Skip to main content

Jesaja 11 – Advent 2

In advent kyk ons na die toekoms en die veerlede, om sodoende die hede te verstaan.  

Skrywe AS:
• Versoek gemeentelede om deel te neem aan die amptelike routyd deur vir die week tot volgende Sondag met hulle motors se hoofligte aan te ry.
• Ekumeniese roudienste op plaaslike vlak: Woensdag 11 Desember 2013 – hou media dop
• Staatsbegrafnis 15 Desember 2013: Mnr Mandela se staatsbegrafnis is op Sondag 15 Desember 2013 in Qunu. Die Metodiste Kerk, waarvan hy ‘n lidmaat is, neem leiding mbt die godsdienstige deel daarvan. Hulle neem ook leiding mbt die pastorale versorging van die familie.
Bring in herinnering die waardes waarvoor Nelson Mandela gestaan het en wat ook eie is aan ons geloofstradisie:
versoening, vrede, geregtigheid, menswaardigheid, respek.
Was vir ons ’n voorbeeld vergifnis en nuut begin.
Oomblikke stilte,
Reflekteer sy impak,
Dink familie,
Bid vir land en haar mense.

Stilte

Votum
(N.a.v. VONKK 166 Jesaja Het Lank T’rug)
Jesaja het lank t’rug
profeties gesien
wat God vir sy kinders wil hê.
In plaas van die onreg
en haat
en geweld
sal die wolf by die lammers kom lê

Maar steeds sien ons
onreg
en haat
en geweld
waar mense selfsugtig bly leef.
En nes in die tyd van Jesaja van ouds
word die wil van die Here vergeet.

O Here,
voltooi nou die werk reeds begin;
bring u wil volkome tot stand.
Laat wysheid en reg in ons harte regeer,
laat u vrede ook kom in ons land – ons bid:
Laat u vrede ook kom in ons land.

Seëngroet
Wees gegroet in die Naam van Jesus Christus,
Die Een wat van die oertyd af voorspel is.
Die Een na wie verlang is.
Die Een wat mens geword het,
wat lyf geword het,
wat niks geword het
ten einde alles te word.
Die Een op wie ons hoop.
Die Een wat sal terugkeer.

Lofsang
Vonkk 256 : 1-4 Vol van vreugde wil ons jubel (staan)

Gebed
Skriflesing vandag: Jesaja 11:1-10,
Lied 323 Uit droë hout spruit lewe = beryming. Sing as deel van gebed.

Gebed

Here, ons erken en bely U hier teenwoordig.
Ons gebed ook nou,
In afwagting Christus kom
Nie net toekoms,
Ook vanoggend in ons saamwees,
Gees van God
Gee ons wysheid,
Insig,
Maak bekwaam leer.

Skriflesing

Jesaja 11:1-10

Preek
Jan van Tonder
vertel in sy boek “Roepman”
van ’n 13-jarige seun
genaamd Timus.

Outjie wat baie dinge raaksien –
Iemand met stories om te vertel.
Sien wêreld waarin grootword,
Pyn, ellende,
Sien hoe mense mekaar seermaak,
Gebrokenheid.

Sien ook vir Joon,
Roepman.

Hierdie roepman, Joon,
Verskyn telkemale tot Timus en ander mense se redding.

As roepman, werk treinwerkers betyds vir hul werk wakker maak.
Maar Joon ook instrument van wonderwerke.
Vasgevalde situasies breek oop wanneer Joon opdaag.

Joon is skeel.
Moet boontoe kyk om vorentoe te kyk.
Sy ma, Rosie,
Loop altyd en klippe optel.

Makkie, Timus se ouma,
Vertel dat sy weet hoekom Joon se ma klippe optel:
: “… sy glo haar seun is ‘n geroepene
wat vir die mense om hom wys
hoe ‘n kind van God moet lewe.
Hy roep hulle met sy voorbeeld
agter hom aan na die Here toe.
En oor hy moet opkyk
om te weet wat die Here wil hê,
kan hy nie altyd die klippe sien
wat hom laat struikel nie,
dis hoekom sy hulle optel.”
“Dan tel sy die klippe mos eintlik vir die Here op, hè, ouma?” vra Timus.
“Vir die Here, Timus-kind.
Ek sê vir jou,
Joon sal gelyk het soos hy lyk
al was hy nie skeel nie;
hy sal bly opkyk het.”

Joon is nie net spoorwegwerkers se roepman nie.
Joon is ook die Here se roepman
wat die mense wakker maak
om God se teenwoordigheid raak te sien.
Aangesien hy boontoe kyk,
kan hy ook die mense in God se rigting roep.

Boek vertel dat wêreld
– hoe hard en ongenaakbaar ook al
– deurspek is van meer as die alledaagse.
En by Joon leer ons
ons moet boontoe kyk om vorentoe te kyk.
Jy moet wat voor jou is,
sien in die lig van boontoe-kyk.
Jy sien nie dinge soos dit werklik is,
voordat jy nie boontoe gekyk het nie.

Roepman Jesaja
Jesaja so roepman –
Wat boontoe kyk
Om te sien wat voor hom is.

Sy boodskap,
In baie, baie moeilike tyd
Is dat God sorg
En dat die volk hom moet vertrou,
Dat hulle nie ander planne hoef te maak nie.

God gaan nuut begin met volk Juda.
Takkie uit stom van Isai.
Isai Dawid pa.
Gewoonlik Bybel praat uitsien nuwe messias, koning –
van iemand uit geslag van Dawid.
Hier: nie tweede Dawid.
NUWE Dawid.

Volk voel soos bome afgekap is.
Lê verdroog.

Maar God gee hoop in belofte van nuwe leier –
Een toegerus deur Gees,
Een wat geregtigheid bring vir almal in samelewing.

Vrede bring so omvattend,
Nie net mense,
Ganse skepping herstel
Na God aanvanklike pragstuk.

Hoe laat is dit?
Iemand vra:
Wat verskil konsultant, prokureur en dominee?

Konsultant leen jou horlosie
Vertel vir jou hoe laat dit is.

Prokureur leen jou horlosie,
Vertel vir jou hoe laat dit is,
Hou jou horlosie.

Dominee begin deur vir jou te vertel hoe laat dit is,
En dan te sê jy moet jou horlosie stel.

Vriende,
Is my werk vir julle te sê hoe laat dit is.

Dominees kyk hoe laat dit is,
Deur te kyk na die toekoms en die verlede
En dan te onderskei waar ons nou is
In verhouding tot die toekoms en verlede.

Baie van moeilikheid in wêreld vandag,
Is omdat mense aandring om in verlede te leef.
Of, aan ander kant,
Omdat mense dink ons leef in toekoms.

Maar ons leef vandag,
Hier –
2013,
SA.
Word geroep NOU, HIER te leef,
In regte verhouding
Verlede en toekoms.
Klink erg abstrak.
Kom ons maak dit gou erg konkreet,
En eintlik sommer ook beeldskoon:

Kyk na die toekoms
Hier is hoe Jesaja sê die toekoms gaan lyk:
6Wolwe en skape sal dan saam bly,
luiperds sal tussen bokkies lê,
kalwers, leeus en voerbeeste
sal bymekaar wees
en klein seuntjies sal vir almal sorg.
7Koeie en bere sal saam wei,
hulle kleintjies sal bymekaar lê,
leeus sal gras eet soos beeste.
8Babatjies sal by die gate van adders speel,
klein kindertjies sal hulle hande
uitsteek na giftige slange.
9Op my heilige berg
sal niemand kwaad aanrig
of iets verniel nie,
want die aarde sal so vol wees
van die kennis van die Here
soos die see vol water is.

Dis toekoms vir ons belowe word.
Is waarheen ons op pad is –
Vooruit kyk waarmee ons vandag leef.

Fout wat ons dikwels maak,
Dalk te dink dat te vêr in toekoms is.
Nie eers sigbaar op horison.

Stel jou gou ’n pragtige silwerbeker voor –
Soos dit op ’n rak staan,
’n regte kunswerk met pragtige griffering.

En dan dink jy aan daardie selfde beker,
Maar hierdie slag vol van die lekkerste rooiwyn wat jy jou kan voorstel.

En vat dan daardie selfde beker
Met daardie selfde wyn
En sien dit op die Nagmaalstafel.

Die wyn verander van lekker drankie,
Na die sakrament van die lewensbloed van Jesus.

Die silwerbeker is steeds pragtig,
Maar dit is nou vol van iets
Wat dit verander.
Dit is nie meer net ’n beker nie –
Dit is ’n houer vir ’n boodskap,
Iets meer as wat dit was toe dit net op die rak gestaan het.

Dit is meer as wat dit was,
Maar nog steed presies wat dit was.

Op presies dieselfde manier,
Sê Jesaja,
Is hierdie wêreld soos ’n silwerbeker,
Bestem om gevil te word,
Tot oorlopens toe,
Met die kennis van die Here,
Soos die waters van die see,
Wat elke baai en hawe tydens die hoogste springgety
Oorspoel.
Dit is die belofte –
Dis die toekoms waarna ons kyk.

Kyk na die verlede
Maar ons kyk na die toekoms,
Vanuit die verlede.

Deur eeue –
In NT al –
Lees Christene hierdie teks in Jesaja
As dat gaan oor Jesus –
HY is takkie uit stomp van Issai,
HY is een toegerus deur Gees,
Een wat vrede bring,
Regspreek,
Geregtigheid bring.

In Jesus word God koningskap werklikheid.
Jesus is Koning.
Hy regeer.
Hy is gevul met die Gees,
En deur hom
Word ons verhouding met God,
Met mekaar
En met die wêreld
Nuut gemaak.

Ons kan na die toekoms kyk –
En dit helder sien,
Omdat dit deur Jesus se koms in die verlede
Reeds deurbreek het,
Reeds begin kom het.

Die wyn is al in die beker,
Dit is alreeds iets anders as net dit wat dit aan die begin was.

In Jesus het God begin om dinge reg te maak.
En dit is die versekering van die toekoms –
Die verlede wat ons in Advent en Kersfees vier.

Ons is nie papbroeke wat in die donker fluit
Of in die gang afloop en vol bravade sing “ek’s ’n dapper muis” nie.
Ons is nie besig om ’n kar reg te maak
wat eintlik op pad is om geskrap te word nie.

God het, op die kragtigste moontlike manier,
In Jesus van Nasaret,
Die takkie uit die stomp van Isai,
Die Een op wie die Gees rus,
Daardie nag in Betlehem,
Begin om die belofte van die toekoms
Nou al realiteit te maak.

So daar is die toekoms,
En daar is die verlede.

Hoe laat is dit nou?
Maar laat ek dan nou vir julle vertel hoe laat dit nou is:
Omdat ons soos die roepman opkyk om vorentoe te kyk,
Is die nou reeds ’n tyd van vrede en hoop.

Wanneer ons vorentoe kyk,
Is ons geneig om die toekoms oor die horison te stoot,
Na so ’n verre toekoms,
Dat dit anderkant geskiedenis soos ons dit nou ken, sal wees.

Maar wat daarvan dat ons anders anders daarna kyk?
Nie as ’n toekoms anderkant die geskiedenis nie,
Maar as ’n rigting binne die geskiedenis,
Die kaart wat ons lei –
Na die regte bestemming.

As ons boontoe kyk om vorentoe te kyk,
Dan sien ons die toekoms in die hede ontvou.

Dan kan ons Jesaja lees
As die poësie wat dit is.
Dan kan wolwe en lammers
Linkses en regses
Of konserwatiewes en liberales
(of watter etiket jy ook al wil gebruik)
Wees
Wat in pragtige harmonie saam sing.

En dan is die toekoms nie om met slange te speel
Of groter pensioene nie,
Maar eerder ’n tyd van diep,
Diep veiligheid vir kwesbare, brose mense.

Christus se koms in die verlede,
Het reeds die beker van die hede,
Die skepping
Kom vul met sy teenwoordigheid.

Daarom kan ons al die eerste tekens van hoogwater begin sien,
Kan ons al hier en daar die stroompies van die toekoms
in die hede sien invloei.

Ek vermoed dis hoekom Mandela vir soveel mense so inspirasie is –
Omdat mens in sy lewe iets kan sien van ’n totale doodloopstraat,
Geen toekoms,
Maar uiteindelik verandering
En nuwe lewe.

As ons uit die verlede,
In die weerkaatsing van die toekoms
Na die hede kyk,
Dan deurbreek God se vrede ook nou, hier.

Dan is daar spatsels van die toekoms tussen ons –
Plekke van vrede waar daar onvrede was
Van geregtigheid waar daar ongeregtigheid was
Van genesing waar daar siekte was
Van herstel waar daar gebrokenheid was.

En wanneer ons dit kan sien,
Kan sien hoe die toekoms reeds stuk-stuk in die hede deurbreek,
Dan het ons ook oop vir die hede.

Dan kan ons aanhou werk vir geregtigheid
Waar daar steeds onreg is.
Kan ons bly bid vir vrede
Waar daar nog onvrede is.
Kan ons bly streef na herstel
Waar daar nog gebrokenheid is.

Daar is baie mense wie se lewens lyk soos ’n bos afgekapte,
Verdorde stompe.
Maar God begin weer nuut,
Ook in daardie mense se lewens.
Daar is altyd ’n takkie van hoop,
Omdat God teenwoordig is,
Nie net in die verlede en die toekoms nie,
Maar ook in die hede.
En dan kan ek eenvoudig nie die versoeking weerstaan om te vra:
Wolf wolf, hoe laat is dit? Nie
En te antwoord: dis nie tyd vir weghardloop nie.
Dis tyd vir vrede en hoop en vertroue.

Gebed

Dankoffers

Slotlied
Lied 343 Loof die God van ons verlange (staan)

Seën
Lees dele uit vanoggend teks – ontvang as belofte en seën,
Reageer Lied 178 – Dona nobis pacem –
Ons gebed Advent,
Gebed waarmee diens afsluit,
Hier weggaan:
Here, gee ons vrede.

Respons
Lied 178 Dona nobis pacem
Maranata! Kom, Here Jesus!
Amen.

 

Jesaja, preke, rethie

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.