam met Jesus te wandel,
Vra dat ek ander die fokus van my lewe sal maak.

As ek self die fokus van my verhouding met God is,
Dan natuurlik maklik,
Kan ontspan,
Sekere maak dat aan eie behoeftes voldoen,
Bybel lees,
Omgeegroep my rustig versorg.

Maar werklike geestelike groei
Is nie net na binne
Maar het effek na buite.  

Wanneer ons God volg,
Neem hy ons altyd na ander,
Om ander te gaan dien.  

Ons word nie geroep om soos Moeder Theresa te wees nie.
Ons word geroep om soos Jesus te wees.
Jesus wat ander se voete gewas het.
Wat gasvry was,
Wat sondaars aanvaar en liefgehad het,
Jesus wat sy lewe afgelê het ter wille van sy vyande.  

“‘Jy moet die Here jou God liefhê
met jou hele hart
en met jou hele siel’
en met jou hele verstand.
38  Dit is die grootste
en die eerste gebod.

39  En die tweede,
wat hiermee gelyk staan, is: ‘
Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
40  In hierdie twee gebooie
 is die hele wet
 en die profete saamgevat.”

Ons wil ons heelhartig toelê op die dien van die Here.
Maar ons voete en ons hande moet ook wees waar ons harte is.  

‘n Geseënde lewe,
Volgens Jesus,
Is ‘n lewe van diens,
Gewy daaraan om God se beloftes en sorg
Te deel met dié wat dit die nodigste het.  

Bang,
Sendeling word,
Kan nie getuig,
Weet nie hoe.

Interessant,
13  Die Joodse Raad
was verbaas toe hulle Petrus en Johannes se vrymoedigheid sien,
 want die Raad het geweet
dit is maar ongeleerde
en eenvoudige mense.
Die raadslede het hulle ook herken as volgelinge van Jesus.

In teks – ook res van Handelinge,
Rol van gebed:
Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid
 u woord sal verkondig.

Dink geloof het momentum,
Rimpel-effek,
Hoef nie vreeslik ingewikkeld te wees.
Almal kan sendelinge wees,
Kan evangelie uitdra,
Kan gee wat het.

2 Maniere uitlig:
Gasvryheid.

Gasvryheid natuurlik 2 maniere:
Abraham,
Mense in huis ontvang,
Engele.

Hebr 13:2
2  Moenie nalaat om gasvry te wees nie, want deur gasvry te wees, het sommige mense sonder dat hulle dit geweet het, engele as gaste gehuisves

Gasvryheid natuurlik mense in huis verwelkom,
Versorg.

Mar gasvryheid met meer te doen as jou huis –
Gasvryheid te doen met jou persoon.

Engelse woord “hospitality”
Latyn Hospes – vreemdeling
En potentia, waar ons idee van bemagtiging vandaan kom.

So gasvryheid is om vreemdeling te bemagtig,
Te aanvaar en te respekteer.

Sien dit so mooi in verhaal vanoggend gelees.
Petrus en Johannes tempel,
Bedelaar.

My eerste reaksie bedelaars,
Nie raaksien,
Wegkyk,
Maak asof nie bestaan.
Hoe dikwels regkry om werklik nie raak te sien!

Gasvryheid is om mense raak te sien –
Vir wie hulle is,
Vir waar hulle is.

Mense by jou werk –
Eensaam,
Worstel iets in lewe,
Aggressief….

Raaksien,
Blaamloos aanvaar,
Liefhê,
Dien.

Gasvryheid iemand aanvaar,
Ruimte skep self te wees,
Ruimte skep tot rus te kom,
Ruimte skep genees te word.

Kan verskillende goed vir jou prakties beteken.
Iemand Here nou op jou hart lê?
Hoe gasvryheid bewys teenoor daardie persoon?
Hoe aanvaarding, liefde bewys?
Hoe persoon help om by jou tuis te kom,
So ook by God tuis te kom?

Ons gemeente,
Hawe.
Beteken jy hawe –
Werk, buurt.

Hoe kan jy hawe (gasvry) wees by jou werk,
Vir mense saam wie werk?

Hoe hawe wees in buurt?
Mense nie kerk toe kom,
Geen kerk,
Ander geloof?

Hoe gasvryheid teenoor hulle bewys,
Hawe wees?

Dink net, Kersfees, straatbraai.
Aanvaar, stilstaan, raaksien.

So kring rimpels uit.

Tweede manier,
Gereeld ook in Handelinge sien,
Is gebed.  

Eerstens natuurlik gebed om vrymoedigheid
Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid
 u woord sal verkondig.

Maar een van maniere waarop geloof uitkring,
Is deur gebed vir ander.

Dink soms sê “sal vir jou bid” maklike antwoord,
Uitkoms.

Maar gebed is kosbare ding te doen,
Is werklikheid
Wat reële effek het.

God is werklikheid,
Wanneer ons vir mense bid,
Werk Here in hul lewens.

Deur ons gebede bly die momentum,
Styg die evangelie al hoër en hoër,
Kring die rimpels al verder uit.

As dink Zimbabwe,
Wêreld ekonomiese krisis
Dinge eie land wat bekommer…
Kan iets werklik daaraan doen:
Kan bid!

Wanneer besig Bybel,
Ander gelowiges,
Betrokke kerk…

Kan ook gasvry wees,
Kan ook deur gebede God na wêreld neem.  

Voorbidding  
Here Jesus, hoor ons gebed:
Lied 278 (sit)
·    Wêreld
·    Zimbabwe
·    SA:  Armoede & Vigs
·    SA:  Regering
·    Somerstrand
·    Huise
·    Stilgebed

1 Pet 2:1-2 – Son 26 Okt 08

(Hervormingsondag, Matriek Stuurdiens)

Ons is besig met ‘n reeks oor geestelike groei, getiteld:  “hulle het hulle heelhartig toegelê”.  Vandag se tema fokus spesifiek op Hand 2:42a:  “Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels…”  Daarom is vanoggend se tema: “Die Vanilla Faktor”.
“Vanilla Faktor”

Toetrede Lied 209 (Temalied van reeks)
Votum (Ps 1:1-3)
Seëngroet
Lof 
Lied 471 x2 & Lied 477 (Hervormingsondag)

Kindertyd

Wie van julle kan onthou waaroor Oom Chris verlede week met julle gesels het?  Oor die maak van ‘n geestelike joernaal.  [Wys eie eerste geestelike joernaal]

As ‘n mens hier deurblaai, sien mens ‘n interessante ding:  God praat veral met my deur die Bybel.  Hy praat op baie ander maniere ook, maar verál deur die Bybel.

Onthou julle hoe julle twee weke gelede agter Oom Deon aangeloop het.  Hy het gesê dis hoe ons vir Jesus volg.  Maar hoe weet ons waar en hoe om vir Jesus te volg.  Die Bybel is ons padkaart wat vir ons wys waar om te gaan.

[Laat kinders Hebreeuse Bybel probeer lees.]  Voorheen het mense nie hul eie Bybels gehad wat hulle kon lees en verstaan nie.  Vandag het ons almal Bybels wat ons kan verstaan.  Selfs as jy nog nie kan lees nie, kan jy jou ouers of boetie/sussie vra om hulle elke aand vir jou te lees.
[Wys verskillende tipes Bybels.]

Gebed   Lied 442:1 (sit)
Skriflesing  (Heelhartig toegelê op leer van apostels…)
1 Petrus 2:1-2 & Openbaring 10:9

Preek

Vandag is ‘n spesiale diens:  eerstens is dit Hervormingsondag.  Ons vier vandag veral die Woord en die feit dat ons elkeen dit kan lees.

Maar dit is ook die Matriekstuurdiens.  Die eksamen begin volgende week en ons wil graag vir julle bid.  Ons wil julle spesifiek ook stuur.  Ons weet dat baie julle weggaan,  nou die grootmenslewe ingaan.  Ons weet ook julle gaan nie weg-weg nie.  Maar as ons julle met een laaste boodskap moet stuur, wat sal dit wees?

Daar was ‘n paar jaar gelede ‘n liedjie (wat ek toe ook vir die matrieks gebruik het), waarin die ou gesing het “Wear sunscreen”.  Hy het begin: “If I could offer you only one tip for the future, sunscreen would be it.” Dan gee hy allerhande raad oor verskillende goed, maar sluit steeds af met die raad:  “But trust me on the sunscreen…”

So wat sal die “sunscreen” wees wat ons vir julle wil saam gee vir die lewe?

Die een boodskap waarmee ek julle vandag wil stuur – ons almal wil stuur – is:  lees Bybel.

As ons praat oor geestelike groei, dan is dit die belangrikste ding wat ons kan sê: Lees Bybel!  Soos babatjies smag na melk, moet ons smag na die suiwer geestelike melk – na die woord van die Here.

Die navorsing waarop ons reeks gebaseer, het gewys dat die enigste faktor uit die meer as 50 wat ondersoek is (wat elke keer in top 5 eindig), wat konsekwent bydra tot geestelike groei, is die Bybel.  Dit is die “vanilla faktor” van geestelike groei.

Wat bedoel ons met “vanilla faktor”?  Kom ons doen gou ‘n oefening: Wie hou die meeste van aarbei roomys?  Sjokolade? Vanilla?

Vanilla roomys is blykbaar 2 keer meer gewild as sjokolade, terwyl sjokolade 2 keer meer gewild is as aarbei.  So vanilla het die grootste impak.  As jy wil roomys verkoop,  is vanilla ‘n goeie idee.  Ons wéét vanilla gaan werk.

As ons dan praat oor geestelike groei, oor hoe ons kan aanhou geestelik groei, dan is Bybel die vanilla faktor van geestelike groei.   Dis nie om dowe neute dat Jesus die Woord en die Alfa en die omega – die begin en die einde van die alfabet – genoem word nie.  As jy wil geestelik groei –
lees Bybel.

Barometer (Joernaalblad)
Dink na oor wie of wat in jou lees van die Bybel vir jou die meeste beteken.  Lys tien tekste, ervarings van Bybel.  Watter hiervan het in die laaste 3 maande, 6 maande of jaar gebeur?  Hoe kan jy jou lewe verander sodat dit meer gereeld gebeur?

Die Bybel is die Vanilla Faktor.

Dit was natuurlik deel van die groot waarde van die reformasie:  die Bybel in die hand van elke gelowige.  En tog voel ons dikwels dat ons nie die Bybel verstaan nie, dat ons nie genoeg teologiese agtergrond het om dit te lees nie. 

Maar dit woord werk! Dit ís die Vanilla Faktor.

2 Timoteus 3: 16  Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, 17  sodat die mens wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

Daar is baie verhale wat dit bewys, mense wat self kan getuig dat die Bybel hul lewens verander.  Dink maar aan die Gideons se getuienisse, waar hulle graag sulke stories vertel.

Iemand staan eendag in ‘n kerk op en vertel van die bekeerlinge van sy sendingpoging in Indië.  Die mense het gedink hy maak ‘n grap, want hy was nog nooit in Indië nie.  Toe vertel hy sy storie:  Hy was nog ‘n  seuntjie toe ‘n bekende sendeling in hulle kerk kom preek.  Die sendeling het die mense aangemoedig om betrokke te raak.  Die man het ‘n pennie (dit was in die tyd van engelse pennies) in sy sak gehad – sy sakgeld.  Na die preek loop hy ewe dapper na die sendeling en vra of die sendeling iets met die pennie kan doen.  “Ja”, sê die sendeling.  ‘n Klein NT kos ‘n pennie.
Die seuntjie skryf toe bewerig, maar in sy mooiste handskrif, sy naam voor in die Bybel.  Met dié Bybel is die sendeling toe daar weg.

Baie jare later kom die res van die verhaal van dié Bybel toe weer by die seuntjie uit:  Mense was baie nuuskierig om uit te vind hoe daar ‘n gemeentetjie in ‘n veraf dorpie in Indië ontstaan het waar daar nog nooit ‘n sendeling was nie.  Toe hulle gaan navraag doen, wys ‘n ou man vir hulle ‘n klein Bybeltjie.  Hy het jare gelede baie kilometers geloop om ‘n Bybel te kry en toe gee die sendeling vir hom die Bybel as ‘n geskenk.  “Die Woord van God het ons verander”, sê hy en wys na die verslete Bybel.  Toe hulle voor in die Bybel kyk,  is daar in bewerige blokletters die naam van ‘n Engelse seuntjie geskryf.

Jan van der Watt vertel dat hy ‘n paar jaar gelede ‘n martelare-museum in Suid-Korea besoek het.  Dis ‘n groot monument en museum net buite Seoel.  Blykbaar het die Koreaanse kerk, die vinnigste groeiende kerk in wêreld, uit die bloed van martelare gegroei.  Toe die eerste sendelinge daar aankom,  is die Christene vervolg.  Die verhaal word vertel van een van die eerste sendelinge watt nie baie ver gevorder het nie.  Toe hy van die skip afklim, wag die Koreane vir hom.  Op die strand kap hulle sy kop af.  Een van die teregstellers het die Bybel gevat en, aangesien die papier van hoë kwaliteit was, dit gebruik as plakpapier vir sy huis.  Tot sy slaapkamer en eetkamer plak hy vol bybelbladsye.  Soos die uitdrukking sê, met die sit en met die opstaan, lees hy toe net Bybel.  Deur die lees van die Bybel, kom hy tot bekering en word een van die kragtigste getuies vir die Here in Korea!

Die Bybel is eenvoudig die vanilla faktor!

En die rede waarom dit die vanilla faktor is, is omdat dit ons verander.  Die Bybel is nie net vol inligting wat ons vertel van onsself en van God nie, dit is ook vormend.  In die lees daarvan word ons verander, gevorm tot God se eer.  Soos wat die Bybel vir God openbaar, word ons in hierdie openbaring ingetrek en word ons deel daarvan.  Verander ons.

Eugene Peterson (die skrywer van die “Message” vertaling vand ie Bybel) vertel hoe hy, op 35-jarige ouderdom, weer begin draf het.  Hy het uitgegaan en regte klere en skoene gaan koop.  Hy ontdek dat daar ‘n revolusie in hardloopskoene was sedert hy ‘n student was!  Hy het heerlik begin hardloop en vinnig aan wedlope deelgeneem.  Sy drawwery het vir hom ‘n ritueel geword, ontspanning.  Teen dié tyd was hy al ingeteken op nie minder nie as 3 hardlooptydskrifte!  Hy het ook gereeld boeke oor hardloop by die biblioteek uitgeneem.  Hy het nooit moeg geraak van lees oor draf nie.  Dieet, strekoefeninge, oefenmetodes, beserings versorg, rustende hartritmes, endorfiene, elektrode vervanging – as dit oor draf gegaan het, het hy dit gelees.

Maar hoeveel is daar nou wat jy oor draf kan skryf?  Daar is nie ‘n oneindige hoeveelheid maniere wat jy kan draf nie. Hoofsaaklik gaandit  maar net daaroor om een voet voor ander te sit.  Meeste van die gehalte skryfwerk was ook nie vreeslik briljant nie.  Maar Peterson sê dit het nie saak gemaak dat hy dieselfde ding omtrent 20 keer oor gelees het nie – hy was ‘n drawwer en hy het dit alles gelees!

En toe beseer hy ‘n spier en kon vir paar maande nie draf nie.  Na 2 weke kom hy agter dat hy in daardie tyd nie een keer ‘n draftydskrif oopgemaak het nie!  Hy het nie gelees nie, want hy het nie gedraf nie!  Die oomblik toe hy weer begin draf, het hy weer begin lees.

Die storie kan ons help om ons frustrasies met die Bybel te verstaan.  Die Bybel is die vanilla faktor.  Dit is so.  Maar hoekom beleef ons dit dikwels nié? Hoekom is ons nie so opgewonde oor Bybellees nie, beleef ons God nie deur die woord nie?

Dit kan gebeur, omdat ons die Woord verkeerd lees.

Vandag is Hervormingsondag.  Ons weet dat voor die hervorming,  nie almal mag Bybel gelees het nie.  Die Bybel was net in Latyn beskikbaar.  Hulle het geglo dat gewone mense nie Bybel kán lees nie, dat hulle dit nie sal verstaan nie.  Daar het allerhande bygelowe ontstaan rondom die Bybel. (Baie daavan bestaan vandag nog, selfs onder ons, miskien net in ‘n ander vorm.)  Die Bybel word amper soos ‘n gelukbringer met magiese krag behandel.  As mense deur donker moes stap,  is ‘n sekere Psalm opgesê of ‘n stukkie Bybel om die nek gehang.  Party mense slaap met ‘n deel van die Bybel onder hul kopkussing.  Die Bybel is selfs as medisyne geëet, asof daar krag in die boek self sit, nie in God wat homself deur die boek openbaar of in die Gees wat deur die boek werk nie.

Vir amper 1600 jaar kon mense nie self Bybel lees nie.  Luther en Calvyn-hulle het egter gesê dat die Bybel nie agter dik deure gebêre moet word nie, maar dat elke mens, elke man en vrou, fabriekswerker, kind, dit moet kan lees.  Luther het onmiddellik begin om die Bybel in Duits te vertaal.  Hulle was oortuig dat die Bybel verstaanbaar is vir alle mense,  dat ons nie ‘n pous of professor nodig het om dit uit te lê nie.  Daarom is een van die basisse van die reformasie, die sola Scriptura” – slegs die Woord, die vanilla faktor.

So is die Reformasie natuurlik tot ;n groot mate aangehelp deur die boekdrukkuns.  Dit was ‘n produk van die verligting.  Die modernisme begin groei.  En hier sit mense met die Bybel in hulle hande! Die Woord van God, in jou hand!  Jy kan dit oopmaak, dit bestudeer… dit analiseer.  En wat die Woord van God was, word ‘n objek van studie.  Die sogenaamde Lectio (lees) word Questio (ondersoek).  Die lees van die Bybel uit ‘n liefde vir
en verhouding met God, is al meer vervang met die gebruik van die teks as ‘n bron vir teologiese leerstellings. Die gebed deel van lectio divina is vervang met debat.  

Die Bybel is verdeel in hoofstukke (voor reformasie) en later in Parys opgedeel in verse.  Dit het tot gevolg gehad dat mense die Bybel anders gesien en hanteer het as voorheen. In plaas daarvan om ‘n boek as geheel te lees, kon mense nou makliker fokus op individuele verse om dogmatiese standpunte te beklemtoon, eerder as om deel te raak van die openbaring van God.  

Daar word vertel van die Prins van Grenada, die erfgenaam van die Spaanse kroon, wat gevonnis is en lewenslank in afsondering toegesluit is in Madrid se antieke tronk.  Die aaklige aard van die tronk het bygedra dat dit die bynaam “Plek van Skedel” gekry het.  Almal het geweet dat as jy daar ingaan, kom jy nooit weer lewendig uit nie.

Die prins is een boek gegee saam te neem, om hele tyd te lees… ‘n Bybel.  Met net hierdie een boek om te lees, het hy dit natuurlik honderde, duisende kere gelees.  Die Bybel was sy enigste geselskap.

Na 31 jaar in hierdie tronk, sterf hy. Toe die mense kom om sy sel skoon te maak, vind hulle dat hy notas met sy naels gemaak het in die sagte klip van die sel.  Notas soos:
•    Ps 118:8 is die middelste vers van die Bybel.
•    Esra 7:21 bevat al die letters van alfabet behalwe “J”,
•    Ester 9 vers 8 is die langste vers in die Bybel,
•    Daar is geen woord of naam in die Bybel met meer as ses lettergrepe nie.

Vir 31 jaar kon hy die Bybel bestudeer.  En al wat hy kon vind, was trivia.  Vir al wat ons weet, het hy nooit vir Christus ontmoet nie.  Hy het gewoon ‘n kenner van die Bybel geword, sonder om die God van die Bybel te leer ken.

Willem Nicol gebruik die voorbeeld van ‘n man wat op pad was na ‘n vergadering naby sy kantoor.  Hy stop gou in sy kantoor, lees vinnig sy e-pos.  Daar is onder andere ‘n brief van verloofde.  Hy lees dit vinnig.  sy vra dat hy die naweek kom kuer.  Sy is seker laf, dink hy.  Dis 5 uur ry en hy was verlede naweek daar.  Hy maak die boodskap toe en vertrek na vergadering, net betyds.

Na die vergadering is hy terug op kantoor.  Hy maak tee en lees weer sy verloofde se brief.  ierdie keer rustig. Hy besluit om tog die naweek te gaan.

Kan jy die verskil hoor?   Ons het die Bybel begin gebruik, asof dit ‘n produk tot ons voordeel is.  Die Bybel raak ‘n hulpmiddel vir ons behoeftes.  Kyk wat is die boodskap van Bybel,  sodat ons die hart van ‘n teks kan vasgryp en uittrek, verkieslik in so kort as moontlik soundbites.  Ons gebruik dit, soek antwoorde vir ons vrae, lees op ons voorwaardes, ons agenda.

En natuurlik het die Bybel ook min invloed, omdat ons dit eenvoudig nie lees nie! Ons neem ons eie ervaring as gesag vir die lewe, in plaas van die Woord van die Here.  Dit is die boek wat die meeste verkoop word van alle boeke, maar – het iemand gesê – die minste gelees word.  Iemand het gesê as ons gelyk die stof van al die Bybels in die wêreld af blaas, ons een van die grootste storfstorms van alle tye sal hê!

As die Bybel die Vanilla Faktor in ons geestelike lewe is, dan moet ons dit lees!

Calvyn het gepraat van twee basiese betekenisvlakke van die Bybel:  die gewone betekenis, wat ons bestudeer met historiese agtergrond, grammatika, genres, ens., asook die praktiese betekenis van die teks, die formatiewe en transformatiewe lees daarvan.

So, hoe moet ons die Bybel lees dat dit die Vanilla faktor vir geestelike groei kan wees?

Eers ‘n paar algemene beginsels:

Len Sweet vertel die storie van ‘n dogtertjie, Amanda, wat op 6-jarige ouderdomhaar eerste Bybel by ‘n kerk in Colorado persent gekry het.  Na die tyd, tydens tee, het iemand vir haar geluk gesê en gevra of hulle die Bybel kan sien.  “Goed, maar moenie dit oopmaak nie.” was haar antwoord.  “Nie oopmaak nie?  Hoekom nie?” wou hulle weet.  “Jy gaan God uitlaat,” was haar antwoord.

Dis natuurlik die punt – om die Bybel oop te maak en God uit te laat.

Geestelike lees

‘n Geestelike boek verg geestelike lees – lees wat weet dat die woorde heilig is, dat dit ‘n manier is waarop die verhouding tussen mense en God gevorm word. Dit is oop om God se stem te hoor, om deur hom aangeraak te word, in ‘n verhouding met hom te staan.  Dit erken sy gesag, lees nie op eie voorwaardes nie, is oop om te hoor wat God wil sê.  Dis nie net geïnteresseerd in meer wéét nie, maar in meer wórd.

Dis hier waar Openbaring 10 inkom, waar die engel sê:  eet die boek.  Dis hoe ons die Woord lees – soos ‘n leeu wat ‘n been kou, dit bêre, terugkom.  Dit is om toe te laat dat dit deel raak van jou wese, jou atome, dat dit energie is vir jou reflekse, jou verbeelding vorm.  Smag daarna soos ‘n baba smag na melk.  Om die Woord te eet, is om deelnemend te lees.  Nie net objektief te bestudeer nie, maar die woorde te laat insink, soos ‘n teesakkie wat trek.  Dit is om dit te laat deel word van lewens, dit proe, kou, insluk, verteer.  Rustig, nie soos McDonalds Fast Food nie.  Eerder soos ‘n spesiale ete wat lank gevat het om voor te berei.  Dis kKeurig en spesiaal genoeg dat jy jou tyd neem, elke smaak te geniet.  [Slow Food Movement.]

Onthou dat die Bybel persoon-lik is.  Dis nie net woorde wat ons lees nie, dis God self wat hom openbaar, wat ons inneem in ‘n verhouding met hom.
Ek self, as persoon, is betrokke by die persoon van God. God praat met jou deur die woord.  Daar’s niks onpersoonlik, gewoon funksioneel aan so ‘n lees van die woord nie.  

‘n Paar praktiese voorstelle:

Lectio Divina – Woensdag-aande 18:30
Volgende jaar
Webtuiste (Beskryf verskil tussen manier gewoond te lees en lectio.)

Daar is ook die eenvoudige manier wat deur Coenie Burger ontwikkel is, wat ook op die Joernaalblad gedruk is:

Venster: Woord openbaar God:
•    Wat sê die gedeelte oor God?  Wie is hy of wat doen hy?
•    Wat is die goeie nuus (evangelie) van die gedeelte?
•    Wat skenk God vir ons volgens die gedeelte?

Spieël:  Die Woord Onthul die Mens
•    Watter tipe menslike gedrag word hier onthul?
•    Watter tipiese sondige neigings van die mens word hier onthul?
•    Watter stuk lewe kom hier na vore?

Deur:  Die Woord Eis
•    Wat eis God van die mens?
•    Watter opdrag gee hy aan ons?
•    Watter reaksie verlang hy van ons in antwoord op die Venster en die Spieël?

So: Wear sunscreen.  Maar vertrou my oor die Bybel… Lees die Bybel.

Stil gebed (Dank woord, reformasie, commitment)

Matrieks
Dankoffer
Afk
Lied 255

Seën  
Lied 313

 

Matt 16:21-28 – Son 31 Aug 08

 

Dink aan wat God wil hê

 

Dit gebeur ontstellend maklik.  En dit gebeur as ons dink aan wat mense wil hê en nie aan wat God wil hê nie.  In die taal van die OAV:  die dinge van mense bedink en nie die dinge van God bedink nie.

Jesus help ons hier om te verstaan wanneer en hoekom goed verkeerd loop.  Ons word ‘n probleem en ‘n verleentheid vir die Here,  ‘n struikelblok, wanneer ons nie God se dinge bedink en eerste sy wil soek nie,  maar die dinge van mense bedink en dink wat mense wil hê, wat ons self graag wil hê, en dít najaag.  

Ons almal weet hoe maklik dit kan gebeur.  Ons wil Christene wees, maak erns daarmee, maar dis moeilik om te skei tussen ons wil en God se wil.  Ons het God lief, maar het die wêreld en al sy verleidings ook nog lief.  En soms is dit moeilik om te sien wanneer die dinge van God anders is as die dinge van mense.

Petrus hoor dat Jesus gaan ly. Dit klink nie vir hom reg nie, nie logies nie.  Petrus het beslis nie gedink dat hy praat van wat mense wil hê nie! En tog…  hy het niie gesoek na wat God wil hê nie!

Die dinge waaroor ons dink en droom, waaraan ons ons lewens wy, ons tyd spandeer, waarvoor ons werk en wat ons begeer,  dít wat ons dink moet gebeur, is nie altyd die dinge van God nie, maar dikwels die dinge van mense.  Dit is selfs soms waar van die kerk.  Soms begin ons dink aan die kerk as ‘n klub wat in my behoeftes moet voorsien.  Die kerk word ‘n produk wat ons verbruik, dikwels sonder om eers te vra wat God wil hê.

Augustinus help ons om ons denkfout hier te verstaan:  hy maak ‘n onderskeid tussen “gebruik” en “geniet”.  Hy sê:  Die Here se gedagte was dat ons die dinge van die wêreld sal gebruik om die Here en sy goedheid te geniet.  Ons draai dit om en gebruik die Here en sy goedheid om die dinge van die wêreld te kry en te geniet.

Sien, die pad in navolging van Jesus is ‘n pad waarop die Here ons aanmekaar na dieper vlakke van gehoorsaamheid lei.  Om op die uitkyk te wees hiervoor en leerbaar te wees, is ‘n baie groot deel van dissipelskap.  Kierkegaard het ‘n onderskeid gemaak tussen bewonderaars van Jesus, leerlinge van Jesus en dissipels van Jesus.
Waartoe Jesus ons roep, is dissipelskap – om God se wil te soek,
om Jesus te volg.

Lyding?

Die groot probleem is dat ons verkeerd dink oor lyding.  Dis natuurlik ook Petrus se probleem in hierdie teks:  hy verstaan nie dat die Messias moet ly nie en probeer hard om Jesus te keer.  Uit Jesus se nog heftiger reaksie is dit duidelik dat lyding nie iets is waaroor daar enige opsies sal wees nie.  Lyding is eenvoudig deel van die lewe – en deel van die verlossingsplan.

Onthou, dit gaan hier oor Jesus se lyding.  Dit was nie bloot toevallinge lyding, of omdat Jesus ‘n tragiese held wou wees.  Ons weet dat Jesus se lyding te doen het met mense se lyding en ons verlossing uit die lyding.  Hier, in Jesus se lyding, kan ons die hart van God sien.  Ons God kan nie verbystap by nood, seerkry, ellende en wanhoop nie.  Hy kan nie wegkyk wanneer mense swaarkry nie. Hy moet gaan help – al kos dit hom ook pyn en lyding en die dood.

En dit is wanneer ons hierdie hart van God sien, wat ons ook sien waaroor die lewe gaan.  Ons dink die lewe is veronderstel om gelukkig te wees.  As daar lyding en broosheid en sukkel is, moet ons net uithou,dit sal verby gaan.  Want sien, dink ons, lyding en broosheid is eintlik ‘n fout – daarom wil Petrus nie dat Jesus aan die kruis sterf nie.

Maar die lewe gaan nie oor plesier of prestasies of sukses of geld nie.  Die groot vraag is of ons kan omgee vir mense in nood soos wat Jesus dit gedoen het. As ons dit nie kan doen nie, verstaan ons nie alleen min van die lewe nie, maar ook min van Jesus en van dissipelskap.  Dit is presies ons huiwering  en vrees vir lyding wat maak dat ons soms in die pad van die evangelie kom.

Ons wil ‘n lekker goeie gemaklike lewe hê en is nie lus vir sukkel nie.  Iemand praat van westerlinge se onvermoë om swaar te kry. Vir baie van ons is die vermyding van lyding dié belangrikste motiveerder van ons lewens. Baie van ons dink dat dit ons reg is om nie hoef swaar te kry nie.

Dissipelskap

Maar dan, wanneer Jesus gepraat het oor sy lyding en dít wat God wil hê, praat hy oor die wese van dissipelskap, oor wat dit beteken om hom te volg: As iemand agter my aan wil kom, moet hy homself verloën, sy kruis dra en my volg.  

Dis belangrik om te onthou dat dit nie gaan om selfverloëning en kruis dra as sodanig nie, ssof daar waarde in sig self is, maar om selfverloëning en kruis dra as volgelinge van en ter wille van Jesus.  As Jesus se lyding nie maar blote masochisme was nie, maar te doen het met die lyding van mense, dan is dit ook waar van ons selfverloëning en kruis dra.  Dit gaan nie hier om irrasionele eise aan mense wat bloot ons gehoorsaamheid en offervaardigheid toets nie, maar onder hierdie woorde van Jesus sit altyd die vraag na hoeveel ons omgee vir ander.

Die vraag is nie net of ons Jesus sal navolg nie, maar of ons soos hy sal omgee en help tot op die punt waar ons seerkry en gevra word om ons eie gemak op te gee, om onsself te verloën.  Die selfverloëning waarom dit hier gaan, beteken juis om jou tyd, gemak, middele, talente en gemoedsrus op te offer, diensbaar te maak aan ander in hulle nood.  

Waaroor dit hier gaan, natuurlik, is steeds Jesus. Dissipelskap is die vraag of ons net in Jesus glo en of ons hom volg ook?  Bonheoffer (wat letterlik gesterf het in navolging van Jesus) stel dit ontstellend sterk: “Ons het saamgedrom soos aasvoëls rondom die karkas van goedkoop genade, en daar het ons van die gif gedrink wat die lewe in navolging van Jesus doodgemaak het.”  

Dissipelskap gaan daaroor om te dink wat God wil hê, om hom nommer een in jou lewe te maak, bo jouself en jou eie behoeftes en begeertes en hóm dan te volg.

Frederick Marais vertel van ‘n gedig van Gabriel Setiloane – ‘n teoloog van Zimbabwe:

I am an African

And yet for us it is when he is on the cross
This Jesus of Nazareth, with holed hands and open side,
Like a beast at a sacrifice:
When he is stripped, naked like us,
Browned and sweating water and blood in the heat of the sun,
Yet silent,

That we cannot resist him

Om dan in navolging van Jesus uit te reik na dié in nood.  Dan reik ons uit, doen barmhartigheidwerk, uit ware geloof, in navolging van Christus.  
Nie as angstige soeke na erkenning of roem nie, nie as ‘n manier om ander afhanklik te hou of om die sinvolheid van ons eie bestaan te bevestig nie, nie uit jammerte of selfs uit eie liefde nie, maar uit die liefde van Christus, in navolging van hom.

Lewe!

 

Maar hierdie perikoop eindig nie net met die oproep om jou kruis op te neem en te sterwe nie.  Dit eindig met die belofte van lewe.  Want hierdie oproep tot dissipelskap, selfs tot kruis opneem, is nie ‘n sware las waaroor ons moet moedeloos raak nie.  Dit is deel van die evangelie.  Vers 24 moet altyd saam verse 25-26 gelees word.  Jesus spel die vreemde reëls van die koninkryk uit: Wie sy lewe wil behou, sal dit verloor, maar wie sy lewe om Christus ontwil verloor, sal dit terugkry, sal werklik lewe.  

Wat die Here wil, is nie noodwendig altyd dieselfde as wat mense wil nie.  Lewe in navolging van Christus lyk nie altyd soos ons gedink het die lewe veronderstel was om te lyk nie, maar die lewe in navolging van Christus is werklik, ware LEWE.

Dit laat ‘n mens dink aan die saligsprekinge, waar die aanspraak van die  koninkryk telkens presies die teenoorgestelde is van die waardes waarin die wêreld glo en wat vir mense logies lyk.  Die wil van God is eintlik kontra-intuïtief.  Dis hoe die koninkryk werk!

Deel van die “lewe”, lê in die belofte dat Jesus by ons teenwoordig is.  Dissipelskap beteken om nie alleen te loop, alleen swaar te dra aan ‘n kruis nie. Jesus het reeds die kruis gedra.  Dissipelskap beteken om agter hom aan te loop, so naby aan hom as wat ons kan bly, om sáám met hom te loop.  Dit beteken dat ons kan rus in die wete dat hy ons nie sal stuur na plekke waar hy nie is of nie eerste sal ingaan nie.

As dit beteken dat ons soms deur water of deur vuur of deur dale van doodskaduwee moet gaan, dan kan ons altyd weet – die Here is saam met ons en DIT is lewe.
Amen

Terugvoer Barhmartigheid – Gemeenskapsaksies

(Gebaseer op gedagtes van CW Burger)

Matt 15:21-28 – Son 17 Aug 08

 

Dikwels is dit ook so in ons eie geloofslewe – dat ons na Jesus soek, maar nie vind nie,  nie ‘n antwoord kry nie.    Die soeke na God is dikwels ‘n worsteling.  Daar is nie ‘n vinnige, eenvoudige antwoord of uitkoms nie.  Maar ons leef in ‘n kits-samelewing: pynpille, vliegtuie, 24-uur aflewering.  Ons wil nie wag, sukkel en worstel.  Maar juis in die wag en sukkel en worstel is daar geleentheid, groei ons – groei ons geloof tot hierdie meedoënlose geloof van die Kanaänitiese vrou.  

Iemand skryf van hierdie worsteling met God, dat dit soos ‘n skilpad is: stadig, ‘n mens sien min vordering.  Dan aan einde verander dit in ‘n vierpyl en kom die uitkoms of antwoord vinnig.  Maar wanneer die skilpad-fase vir ons te lank raak, te moeilik en ons nie regtig desperaat soek nie, sommer opgee, dan laat ons die saak waaroor ons bid of worstel dikwels te vroeg gaan en mis ons die vierpyl wanneer die antwoord uiteindelik kom.

In my kantoor is daar ‘n papiertjie waarop staan “Let go and let God.”
Hierdie teks leer my egter anders kyk op daardie leuse. Laat gaan die probleem, moenie daaraan vasklou nie, maar gryp God vas.  Ons los nie heeltemal nie. Los een ding, maar hou desperaat vas aan God.  Relentless.

Geloof is nie net blote intellektuele instemming, weet dat aan God behoort nie.   Die dogtertjie wat vanoggend gedoop is, gaan groot word en weet dat sy gedoop is en daarom deel is van die verbond.  Maar geloof is ‘n desperate uitroep om hulp.

Jode en nie-Jode

Die tweede ding wat hierdie teks leer, is miskien meer uitdagend.

Jesus sê die vrou se geloof is groot.  Dit gebeur net 2 keer in die Bybel,
albei in Matteus en albei kere word dit van heidene (nie-Jode) gesê! (8:10)

En dan is daar natuurlik ook die saak van Jesus se vreemde, vir ons verstaan ongeskikte optrede teenoor die vrou.  Dis nie hoe ons vir Jesus ken, hoe hy geopenbaar is in die res van die skrif nie.  Jesus se woorde strook ook nie met se eie tradisie, soos ons dit vind in die OT, die verbond, Abraham wat ‘n seën sal wees vir die nasies.

Konteks

Kyk gou eers saam my waar vanoggend se teks in Matteus is:  Matt 14 – vermeerdering van brood, 12 mandjies oorbly.  Dan Matt 15 gesprek oor oorgelewerde gebruike, rein / onrein.  Hierna  volg die verhaal van die Kanaänitiese vrou, genesings, nog vermeerdering van brood – 7 mandjies brood bly oor.

Die eerste ding wat dadelik opval:  daar’s duidelik genoeg brood!

Gelykenis opgevoer

So hoe moet ons Jesus se optrede in die teks verstaan?  Jesus se vreemde optrede het my laat terugdink aan (wat vir die dissipels) Jesus se vreemde woorde was – gelykenisse.  Wat Jesus hier doen, is om ‘n gelykenis op te voer.

Hy het nou net vir die dissipels vertel wat maak mens rein en onrein.  Dit was ‘n sleutel gesprek, aangesien die Jode se kultuur ‘n reinheidskultuur was.  Rein / onrein was baie belangrik. Reinheid / onreinheid het natuurlik gegaan oor plek:  elke ding op regte plek, dan is dit rein.  Wanneer iets uit plek is, is dit onrein.  Hierdie gesprek sou vir die dissipels absoluut aardskuddend wees.

En dan maak hierdie vrou haar verskyning.  Sy loop agter hulle aan en roep – sy, ‘n vrou, ‘n nie-Jood.  Hulle moes eintlik glad nie met haar praat of assosieer nie. Die blote assosiasie maak hulle onrein!

Jesus ignoreer haar. Die dissipels raak ongemaklik.  Hierdie gebeure is redelik publiek, almal kan die vrou se geskree hoor.  Wat gaan die mense dink?  Hulle het darem ook ‘n reputasie om in ag te neem.  Daarom vra hulle vir Jesus om haar weg te stuur.  Interessant, Jesus stuur haar nie weg nie!  Hy antwoord bloot deur te bevestig wat die dissipels elk geval dink hulle weet:  dat hy gekom het vir die verlore skape van Israel.  Wat natuurlik des te meer rede is om haar weg te stuur!

Maar die vrou kniel voor Jesus en in plaas daarvan om haar weg te stuur, tree Jesus in gesprek met die vrou!

Kanaäniet

Dis interessant om te sien wat hier gebeur:  Matteus, wat aanvaar word as die mees Joodse evangelie,  noem hierdie vrou ‘n Kanaäniet.  Markus noem haar Siro-Fenisies.  (Onthou jy wie se land Israel ingeneem het na hulle bevry is uit Egipte?)  Kanaäniete word nêrens anders in die NT genoem nie. En vir alle praktiese doeleindes het die Kanaäniete nie eers meer bestaan nie!

Deut 7:  1  “Die Here jou God sal jou bring in die land waarheen jy op pad is en wat jy in besit sal neem. Hy sal baie nasies voor jou uit verdryf:
Hetiete, Girgasiete, Amoriete, Kanaäniete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete. Wanneer die Here jou God hierdie sewe nasies wat groter en sterker is as jy,2  in jou mag oorgee en jy hulle verslaan, moet jy hulle om die lewe bring as banoffer aan die Here jou God. Jy mag hulle nie jammer kry en ‘n verbond met hulle sluit nie. 3  Jy mag nie met hulle ondertrou nie: jou dogter mag jy nie aan een van hulle seuns gee nie en vir jou seun mag jy nie een van hulle dogters as vrou vat nie, 4  want hulle sal jou kinders wegrokkel van die Here af en hulle sal ander gode dien. Dan sal die toorn van die Here teen jou ontvlam en Hy sal jou gou uitdelg.

In verskeie plekke in die OT word hierdie vernietiging dan ook beskryf.

So die term “Kanaänities” is nie geografies, maar word doelbewus gebruik vir die stereotipes wat dit oproep – vyand, onrein.  Dit beskryf hierdie vrou as die ergste soort buitestander, die vyand wat God gesê het uitgewis moet word.  Sy is nie bloot ‘n heiden nie, sy verteenwoordig die mense wat God en Israel se vyande is.

Dis interessant dat Matteus so ‘n effense pre-okkupasie het met nie-Jode, selfs Kanaäniete. Dink maar aan Jesus se stamboom aan die begin van die boek:  daar is vier vroue, drie van hulle nie-Jode, twee van hulle waarskynlik Kanaäniete!  In die hele Matteus is die rol wat nie-Jode speel interessant, bv. die wyse manne uit die ooste.

Jesus het gekom vir almal.

So die hele boek verkondig hierdie verwagting dat Jesus ook gekom het vir die heidene, die nie-Jode.  Maar die dissipels, natuurlik, het nog nie hierdie implikasie van Jesus se Messiasskap besef nie.  Hulle moet dit nog leer:  dat Jesus nie net gekom het vir die verlore skape van Israel nie, maar ook vir die nie-Jode, selfs die Jode se vyande!

In Jesus se interaksie met die Kanaänitiese vrou, word die dissipels hierdie waarheid geleer.  As Jesus net bloot van die begin af gesê het: “jou dogter is gesond”, sou dit waarskynlik nie so ‘n groot indruk op die dissipels gemaak het nie. Maar Jesus se optrede laat dit uitstaan,  maak mens bewus dat hier iets meer aangaan as bloot dit wat op die oppervlak sigbaar is, soos met die gelykenisse.

Hierdie gebeure vind plaas tussen twee vermeerderings van brood.  Geleerdes sê die eerste vermeerdering het ondertone van die Eksodus verhaal, die manna in woestyn.  Die 12 mandjies verteenwoordig die 12 stamme van Israel.  

Kort na die gesprek met die Kanaänitiese vrou, word daar kos gegee vir 4000. Hierdie tweede vermeerdering van brood vind plaas in Galilea, wat in Matt 4:15 beskryf word as “Galilea van die heidene”.  Hierdie keer bly daar 7 mandjies brood oor, wat hierdie keer die heidene verteenwoordig (sien 7 in Deut. 7).

So wat die verhaal van die vrou en die tweede vermeerdering van brood erkondig, is die seën nie net vir die Jode nie, maar vir al die nasies.

Aan die einde van Matteus is dit ‘n Romeinse offisier wat bely dat Jesus die Here is.  En die Evangelie eindig met die opdrag, in Matt 28:19, om na al die nasies te gaan.

Na wie toe gestuur?

Wat hierdie teks dan vandag op ons tafel sit, is nie net geloof nie, maar ook ons eie vooroordele.  Ons is soms net so blind soos die dissipels in hierdie teks, trek ook lyne vir wie genade bedoel is en wie nie; wie welkom is in die tempel en wie nie.

Die dissipels het waarskynlik teenoor die Kanaänitiese vrou gevoel soos wat ons voel oor die bedelaar by die robot wat teen ons motor se venster leun – of by ons voordeur.  Die een wat deur drank en koue verwoes is.  Ons sien nie meer hul nood raak nie, daar is geen barmhartigheid meer teenoor hulle nie – geen genade nie –  ons is net siek en sat vir hulle. “Here, sy is ‘n verleentheid, stuur haar weg.”

Ons almal het vooroordele.  Die vraag is wat maak ons met ons vooroordele.  Gebruik ons dit om mense uit te hou, te dink ons gemeente is net vir sekere mense bedoel?  Of sien ons dit vir wat dit is en laat toe dat Jesus ons leer dat sy genade vir ALMAL bedoel is.  Ook vir die wat anders is as ons. Ook vir ons vyande. Ook – dalk veral? – vir die wat ons ongemaklik maak.  Selfs vir die Nigeriërs in Sentraal, die Moslems in die Midde-Ooste.

Ek dink nie dis toevallig dat ons aan die begin van jaar gereël het dat ons vandag terugvoer kry oor die gemeente se barmhartigheidsbedieninge nie.  Of dat xx hier is nie.  Wanneer ons oorvloed van brood aan tafel by Jesus kry, dan stuur hy ons ook om die brood te gaan deel.  Dit is nie net vir onsself nie, maar ook vir die mense in Midde-Ooste, ook vir die bosslapers, weeskinders,  mense in Kwazakhele of Malabar of waar ook al.

Jesus is altyd besig om grense af te breek, om die mense wat ons wil uit hou, in te nooi.  Dit is ook ons opdrag, om verby onsself te kyk, verby dit wat ons van nature raaksien,  verby die heinings wat ons gebou het, sodat Jes 56 (votum) ook van ons waar sal wees, wanneer die Here sê
Ek sal die nie-Israeliete wat by my volk aansluit om My te dien, om my Naam lief te hê, en om my dienaars te wees, almal wat my sabbatte onderhou en dit nie ontheilig nie, en wat lewe volgens my verbond, 7  na my heilige berg toe bring. Ek sal aan hulle vreugde gee in my huis van gebed, hulle brandoffers, hulle offers op my altaar sal vir My aanneemlik wees, want my tempel sal uitgeroep word tot ‘n huis van gebed vir al die volke. 8  Die Here my God wat die verstrooides van Israel bymekaarmaak, sê: Ek sal nog ander byvoeg by dié wat reeds bymekaargemaak is.

Matt 13:1-9, 18-23 – Son 13 Jul 08

Teks agtergrond

Matteus 13:1-9, 18-23

Hierdie teks is baie bekend – dalk té bekend, met die gevolg dat ons dit nie meer nuut hoor nie. Markus is die oudste evangelie.  Matteus en Lukas gebruik Markus tot ‘n groot mate as bron.
Gevolglik sal dit die moeite loon om te kyk hoe Matteus verskil van
Markus, want die verskille is nie om dowe neute daar nie; Matteus wou
waarskynlik iets spesifiek daarmee sê.

Continue reading

Matt 13:1-9, 18-23 – Son 13 Jul 08

Teks agtergrond

Matteus 13:1-9,
18-23

 

Hierdie teks is baie
bekend – dalk té bekend, met die gevolg dat ons dit nie meer nuut hoor nie. Markus
is die oudste evangelie.  Matteus en
Lukas gebruik Markus tot ‘n groot mate as bron. 
Gevolglik sal dit die moeite loon om te kyk hoe Matteus verskil van
Markus, want die verskille is nie om dowe neute daar nie; Matteus wou
waarskynlik iets spesifiek daarmee sê.

 

Ons moet twee
kontekste in ag neem wanneer ons die teks lees: die plek waar Matteus in teks
plaas en die eerste lesers, die gehoor wat Matteus in gedagte gehad het toe hy geskryf
het.  Die Evangelie is vir ‘n Joodse
gehoor geskryf en fokus dus sterk op Jesus as Messias.  Verder was die lesers Christene in die eerste
eeu, na Jesus sterwe en opstanding.  Waar
hulle gedink het dat die evangelie goed ontvang sal word,  het dit maar te dikwels op onvrugbare grond
geval.  Die eerste eeu se gelowiges het
reeds hul persoonlike deel van verwerping ervaar.  Hul aanvanklike entoesiasme het begin vervaag.  Vir baie het die geloof te veel begin raak,
sodanig dat sommige afvallig geword het.

 

Tweedens, waar
die gelykenis van die saaier geplaas is in die konteks van die boek Matteus.  In hoofstukke 11 & 12 kom die konflik
tussen Jesus en die Jode vir die eerste keer na vore.  Mense wat met Koninkryk gekonfronteer word,  erken of aanvaar dit nie. Die vraag begin nou
ontstaan: Hoe kan mense Jesus hoor, die wonders sien,  en steeds nie glo nie?

 

In verse 10-17
vra die dissipels vir Jesus hoekom in gelykenisse praat.  Interessant, nie wat die gelykenis beteken
nie, maar hoekom Jesus gelykenisse gebruik.

 

Die meeste
geleerdes glo dat verse 18 – 23 waarskynlik nie ‘n interpretasie is wat deur
Jesus gegee is nie, maar later deur die eerste-eeuse kerk.  Veral die allegoriese styl daarvan is tipies
van kerk van daardie tyd.  Dis ook uiters
ongewoon vir mense wat gelykenisse vertel, om dit ook uit te lê.

 

Inleiding

Mense het allerhande
dinge te sê oor wat die oudste beroep in wêreld is.  Maar ek dink die oudste beroep in wêreld, is ‘n
boer – eintlik tuinier.  En God is die
oorspronklike boer, die een wat lewe op hierdie blougroen planeet van ons
geskep het.  Die Een wat uit ‘n klein,
kwansuis lewelose saadjie, lewe laat spruit.

 

God het ‘n tuin
geskape vir Adam en Eva en hulle as tuiniere aangestel. Maar hulle het nie na
die tuin omgesien nie. Gevolglik het daar dorings en onkruid gekom en kan die
mens net met harde werk van die plante eet.

 

Dan kom die
tweede Adam. Hy’s ook ‘n tuinier – ‘n saaier wat sy saad oor die landskap
strooi.   Jesus begin boer op die hardste kleigrond, in
die droogste woestyn, om ‘n nuwe Tuin van Eden te skep, ‘n landskap van
verlossing vir die hele skepping.

 

Konteks

As ons die eerste
deel van Matteus 13 lees,  is dit duidelik
dat die teks nie in die eerste plek oor die saad gaan nie, maar oor die saaier. 

 

Matteus 13 is tussen
2 groepe aktiwiteite van Jesus:  enersyds
gesprekke met teenstanders (Matt 11-12), enersyds wonders en gesprekke met
Fariseërs (Matt 14-17).  In die verloop
van hierdie paar hoofstukke, begin die weerstand teen Jesus toeneem.  Die Fariseërs tree vir die eerste keer in
direkte debat met Jesus (12:1-8).   Julle
begin planne beraam om Jesus dood te maak (12:14).  Ons lees dat Jesaja se belofte vervul is, wat
insluit (12:21):

“En op Hom sal
die nasies [die nie-Jode] hul hoop vestig.” 
Die Fariseërs glo Jesus werk saam met Beëlsebul, Jesus reageer deur te
beweer dat hulle nie goeie vrugte dra nie, omdat hulle slegte bome is.  Hulle is ‘n slegte en afvallige volk wat vir
‘n teken vra.

 

En nou moet ‘n
mens begin wonder: Hoekom glo die mense nie? Wat is hier aan die gang? Is daar
enige manier om hierdie goed te verklaar? 

 

Die antwoord
is:  Ja. 
Die antwoord begin met woorde: “‘n Saaier het eendag gaan saai…”

 

Gelykenisse

Hier lees ons
Jesus se eerste gelykenis.  Ons kan dadelik
regop sit en vra:  Hoekom het Jesus ‘n gelykenis
gebruik?  ‘n Gelykenis is letterlik
raaisel.  Nie ‘n metafoor nie, maar ‘n  raaisel wat ons moet oplos. 

 

Ek lees die week
van ‘n storieboek deur ene Ellis Peters, oor ‘n 12e eeuse speurder genaamd
Broer Cadfael.    In die boek ontstaan daar ‘n hewige geskil
oor die beendere van Heilige Winifred. Twee Benediktynse huise, by Shrewsbury
en Ramsey, sê dat hulle hierdie gesogte beendere het.  Daar word dan uiteindelik besluit om die geskil
op te los met die volgende metode:  elkeen
wat aanspraak maak daarop hulle die ware relik het, stap na die Bybel met hul oë
op die grond, blaai ‘n paar bladsye en wys na ‘n teks. Die verse sal dan ‘n leidraad
gee hoe die geskil besleg moet word.

 

Maar die Bybel
werk nie so nie. Hoewel die Bybel antwoorde gee oor wie ons is en aan wie ons
behoort, gee die Bybel oor die algemeen meer vrae as antwoorde. Veral wanneer
dit by gelykenisse kom.  Jesus se
gelykenisse weier om die antwoord-speletjie te speel.  Hulle veroorsaak eerder vrae by dié wat dit
lees.  Iemand het gesê: die gelykenisse
veroorsaak genoegsame twyfel oor wat dit presies beteken, om die brein aan die
gang te skop.

 

So Jesus se
gelykenisse was nie blote metafore nie, nie stories met ‘n morele lessie nie, maar
ontstellende stories wat die luisteraar se veilige manier van die wêreld sien,
omkrap en onderstebo draai.  Jesus se gelykenisse daag die aannames
waarmee ons gewoonlik leef, uit, bring die ongesiende raamwerk wat ons gewoonlik
gebruik  om die werklikheid te
interpreteer, na vore.

 

Die onmiddellike
vraag ons dan moet vra, as Jesus hier in ‘n gelykenis praat, is watter aannames
in sy luisteraars se manier van dink en lewe Jesus met hierdie gelykenis wou
uitdaag?  Hoe draai dit ons sien van die
werklikheid onderstebo?

 

Oorvloed

In die eerste
plek gee dit vir ons ‘n aangrypende kyk op die saaier.  Hierdie saaier kom
uiters slordig en verkwistend voor.  En
tog, ten spyte van die saad wat verlore gaan, kry die saaier ‘n dertig-,
sestig- en honderdvoudige oes. 

 

Wat goeie nuus
sou wees vir Jesus se oorwegend werkersklas gehoor.  Die oes sal die grondeienaar bevredig, daar
sal saad vir die  volgende seisoen
voorsien word, alle belasting kan betaal word en daar sal genoeg vir die
werkers oor wees om sy familie te voed.  Goeie
nuus, beslis.  By hierdie saaier is daar
oorvloed.  Seën. Lewe. 

 

En as mens dan
vra watter van ons aannames dit omkeer, dan sou ek sê ons aannames rondom effektiwiteit.  Ons gebruik normaalweg taal van produksie en
effektiwiteit, meet ons besluite aan die effektiwiteit daarvan.  Wanneer ons moet besluit wat om te doen, wat die
Here se wil is, probeer ons vooruitkyk wat die beste resultate sal lewer, wat die
effektiefste sal wees.  En dan neem ons besluite
op grond van die effektiwiteit daarvan. 
(Ek praat nou spesifiek i.t.v. ons bediening, roeping, God se wil
gehoorsaam, uitreik na ander).

 

Maar in die
gelykenis is daar baie saad wat gemors word. 
Hoeveel boere sal vandag te werk gaan soos hierdie saaier? Dis eenvoudig
nie effektief nie! Te veel saad word vermors.

 

Hoe daag hierdie
gelykenis ons dan uit wanneer ons dink aan hoe ons getrou is in ons
betrokkenheid by die kerk, ons offergawes, ons evangelisasiewerk, ons
aanbidding?

 

Moet ons
sendelinge ondersteun wat nie x aantal bekeerlinge per y hoeveelheid rand kan
wys nie? Moet ons vir mense kos en ander hulpmiddels gee as hulle dit gaan
mors? Moet ons kinders laat belydenis aflê as ons weet hulle gaan nie gou weer
– indien ooit – in die kerk kom nie? Kan ons van God se genade “mors” op
sondaars?  Hoe stel ons ons begroting as
gemeente op; hoe besluit ons oor ons offergawes as rentekoerse en hoë
lewenskoste druk; hoe beplan ons eredienste; hoe reik ons uit na ons
gemeenskap; hoe dien jy jou gesin, die mense by jou werk?  Hoe hou jy aan om na iemand uit te reik, al
lyk dit asof jou pogings nie wortel skiet nie?

 

Hoe meet ons
effektiwiteit, as soveel saad gemors word en die oes tog uiteindelik só geseënd
is.

 

Mens kan nie
anders as om te dink aan nog ‘n gelykenis van Jesus nie: net hierna in Matteus
13, die gelykenis van die onkruid tussen die koring: “Nee, as julle die onkruid
nou bymekaarmaak, sal julle die koring saam uittrek.  Laat al twee saam groei Tot die oes.”

 

Hierdie saaier
saai die saad oral, in die vrugbare grond én rondom dit. Want die uiteindelike
oes is oorvloedig.

 

Vrugbare grond

Daar gebeur ‘n interessante
ding in die teks, wanneer die gelykenis verklaar word:  die saad is telkens die Woord en die mense wat
dit hoor die grond.  Die woord skiet nie
wortel nie, word weggeneem en dra nie vrug nie. 
Maar die laaste saad word die mense. Die woord ontkiem, dra vrug en
lewer ‘n oes: honderdvoudig, sestigvoudig, dertigvoudig.

 

So as die eerste
deel ons aandag fokus op die wese van die saaier, fokus die tweede deel ons aandag
op die saad.

 

Dis hier waar ons
kan kyk na die verskille tussen Matteus en die Markus-teks.  Matteus lê baie sterk klem op VERSTAAN.  Hy noem dit ses keer in hoofstuk 13, terwyl
dit net een keer in die Markus-weergawe voorkom.  So duidelik is die verstaan vir Matteus belangrik. 
Die woord moet nie net gehoor word nie, maar ook verstaan word.  (Vir Matteus gaan dit natuurlik spesifiek om
die Koninkryk – ek hoop Chris sal volgende week meer daaroor uitbrei.)

 

Iemand het gesê
as ons nie bereid elke dag minstens ‘n kwartier lank “akker” te wees nie, bereid
is om omgeploeg te word en te wag op wat God in die vore wil saai nie, het ons
eintlik reeds die spel verloor.  Die
Woord van God eis ons op.  Daarom is
oordenking van God se woord ‘n sentrale aspek van die gelowige se lewe.  Goeie grond is ‘n lewenshouding wat die Woord
ernstig opneem, daarmee besig is.  Ons
kan net vrugte dra, as ons lewens gewortel
is in die Woord
.

 

Die verskillende
plekke waar die saad val, is ook nie noodwendig verskillende mense nie, maar kan
verskillende akkers binne elkeen van ons wees. 
Sommige aspekte van die woord verstaan ons, terwyl ander sukkel om wortel
te skied. 

 

Vrugte dra

Dis wanneer ons
met die woord besig is, dit hoor en verstaan, wat ons vrugte dra.  Aan ons vrugte word ons geken.   Aan
ons vrugte sal ons weet dat die woord in vrugbare grond geval het.  En deur die vrugte wat ons lewens dra, saai ons self verder die woord, IS ons
die evangelie vir ander.

 

Op ’n lentedag
het
’n
“naweek tuinier” vir ’n vriend uit ’n ander
dorp pakkies saadjies gewys wat hy deur die pos ontvang het.  Die reënboog gekleurde pakkies het groot,
sappige, smaaklike groente van elke soort belowe. “Dit sal verseker my beste
tuin ooit wees!” het die naweek tuinier gespog!

 

Later
die somer het dieselfde vriend weer kom kuier. “Hoe gaan dit met jou tuin?” “Ek
is jammer om te sê, maar dit het nie goed gegaan nie!” antwoord hy. “Dis
’n jammerte”,
simpatiseer hy, “wat is die probleem? 
Swak grond?  Pes?  Droë weer?” Die tuinier het sy kop
geskud.  “Was die saadjies
’n probleem?”
vra die vriend verder.

 

“Ja,
ek dink die saad was die probleem” het die tuinier geantwoord.  “Jy sien, ek het nooit gekom by die punt waar
ek die saadjies kon plant nie!”

 

As ons die saad
vir onsself hou, sal ons nooit ‘n oes lewer nie.  Al val dit soms op die pad of tussen die
onkruid, ss ons dit nie deel nie, sal dit nie groei nie. 

 

Vir Matteus is
die gelowiges diegene wat goeie vrugte dra. Rick Warren skryf in sy
“Doelgerigte Kerk” dat die vrug van ‘n gelowige nóg ‘n gelowige is.   As ons
Jesus se groot opdrag in ag neem, dan is die vrug wat ons moet dra, nie net
liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid
en selfbeheersing nie.  Dan is die vrug
wat ons dra, nóg gelowiges, die uitbreiding van die oes deur die bekering van
nie-gelowiges. 

 

God verwag van
die kerk om te groei – nie net met die geboorte van babatjies nie. Hy verwag
van ons om vrug te dra, oes te lewer.  Kol
1: 6 sê dat die evangelie oor die hele wêreld vrug voortbring en verder
versprei. 

 

Hoekom Here ons
gemeente hier, nou, in Somerstrand geplaas? Waar moet ons oral saai?

Is ons net ‘n
hawe vir onsself, of is ons ‘n hawe wat mense innooi, wat saad oorvloedig saai,
oral waar ons kom, sodat ons vrugte kan dra, ‘n oes oplewer?

 

Hoekom het die
Here jou in jou gesin geplaas?  In jou
werk?

 

Die vraag is: Dra
ons vrugte? Of dalk eerder: Is ons besig om saad te saai?

 

Natuurlik is dit
God wat laat groei.

 

As ons die woord
hoor en verstaan, dan dra ons vrug. Ons elkeen se roeping is om uit te gaan  en saad te saai, oorvloedig.  En dan kan ons kyk hoe God laat groei. God is
verantwoordelik vir die oes. Dit is hy wat die saak laat lewe, laat wortel
skiet en laat vrug dra.  Ons taak is om
aan te hou plant, aan te hou saai. Ons taak is om steeds te bly glo in die
groen hoop van lewe, dat daar lewe is in elke saadjie wat ons saai, elke keer
wat ons die goeie nuus van Christus se liefde en genade uitleef. 

 

Een van mense wat,
as deel van die Biddend Luister span, weekliks vir die gemeente bid en God wil
soek, skryf n.a.v. hierdie teks:  “My
gebed is  dat God ons sensitief sal maak
van hoe betrokke Hy werklik in ons lewens is en hoe baie kanse ons per dag het
om ‘n groot oes op te lewer. Baie saadjies is dinge waaraan ons fisies niks kan
doen nie en vra bloot ‘n gebed om vrugte te dra. Mag ons op hierdie manier die
hele dag in kontak met God en van sy teenwoordigheid bewus bly.”

 

Dis hoekom die
Here ons gered het, hoekom die saad by ons geland het, hoekom ons aan die kerk
behoort, hoekom ons dankoffer gee, hoekom die Here ons hier geplaas het:  sodat ons kan vrugte dra, sodat die oes
dertigvoudig, sestigvoudig, honderdvoudig kan wees.

 

Antwoord met ons lewe – besluit op gepaste reaksie op
wat God vir ons gesê het: