Skip to main content

Boontjie kry sy loontjie – Matt 7

Aan die einde van die Bergpredikasie maak Jesus dit duidelik dat sy luisteraars voor ‘n keuse staan.  Om gehoorsaam te wees aan Jesus, is egter nie iets wat van buite af op ‘n mens afgedwing kan word nie…

Verwelkoming & Afk.

Toetrede

Lied 178 Dona Nobis Pacem (kers)  sit

Votum

(Ps. 1 uit “Die Bybel vir Almal”)

Seëngroet

Lofsang

Lied 212 Loof die Heer, Hy is goed (staan)

 Wet

Matt. 7. vv 1-5 sê:

Rabbyne:

twee maniere waarop God mense sou oordeel:

  • met geregtigheid [of]
  • met genade

 

almal weet:  geregtigheid oordeel,

nie staan bly.

 

Jesus bied keuse –

keuse vir hom,

keuse leef met genade wat wil ontvang.

 

As dit keuse is,

dan sê Rom 8:1:

Daar is dus nou geen veroordeling

vir dié wat in Christus Jesus is nie.

 

Lydenstyd juis tyd wat ons dié wonder oordink –

geen veroordeling vir ons,

omdat Christus oordeel gedra.

 

Lied 396:1, 3 & 4 aanskou die Heiland, sien die kruis (sit) –

oordink & aanvaar vryspraak.

Gebed

Skriflesing

Matteus 7:1-27 – soek solank,

gaan lees uit Bybel vir Almal & NT vir Kinders

Onthou – reeks hele kwartaal –

Jesus op berg,

besig mense te leer –

preek, Jesus self sê hoe kinders leef.

Laaste deel van preek:

 

Kindertyd

  •  Die wyse man (2x)

 

Preek

STOP | KYK | LUISTER

Word stil.

Dink kwartaal reeks– bergpredikasie.

Seën, sout van Aarde, goue reël, vergifnis, skynheiligheid, God sorg,

Dink kwartaal lewe:  wat gebeur?

Waarmee besig

Waarmee God besig?

Luister

 

tyd om te kies

Reeks:  berigte van goeie nuus.

Jesus bergpredikasie –

Jesus God se grondwet uitspel,

hoe lewe onder God heerskappy lyk.

 

Vandag teks eindig,

dan keuse.

 

Jesus stapel feit dat mense voor keuse staan,

op mekaar,

4 teenstellings:

  • twee paaie
  • vals profete – vrugte
  • Goed in Here naam doen vs of Here jou werklik ken
  • Huis rosts/sand

 

Helder duidelik:

hier sprake van teenoorgesteldes

kan nie bietjie van een en bietjie van ander wees

of een of ander

nou tyd te kies.

 

Kwartaal besig bergpredikasie –

preke, kleingroepe.

 

Maar besig wees bergpredikasie is nie,

vir Christene,

in eerste plek akademiese oefening.

 

Wanneer alles nou klaar is,

klaar gelees

en gepreek

en bespreek…

dan vraag:

wat gaan jy hiermee doen?

 

Nou moet jy kies.

 

Want gehoorsaamheid nie opsioneel.

 

Maar wel interessant,

Jesus in bergpredikasie nooit direk gehoorsaamheid eis!

 

Om waarheid te sê,

woorde “gehoorsaam” en “gehoorsaamheid”,

nooit op Jesus se lippe.

 

Sinoptiese evangelies

word gebruik mense reaksie Jesus te beskryf,

maar nooit opdrag of eis van Jesus.

 

Gehoorsaamheid van binne af

Want sien,

gehoorsaamheid nie iets wat Jesus van buite af op afdwing.

Is iets wat van binne af kom.

 

Dit is die verskil tussen wettisisme en die evangelie.

 

Wettisisme is iets wat van buiteaf na binne op afgedwing word.

 

Eksterne reëls op iemand afgedwing.

 

Wanneer kinders klein –

leer gehoorsaam wees

met dreigement van straf

of belofte van beloning.

 

Maar wanneer grootword,

tree op regte manier op,

nié omdat bang vir straf

of t.w.v. beloning,

maar vanuit binnekant,

vanuit begrip van wie is,

gedrag wat by identiteit pas.

 

Wette, bv. land,

natuurlik op eerste sisteem gebaseer:

veronderstel mense eintlik sleg,

net dreigement intoom hou.

 

En natuurlik kan dreigement straf,

belofte beloning,

mense se gedrag verander.

 

Maar dis nie wat God wil hê.

 

Jesus gebruik een beeld na ander

aan te toon

nie net uiterlike gedrag wat saak maak,

maar waar gedrag vandaan kom.

 

Hoekom dra ’n boom vrugte?

Dreigement straf?

Belofte beloning?

 

Dra vrugte want is natuur.

Iets binne boom sê:

groei appels.

En die vrugte verskyn natuurlik.

 

Gebeur nie omdat boer hande op heupe staan

sê:  dra vrugte!

 

Seker ons almal al gesien gebeur met iemand,

bv. kind skaam,

onseker,

sukkel.

 

Totdat iemand belang stel,

omgee,

liefde wys.

 

Kind blom,

selfvertroue –

want iemand gee om.

 

Gedrag verander van binne af buitentoe.

 

Is wat Jesus hele tyd in bergpredikasie doen:

wanneer praat oor moord pleeg,

egbreek pleeg,

versoening…

 

nie om eksterne redes,

maar van binne af.

 

Hoor en doen

Beteken bergpredikasie –

en hele Bybel eintlik –

nie eksterne wet gehoorsaam moet word

(terloops een van rede hoekom nie meer gereeld wet in erediens lees),

maar kennis

wat geïnternaliseer moet word

sodat dit deel raak van wie ons is,

deel van ons identiteit.

 

Kan nie net hoor,

meer geen invloed in lewe.

Kan nie sê:

net vir beste Christene.

 

Ek eerste sê al moet doen gered word,

is glo.

 

Maar glo nie net intellektuele instemming.

 

Glo is oorgawe,

beheer oor lewe,

wil om self te besluit,

self te kies hoe optree,

wat gaan doen,

hoe situasie hanteer,

finansies,

verhoudings –

aan God oor te gee.

 

DIS wat geloof is.

 

En net soveel as wat nie net intellektuele instemming is,

is ook nie NET uiterlike dade.

 

Geloof NIE –

soos outydse prentjies van breë en smalle weg –

NET elke Sondag in kerk,

nie vloek,

nie dans,

nie rook

(of wat ook al op prentjies).

 

Teks Jesus praat breë en smal hek.

Hoorders sou weet

praat van verskillende hekke in stad.

Breed – kan met baie bagasie.

 

Smal –

nie plek vir kameel,

bagasie,

besittings.

 

Wanneer Jesus praat breë

en smal hek

of weg,

gaan oor wat dra,

wat met jou saamneem.

 

Bring eie goed,

eie waardes,

eie lewe –

of oorgee,

kom leeg,

sonder bagasie,

sonder self –

gestroop,

oorgegee.

 

DIT is wat geloof is.

 

Geloof is binnekant

en buitekant

wat dieselfde lyk –

soos gesê week toe gesels oor skynheiligheid.

 

Hier aan einde bergpredikasie

Jesus duidelike kontras

lewe wat hom volg

lewe hom nie volg.

En dan kies.

Hom volg beteken:

binne en buite,

denke en dade

aan hom oorgee.

 

Hele bergpredikasie

noue konneksie tussen “hoor” en “doen”/ gehoorsaamheid.

 

Uitgespel  vandag teks vv 24, 26:

“Elkeen dan wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, / nie daarvolgens handel nie

 

Grieks woord “gehoorsaam” (hupakouo)

bestaan uit woord vir “hoor” (akouo)

en “onder” (hupo).

Om te gehoorsaam,

dus letterlik “onder in te luister”.

 

Gehoorsaamheid dus vraag:

na wie gaan luister?

dalk beter:

aan wie gaan jy jou aandag gee?

 

 

Na wie gaan jy luister?

Na wie gaan jy luister?

 

Nou,

ons altyd weer geneig wetties.

Soek reëls.

Verkieslik lysies –

soos handige tien gebooie,

ignoreer hele skrif,

zoom in op lysie,

sodat kan afmerk,

kan oordeel.

Nie net mekaar,

ook self.

 

Een van redes hoekom hou van bergpredikasie –

omdat maklik kan omskakel lysie,

merk wanneer regte goed doen.

 

Maar wêreld Jesus geleef,

binne en buite selfde –

dade sê wie is.

 

So om na Jesus te luister,

beteken nie net reëls,

alles wat gesê,

alles wat gedoen.

 

Alles wat Jesus gesê,

wat gedoen,

is wie is.

 

Nie net Jesus se woorde is weg –

JESUS SELF is weg

en waarheid

en lewe.

 

Om van binne af buitentoe te leef

is om na persoon van Jesus te luister.

Om onsself onder die persoon Jesus in te luister.

 

En wanneer ons na die Persoon Jesus luister,

dan hoor ons verrassende woorde.

 

Dink maar net Matteus 11:28-30:

28“Kom na My toe,

almal wat uitgeput en oorlaai is,

en Ek sal julle rus gee.

29Neem my juk op julle

en leer van My,

want Ek is sagmoedig

en nederig van hart,

en julle sal rus kry vir julle gemoed.

30My juk is sag

en my las is lig.”

 

Wanneer na Jesus luister

dan hoor uitnodiging

tot rus,

roep tot sagmoedigheid,

nederigheid.

 

Die rus wat Jesus bied,

is juis in kontras met wettisisme van Fariseërs en skrifgeleerdes.

 

Keuse ons voor staan,

juis keuse tussen

swaar dra op breë weg,

swaar dra aan uiterlike

reëls

en vereistes

en moets

en moenies

 

of sagte,

ligte juk van Jesus,

van luister na hom,

sodat van binne af

buitentoe gevorm word.

 

Op ou einde

dit die keuse waarvoor bergpredikasie

hier aan die einde

ons elkeen stel:

 

Lewe van breë weg,

waar swaar dra aan mensgemaakte reëls

en mensgemaakte planne

 

of lewe saam met Christus,

oorgegee aan hom,

wat lig dra.

 

Lewe wat sukkel om vrugte te dra

van buiteaf opgelê,

op ou end vals en sleg.

of lewe waar vrugte groei

nie uit vrees vir straf

of verwagting beloning,

maar uit wortels

wat voed

en láát groei.

 

Op ou end

lyk huis op sand

en huis op grond

baie dieselfde.

 

Maar dit waarop die huis gebou is,

bepaal die toekoms van die huis.

 

Nou natuurlik,

ons hier omdat gelowiges.

 

Maar mense Jesus gaan luister,

meeste,

omdat wou –

omdat wou hoor wat sê,

wou ontvang wat gee,

wou dien.

 

Nooi hier einde van reeks,

einde van kwartaal,

begin lydenstyd,

kies

weer

om lewe aan Jesus oor te gee.

Kies om na hóm te luister,

om hom te volg.

Toegewy aan hom te leef.

 

28“Kom na My toe,

almal wat uitgeput en oorlaai is,

en Ek sal julle rus gee.

29Neem my juk op julle

en leer van My,

want Ek is sagmoedig

en nederig van hart,

en julle sal rus kry vir julle gemoed.

30My juk is sag

en my las is lig.”

 

Gebed van oorgawe

Voorbidding

Dankoffer

CD:  Stil van Vertikaal (9):  Meer as woorde

Slotlied

Lied 508 Vaste rots op wie ek bou (staan)

Seën

Respons

CD:  Fluistering van Flam (11) Laat dit so wees

 

 

bergpredikasie, breë weg, gehoorsaamheid, Matteus, preek, rethie, rots, vrug, vrugte

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.