Jesaja 11 – Advent 2
In advent kyk ons na die toekoms en die veerlede, om sodoende die hede te verstaan.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Jesaja 11 – Advent 2
In advent kyk ons na die toekoms en die veerlede, om sodoende die hede te verstaan.
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Herbou die Muur – Maleagi
Gestel twee mense trou. Hulle het ‘n pragtige droom-troue: die rok, die blomme, die onthaal, alles. Wanneer hulle gereed maak om te vertrek op hul wittebrood, gee die bruidegom vir die bruid ‘n vliegtuigkaartjie en sê: “Hier. ‘n Kaartjie na Mauritius. Geniet dit.” Jy kan jou indink hoe die huwelik vorentoe gaan verloop…
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Die Terugkeer Huis Toe – Esra, Haggai, Sagaria
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Elia word weggevoer – 2 Konings 2
Wanneer Elia weggevoer word, verskyn daar ‘n vuurwa met perde van vuur en Elisa beskryf Elia as Israel se “strydwa met sy ruiters”. Hoekom word die beeld van ‘n strydwa met God en sy werk verbind? En wat is die storie met die mantel?
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Nabot se wingerd – 1 Konings 21
Meeste van ons, veral hier in SA, verstaan van grond: van die waarde van grond, die emosie rondom grond. Ons is ook goed bekend met konflik rondom grond, met onreg rondom grond. Ons geskiedenis is deurspek met die stryd om grond, met stories oor grond wat onregmatig afgeneem is. Vandag is ons bekommerd oor die her-verdeling van grond… Op die oog af lyk dit asof dít is waaroor Nabot se storie gaan: grond
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on die profeet
elizabeth meen dat elia by krit
dikwels met sy gesig tussen sy bene gesit
en wag gewonder het of dit wat hy manhaftig
geprofeteer het sou gebeur
here moet ek van die voëls wat u onrein verklaar
kos kry die water wat vrot
die laaste holtes ingeplof het, drink
laat my sién wat ek gesê het
die reën ruik
die gras sien spruit
u doen tog niks voor u profete weet
maar die dae kom nie meer in díe vallei
en die water is ‘n skeppie dooie gras en klei;
maar sê sy,
toe hy eers weer aanskuif tot teen God se sy
het hy gehoor en wéét…
bly dus, gee elizabeth weer raad,
‘n rukkie langer in jou vereenkanting
en wag totdat jy hóór
om dan soos elia sonder groot lawaai
met God se vuur die water van die altaar op te lek,
die weduwee van sidon
of brits of waar ook al
se seun terug uit die dode in die lewe in te lei,
of dít my liewe mens wat jy begeer:
soos ‘n gaselle die hoogtes af
die wind te sny
deur Rosa Smit
uit “Krone van die Narsing” (Tafelberg, 1986)
We use cookies and similar technologies to improve your experience on our website. Read our Privacy Policy.