Skip to main content

Handelinge 9:32-42 – God gee vir gewone mense om – Son 18 April 2010

Verwelkoming

Baie welkom.  Groet mekaar.

Verjaarsdae – almal wat verjaar, kan staan, dat ons geluk kan sê.

Terugblik

In die eerste kwartaal het ons bevestig dat die Bybel vir ons belangrik is – ons is ‘n Woord-gemeente.  Ons het ook gesels oor wat dissipelskap beteken, hoe ons in die voetspore van Jesus volg.

Program

Aan die begin van die nuwe kwartaal, heers daar nou ‘n gees van afwagting.  Ons kon sien hoe die Here verlede kwartaal die pad gereed maak.  Ons sien opgewonde uit na die pad wat die Here in die komende kwartaal met ons wil stap.  As gemeente gaan ons in afhanklikheid van die Heilige Gees leef.  Ons wil onsself volledig in God se hande plaas en op sý krag vertrou, nie op ons eie kragte en planne nie.

Gebed speel daarom hierdie kwartaal ‘n baie belangrike rol – meer nog as gewoonlik.  Saam met baie gemeentes in die land wag ons 40 dae lank op die Here en pleit om herlewing.  Dit is vanjaar 150 jaar sedert die vorige herlewing soos ‘n golf oor SA gespoel het en die Pinkster-bidure daaruit ontstaan het.  As ons kyk na die plofbare, onversoende situasie wat op die oomblik in ons land heers, is dit duidelik dat ons dringend weer so ‘n herlewing nodig het.

  • In ons eredienste gaan ons nadink oor wat gebeur wanneer ons in afhanklikheid van die Gees leef met die tema Gestuur deur die Gees.
  • In die weeklikse Joernaalblad sal daar riglyne vir daaglikse gebed wees. Jy kan ook jou naam op die “muur” skryf en deel vorm van die 24 uur gebedsketting. Die kerk sal elke dag van 15:00 tot 16:00 oop wees vir mense wat hier wil kom stil raak.
  • Tydens Didage kan jy in die kerk, met behulp van stilte, Skrif en kuns, op die Here wag. Of jy kan inskakel by die Bybelskool, Op pad met God of GriefShare.
  • Terwyl ons bid om die uitstorting van die Gees op ons gemeente, gaan ons ook geleenthede skep vir ons lidmate om die verskillende plekke waar ons betrokke is, te besoek.
    • Arbeidsbediening: Dinsdag 4 Mei.
    • ACVV Khayalethu Jeugsentrum: Hier is 30 kinders en jongmense. Ons besoek hulle in Noordeinde op Woensdag, 5 Mei.
    • Chesire Homes: Ons gaan drink op Sondag 9 Mei net na die oggenddiens saam met hulle tee.
    • ACVV Kamvalethu Invalsentrum: Ons besoek hulle in Noordeinde op Woensdag, 12 Mei. Hier word 10 straatkinders versorg en gemotiveer om na hulle ouers terug te keer.
  • Ons gaan Pinkster vier soos wat dit oorspronklik, 150 jaar gelede, gevier is. Terwyl die kinders in die Ark Pinkster hou, gaan die grootmense saam sing, bid en die Here se aangesig soek. Soos met die eerste bidure gaan ons onsself voor God verootmoedig, in afwagting van die werk wat Hy in en deur ons wil doen.

Votum en Seëngroet

Lofprysing

Doop

Garth en Elana Löest en hulle dogtertjie Nickela

Kindertyd

Hangman

Het julle al Hangman gespeel?  Dit is as jy net ‘n paar letters van ‘n woord kry en die ander moet raai.  Elke verkeerde raai teken ‘n mens ‘n prentjie van ‘n man wat gaan hang.

Kom ons speel dit met die volgende woord.  Ek gee vir julle W_D_W__ (Weduwee).

Wat is ‘n weduwee?

Dit is ‘n getroude vrou wie se man dood is.

Ken julle sulke mense?

Tabita

Ons lees van ‘n vrou in die Bybel wat vir sulke mense gesorg het. Haar naam was Tabita. Kyk hoe mooi lyk sy (foto op die skerm).

En sy kon goed kleremaak en het vir die weduwees in haar dorpie Joppe klere gemaak.  Dit was so wonderlik dat die mense vir haar twee name gegee het.  Die Hebreeuse mense het haar Tabita genoem.  Maar sy het so baie Grieke ook gehelp, dat die Grieke vir haar Dorkas genoem het.

Maar, toe raak sy siek en gaan dood.  En almal was baie hartseer. Hulle stuur toe 2 mans om vir Petrus te gaan roep.  En hulle wys vir hom van die pragtige klere wat sy gemaak het, toe sy nog gelewe het.

En Petrus stuur almal uit en vra vir die Here om Tabita weer lewendig te maak.

En wat gebeur toe?  God antwoord en maak haar weer lewendig.

God wys daarmee dat Hy vir gewone mense omgee, want nou het die weduwees weer iemand gehad wat vir hulle kon sorg.

Ons kan ook soos Tabita vir ander help.  Ek wil graag vra dat julle volgende week klere vir weeskinders bring.

Sal wonderlik wees as julle dit kan doen.  Dan maak ons ‘n paar kinderhartjies bly.

Sal julle dit doen?  Ek weet julle sal!

Ek gaan nou vir elkeen van julle ‘n papier pop gee (twee prentjies op die skerm).  Haar naam is Tabita.  Julle kan vir haar ‘n rokkie aantrek en met haar speel tydens die kerk.  Dit sal julle sommer ook herinner om klere volgende week kerk toe te bring.

Gebed

Handelinge 9:36-43

Terwyl die Here besig is om vir Paulus te vorm in die nuwe mens wat hy moet wees (Hand 9:1-31), is Hy ook besig om te werk aan die ander reus wat Hy gebruik in die vroeë kerk, Simon Bar-Jona. Die Here het ook aan hom ‘n nuwe naam gegee; ‘n paar jaar tevore – Kepha in Aramees of Petros in Grieks. Dit beteken “rots”. Jesus het gesê: “Op die rots sal ek My kerk bou” (Matt 16:18). Daarmee is nie net die man, Simon, bedoel nie, maar ook sy geloof. “While Saul prayed, Peter was used to open the way for a ministry to the world” (Ogilvie). Deur sy werk en sy geloof en gehoorsaamheid sou die pad na die heidene oopgebreek word.

Voordat Lukas nou beskrywe hoe die eerste heidene deur die optrede van Petrus in die kerk opgeneem is (Hand 10), vertel hy ons van twee wonderwerke wat deur Petrus verrig is. In die hele Judea het die kerk ‘n tyd van rus en vrede geniet, maar deurdat Lidda en Joppe hier genoem word, was dit duidelik dat die grense van Judea bereik is. As die kerk nog verder sou moes uitbrei, sou die evangelie na die land van die heidene gaan. Dit gebeur ook hiervandaan verder. Na die verhale van Petrus se genesings hier in ‘n etnies gemengde gebied, beweeg die kerk van Jerusalem na die heidene (10:1-11:18).

Die genesing van Eneas

32Petrus het baie rondgereis en het op ‘n keer ook by die gelowiges gekom wat in Lidda gewoon het. 33Daar het hy ‘n man met die naam Eneas teëgekom wat verlam en al ag jaar lank bedlêend was.

34”Eneas,” sê Petrus toe vir hom, “Jesus Christus maak jou gesond. Staan op en maak jou bed op.”

Hy het dadelik opgestaan. 35Al die mense van Lidda en die Saronvlakte het hom gesien en hulle tot die Here bekeer.

Die opwekking van Tabita

36In Joppe was daar ‘n gelowige vrou met die naam Tabita, in Grieks Dorkas. Sy was altyd besig om goed te doen en die armes te help. 37Juis in die tyd toe Petrus in Lidda was, het sy siek geword en gesterwe. Hulle het haar gewas en in ‘n bokamer neergelê. 38Aangesien Lidda naby Joppe is en die gelowiges gehoor het dat Petrus daar is, het hulle twee mans na hom toe gestuur met die versoek: “Kom tog gou na ons toe oor.”

39Petrus het dadelik saam met hulle gegaan en toe hy daar kom, het hulle hom na die bokamer toe geneem. Al die weduwees het by hom kom staan en snikkend vir hom die klere gewys wat Dorkas gemaak het toe sy nog gelewe het. 40Nadat Petrus almal uitgestuur het, het hy gekniel en gebid. Toe het hy na die liggaam gedraai en gesê: “Tabita, staan op!”

Sy het haar oë oopgemaak en toe sy vir Petrus sien, het sy regop gesit. 41Hy het haar met die hand help opstaan, die weduwees en die ander gelowiges geroep en haar lewend voor hulle gebring. 42Die hele Joppe het hiervan gehoor, en baie mense het tot geloof in die Here gekom.

43Petrus het geruime tyd daar in Joppe gebly by ‘n sekere Simon, ‘n leerlooier.

Woordverkondiging

God se groot dade

Handelinge is die verhaal van God se groot dade. Dit is die prentjie wat Lukas die dokter-skrywer by sy vriend Theofilus skilder. In die boek gebeur groot ingrypende dinge, soos Jesus se hemelvaart, die Gees se uitstorting, 3000 mense wat op een slag tot bekering kom, heidene wat begin glo en dan die grootste sending-uitreike ooit!

God is besig om met groot kwashale die wêreldtoneel permanent te verander.

  • God is met Petrus op pad.
  • God is met sy kerk op pad.
  • God is met die goeie boodskap van die opgestane Jesus Christus op pad na die hele wêreld toe.

God gee vir gewone mense om

Binne hierdie Groot Storie is daar twee klein los storietjies wat eintlik nie so lekker inpas nie. Paulus, nog ‘n groot verhaal, is al op die toneel en eintlik is alles reg vir die groot geestelike beweging na die heidene … en dan glip daar hierdie twee storietjies in. Een van Eneas in Lidda en die ander van Tabita in Joppe. Eneas was verlam en het geruime tyd (8jr) gelê. Tabita was siek en het dood gegaan.

In hierdie twee klein storietjies word vertel dat die lewendmakende krag van God – in die Naam van Jesus – mense opwek, gesond en lewend maak.

En laat ons mekaar herinner:

  • Oral langs ons pad is daar klein liggies – helder maar klein.
  • Met ‘n doel – wat hulle waarskynlik self nie eens begryp nie.
  • Ons sien ‘n Eneas; ‘n Tabita; later die leerlooier, Simon, en so kan ons hulle opnoem . . . ‘n Willem en Sannie en Marie en wie ook al oor God se pad mag kom.

Lukas laat ons stop en hy laat ons kyk – na die onopsigtelike mense, doodgewone mense, wat God aanraak, vir wie Hy omgee, en dan gebruik op die groot en belangrike pad wat Hy vir die evangelie – die goeie boodskap van die opgestane Here Jesus, oopmaak.

Dit is die duidelike boodskap van dié twee stories:

  • Geen mens – hoe gering ook al – is vir God onbelangrik nie. God gee om vir gewone mense.

God gee om vir Tabita

Tabita – ‘n gewone vrou daar eenkant in ‘n klein dorpie wat goed doen en besonder mededeelsaam is – sterf.

  • Sy word ‘n dissipel (Gr mathetria) genoem wat baie insiggewend is. Dié vroulike vorm van die woord kom net hier in die Nuwe Testament voor. Die NAV het dit ongelukkig wegvertaal en haar net ‘n “gelowige vrou” genoem.
  • Sy was ‘altyd besig’ , ‘besig om goed te doen’ ‘die armes te help’. ‘n Besige by in die goeie sin van die woord.
  • Eneas was relatief onaktief vir agt jaar omdat hy verlam was; Tabita daarteenoor, was weer besonder aktief in haar diens aan die behoeftiges (:36).
  • Ons kan ‘n groot groep hartseer mense hoor wat snikkend daar rondstaan terwyl hulle vertel van al die mooi kledingstukkies wat sy al vir hulle gemaak het.
  • ‘n Mens lei af dat sy een van daardie besondere mense was wat oor grense heen barmhartigheid verleen het. Sy het ‘n Joodse en ‘n Griekse naam, Tabita en Dorkas, want beide die Jode en die Grieke het in haar barmhartigheid ‘n heenkome gevind. Sy het nie gediskrimineer tussen groepe nie. In haar barmhartigheid het sy dit reggekry om oor grense liefde te bewys. Dit is juis wat groot en belangrike mense baie keer nie kan regkry nie!
  • In Tabita gee Lukas ons dus ‘n model van Christelike omgee in ‘n gemarginaliseerde gemeenskap. Weduwees en weeskinders was immers die mees kwesbare mense in die destydse gemeenskappe. Daar was geen regeringsondersteuning of welsynsorganisasies om hulle te hulp te kom nie. Tabita het omgegee en gehelp. Sy het goed gedoen.

En haar vriende en diegene wat sy gehelp het, weet dit … en hoor dan van Petrus, ‘n gestuurde, ‘n apostel van Jesus  Christus.

  • Jesus, wat self mense uit die dood opgewek het.
  • Jesus, wat self uit die dood opgestaan het.
  • Jesus, wat aan sy dissipels die mag gegee het om mense uit die dood op te wek.

Hulle vra vir Petrus om dringend na hulle te kom.

  • En Petrus kom ook hier tot stilstand, by die gewone mense.
  • En hy buig voor die God wat mag het oor die dood.
  • Petrus praat in geloof – praat sy Meester na – en beveel die gestorwe Tabita – klein wildsbokkie – om op te staan.
  • En die dood moet wyk – sy maak haar oë oop.

Wat ons moet raaksien is dat dit God is wat Hom ontferm oor Tabita.  Vir Hom is mense wat barmhartigheid verleen belangrik. Hy ontferm hom en gee die lewe aan Tabita – sodat sy kan voortgaan om ander te help en hulle lewe mooi te maak.

Soos Heidi Petersen sê: “The widows would not be abandoned. God would not allow it.”[1]

God is nie so besig met die groot werke van die geskiedenis dat hy die kleintjies wat aan hom behoort, vergeet nie. Die Here is nie net geïnteresseerd in die Paulusse, Petrusse en Johannesse nie – maar ook in die Tabita’s en vele anonieme goed-doeners in die wêreld. Inteendeel, ‘n mens kry die indruk dat Hy juis in die kleintjies geïnteresseerd is … dié wat gewone mooi goed doen.

Ons is vandag te dikwels behep met die groot stories en die groot getalle, groot syfers en groot geld. Selfs in die kerk is ons geneig om die lewe en die sorg van God te soek en te sien in die groot dinge. Hier sien ons hoe ook die klein dingetjies van die alledaagse, die klein mense en die eenvoudige by die Here gereken word.

Soos Tom Wright sê:

“Do not belittle the ministry of stitching, sewing, knitting and generally providing for the needs of the larger community – especially at a time before anyone dreamed of mass-produced clothes. And do not forget to celebrate, as Luke does here, the fact that the apparently ordinary people are not ordinary to God, and that when we tell the story of the great sweep of God’s purposes in history there are, at every point, the Aeneases and the Dorcases who smile out of the page at us, like the robin in the garden, and remind us what it’s really all about. Luke is right to draw our eyes down to the small-scale and immediate, in case we should ever forget that these are the people who form the heart of the church, while the apostles and evangelists go about making important decisions, getting locked up, stoned on, shipwrecked, preaching great sermons, writing great letters, and generally being great and good all over the place.”

God  is op pad na die hele wêreld.

Petrus het ‘n ongelooflike ding hier gedoen –  net soos Jesus ‘n dooie mens opgewek in God se naam.

Maar Petrus weet dis nie sy vermoë wat die dood oorwin het nie – en NB gaan bly by Simon die leerlooier. Die uitgestotene van die dorp. Die onrein man wat met dooie diere werk!

Hierdie laaste feit is betekenisvol. Leerlooiery het by die Jode tot een van die veragte beroepe behoort. ‘n Rabbi het gesê: “It is impossible for the world to do without tanners; but woe to him who is a tanner.” ‘n Jodin kon ‘n egskeiding aanvra as sy sou uitvind haar man is ‘n leerlooier.

Dit was so, omdat ‘n mens in die beroep verplig was om die dooie liggaam van diere aan te raak en sodoende onrein geword het (Lev 11:39). ‘n Leerlooier se huis of werkplek moes daarom op die buitewyke van die dorp wees as gevolg van die stank wat met die leerwerk gepaard gegaan het. Dit is heel moontlik waarom Simon se huis by die see was (10:6).

Petrus bly by so iemand oor. Dit was waarskynlik sy eerste tree op die pad om later saam met heidene te eet.   Aangesien die leerlooiers deur die Grieke en Jode verag is, getuig hierdie optrede van Petrus reeds van die vryer opvattings wat hy gehuldig het teenoor sy volksgenote. Hiermee begin hy hom reeds van die vooroordele van sy volksgenote losmaak. Sy verblyf by Simon berei hom voor vir sy ontmoeting met Kornelius in hoofstuk 10.

  • Daarvandaan doen Petrus nou God se werk.
  • God is op pad met Sy groot sending en met een van Sy groot apostels – en die pad loop deur die huis van die wildsbokkie en die leerlooier!
  • So werk God – en so mag ons nooit die geringstes verby gaan nie.
  • So mag ek ook nooit dink my stinkende huis is nie goed genoeg nie.
  • Dalk moet die apostel daar kom oorbly.

Dankoffers

Charel du Toit sing ‘n lied wat sy broer gesing het wat baie mooi by die tema van die Gees wat ons oor grense stuur aansluit: “Lewe sonder grense”.

Slotlied

Seën

[1] Heidi Peterson Clothed With Compassion (Acts 9:36-43) by http://www.religion-online.org/showarticle.asp?title=2184

Handelinge 5:27-32 – Gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al

Arrestasie

Dit is die derde arrestasie van Petrus en Johannes. Die eerste was nadat hulle ‘n verlamde man by die tempel genees het (4:3).  Die tweede was nadat daar so baie tekens en wonders onder die volk plaasgevind het dat die siekes in Jerusalem selfs op straat uitgedra is sodat hulle genees kan word (5:18).

Gedurende die nag is hulle egter op ‘n wonderbaarlike wyse bevry. Vroeg die volgende dag het die Sanhedrin uitgevind dat die apostels nie meer in die tronk was nie. Boonop was die apostels in die tempel besig om die mense oor Jesus en sy opstanding te leer.

Die bevelvoerder van die tempelwag is toe saam met sy wagte gestuur om die apostels te gaan haal en na die plek waar die Sanhedrin vergader, te bring.

Aanklag

Die hoëpriester val sommer met die deur in die huis voor die hele Raad, 116 van hulle, en kla die apostels van twee sake aan. Eerstens, dat hulle die bevel van die Sanhedrin om nie die mense in die naam van Jesus te leer nie, geïgnoreer het. Tweedens, dat hulle gepoog het om die Sanhedrin vir die dood van Jesus verantwoordelik te hou.  Ironies – net ‘n paar weke tevore het hulle Hom ter dood veroordeel en laat kruisig!  Praat van ‘n sirkel redenasie!

Let op hoe die hoëpriester Jesus nie op sy naam noem nie, maar net verwys na Hom met die woorde “in hierdie Naam”. Vir die hoëpriester is Jesus dus ‘n non-entiteit. Alhoewel Hy ‘n paar weke tevore nog tussen hulle gestaan het en voor hulle uit met die kruis gestap het na Golgota, word na Hom slegs in die derde persoon verwys.

Rede

Maar ten spyte van hierdie houding kan hulle Jesus nie ignoreer nie. Hoekom?  Omdat daar twee goed gebeur: 1) die apostels doen tekens en wonders, en het ‘n groot impak onder die volk, en 2) die apostels verkondig iets wat lynreg teenoor hulle eie leer staan, die opstanding van Jesus.

Die Sadduseërs het die opstanding in sy totaliteit ontken en het ook nie geglo aan engele of geeste nie.  Eintlik was daar volgens hulle nie ‘n geestelike wêreld nie.  Hulle was dus gelowiges in naam, maar in die praktyk ateïste, mense wat die geestelike wêreld se bestaan ontken het.

Die apostels en hulle werk moet daarom in die kiem gesmoor word.  Dit kan nie so aangaan nie.  Die Joodse Raad begin sleg lyk.  En hulle beskouing van die werklikheid word in twyfel getrek – en dit deur eenvoudige mense wat met soveel oortuiging hul boodskap bring.

Daarom die dreigende houding en die slegte behandeling wat hulle die apostels gee.

Verweer

En dan staan Petrus op en antwoord op die aanklagte dat ‘n mens aan God meer gehoorsaam behoort te wees as aan die mens. Petrus dink dus dat God se opdragte belangriker is as die opdragte van die Raad.  En hy spel in geen onduidelike taal die wonder van die opstanding uit nie, en die effek wat dit op die volk het nie.  Want in Jesus se Naam word vergifnis verkondig en dit is vir almal.  Daarvan is hulle getuies en aan dié boodskap sal hulle getrou en gehoorsaam bly.

Vervolging begin

Geen wonder dat die Raad hierop woedend gereageer het nie.  Hoewel hulle hier die apostels net laat slaan en daarna vrylaat met ‘n klomp dreigemente, sou die Joodse Raad in volskaalse vervolging kort hierna teen die kerk begin optree, wat sou begin met die dood van Stefanus.

Maar soos ons weet, ook dít sou boemerang, want só sou die evangelie oor die wêreld versprei.  En dit bring my by die punt van hierdie gedeelte.

Lyding en weerstand teen die evangelie is ‘n werklikheid

Lyding om Christus ontwil is ‘n werklikheid.  Daar is regdeur die geskiedenis en regdeur die wêreld ‘n weerstand teen die evangelie van Jesus Christus.  En dit is ‘n weerstand wat baie keer ook binne die kerk voorkom.

Maar, soos hier in die begin, met die apostels se ervaring, sien ‘n mens telkens dat die kerk gewillig is om hierdie lyding te aanvaar, om gehoorsaam te bly, al kos dit wat ook al.

Die apostels hou nie op met hulle werk nie.  Hulle bly getuig.  Onverstoord verlaat hulle die toneel, “bly dat hulle bevoorreg was om ter wille van die Naam van Jesus vernedering te ly.  En hulle het nie opgehou om die mense elke dag in die tempel en in hulle huise te leer en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is nie.” (5:41-42).

Waar kom die gewilligheid om te ly vandaan?

Waaruit word Christene se kapasiteit om te ly, en selfs te sterf gebore?  En ek wil nie dat ons Christene deur die eeue romantiseer nie.  Baie was deur die eeue afvallig en het Christus in die aangesig van vervolging verloën.  Maar, baie het egter nie, soveel so dat die bloed van die martelare die saad van die evangelie genoem word.

Waar kom die kapasiteit om te ly vandaan?

Een: Verbind aan God en aan sy Seun

In tye van vervolging en swaarkry kan die tronkdeure, die blokke waarin jou voete vasgesluit word, die boeie, die martelinstrumente, die brutale behandeling, die sweepslae, of die sosiale verwerping en fisiese vernedering so maklik die finale werklikheid word.  Die bedreiging kan God verduister.

Petrus en die ander apostels antwoord:  “‘n Mens moet eerder aan God gehoorsaam wees as aan mense!”  God bly die oriëntasiepunt, die Een aan wie hulle verbind is.

En die motivering om so aan God vas te hou, kom van Jesus af.  Hy was bereid om lyding te verduur en nie daarvan terug te deins nie.  Sy gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al, motiveer hulle om, as God dit so wil, lyding uit die hande van die Raad te ontvang.  Só weet hulle, ly hulle soos Christus, en om Sy ontwil.

Meer deurslaggewend nog: God het bewys dat die reg aan Jesus se kant is deur Hom uit die dood te verhoog tot Leidsman en Verlosser aan sy regterhand (5:31).  Die uitsig op die vermoorde, opgestane en verhoogde Jesus, wat nou in die leiersposisie is, verklein die bedreiging van die Raad.  Die dreigemente van die Joodse Raad en selfs hulle vermoë om te straf, word gesien vir wat dit is:  kleiner en minder deurslaggewend as gehoorsaamheid en getrouheid aan Jesus.

Daarom kan die apostels die Raad ook vermaan:  Jesus is verhoog tot Leidsman en Verlosser, sodat Hy Israel tot bekering kan bring en hulle sondes kan vergewe (5:31).  Hiermee dui die apostels boonop aan dat daar ‘n alternatief vir die Joodse Raad is.  Eerder as om met geweld hulle eie posisie te verskans, en hulle hardgebakte weerstand voort te sit, behoort die Joodse Raad hul te bekeer.  Deur na God as die “God van ons voorvaders” (5:30) te verwys, wil die apostels beklemtoon dat hulle nie ‘n nuwe godsdiens wil verkondig nie, maar die Joodse Raad wil help om hulself in die regte verhouding met God te bring.

Die visie op die verhoogde Jesus help die apostels dus om vervolging in die oë te staar en getrou en gehoorsaam te bly.  Uiteindelik is hulle, ten spyte van sweepslae, bly dat hulle vir die Naam van Jesus kan ly (5:40).

Twee: Verbind aan mekaar

Die apostels en gelowiges staan mekaar ook by.  Dit is opvallend dat die apostels as geloofsgemeenskap ly.  Hulle bly in mekaar se teenwoordigheid.  Hulle help mekaar om die gebeure reg te interpreteer.  Toe Petrus en Johannes by die vorige arrestasie losgelaat word, soek hulle onmiddellik die medegelowiges op en bid saam vir die vrymoedigheid om te getuig.  Hulle herken die vervolging as opstand teen God en sy “heilige Dienaar, Jesus” (4:23-31).

In die vervolging bly die apostels ‘n duidelike besef van hulle gesamentlike roeping behou:  “En ons is getuies hiervan, ons en die Heilige Gees wat deur God gegee is aan dié wat aan Hom gehoorsaam is”.

Lyding en vervolging het ‘n intense disoriënterende effek.  Mens kan maklik begin glo dat jy verkeerd is en verward begin raak.  Vervolging kan baie maklik gelowiges onseker en twyfelend maak.

Met die krag wat hulle van die Heilige Gees ontvang, getuig hulle egter met vrymoedigheid.  Ten spyte van die uiteindelike straf, hou hulle nie op om die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is nie (5:42).  En hierin ondersteun hulle mekaar.

Lyding en vervolging is normaal

In ‘n mindere of meerdere mate roep die getuienis oor Jesus Christus as die Here altyd weerstand en lyding op.  In sommige situasies is dit meer, in ander minder.  Ons moet weet:  lyding en vervolging is normaal.  Hierdie wete kom vir Westerlinge nie vanself nie.  Ons kultuur leer ons dat ons wenners moet wees.  Wanneer ons teenstand kry, is ons geneig om te dink iets is fout, en wil ons maatreëls tref om die lyding uit die weg te ruim.  Om weg te draai van lyding, en die opneem van ons kruis ter wille van Jesus te systap, is ‘n ernstige versoeking vir die kerk van die Here.

Hoe hanteer ‘n mens dan lyding? Lyding is iets wat in die geloofsgemeenskap verduur moet word.  Dit beteken dat ONS diegene wat ly moet omarm, en moet bystaan.  Dit geld ons eie, plaaslike geloofsgemeenskappe.

Maar nie net ons eie mense hier rondom ons moet ondersteun word nie.  Ons moet ook die ervaring van die lydende kerk van die Here in lande waar daar ernstige verdrukking, marteling en moord plaasvind, ons eie maak.  As een lid ly, ly almal.  Die lyding van gelowiges in lande soos China, Saudi-Arabië, Noord-Afrika, Turkye en Noord-Korea is iets waarvan ons bewus moet wees en waarvoor ons voortdurend moet bid.

Ons mag die geloofsgemeenskap nie geringskat in sy vermoë om die uitdaging van lyding die hoof te bied nie.  Dit is in gemeenskap met ander gelowiges dat ons die kapasiteit het om te ly.

Toepassing

Ek sluit af met iets wat nie direk hiermee verband het nie, maar wel baie raakpunte.  Ons is almal geraak deur die gebeure van die afgelope paar dae rondom die gruwelike moord van Eugene Terre’Blanche en die opruiende woorde van Julius Malema en sy liedjie.  En baie van ons het die veg of vlug reaksie.  Dit is eerste orde emosionele reaksies – en daar is niks fout daarmee nie.  Dit is deel van ons verwerking daarvan.

Maar gelowiges wat met God ‘n pad stap deur die eeue het gesê: ons kan nooit net op grond van daardie eerste orde reaksies reageer nie.  Ons het nie net ‘n hart wat voel nodig nie, maar veral ‘n hart wat onderskei.  Dit is die wysheid wat Salomo van God gevra het: ‘n luisterende hart, ‘n hart wat kan onderskei, ‘n hart wat God se wil in ‘n situasie kan onderskei (1 Kon 3:9 – “luisterende hart” is met die woord gehoorsaamheid in die NAV vertaal).

En wat kan ons onderskei in dié situasie?

  • 1. Die moord was publiek – dus daar moet ‘n publieke reaksie wees om binne die wette van die land en binne die politieke en burgerlike arena vir optrede en verandering te vra.  En daar was ‘n hele paar publieke reaksies van die kerk daaroor – Piet Strauss namens die Algemene Sinode, Braam Hanekom in Die Burger.  En daar is ‘n regstelsel wat die waarheid rondom die gebeure moet uitvind en daarvolgens moet optree.
  • 2. Die moord het ‘n gesin en familie geraak – dit beteken daar moet pastoraal versorg word, soos daar klaarblyklik gedoen word.  Ons harte moet saam met hulle huil.
  • Maar laat ons tegelykertyd ook saam met al die ander gesinne wie se tragiese ervarings nie die koerante gehaal het nie, huil.  ‘n Kwartmiljoen mense is volgens my inligting die afgelope 16 jaar in ons land vermoor, waarvan 3300 boere was.  Elkeen van hulle het ‘n gesin en ‘n familie wat treur en smart moet verwerk.
  • En ons moet daar wees vir hulle, en probeer om dit wyer net as ons eie gesins- en familie kring te doen.  Dit was die uitstaande kenmerk van die eerste Christene se manier van leef – hulle was ‘n hawe vir die mense wat nood gehad het.  Bv. buite-huwelikse swangerskappe – dié mense is opgeneem in die Christelike gemeenskap en versorg.  Dit lyk my sommige kerke het nou dié boodskap gehoor, want in plaas van om vuur te spoeg oor mense wat aborsies ondergaan, bied hulle nou aan om vir die kinders te sorg.
  • 3. Die moord kom van ‘n spesifieke omgewing af, wat duidelik maatskaplike en morele gebreke het, beide op werkersvlak as werknemersvlak – dit beteken ons moet die maatskaplike en arbeidsituasie aanspreek en iets daaromtrent doen.  En daar is 6 vlakke waarop ons iets kan doen, nie net in Ventersdorp nie, maar ook hier by ons: onderwys, mediese dienste, water, werk, sanitasie, voedselverbouing.

Elspeth Liebenberg vertel dié week vir ons sel van die wonderlike projek van Life Ministries in Zimbabwe.  Een van hulle vennote, John, ‘n swart Zimbabwiër (ek sê dit net omdat dit in dié konteks nogal betekenisvol is), het ‘n groot plaas, nie een wat afgevat is nie, maar jare al in hulle familie-besit is.  En van die plaas af voorsien hulle tans ondersteuning, met bokke en mielies, vir ‘n projek wat die potensiaal het om die land te verander.

Dit werk so: ‘n Life Ministries span gaan na ‘n klein dorpie in Zimbabwe, koop ‘n stuk grond en doen dan twee goed daar.  Hulle wys die Jesus film en bring so die evangelie boodskap.  En hulle begin mielies plant.  Soos die mense tot bekering kom, leer hulle vir hulle om selfonderhoudend te wees met die mielies en die bokke.  Na ‘n paar maande gee hulle die stuk land vir die plaaslike gemeenskap met die opdrag om dieselfde vir hulle omgewing te doen, dws mense met die evangelie te bereik en te help om selfonderhoudend met mielies en bokke te wees.

Dit is so suksesvol dat internasionale organisasie begin belangstel en betrokke raak om ondersteuning te begin bied.

Ek lees die week in Die Burger dat Anton Rupert op ‘n keer hierdie ongelooflike ding gesê het: “Hier kan ek ‘n verskil maak.”  Dit is wysheid.  Dit is gehoorsaamheid, al kos dit wat ook al.

Ons gaan vannaand ‘n (kort) inter-ras gesprek hê n.a.v. die huidige situasie. Wimke gaan gesels met ‘n swart pastoor, Zolile.

Stilte:

Daar is nou ‘n moment van stilte waar elkeen die Here antwoord op sy opdrag om Hom gehoorsaam te wees al kos dit wat ook al.  Dink spesifiek aan geleenthede waar dit iets van jou gaan kos, en vra die Here vra om jou innerlik te versterk om aan Hom getrou te bly.

 

Ps 22 – Vry 2 April 2010

Goeie Vrydag 2010
Psalm 22

Wie roep daarbuite?  Hy?
Is dit vir my?
Ek, seun van mense, bloed uit bloed
gebore, blind.
Hy bloed uit Gees,
uit water, wind.
En tog uit bloed,
bloed van ’n vrou;
Hy óók ‘n kind.
Eloï! Eloï!
Een met ’n riet gaan nader.
Dit is donker buite.
Vader ? Vader
( I L de Villiers in Gelykenisse en ander verse 1975, bl 50).

Stilte & beelde van Jesus se lydensweg deur Audrey Anastasie

Votum (Jes 53:1-5)
Seëngroet (Gal 1:4)
Lied 389

Gebed
Skriflesing:  Psalm 22:2-22a
Preek

In donkerste oomblik in wêreld se geskiedenis,
wanneer Jesus gebroke aan kruis hang,
kies hy woorde van Ps 22 om ellende aan God te verwoord:
My God, my God, waarom het u my verlaat?

Hierdie Psalm gee vir Jesus woorde
om sy diepste gevoel,
klaaglike toestand,
voor God se troon uit te stort.

Rede hoekom Paasnaweek herdenk op manier wat doen,
ons help om onsself in God storie te vind.

As mense ken gevoelens van Godverlatenheid.

CS Lewis,
Grief Observed,
oor sy eensaamheid na dood van vrou.

Wanneer ons God onthou in tye van geluk en vrede,
skryf hy,
voel dit op God ons met ope arms ontvang.

Maar wanneer jy in desperaatheid na God gaan,
wanneer alle ander hulp van nul en gener waarde blyk te wees,
vind jy ‘n deur wat in jou gesig toegemaak word,
die sleutel wat aan die binnekant gedraai word.

En dan stilte.

Ja kan net sowel wegstap,
sê hy,
want hoe langer jy wag,
hoe duideliker sal die stilte word.

Daar is geen lig in die vensters nie.
Dit kon maar net sowel leë huis geweet het.

Waarom, vra Lewis,
is God so teenwoordig in ons voorspoed
en so afwesig in tye van smart?

Selfde gevoel wat digter van Ps 22 verwoord.
Digterlik, allerhande beelde, druk verlatenheid uit:

• Ek is ‘n wurm wat deur mense bespot word;
• Wreedaardige mense, soos beeste uit Basan, slaan op my toe (die beeste uit Basan was bekend vir hul krag en sterkte);
• Verskeurende, brullende leeus storm met oop bekke op hom af;
• Soos die dwalende, honger honde wat so bekend was in elke Midde-Oosterse stad, word hy omsingel en bekyk vir die geskikte oomblik om die doodslag toe te dien;
• Hy is liggaamlik uitgeteer, net been en vel.
Beskryf verlatenheid as iets jou hele bestaan opslurp.
Voel sosiaal geïsoleer,
fisies uitgeteer,
geestelik uitgeput,
psigies afgestomp,
sonder hoop,
sonder raad.
Magteloosheid oorweldig jou.

Op manier –
mindere of meerdere mate –
ken almal gevoel van Godverlatenheid. 

As vir ongelowige wil verduidelik waaroor ons geloof gaan,
sal nie graag Ps 22 aanhaal.

Maar tog waardevol,
want dit sê ons hoe Bybel – en God – is.
Geen menslike ervaring onbelangrik.
Geen diepte van menslike lyding bly ongesê.

Ons mag praat oor diepe ellende waarin ons bevind.
Kernmoment van ons geloof –
Jesus aan kruis –
was juis deur ervaring van ellende gestempel.

Vandag Goeie Vrydag.
Herdenk Jesus sterwe aan kruis.

Jesus neem gebroke en vervalle bestaan van skepping
vrywillig op self.

Dra ons skuld,
namens ons,
twv ons,
voor God.

En deur ons sonde,
opstandigheid
en vervreemding van God
op homself te neem,
word hy vervreem van God.

Maar deur sy sterwe aan die kruis,
haal hy alle Godverlatenheid vir altyd uit die wêreld uit.
Jesus was van God verlaat,
sodat ons nooit van God verlaat sal wees nie.

Selfs al beleef ons diepe Godsverduistering,
beteken dit steeds dat ons nie van God geskei is nie.

God se teenwoordigheid is ‘n belofte,
selfs al beleef ons dit nie.

Soos Emmausgangers,
Jesus by hulle,
beleef diepe gevoel van verlatenheid,
herken Jesus nie. 

Wat moet ons dan doen met ons gevoelens van Godverlateneheid?
Kyk wat Jesus gedoen:
In Godverlatenheid roep  na God!

Hy kies hierdie aangrypende Psalm
om sy krisis voor God
onder woorde te bring.

Sommige skrifverklaarders dink
hy hele Psalm aan kruis geprewel.

Hoe ook al sy,
Psalm word Jesus se noodkreet voor God.

Daarmee leer Jesus ons
om te doen wat digter van Ps 22 gedoen het:
om ons verlatenheid voor God te verwoord.

Duitse teoloog,
Jürgen Moltmann,
vertel dat hy na 2e wêreldoorlog
as jong, ongelowige man,
in geallieerde konsentrasiekamp was.

Daar was kapelaan wat Bybeltjies uitgedeel.
Motlmann begin Evangelies te lees,
maar dit hom geen raad midde omstandighede gegee.
Gelukkig was ook Psalms in Bybeltjie.
Daarin het hy –
tot sy verwondering –
sy eie ellende verwoord gevind,
daar het hy gelees van sy vrese
en sy hulpeloosheid.
En vir God gevind.

My gunsteling teoloog,
Walter Brueggemann,
sê Psalms soos hierdie,
nooi ons uit om elke enkele menslike ervaring
voor God te verwoord,
om niks ongesê te laat nie.

Ons word uitgenooi om vir God te sê hoe ons voel,
en die Psalms gee vir ons die woorde om dit te doen.

Geleentheid,
gevoelens van Godverlatenheid verwoord.
Soms nie woorde –
dalk Ps 22,
of woordloos voor God sit,
dele van persoonlike lewe,
van land,
verlate voel,
vir God bring.

Stilte

Feit dat met God bly praat,
veronderstel dat ook aan God bly vashou.

Luther gesê aanvegting van ons geloof
dat God vreemd voorkom, verborge.
Kuns van geloof egter
te bly reken met goeie, genadige,
barmhartige, openbaarde God.

Gebruik beeld van son wat agter wolke bedek word,
maar tog daar is,
al nie sien of ervaar.

Kuns van geloof is om in jou hart son te bly sien,
al sien jou oë dit nie. 

Ps 22 natuurlik nie hele Psalm gelees.
Klag gelees,
skuif later na hoop.
Here verhoor uiteindelik digter se gebede.
Herdenk Goeie Vrydag met wete Paassondag voorlê. 

Ons troos nie in antwoorde of verduidelikings,
maar in Een op wie hoop gerig is. 
Hy wat self van God verlaat is –
ter wille van ons –
sodat ons nooit weer van God verlaat sal wees nie. 

Vandag saam,
juis aan God vashou,
onsself identifiseer Christus storie –
ook ons storie.

Manier wat Christus ons gegee
om aan hom vas te hou –
manier ons ingenooi in sy storie,
is Nagmaal.

In Nagmaal word ons verbintenis met Jesus,
elke keer ons daaraan deel,
vernuwe.

Brood en wyn
herinner ons aan God teenwoordigheid,
aan Jesus godverlatenheid t.w.v. ons,
help ons om aan God bly vashou.

Jesus is hier.
In Nagmaal besondere manier teenwoordig. 
Brood en wyn gegee,
woorde:
dit is my liggaam,
dit is my bloed.

Nooi vanoggend deel sakrament,
hou ons vas aan God.
Ontvang lewe uit liggaam en bloed van Christus.

Tafel gereed,
gebed:
Lied 379.

Daarna (sonder aank.) tekens uitdeel,
hou,
dink biddend Christus lyding,
liggaam & bloed,
teenwoordigheid,
vashou.

Lied 379,
tafel gereed, tekens uitgedeel.

Jesus het
in die nag waarin Hy oorgelewer is,
brood Geneem en,
nadat Hy God daarvoor gedank het,
het Hy dit gebreek en gesê:
‘Dit is my liggaam;
dit is vir julle.
Gebruik dit tot my gedagtenis.’

Die brood wat ons breek,
 is die gemeenskap met die Liggaam van ons Here Jesus Christus.
 Neem,
eet,
dink daaraan
en glo
dat sy liggaam gebreek is
tot ’n volkome versoening vir al ons sondes.

“Net so ook het Hy
ná die maaltyd
die beker geneem
en gesê:
‘Hierdie beker is die nuwe verbond,
wat deur my bloed beseël is.
Gebruik dit,
 elke keer as julle daaruit drink,
tot my gedagtenis.’

Die beker van danksegging
is die gemeenskap met die bloed van ons Here Jesus Christus.
Neem, drink,
dink daaraan
 en glo
dat sy kosbare bloed vergiet is
tot ’n volkome versoening vir al ons sondes.

Lied 399:1, 4&5

(Gaan kerk in stilte verlaat – afwagting Paasfees,
kyk voorstelle Graf Saterdag,
oordink sterwe,
berei voor Paasfees)
Gebed

Verlaat kerk in stilte

Lukas 19:28-40 – Jesus se reisgenote – Son 28 Maart 2010

Rus

Die eerste beweging van die Seisoen van Luister se luistersiklus is om tot rus te kom.

Dink na oor wat die Here die afgelope week vir jou beteken het.  Dank Hom vir die goeie en dra die bekommernisse aan Hom op.

Toetrede

Lied 577 Die Heer, my herder, sorg vir my – sit

Votum en seëngroet
Aanbidding

Lied 390 Ons kniel hier aan u voete neer – sit

Lied 379 Jesus Christus, Lam van God, wat die las van sonde dra – sit

Gebed

God praat met ons en ons luister

Die tweede beweging van die luistersiklus is om te luister.

Skriflesing

Lukas 19:28-40

Woordverkondiging

Die héle Suid-Afrika vier fees

Mens is soms deel van iets wat jou opgewonde maak, maar waarvan jy die wonderlike gevolge nie kon voorsien nie.  Die uiteinde is soveel groter as die vreugde om deel te neem aan die aksie self.

Die Rugby-Wêreldbeker van 1995 was so ‘n ervaring vir baie Suid-Afrikaners.  Elke onderdeel was ‘n wonderlike ervaring vir Springbok-ondersteuners.  Dink aan die oorwinning teen Australië in die onvergeetlike openingswedstryd.  Al die hoogtepunte langs die pad.  Uiteindelik hou Francois Pienaar die beker hoog … en ‘n hele nasie juig!  Wie sou ook kon dink, soos die onlangse film Invictus dit uitbeeld, dat die héle Suid-Afrika sou feesvier?

Jesus se missie

Jesus is op ‘n missie, Sy passie is om in Jerusalem te kom.  Hierdie dringende reis na Jerusalem loop soos ‘n goue draad deur die Lukasevangelie.  Jesus moet in Jerusalem kom om die roeping uit te voer waarvoor die Vader Hom gestuur en die Heilige Gees Hom bekragtig het – die aflê van sy lewe aan die kruis ter wille van ‘n gevalle wêreld.

Sy volgelinge juig

As Hy by die stad aankom, bars daar spontane lofprysing onder Jesus se volgelinge uit.  Die reis kom tot ‘n einde, die bestemming is bereik.

Die “hele skare juigende volgelinge” doen wat by die aanskoue van so ‘n Koning pas: hulle “begin God uit volle bors prys” (19:37):

“Loof die koning,
Hy wat in die Naam van die Here kom!
Vrede in die hemel,
en eer aan God in die hoogste hemel!” (19:38).

Daarmee bring hulle die koninklike hulde aan Jesus waarvan Sagaria 9:9 reeds praat: “Jubel, Sion! Juig, Jerusalem! Jou Koning sal na jou toe kom.  Hy is regverdig en hy is ‘n oorwinnaar, hy is nederig en hy ry op ‘n donkie, op die hingsvul van ‘n donkie.”

En tog sou die skare eers later die volle betekenis van hierdie feestelikheid verstaan.  Hierdie was maar die openingstoneel van ‘n besondere week met diep en donker laagtepunte.  Die laagtepunte sou hoogtepunte blyk te wees.  Uit hierdie week sou daar vreugde en blydskap regoor die wêreld versprei.

Jesus op reis na Jerusalem

Hierdie fokus op Jerusalem is natuurlik iets wat van die begin van die Lukasevangelie af kom. Reg aan die begin, in die tempel in Jerusalem, herken die bejaarde Anna en Simeon in Jesus God se verlossing vir Israel (2:23-38). Op 12-jarige ouderdom is dit juis in die tempel in Jerusalem wat Jesus met die dinge van sy Vader besig is, tot verbasing van die skrifgeleerdes, en tot ontsteltenis van sy ouers.  En dit is opmerklik dat wanneer Jesus begin agterkom dat sy bediening in Galilea (die noordelike provinsie van Israel) voltooiing nader, stel Hy Homself in om na Jerusalem te gaan (9:51): “Toe die tyd nader kom dat Jesus in die hemel opgeneem sou word, het Hy vasbeslote die reis na Jerusalem begin.”

Hierdie reis na Jerusalem word as ‘n goddelike noodwendigheid uitgebeeld: Hy móét gaan.

Op pad gebeur daar natuurlik nog ‘n hele aantal wonderlike dinge, gesprekke, die uitsending van die 70 dissipels, ‘n hele aantal gelykenisse en leringe, genesings.  Maar dit word die hele tyd in ‘n konteks van hierdie reis na Jerusalem geplaas.  Telkens word daar gesê dat Jesus “op weg, “op reis” is.

Hierdie reismotief beteken dat ‘n mens toenemend begin wonder: Wat gaan gebeur?  En te vra: wat beteken dit vir my om hierdie Jesus-op-reis te volg?

En dan ry Jesus Jerusale binne, in die groot lydensweek, en word die volle betekenis van Jesus se roeping duidelik.  En kom ‘n mens agter, dat dit in die Lukas evangelie nie oor Jerusalem as sodanig gaan nie, maar oor Jesus en oor wat met Hom in Jerusalem sal gebeur.

Aan die een kant word Sy karakter, identiteit en roeping hier beskryf as die nederige, dienende Koning, as die lydende Messias. Hy is die Een wat in die Naam van die Here kom en hemelse vrede na die aarde bring.  Selfs die hemel beleef die vrede, soos die volgelinge dit uitroep.  Daarom swaai ons ook palmtakke en sing lofsange op Palmsondag.  Die uitkoms van die reis is ons hoop en ons vrede.

Aan die ander kant doen Hy dit deur die Paaslam vir sy volk te word; om in ons plek die straf van God te dra; om deur sy dood en opstanding vergifnis en nuwe lewe moontlik te maak.  Gee Hy Homself vir die diepste laagtepunt van ‘n menslike lewe, die dood, die dood aan die kruis.  En weet ons vandag dat die vreugde van die uitkoms Hom ‘n groot prys, die hoogste prys gekos het.

Jesus vorm reisgenote

Maar Lukas vestig nie net ons aandag op Jesus by sy intog in Jerusalem nie.  Hy fokus ook op die mense, die dissipels, wat saam met Jesus Jerusalem binnegaan.  In sy vertelling is dit die dissipels wat Jesus se lof besing op Palmsondag. In die ander evangelies word na mense verwys wat oppervlakkig Jesus se lof besing, maar binne dae teen Hom sou draai en sy kruisiging eis.  In Lukas gaan dit oor die dissipels, “die hele skare juigende volgelinge” (19:37) wat saam met Hom die stad binnegaan.

Vanaf die begin van die Lukasevangelie is Jesus immers doelgerig besig om dissipels rondom hom te versamel en so ‘n reisgeselskap te vorm.  Jesus roep sondaars as dissipels: Simon, wat eers vir Jesus sê, “Gaan weg van my af, Here, want ek is ‘n sondige mens.”, en die twee seuns van die donder, Johannes en Jakobus (5:1-11).  En Jesus roep tollenaars, Levi Matteus (5:27).

En wonder bo wonder, hulle laat alles agter om Hom te volg.  Uiteindelik kies Jesus ‘n binnekring van twaalf, wat apostels genoem word (6:13).  ‘n Kern van volgelinge word dus gevorm, terwyl daar ook ‘n groep ondersteunende vroue saam met hulle is (8:1-3).  Hierdie klein groepie volgelinge is alreeds die kern van die herstelde Israel wat Jesus op aarde kom skep het.  Maar dit word elke keer weer uitgebrei, soos met die uitstuur van die 72 dissipels, in hoofstuk 10, om, op Jesus se reis na Jerusalem, die evangelie oral, in elke dorp, en in elke laag van die samelewing te bring, sodat die vrede van God mense se lewens kan verander.

Op reis na Jerusalem word ‘n wyer dissipelkring dus gevorm wat Jesus se werk sou voortsit nadat die gebeure van Groot Lydensweek, nadat die sending van Jesus op aarde, voltooi is, ‘n groep mense wat Hom as Koning erken, Hom verheerlik, sy lof en heerlikheid oral waar hulle kom, uitdra, en as getuies leef van sy lyding, sterwe en opstanding.

En hulle kan nie stil gemaak word nie!  Anders sal die klippe dit uitroep.

Ons is Jesus se reisgenote

En dít is die evangelie vir vandag, die goeie nuus.  Want, Jesus gaan tot vandag toe voort om deur sy Woord en Gees dissipels te vorm.  Óns is deel van sy reisgeselskap.  Óns is deel van die skare volgelinge wat Hom as die dienende, lydende en verheerlikte Koning herken, en lof en eer aan Hom toebring.

Waar Jesus se sending hulle na Jerusalem geneem het, neem Sy reis saam met ons ons sedertdien weg van Jerusalem af, die wêreld in.  Dit is die hele punt van die Handelinge van die apostels, dat ons sy getuies moet wees “in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld” (Hand 1:8).

Op Palmsondag ontmoet ons dus vir Jesus by die poorte van Jerusalem, en ons besing sy lof.  Ons weet hoe daardie week geëindig het, en watter impak dit op ons wêreld gehad het.  Ons ken die seën wat Jesus gebring het. En ons verheug ons daarin.

Maar dit roep ons ook op om die reis met Jesus van Jerusalem af verder te onderneem en sy vrede na elke duimbreedte van hierdie wêreld uit te dra.

Gevorm tot ‘n gemeenskap van navolgers

Hoe doen ons dit?

Lesslie Newbigin het ‘n wonderlike waar ding gesê: “Jesus het nie ‘n boek nagelaat nie, maar ‘n gemeenskap van navolgers”, mense wat in die voetspore van Jesus volg.  Presies die tema wat ons in die laaste helfte van die kwartaal hanteer het: in die voetspore van Jesus.

Hy verduidelik dan dat ‘n gemeente die evangelie deur haar lewenswyse en haar getuienis oor Jesus se groot dade uitlê.  Ons interpreteer dit vir mense.  Ons wys vir hulle hoe dit werk.

En dit is hoe ons Jesus se boodskap uitdra.  In mense wat leef soos Jesus hulle geleer het,  herken en leer mense die betekenis van die evangelie.  Daarom is ons die manier waarop ons lewe en die wyse waarop ons teenwoordig is in hierdie wêreld so belangrik.

U ken daardie uitdrukking:  “Jou dade praat so hard, ek kan jou woorde nie hoor nie”. As ek myself ‘n dissipel noem, ‘n navolger van Jesus, moet my lewe wys dat ek inderdaad ‘n dissipel is.

Dawn Husnick, ‘n verpleegsuster, vertel van haar werk in die noodgevalle afdeling van ‘n groot Amerikaanse hospitaal.

“In my diensjare by Noodgevalle het ek Jesus daagliks sy koninkrykswerk sien doen deur ‘n groep van sy volgelinge.  Een dag staan egter bo al die ander uit … daardie dag het ek Jesus self gesien.”

Sy vertel dan hoe ‘n pasiënt opgeneem is wat walglik gestink het.  Kom ons noem hom Sakkie. Hy is vasgebind opgeneem, wat beteken het hy was gewelddadig of ‘n psigiatries onstabiele persoon. Nadat die dokter hom vlugtig ondersoek is, is bevind dat hy behoorlik gebad en met anti-bakteriële middels skoongemaak moet word.  Die opdrag was dat Dawn dit moet doen.

“Toe ek na Sakkie kyk, is ek oorweldig deur hartseer.  Hy was rusteloos en het omsamehangend gebrabbel deur sy dik baard en snor.  Sy oë was versluier agter sy lang, woeste hare.  Hierdie arme man het niemand gehad wat hom kon liefhê nie.  Wat sou in die verlede gebeur het om hom in hierdie toestand te laat eindig?  Niemand in Noodgevalle wou regtig na hom kyk, of hom aanraak nie.  Hulle wou hom, en sy gebroke lewe, ignoreer.  Eintlik wou ek ook, maar ek kon nie – ek het aangetrokke tot sy nood gevoel.”

Dawn besluit dat Sakkie in die wasproses vir tien minute lank die liefde van die Here sou ervaar.  Die wagte neem hom na die stort, wat sy, gevul met die Here se liefde, voorberei asof dit ‘n hotel is.  Hierdie vergete man sou soos ‘n koning behandel word.  Terwyl sy hare en liggaam gewas word, sy septiese voete geskrop word en sy naels geknip word, begin die skeptiese twee wagte verstaan wat gebeur, en begin heelhartig saamwerk.  Hulle gee handdoeke aan, en help Dawn met die proses.

“Terwyl ek sy voete doogvee, kyk ek op in Sakkie se oë.  Vir die eerste keer kyk Sakkie se oë in myne.  Vir daardie oomblik was hy by, sy oë wakker en sy gees helder.  Terwyl trane uit sy oë stroom, mompel hy ‘dankie’.  Op daardie oomblik het ek Jesus gesien.  Hy was daar, die hele tyd, daar waar Hy altyd gesê het Hy sal wees”:

“Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg … Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.'” (Matteus 25:35-40)

As reisgenote van Jesus is ons nie bedoel om noodwendig suksesvol te wees nie, in elk geval nie in wêreldse terme nie.  En die evangelie word nie uitgedra deur menslike prestasies, of ‘n kragtige vertoon of behoede ons, geweld nie.  Soos Jesus, is dit deur ons dienende teenwoordigheid in die wêreld dat ons draers van sy goedheid, liefde en herstel kan wees.  Dit is in ons diens aan die minstes wat die grootse boodskap van die evangelie versprei.

Ek sluit af

Dit is ons missie in die wêreld.  Ons is van Jerusalem af en vandag van Somerstrand af gestuur om draers van God se goedheid, sy liefde en die herstel wat Hy kan bring na elke huis, plek en werkplek te wees.

Ons neem so deel aan dinge wat groter eindig as wat ons ooit kan dink of droom.

Rugby-Wêreldbeker 1995 was ‘n wonderlike gebeurtenis.  Maar, in die duisende kleiner en groter dade van toewyding en eerbetoon aan die lydende Dienskneg, wat die vrede van God bring vir gewone mense, neem ons aan iets baie groters deel.  Ons neem deel aan die wedergeboorte van die wêreld.

God stuur ons om te leef

Gebed
Dankoffer
Slotlied

Lied 519 Wees stil en weet: Ek is die Heer – staan

Seën

Die Here sal julle seën en julle beskerm; die Here sal tot julle redding verskyn en julle genadig wees; die Here sal julle gebede verhoor en aan julle vrede gee (Num 6:24-26).

Amen

Lied 313 Amen – staan

Markus 10:35-45 – Volg in die voetspore van Jesus en jou lewe draai al hoe meer om diens – Son 14 Maart 2010

Jesus leer sy dissipels om te dien

Maar, en dit is belangrik, Hy weet ook dat daar mense moet wees wat sy werk sal moet voortsit. Daarom fokus Hy toenemend op hierdie pad na Jerusalem op sy dissipels en leer Hy hulle wat regtig belangrik is.

Hy het hulle eerstens geleer van God se Woord, wat dit regtig beteken en hoe ‘n mens dit moet verstaan, en tweedens hoe hierdie verstaan hulle geestelike gewoontes moet beïnvloed:

  • In Markus 2 het Hy hulle geleer oor hoe ‘n mens moet dink oor die geestelike gewoontes van die vas en die sabbat;
  • In Markus 4 het Hy gefokus op die Woord van God en hoe dit werk in mense se lewens met die bekende gelykenis van die Saad;
  • In Markus 7 het Hy met hulle gesels oor die verskil tussen die Woord se riglyne en die eiegemaakte reëls van die voorgeslagte, veral met betrekking tot die versorging van ouers.

Nou begin Hy egter fokus op hulle diensbaarheid, want dit is die volgende vlak van hulle geestelike groei: om te dien.

Jou houding teenoor besittings

En die belangrikste ding wat Hy hulle van diens moet leer, is dat alles gaan oor jou houding teenoor jouself, wie jy is, wat jy het, wat vir jou belangrik is, en in die verlengde daarvan, jou houding teenoor ander mense.

Die eerste les wat Hy hulle leer, is dat jy jou greep op jou besittings moet laat vaar

Ter illustrasie daarvan het Hy so pas in gesprek getree met die ryk jongman.  Jesus het die man liefgekry en ingenooi in sy dissipelkring, op voorwaarde dat hy ook nog afstand doen van sy besittings, soos die ander dissipels inderdaad ook gedoen het.

Dit het die jongman egter afgeskrik en bedruk laat weggaan, want hy het baie besittings gehad.  Sy besittings was vir hom te belangrik.  Hy kon nie insien dat hy goed kon doen daarmee deur dit te gebruik om ander, die armes, te dien nie.  Sy besittings was daar vir homself.  Sy besittings moes hom dien.  Hy was uiteindelik nommer een in sy eie lewe.  Sy hand was te vas geklem aan sy eie – daarom kon hy nie na die volgende vlak van geestelike groei vorder nie.

Die les het die dissipels egter al darem geleer, want hulle het immers gedoen wat die ryk jongman nie wou nie.  Hulle het alles verlaat en Jesus gevolg.

Jou houding teenoor jou eie belangrikheid

Die tweede les wat Hy hulle nou hier leer, is dat jy jou idee van jou eie belangrikheid moet laat vaar.

Die gesprek het al vroeër in Kapernaum begin waar die dissipels gestry het met mekaar oor wie van hulle die belangrikste is, waarskynlik onder andere weens die voorkeur wat die driemanskap, Petrus en die twee broers Johannes en Jakobus, die seuns van die donder, op die berg van Verheerliking gehad het.

Maar daar is meer werk nodig, want Jakobus en Johannes wil in hierdie versoek aan Jesus juis hoor wat hulle navolging van Jesus vir hulle kan beteken.

Hulle vra daarom of hulle nie in die komende koninkryk langs Jesus op sy troon kan sit nie.  Matteus het die interessante wysiging aan die vraag van Jakobus en Johannes deurdat hy dit in die mond van hulle ma plaas.  Sy kniel voor Jesus en vra Hom as ‘n guns dat hulle trone langs Jesus s’n sal wees.  Hulle is immers deel van die binnekring, sou ‘n mens namens haar wou redeneer!  Tog antwoord Jesus haar nie direk nie, maar praat direk met die twee dissipels.

Nou, om die gewig hiervan reg te kan verstaan, is daar drie dinge wat ‘n mens in ag moet neem:

1.      Hulle het alles verlaat, anders as die ryk jongman.  Toe Jesus hulle geroep het by die See van Galilea, het hulle hulle skuite en hulle besigheid net so gelos en agter Jesus aangegaan.  Hulle maak dus aanspraak op spesiale behandeling, want hulle het baie opgeoffer vir Jesus.

2.      In die tweede plek, daar was heel moontlik familie van Jesus.  Heelwat geleerdes dink dat hulle heel moontlik neefs was van Jesus.  Hulle ma, Salome, was heel waarskynlik ‘n suster van Maria, Jesus se moeder as mens Matt 27:56 en Joh 19:25 vergelyk.  Hulle maak dus waarskynlik aanspraak op spesiale behandeling weens hulle familiebande.

3.      Maar, in die derde plek, dink hulle miskien die meeste terug aan die spesiale ervaring op die Berg van Verheerliking.  Daar was hulle uitgesonder bo die ander dissipels om ‘n unieke ervaring mee te maak.  Jesus in gesprek met Elia en Moses.  Jesus wat van gedaante verander, en sy Goddelike natuur ten toon stel.  God wat met hulle praat oor Jesus en sê, dit is my geliefde Seun.  Luister na Hom.  So, dit is net natuurlik, dat hulle dink, dié ervaring kwalifiseer hulle vir spesiale behandeling in die koninkryk van God.

Nou, ons sal nie maklik kan aanspraak maak op ‘n familie verbintenis met Jesus nie.  Maar, ons kan dink dat ons spesiale behandeling verdien, as ons alles verlaat ter wille van Jesus, en as ons spesiale ervarings met Hom meemaak.

Ek weet, dat daar tye in my eie lewe was, wat daar ‘n versoeking was om te dink dat my ja sê vir die roeping van God op my lewe, en die feit dat ek ‘n lewe gekies het waar ek ook alles moes verlaat, en ‘n paar besondere ervarings, my laat kwalifiseer het vir spesiale behandeling.

Vandag dink ek daaroor heel anders – wanneer God jou uitsonder, is dit om eer aan Homself te bring, en neem die verantwoordelikheid toe om Hom te dien.  Dit neem nie af nie, of skeld jou kwyt van die nog meer nougesette pad van dissipelskap wat ‘n mens moet volg nie.

Maar wat my tref van Jesus se antwoord aan die twee seuns van die donder, Jakobus en Johannes, is sy deernis met hulle.  “Julle weet nie wat julle vra nie.” Kan julle die dinge doen wat Ek doen? Kan julle die lydensbeker drink wat Ek gaan drink? Kan julle die doop deurstaan waarmee Ek gedoop gaan word?  En daarmee verwys Hy na die kruis en sy dood.

En as hulle antwoord, dat hulle dit inderdaad kan doen, dan erken Jesus dit.  En die geskiedenis bewys inderdaad dat hulle getrou was hieraan:

  • Jakobus sterf volgens Handelinge 12:2 ‘n martelaarsdood aan die hand van koning Herodes, terwyl Johannes heel waarskynlik verban is na die eiland Patmos (Op 1:9).

Maar, Hy wys die behoefte aan spesiale behandeling af, deur te sê, dit berus nie by Hom om dié besluit te neem nie, maar by sy Vader.

Dit is egter ‘n bietjie te veel vir die ander dissipels.  Hulle is verontwaardig oor die twee seuns van die donder se wedywering vir bevoorregte posisies, moontlik ook omdat dit hulle in minderbevoorregte posisies sou plaas.

Jesus herhaal dan weereens sy lering dat dié wat eerste wil wees, almal se dienaar moet word, soos Hy inderdaad deur sy eie manier van lewe gewys het.

En dit is die sleutel tot ware diensbaarheid, en die volg in die voetspore van Jesus: om jouself nie hoër te ag as ander nie, om nie oor jouself as baie belangrik te dink nie, maar as een wat ander dien.

Hierna sou Jesus dié waarheid aan mekaar beklemtoon,

  • deur met ‘n donkie Jerusalem binne te ry (en nie met ‘n perd nie) – Markus 11;
  • deur te leer dat ‘n mens die keiser moet gee wat hom toekom (en nie in opstand teenoor hom kom nie) – Markus 12:13 vv;
  • deur die arm weduwee se gawe by die offerkis te prys (en nie die baie wat ryk mense gee nie) – Markus 12:41 vv;
  • deur Maria se salwing van Hom te prys (en nie toe te laat dat sy gestop word om eerder die salf vir geld te verkoop om vir die armes te gee nie) – Markus 14:3 vv;
  • en laastens deur Homself oor te gee aan die dood (eerder as om 70000 engele teen die Joodse Raad in te span met hulle veroordeling van Hom as onskuldige) – Markus 14.

Om die eerste treë van diens te begin gee

Wat nou?

Een van ons lidmate skryf in Biddend Luister die volgende oor haar begeerte om in Jesus se voetstappe te volg:

Ek sê vir Hom:

” Dis wat ek wil doen. Ek wil U volg en gaan waar U gaan. Neem my saam.”

En ek ervaar Hy sê vir my :

“Ek loop nie altyd op lekker en mooi plekke nie.

Ek loop tussen die Palestyne en hulle selfmoordbomme, ek sit tussen die vroue in Afganistan wat bedel agter hulle sluiers.

Ek loop in die vlugtelingkampe in Darfour waar daar nie eers joernaliste of hulpwerkers toegelaat word nie.

Ek loop in die stink gange van die tronke in Mauritanië en Viëtnam, in die sjebeens van Soweto, tussen die prostitute in PE-Sentraal, en die shacks van Rooi Lokasie en Walmer Township…”

En skielik voel dit so moeilik om Hom te volg. Ek sit dan so lekker hier in my huis, en dis so heerlik om stiltetyd te hou met die Bybel op my skoot, en ek sit gemaklik op die bank en kyk uit oor die tuin met die voëltjies, en dis so lekker om Jesus as my vriend te hê …

Wat beteken dit REGTIG om Jesus te volg? Is mens nie geneig om te bly by die lekker en gemaklike nie?

Hier kom die skrifgedeelte van Markus dan in van hierdie week …

“… die Seun van die mens het nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien.”

My gedagtes gaan dan na plekke waar ons / die gemeente kan dien (of reeds dien).

Ek dink aan Tandusana, of Hellenvale se sopkombuis, of die bosslapers, of Vistarus, die tronk ens … Ek weet van al hierdie plekke, maar was nog nooit daar nie, en weet ook nie presies wat daar aangaan nie, ek het net so ‘n halwe idee hoe dit daar is en watse behoeftes daar is.

Moet mens nie trips reël na sulke plekke toe en ry mense van die gemeente aan wat belang stel sodat ons kan gaan kyk. Dalk spreek die Here iemand aan om daar betrokke te raak, of gereeld te bid vir die plek. Amper soos die toere waarop die Nederlanders gegaan het. Ons het ook so iets nodig.

Luk 2:41-52 – Son 7 Maart 2010

Volg in die voetspore van Jesus en jou geestelike lewe verdiep

Toetrede, Verwelkoming, Afkondigings

Gebed om reën

Votum & Seëngroet

Toewyding
Ps 42:1 en 5
Lied 271
Ps 119: 7, 8, 14 (koor), 18

Doop

Kindertyd

Hoe praat babatjies?
Groot kinders?
Grootmense?

As Gr 7, juffrou vra vraag, antwoord soos baba?

Wie kan al skryf?
Self skoenveters vasmaak?

Mens groei – langer, slimmer – skoenveters, skryf,
ook in verhouding met Jesus groei. 
Anders soos baba wat nooit groot word –
langer, praat steeds soos baba,
kan nie self eet,
skoenveters vasmaak.
Hoe groei verhouding Jesus?
Wie onthou groeigoggas –
groei, omdat goggas groei!
Liedjie:
speel, werk, gaan elke Sondag na die kerk.
Om te lees uit die Bybel en te bid en te getuig,
dit laat ‘n groeigogga juig.

Is hoe groei:
Kerk toe, Kategese,
Lees Bybel, bid – as nie self kan, vra ouers te help.

Epiklese

Skriflesing Lukas 2:41-52

Preek

Begin, eers paar goed sê oor teks:

Jesus hier 12 jaar.
Op drumpel van volwasse – 13 jaar,
dan verwag wet ten volle onderhou,
al verpligtinge volwasse gelowiges nakom.

Weet min van Jesus kinderjare –
net geboorte,
hierdie een geval –
net in Lukas.
Lukas skryf vir Grieks-Romeinse gehoor,
antieke biografieë in hierdie tradisie
een verhaal uit kinderdae
op manier vooruitskouing na karakter van volwassene –
wat Lukas hier doen

Sien dat ouers – en daarom ook Jesus –
getroue gelowiges was.
Eks 12 & Deut. 16 opdrag jaarliks Pasga in Jerusalem vier –
Jesus familie elke jaar gedoen.

Aangesien reis gevaarlik,
mense in groot groepe gereis. 
Beteken ook nie direkte toesig van kinders nodig,
speel in groepies…
daarom eers aan einde van dag,
familie saam aandete,
agterkom Jesus nie daar.

Terugreis Jerusalem gevaarlik,
nou op eie.
Sommige beweer dís eintlik waaroor Maria ontsteld wanneer met Jesus raas.

Natuurlik belangrik dat Jesus na 3 dae vind – vooruit wys na ons Paasfees,
Jesus opstanding.
Maar ons besig reeks:  volg in voetspore van Jesus.
As in Jesus voetspore volg,
dan vir ons twee dinge relevant:

Eerstens:  hoewel Jesus God was,
leergierig:
waar Hy tussen die geleerdes sit
en na hulle luister
en hulle uitvra.
Jesus groei nie vanself gebeur,
Jesus geleer van God,
woord geleer,
tyd in tempel spandeer,
met geleerdes gesels.

Tweedens:
Jesus gegroei.
52  En Jesus het verstandelik
 en liggaamlik gegroei
en in guns by God
en die mense toegeneem.
Groei fisies,
intellektueel
sosiaal
én geestelik. 
Het julle al opgelet hoe vinnig kinders grootword?

Vandag kindertjies gedoop,
môre gaan skool toe,
oë knip, staan hier voor belydenis aflê.

Kort voor lank universiteit.
As weer kyk, getroud
en voor oë uitvee,
is jy oupa en ouma!

Hoor ouers gereeld daaroor praat,
veral wanneer kindertjies nog klein,
hoe vinnig grootword. 

Dikwels hoor sê:
wens kon net so groot hou!

Al ooit so gesê?

Maar gestel daardie wens word waar.
Gestel kinders hou op groei –
word nie langer nie,
verander nie,
groei nie.
Nie wens bewaarheid,
tragedie!
Van vreeslikste goed wat met kind – en familie – kan gebeur,
mediese kondisie,
kind ophou groei.
Dodelik! 

Dalk nie so ekstreem,
groei fisies,
maar bly emosioneel en sosiaal kind.
Ons noem dit:  onvolwasse.

Ook dit is tragies!
Mense onvolwasse bly,
verantwoordelikheid vermy,
wip wanneer nie hulle sin kry.

Gedrag wat in 3 jarige oulik is,
is in 13-jarige glad nie meer oulik nie.
Sal sommer vinnig sê:
Word groot!

Net soos wat fisies of emosioneel moet groei,
absoluut tragies nie meer groei,
net so nodig geestelik aanhou groei. 
Lees paar plekke in Bybel van hierdie tragiese kondisie,
gelowiges nie groei [Joernaal]:
1 Kor 3:
ek kon met julle nie praat
soos met mense wat hulle deur die Gees van God laat lei nie;
ek moes praat soos met wêreldse mense,
soos met kindertjies in die geloof in Christus.
2  Ek het julle met melk gevoed,
nie met vaste kos nie,
want julle kon dit nog nie verteer nie.
En julle kan dit ook nou nog nie verteer nie,
3  want julle is nog wêreldse mense.
Daar kom jaloesie en twis onder julle voor.
 Is dit nie omdat julle nog wêrelds is
en julle wêrelds gedra nie?

Hebr 5:11-6:1a
11  In verband hiermee
het ons baie te sê
wat moeilik is om aan julle te verduidelik,
aangesien julle so traag is om te leer.
12  Hoewel julle teen hierdie tyd
self reeds onderrig behoort te gee,
het julle weer nodig
dat iemand julle in die grondwaarhede
van die woord van God moet onderrig.
‘n Mens moet julle met melk voed
en nie met vaste kos nie.
13  Iemand wat nog van melk lewe,
kan nie saampraat
oor wat reg of verkeerd is nie,
want hy is nog ‘n kind.
14  Vaste kos is vir grootmense,
vir mense wat oor insig beskik
 en wat deur ervaring
geoefen is
om tussen goed en kwaad te onderskei.
1  Laat ons nie stilstaan by die eerste dinge
wat aangaande Christus verkondig word nie,
maar verder gaan
na die volle inhoud van die boodskap.

Kinders kaarte teen muur,
elke jaar meet hoeveel gegroei
(ons nie kaarte,
merkie teen deurkosyn).

Asof Lukas Jesus groei merk
met besoeke aan tempel!

Geestelike groei moeiliker te meet,
kan nie merkies maak,
sekere mylpale afmerk:
vandag het ek leer kruip,
vandag eerste woord gesê,
vandag leer loop. . .

Maar hoewel nie so maklik meet,
weet ons elkeen tog.
Weet wat in geestelike lewe aangaan,
weet hoeveel gegroei in laaste maand,
jaar,
jare.

Weet of vaste kos verteer – of melk,
of nog besig met eerste dinge van boodskap van Christus,
of al begin aanbeweeg na voller inhoud,
of optree soos wêreldse mense
of burgers van Koninkryk van God.
Of ons al self besig is om te onderrig
en of ons nog verwag dat ander ons onderrig.

Ons weet dit. 

Net soos wat babatjies met gereelde tussenposes geweeg,
teen hierdie tyd moet soveel weeg…
weet, teen hierdie tyd moet hier wees.

Hoe lank jy al gelowige?
6 maande?
6 jaar?
50 jaar?
Hoeveel het jy gegroei in hierdie tyd?
Waar behoort jy teen hierdie tyd te wees?

Ons moet geestelik groei!
In geloofslewe verdiep.
Wat gebrek aan groei ekstra tragies maak,
is dat groei nie stagneer nie –
dit gaan agteruit.
As nie geestelik groei,
dan gaan geestelik agteruit. 

Baie goed kan getuig as tekens van verdieping –
of tekens van gebrek aan groei.
Versigting te doen,
want baie nie,
nie so eenvoudig,
checklist –
sommige van ons van nature liefdevol, bv. 

So as doen,
dan nie hele lineaal teen meer,
nie self punt gee,
idee gee, makliker onderskei, oop vir Gees stem in jou:
Juan Carlos Ortiz,
tekens van nié geestelik groei,
nog geestelike babas, soos Paulus sê:

1.  Selfsug.
Soos kinders, “ek” altyd in middelpunt –
ook van geestelike lewe:
wat kry ek daaruit?  Wat beteken dit vir my?
Nie gee nie, maar ontvang. 

2.  Meer geïnteresseerd in gawes as vrug. 
Wil iets by God hê,
stel nie soveel belang in vrug dra, lééf volgens eise van woord. 
Wil  heel tyd hê God moet ons help –
gee vir ons dit, gee vir ons dat.
Volwasse gelowige weet hoe om te gee. 

3.  Materialisme

4.  Onbetrokkenheid
Volwasse gelowiges is diensbaar,
is êrens besig te dien:
sendelinge ondersteun, armes, mede-gelowiges swaarkry.
Onvolwasse, meer gefokus op hoe jý bedien kan word,
as om ander te dien. 
5.  Gebedslewe nie groei.
Gebede vandag bid,
nie veel anders as gebede 5 jaar terug,
10 jaar terug gebid.

Ortiz gebruik voorbeeld van hoe hy met sy vrou praat:
“Suster Marta, paar woorde sê.”
“Reg so dominee.”
“weet nie opgelet, voel anders oor jou as ander susters in gemeente…”

Na 12 jaar van getroud wees, kinders,
praat baie meer persoonlik met mekaar!

6.  Verveling
Verveeld met geloof, nie meer opgewonde oor wat kan leer en beleef
Vind kerk vervelig,
Bybel vervelig,

7.  Neem nie toe in kennis –
nog besig met ABC van geloof –
Hebr 6 lys:
bekering
leefwyse
geloof
doop
handoplegging
opstanding van dooies
en ewige oordeel
as melk. 

Kan natuurlik nog baie dinge noem.
Bybel praat van gedrag
kennis
ander leer.

Idee noem, nie te beskaam,
laat skuldig voel.
Hoop help elkeen van ons,
oop vir fluistering van Gees in ons,
eerlik self kan erken waar geestelik staan.

Want dán kan ons groei.
As weet waar is,
kan aanbeweeg,
kan in voetspore van Jesus volg
en geestelik verdiep. 

En dan eerste ding vir mekaar moet sê,
is dat geestelike groei nie vanself gebeur nie –
dit vra van ons dat ons werk daaraan. 
Dit vra dat ons gereeld “tempel” toe gaan
om te luister,
te vra,
te deel.

Daar is nie kortpaaie nie. 
Soek dikwels kortpaaie –
geestelike ervaring,
seminaar
Mighty men
boek,
DVD
sekere stel reëls
program of kursus…

Hierdie dinge alles goed,
tree op pad –
maar nie kortpad.

Geestelike groei neem tyd. 
Nie oornag,
nie vandag besluit:
gaan geestelik groei –
en dan môre geestelike reus.

Dit neem,
om waarheid te sê,
leeftyd –
altyd besig te groei,
altyd nog iets leer. 

Verg tyd & dissipline
1 Tim 4:7
Oefen jou liewer
 om in toewyding aan God te lewe.

Soos enige iets oefen,
al is daar nie kortpaaie,
tog sekere stappe kan neem.
Kan niks doen langer te word –
kan heelwat doen geestelik groei. 

Eerste, ons oor en oor sê,
wat week vir mekaar gesê baie tekens van groei in gemeente sien:
Besig met Woord.

Teks Here vanjaar vir gemeente gegee – Kol 3
Let the Word of Christ – the Message – have the run of the house. 

Rom 10:17
17  Die geloof is dus uit die gehoor,
en die gehoor is deur die woord van God.

Hoor Bybel in kerk – een van belangrike redes waarom Hebr 10:25 sê moenie van samekomste van gemeente wegbly. 

Hoor woord in kleingroepe – Bybelstusie, sel, dissipelskap – wanneer gelowiges saam oor woord besin.

Hoor woord wanneer self lees,
self bestudeer. 

Hier is voorbeeld van Jesus duidelik:
Het in tempel gebly,
mense opgesoek wat Woord ken,
self ook insig gedeel.

Om te leer wat God in verlede gesê en gedoen en belowe het,
om te leer wat God van sy volgelinge verwag –
dis eerste stap van geestelike groei. 

Baie hulpmiddels,
as voel kan nie op eie doen:
boeke
didage – Bybelskool, op pad met God,
dissipelskap-kursus
Kleingroep aansluit. 

Tweede stap is gehoorsaamheid.
Om te doen wat God van ons vra,
te leef soos wat Woord ons leer.
Interessant Paulus in Korintiërs oor gemeente se onvolwassenheid skryf,
praat van gedrag,
spesifiek jaloesie en twis.

Wanneer woord lees,
duidelik wat God van ons vra,
hoe wil hê moet leef –
nie net 10 Gebooie –
hoewel regtig basics is –
mag nie egbreek pleeg, iemand anders lewenstyl begeer –
is hele Nuwe Testament voorbeeld van lewe as gelowige.

Afgelope paar Sondae gepraat van dissipelskap,
hele tyd klem:  geloof en lewe hoort saam.
Dissipelskap beteken gehoorsaamheid,
doen wat God vra,
leef soos God sê.

Groei dan, ook gehoorsaamheid. 
Deel hiervan ook skuldbelydenis,
erken wanneer verkeerd doen,
skuld bely,
vergifnis ontvang ons in Christus het. 

Voorbidding

Dankoffers

Bestuursraad terugvoer – Frik

Slotlied Lied 541

Seën
Lied 178 (Dona nobis pacem)