Die Groot Opdrag – Matteus 28:16-20
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Die Groot Opdrag – Matteus 28:16-20
Jesus stuur sy dissipels – al sy dissipels – om dissipels te maak.
Maar hoe doen ons dit? En na wie stuur die Here ons? Waar is die grens?
Herstel van gesig vir blindes – Pinkster Luk 4
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Pinkster 2014, Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Herstel van gesig vir blindes – Pinkster Luk 4
Die neuroloog Oliver Sacks vertel in ‘n essay getiteld “To see or not to see” van Virgil, ‘n man wat blind was van sy kinderdae af, maar op 50 ‘n operasie ondergaan wat sy sig herstel het. Behalwe, soos Virgil en Dr. Sacks uitvind, die fisieke vermoë van sig is nie dieselfde as om te sien nie. Virgil se eerste ervarings met sig is verwarrend. Hy kan kleure en bewegings uitmaak, maar kan nie ‘n verstaanbare prentjie vorm van wat hy sien nie. Sy brein kan nie vir hom sê wat hy sien nie. Oor tyd leer hy onderskei tussen verskillende objekte, maar sy gewoontes, sy gedrag, bly dié van ‘n blinde.
Handelinge 17: Paulus getuig in Atene
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Handelinge 17: Paulus getuig in Atene
Dit was Pascal wat gesê het:
Daar is God-vormige vakuum in elke mens se hart wat nie deur enige geskape ding gevul kan word nie, maar net deur God, die Skepper, soos ons hom leer ken in Jesus Christus.
Paulus sê:
27God het hulle gemaak om Hom te soek, al sou hulle ook moes rondtas om Hom te vind.
In die soeke na God word ons herinner: ons kán God ken. God wil geken word.
Boontjie kry sy loontjie – Matt 7
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Preke, Rethie van Niekerk. No Comments on Boontjie kry sy loontjie – Matt 7
Aan die einde van die Bergpredikasie maak Jesus dit duidelik dat sy luisteraars voor ‘n keuse staan. Om gehoorsaam te wees aan Jesus, is egter nie iets wat van buite af op ‘n mens afgedwing kan word nie…
Bekendstelling van Nuwe Wyn – Matt 26:26-30
Written by Marlein van Deemter on . Posted in Rethie van Niekerk. No Comments on Bekendstelling van Nuwe Wyn – Matt 26:26-30
Die Nagmaal herinner ons dat Jesus gewone goed heilig maak. Enige situasie kan deur God gebruik word. Enige plek kan ‘n geleentheid wees om God te ontmoet.
