Skip to main content

Bekendstelling van Nuwe Wyn – Matt 26:26-30

Die Nagmaal herinner ons dat Jesus gewone goed heilig maak.  Enige situasie kan deur God gebruik word.  Enige plek kan ‘n geleentheid wees om God te ontmoet.

Toetrede
Flam 2 Met ons lewens wil ons u eer            
Votum

Jesus sê:

Ek is die brood wat lewe gee.

Wie na My toe kom,

sal nooit weer honger kry nie,

en wie in My glo,

sal nooit weer dors kry nie.

Seëngroet

Mag jy dan vandag –

en elke dag –

verras word deur God se voorsiening,

deur die genade en vrede

wat Jesus vir jou gee.

Lofsang

Ps. 23 Spies (staan)

Lied 548 Ek weet Jesus lewe (sit)

Dankoffer

Vonkk 212 Hoe diep is sy lyding daar aan die kruis (Koor en Ensemble)

Gebed
Skriflesing

Matteus 26:26-30

 

Storie vertel –

eintlik Kersfees-storie,

maar mens kan enige storie enige tyd vertel.

Kersfees Trol deur Eugene Peterson

(message vertaling Bybel)

 

Was Oukersaand en Andrew was kwaad –

woedend.

 

Sy sussie se hand gegryp en vinnig begin woud toe stap.

Woud was donker en gevaarlik

en Andrew is verbied om alleen soontoe te gaan.

 

Maar sy sussie Lindie was mos nou by hom.

So hy was nie regtig alleen nie.

 

en Lindie het hom graag gevolg

want hy was amper ’n grootmens –

hy was amper 6.

 

Andrew se lamp het net genoeg lig gemaak

om die paadjie tussen die bome te sien.

 

Hulle gesin het sommige Saterdae deur die woud kom stap,

maar Andrew was nog nooit in die donker in die woud nie.

 

En hy kon nie lekker sien of die donker skaduwees

bome

of klippe

of leeus

of trolle

is nie.

 

Maar hy was kwaad,

so hy het aanhou stap.

 

Hy was in elke geval nie so lekker seker oor die trolle nie.

Sy vriend Johan het vertel dat daar trolle in die woud woon,

maar Johan jok nogal baie.

 

Johan het gesê trolle is lelik,

met tone voor en agter aan hulle voete

en gesigte wat sommerso snaaks aanmekaar geflans is.

 

Maar Andrew het regtig

amper heeltemal

nie vir Johan geglo nie.

 

En in elke geval,

hy was te kwaad om oor trolle bekommerd te wees.

 

Al wat hy wou doen,

was om solank ’n Kersgeskenk oop te maak,

maar sy ma wou hom nie toelaat nie.

 

Hy het eintlik al amper al sy geskenke oopgemaak.

Hy het weke gelede al begin soebat

en sy ouers het elke af en toe ingegee.

En al wat hy nou wou doen,

was om nog ’n geskenk oop te maak.

Net een.

 

Maar toe kry hy raas

en word kamer toe gestuur.

 

Want,

het sy pa gesê,

geskenke is om te gee

en te ontvang,

nie om te gryp nie.

 

Andrew en Lindie was nou al diep in die woud.

die bome was groter as enige iets wat hulle al ooit gesien het.

 

Dalk moet ons bietjie rus?

het hy vir sy sussie gesê.

 

Hulle het ’n stomp gesien wat net die regte grootte is

en heerlik neergesak op die sagte mos wat op die stomp gegroei het.

 

Maar skielik was daar ’n sagte dreuning

en ’n stem wat onder hulle vra:

Wiiieeee ssssit om my maaaag?

 

Andrew was nog nooit so bang nie!

Hulle het op ’n trol gesit!

 

Hy het vir sy lewe gehardloop.

En skoon vergeet van sy sussie.

 

Hy het geval oor ’n boomwortel

en sy kop teen ’n stomp gestamp.

 

en toe onthou hy van Lindie.

Wat sou die trol met haar doen?

 

Johan het gesê trolle hou kinders as troeteldiere aan

as hulle hul kan vang.

 

Maar Andrew was te bang om terug te gaan.

 

Na ’n rukkie wat soos ’n ewigheid gevoel het,

hoor Andrew sy sussie se stem wat hom roep:

Drew… Drew… alles is reg.

Die trol is lelik,

maar vriendelik.

Andrew het versigtig terug gekruip.

 

Hy het om ’n boomstam geloer

en gesien hoe sy sussie op die trol se maag spring

terwyl die trol saggies giggel.

 

Voor hy hom kon kry,

het hy saam met sy sussie op die trol se maag gespeel.

 

Skielik het Andrew ophou spring.

Sy sussie het ophou spring.

 

Andrew het onthou dat hy kwaad is.

 

Maar nou het hy gevoel

soos wat hy wou voel toe hy die geskenk oopmaak:

verras en wonderlik!

 

Hy het nou net sy eerste trol ontmoet

en dit was ’n wonderlike verrassing!

 

En toe besef Andrew

dat die trol ’n geskenk was.

 

Hy het nie ’n geskenk verwag nie

en hy het nie ’n geskenk verdien nie,

en tog het hy een gekry!

 

So nou wou hy die trol vir Johan gaan wys.

 

Hy wou hê almal moet weet

dat ’n geskenk –

’n regte geskenk –

nie iets is wat jy in papier kan toedraai

en onder ’n boom sit nie.

 

Maar die trol wou nie saam met hulle huis toe gaan nie.

 

Asseblief Mnr. Trol,

het Andrew gesoebat.

 

As jy net sal verstaan hoe belangrik dit is.

My pa sê Kersfees is die tyd om te onthou

dat God vir ons geskenke gee.

Dis wat God doen –

hy gee geskenke.

Geskenke oral,

geskenke hier,

geskenke daar,

geskenke van bo

geskenke van onder

geskenke wat ons kan sien

geskenke wat ons nie kan sien nie,

baie, baie geskenke.

 

En die beste geskenke

is dié wat nie eers soos geskenke lyk nie.

 

Maar maak nie saak hoeveel hulle soebat nie,

die trol het net geweier.

 

Uiteindelik moes Andrew en Lindie maar moed opgee

en teruggaan huis toe.

 

Toe hulle by die voordeur instap,

was hul ouers nog besig om die kombuis skoon te maak.

Hulle het nie eers agtergekom Andrew en Lindie is weg nie!

 

Later die aand het hulle ma vir hulle vertel

dat die beste geskenke

nie dié is wat toegedraai onder die boom lê nie.

 

Daarom is dit slim

om jou lewe in afwagting te leef –

om wakker te wees,

bedag op God se verrassings.

 

En Andrew en Lindie

het presies geweet waarvan hulle ma praat!

 

Ons moet wakker wees

vir God se verrassings elke dag.

 

Gaan toets of julle wakker is-

gaan elke af en toe sê

Ons moet wakker wees…

Julle sê:

vir God se geskenke.

 

(Grootmense help)

 

Oefen gou:

Ons moet wakker wees…

  •  vir God se geskenke.

 

 

Jesus maak gewone goed heilig

Teks gelees –

begin as gewone Paasmaal.

Sover dissipels aangaan,

is hierdie gewone,

tradisionele viering Pasga.

 

Dis wat hulle voorberei het.

 

Vandag nog,

Joodse gesinne Pasga vier,

spesifieke kos voorberei,

spesifieke verloop ete,

spesifieke goed sê.

 

Is al vir 1000e jare so.

 

Wanneer hierdie ete vier,

dink terug aan voorouers slawe Egipte

hoe God hulle bevry,

deur Rooisee,

uit slawerny

na vryheid neem.

 

Kos en drinkgoed

fyn gekies

te herinner aan storie van Eksodus –

wat hulle storie is.

 

Bitter kruie herinner swaarkry Egipte.

 

Iemand lei ete,

sê spesifieke goed spesifieke tyd.

 

Dís wat dissipels verwag het.

En aangeneem Jesus leiding sal neem,

spesifieke goed spesifieke tyd sê.

 

En is wat Jesus gedoen.

Maar dan wyk hy af van die gewone patroon.

 

Wat gewone Pasga maaltyd sou wees,

word iets anders.

 

Jesus verander hele betekenis van maaltyd.

Bly wat was –

simboliseer bevryding deur God.

Maar soveel meer –

want nou nie net Egipte,

maar Jesus.

 

Brood word simbool Jesus liggaam

Wyn simbool Jesus bloed

hele maaltyd vol van Jesus,

Jesus teenwoordigheid,

herinner Jesus vir ons gedoen,

dat aan hom behoort.

 

Jy sien,

ons moet wakker wees

  • kinders…]  vir God se geskenke

 

Matrix

Teoloog Elizabeth Stuart

herinner aan fliek The Matrix:

Morpheus bied vir Neo twee pille aan.

Blou pil –

word wakker in eie bed,

alles sal wees presies soos was.

 

Maar rooi pil –

word wakker,

neem in totaal ander realiteit in,

sien goed soos werklik is,

hele lewe is anders.

Ander lewensdoel,

ander realiteit,

ander oë waarmee werklikheid sien.

 

Dan sê Stuart

dat nagmaal die rooi pil van die Matrix is.

 

Wanneer Nagmaal gebruik

word ons letterlik deel van ander realiteit,

word oë oopgemaak om dinge te sien

soos werklik is.

 

Word deel van wêreld anderkant hierdie een,

anderkant seerkry

en twyfel

en sukkel

van hierdie lewe.

 

Word deel van lewe

wat aan God behoort,

waar God aan beheer,

waar God homself gee,

ons deel van homself maak.

Waar God gewone goed

heilig maak.

 

Heilig,

omdat God self daarin teenwoordig.

 

Omdat gewone goed

plek en geleentheid raak

waar God kan ontmoet.

 

So wat Nagmaal dan doen,

volgens Stuart,

is om ons in regte rigting te draai –

oriënteer ons

in hierdie wêreld

in rigting van God se plan en werk.

 

Natuurlik kan gebeur

dat by tafel aansit

Nagmaal gebruik –

deel aan brood en wyn,

Jesus self gevul met sy teenwoordigheid…

en net brood en wyn sien.

 

dis hoekom ons moet wakker wees

  •  vir God se geskenke.

 

om met geloofsoë te kyk

Geloof is op die ou end

’n keuse

om op spesifieke manier na lewe

en realiteite van lewe te kyk.

 

Beteken eerste plek

geloofsoë –

verwagting God sien,

oop daarvoor God sien,

wíl God sien.

 

As by Nagmaalstafel aansit,

sonder verwagting God ontmoet,

nie oop dat iets meer is as net brood en wyn,

dan nie sien.

 

Maar wanneer selfs oopstel,

dan word gewone goed

heilig –

plek van ontmoeting met God.

 

om fyn te kyk

Beteken ook om fyn te kyk –

om wakker te wees.

 

Liedjie “Engel” Karen Zoid draai deur kop weke.

Kom uiteindelik so vêr,

CD in kar,

luister.

 

Pragtige stukke tjello…

 

Ry,

luister, drink elke woord in…

 

Volgende oomblik kom ek agter

CD drie liedjies verder.

Ek het ophou luister –

kop ander plekke gegaan.

 

Om te sien hoe Jesus gewone goed

heilig maak,

beteken met aandag kyk.

 

Geestelike dissiplines soos

Stop

kyk

luister

 

Daaglikse ondersoek.

 

Want lewe soos reis in kar –

kom by huis

geen idee hoe daar gekom.

Outomaties.

 

Lewe raak so besig,

soveel gewone goed,

dat outomaties gewone pad ry –

niks ompad raaksien,

nie werklik luister na musiek.

 

Daarom nodig doelbewus doen,

sodat op selfde reis

sien wat gebeur,

sien hoe God

gewone goed heilig maak.

 

Ons moet wakker wees

  •  vir God se geskenke.
Gewone goed word heilig

en wanneer dit eers met ons gebeur het –

rooi pil van Nagmaal,

geloofsoë oopgegaan –

dan word ander gewone goed ook heilig.

 

Andrew leer belangrike les daardie dag in woud:

ontdek trol is geskenk.

Maar besef nou nie net trolle geskenke.

Oral geskenke –

elke plek,

elke tyd,

elke dink

kan geskenk van God wees –

hy moet net wakker wees.

 

As Nagmaal dan

soos Stuart sê,

rooi pil van Matrix is,

dan leer dit ons selfde les as trol vir Andrew:

 

Enige plek,

enige tyd,

enige omstandigheid,

enige ding

kan heilig wees –

kan ontmoeting met God wees.

 

So wanneer Nagmaal gebruik,

dan nie net brood en wyn by tafel,

maar God,

God se plan en lewe.

 

Maar ook jou lewe.

Ook jou daaglikse realiteit.

 

En wanneer jy dan huis toe gaan,

kan anders na lewe kyk.

 

In stede van trol,

kan dalk geskenk sien.

 

In stede van gewone roete huis toe,

is op pelgrimstog

waar God om elke draai sien.

 

Prakties moet uitpak:

Feit dat Jesus gewone goed heilig maak,

beteken dat gesin se lewe saam

plek is waar God werk,

waar God kan ontmoet

en leer ken.

 

Werk heilig,

plek waar God werk,

waar God kan ontmoet

wat God kan gebruik

waardeur God kan dien.

 

Kuier met vriende om braaivleisvuur

heilig,

plek waar God ontmoet.

 

(Laat my nou dink:

God ontmoet vriende braaivleisvuur

beteken nie kerk en Bybel praat –

ontmoeting God nie altyd kerk en Bybel.

Soms gewoon seën van vriendskap.

Of storie wat vriendin vertel

jou antwoord gee op ander vraag wat in lewe het –

soveel voorbeelde kan noem,

gewoon sê:

heilig beteken God daardeur en daarin werk,

nie noodwendig plek waar Psalms aanhaal.)

 

Kinders skool toe en terug ry.

 

Is natuurlik so

die geskenke nie altyd lekker is.

’n Trol is soms,

… ’n trol.

 

Soms pappa en mamma skei,

moeilik om wakker te wees vir God se geskenk daarin!

Maar Jesus maak gewone goed heilig.

 

Beteken ook slegte goed

iets kan wees waardeur God werk,

geleentheid kan wees

God te ontmoet.

 

Jou geldelike probleme

kan heilig wees –

kan iets wees waarbinne en waardeur God werk.

 

Jou huweliksprobleme (verhoudingsprobleme)

kan heilig wees –

kan manier wees God besig jou en eggenoot te vorm.

 

Jou eensaamheid

Jou vrees

jou bekommernis oor jou kind

jou siekte…

 

alles kán heilig wees –

elke ding

kan deur God gebruik word.

 

En in elke ding,

elke plek,

elke gebeure,

is daar die moontlikheid om God se stem te hoor.

 

So wanneer vanoggend Nagmaal gebruik,

jou nooi onthou:

ons moet wakker wees

  •  vir God se geskenke.

 

Wat hier gebeur,

is meer as net gewone brood en wyn

gewoonweg eet en drink.

Wat hier gebeur

is dat ons onthou:

onthou dat ons aan Jesus behoort,

ons deel het aan hom,

hy deel van ons lewe –

nie net aan die tafel,

in die gebou,

maar elke oomblik.

 

Wat hier gebeur,

is dat Jesus vir ons belowe,

so seker as hierdie brood en wyn

sien

voel

proe,

so seker is jy myne,

is ek by jou.

 

Wat hier gebeur,

is dat Jesus ons oë oopmaak ander realiteit –

herinner daaraan dat God gewerk het,

besig is te werk,

dat daar ’n toekomsverwagting is –

Jesus weer gaan kom,

saam gaan feesvier.

 

Daarom Nagmaal nie somber ete,

Is vreugdefees,

herinner nie net Jesus lyding en sterwe,

maar ook Jesus opstanding en lewe,

dat ons aan hom behoort,

dat ons hoop het,

’n toekoms.

 

So terwyl tafel gereed gemaak word,

ons woorde sing misdadiger langs Jesus aan kruis gesê,

sien ook raak wat bo-en behalwe gewone goed gebeur:

mense maak tafel gereed,

maar Jesus gedek met eie liggaam.

Jesus nooi self uit.

 

Terwyl tafel gereed gemaak,

mense saam gaan sit vorentoe kom,

Lied 384: Jesus, o dink aan my

ensemble,

gemeente, koor, gemeente.

 

Gebed
Nagmaal
Lofverheffing
Slotsang

Lied 492 In u is vreugde

Seën

Die nagmaal herinner ons

dat Jesus gewone goed heilig maak.

Dit herinner ons aan God se teenwoordigheid

in ons hele lewe.

 

Gaan dan nou met die seën van die Here,

gereed om verras te word.

Mag jy die genade van ons Here Jesus Christus,

die liefde van God

en die teenwoordigheid van die Heilige Gees

in elke oomblik raaksien.

Respons

Lied 228 Halleluja!

heilig, instelling, Matteus 26, Nagmaal, ontmoet God

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.