Skip to main content

Joh 13:13-17 – So 28 Feb 2010

Volg in die Voetspore van Jesus …

en jou liefde vir ander groei

Skriflesing Joh 13:1 – 17

Teks:  Joh 13:13-17

Interessant in hierdie bekende gedeelte, is dat Mattteus, Markus en Lukas van hierdie gebeurtenis vertel as die instelling van die Nagmaal. Jesus gebruik die Joodse Pasgamaaltyd om te sê dat Hy die Lam is wat geslag gaan word om hulle uit die sondeslawerny te verlos. Die wyn en die brood wys van hierdie oomblik af dan na Jesus se bloed en sy liggaam.

Johannes laat die ete ‘n aand voor die pasgamaal plaasvind as ‘n ete saam met goeie vriende. Dit sou ‘n laaste maaltyd saam met vriende, saam met sy dissipels, wees. Jesus het geweet wat op Hom wag. ‘n Mens sou kon verstaan dat dit vir Hom ‘n emosioneel gelade oomblik sou wees. Die Johannes-evangelie beskryf hoe Jesus sy dissipels se voete gewas het, terwyl die ander evangelies net vertel van die instelling van die Nagmaal. ‘n Mens sou moet insien dat die voetewassing ‘n simboliese handeling van groot belangrikheid is. Dit was ‘n belangrike geleentheid vir Jesus, sy dae op aarde raak min, Hy moet nou vir sy dissipels die dinge sê wat nog gesê moet word. Dat hierdie simboliese handeling misverstaan kan word, is baie moontlik. Daarom vra Hy toe Hy klaar hulle voete gewas het, weer sy bokleed aangetrek het en weer gaan aansit het: Verstaan julle wat ek vir julle gedoen het?

Jesus wou ʼn baie spesiale boodskap by die Kerk inskerp, want in die eerste dae van die vroeë Kerk het die gevaar bestaan dat Jesus se opdrag van diens en diensbaarheid vergete kon raak. Die simbool van vriendskap en vreugde het gevaar geloop om te verander in ʼn instrument van oorheersing en mag. Jesus se dissipels het besonder intens meegeding om die eerste plek. Omdat Jesus dit goed geweet het, het Hy vir hulle en vir ons ʼn voorbeeld gestel: Hy het die voete van ander gewas, iets wat slawe in daardie tyd gedoen het. Dit het Hy gedoen in sy laaste ure van vryheid. Dit is wat Hy nog moes doen. ʼn Mens moet baie sterk wees om iemand anders op so ʼn manier te dien. Die slaaf is die meester en die lydende kneg is die Seun van God! Dit is en was ongehoord!

Die was van sy dissipels se voete wil vir hulle iets oor mag en die prysgawe daarvan, leer, oor die vernietigende verleidelikheid van mag wat nooit deel van die kerk moes gewees het nie. Maar as ‘n mens al die Vatikaanstad en die Vatikaan museums met al die skatte in Rome besoek het, dan kom ‘n mens gou agter hoe vinnig die kerk Jesus se boodskap vergeet het. En natuurlik nie net ‘n ver kerk in Rome nie, maar ook naby, hier by ons, orals rondom ons. Die werklikheid van mag en magsmisbruik in die wêreld waarin ons leef, is orals te sien, ook in alle kerke, op alle plekke.

Jesus se hele aardse geskiedenis is eintlik ‘n anti-mag storie. Kort na sy geboorte moes sy ouers al met Hom vlug omdat Herodes die mag gehad het om te bepaal om alle seuntjies onder twee jaar te laat doodmaak omdat hy bang was dat die Verlosser waarvan die wyse sterrekykers uit die Ooste kom vertel het, hom van sy mag sou beroof. Jesus word uiteindelik oorgelewer om gekruisig te word omdat die magte van daardie oomblik bedreig was deur sy optrede. Jesus laat dit toe, as hulle dink hulle wen, slaag, dan sterf Hy om mense te verlos, dan sterf Hy soos ‘n lam.

Continue reading

Matt 4:1-11 – Son 14 Feb 2010

Volg in Jesus se voetspore en . . .
jou karakter word gebou
Matteus 4:1-11
14 Februarie 2010

Verwelkoming
Reeks dissipelskap – Jesus volg, wat beteken.
Toetrede:
Kerk is nie huis van Here, Psalms wel, ons NT-gelowiges:  óns is Here woning,
Wanneer dus sing Here woning:  teenwoordigheid:
• Lied 158 Koor vers 1, gemeente vers 2-3 (staan)
Votum 
Vandag eerste Sondag Lydenstyd, dink Jesus lyding t.w.v. ons.
Praat oor dissipelskap, natuurlik ook implikasies vir ons.
Jesus gesê:
“die Seun van die mens moet baie ly,
deur die familiehoofde,
priesterhoofde en
skrifgeleerdes
verwerp word,
en Hy moet doodgemaak word,
en op die derde dag opgewek word.”
23  Toe het Hy vir almal gesê:
“As iemand agter My aan wil kom,
moet hy homself verloën,
elke dag sy kruis opneem
 en My volg,
24  want elkeen wat sy lewe wil behou,
 sal dit verloor,
 maar elkeen wat sy lewe om my ontwil verloor,
 sal dit behou.
25  “Wat help dit ‘n mens as hy die hele wêreld as wins verkry,
 maar homself verloor of te gronde gaan?
Lukas 9
Seëngroet
Aan almal in Somerstrand  wat aan God behoort
en in Christus Jesus glo:
Genade en vrede vir julle
van God ons Vader
en die Here Jesus Christus,
deur die werking van die Heilige Gees.

(Ef. 1:1-2)
Lofsang
Lied 168 (staan)
Lied 177 x2  (sit)
Lied 548 (sit)

Terugvoer: Corneille du Plooy

Kindertyd
Volgende paar weke praat oor dissipelskap.
Wie weet wat is?
See, in voetspore loop, soms spring?
Ook Jesus volg,
lees in Bybel hoe Jesus geleef.

Matt 4 lees Jesus versoek.
Wat beteken?
Jesus 40 dae in woestyn,
warm soos by ons,
Jesus honger.
duiwel sê:
verander klippe in brood.
Jesus geweet nie God wil, nie gedoen.

Partykeer jy iets wil doen weet nie mag doen –
dalk verstaan nie hoekom nie mag doen.
Reëls wat nie verstaan?
• hardloop skêr
• wys met mes
• sekere tyd gaan slaap
• agter op bestuurder spring
• van balkon in swembad spring
• hardloop swembad

Wil graag doen, kan nie verstaan hoekom nie,
wanneer Jesus voetspore volg,
dan doen ons regte ding,
al verstaan nie,
want behoort aan Jesus.

Gebed    :      Lied 271 vers 2 (sit)
Skriflesing
Matteus 4:1-11
 

Preek
Begin vandag nuwe reeks – volg in voetspore van Jesus.
Reeks dissipelskap –
gaan volgende week bietjie meer uitpak.
Feit is,
Jesus ons geroep dissipels te wees,
om hom te volg.
Vra van ons iets – vra meer as geloof.
Vra dat in sy voetspore sal volg,
waar dit ons ook al neem –
volgende week (belydenisaflegging) meer uitpak.

Vandag oor manier waarop karakter gevorm word wanneer Jesus volg.

Teks:  Jesus gedoop,
dan Gees lei in woestyn in,
word versoek.

Deel van hele 40-dae tradisie:
Moses vas 40 dae terwyl saam God op berg,
Elia vas 40 dae,
ons 40 dae vas lydenstyd, vandag begin.

Na 40 dae,
Jesus broos, kwesbaar,
word versoek.

Versoeking tradisioneel geïnterpreteer:
Om in beheer te wees
om skouspelagtig te wees
om magtig te wees.

Voetnoot, belangrik oplet:
versoekings lyk nie altyd soos versoeking,
nie soos Alice in Wonderland papiertjie op, sê:
versoeking.
Ons geneig versoeking só dink,
goed voor hand liggend verkeerd:
man verneuk, skelm besigheid.

maar versoekings dikwels baie meer subtiel.
Lyk goed, reg, dikwels logies.
Lyk op oog af niks verkeerd –
hoekom moet Jesus nie klippe in brood verander?
Kan.
Honger.
Sal geen skade doen.

Iemand sê meeste van tyd wanneer ons versoekings ingee,
dink is beste ding wat op daardie oomblik kan doen.

Einde voetnoot.

Teks werklik verstaan,
moet ons versoeking verstaan.
Term “versoeking van Jesus” misleidend.
Ons versoeking dink,
dink verleiding sonde te doen,
maar Grieks hier eintlik beter vertaal met “toets”. 

Binne OT tradisie van gelowiges wat getoets word:
Job,
dienskneg Jes 53.

Jesus versoeking tog ook vir hom geestelike ervaring –
in doop ontvang roeping,
in woestyn aanvaar roeping,
kies hy om pad te gaan God voor hom uitgelê.

So versoeking Jesus hier nie om een van klassieke doodsondes te pleeg,
maar om ander pad te gaan as pad God vir hom beplan,
Jesus reaksie op versoekings,
is instemming God te volg.

Wanneer Jesus dus versoek,
is vorming van sy verhouding met sy Vader,
leer om werklik op God te vertrou,
ook in moeilike situasie. 

Onthou,
op besondere manier word versoekings op ou end tog waar:
Jesus word self brood wat lewe gee,
Jesus word die tempel wat in drie dae afgebreek en weer opgebou word,
verheerlik op die berg,
regeer oor die aarde, regterhand van God, elke knie buig en tong erken:
Jesus Christus is die Here.

Maar wat hy hier gebied word,
is ‘n kortpad,
‘n makliker pad.

Langenhoven:  Pasop vir die kortpad.
daar moet ‘n rede wees waarom die lang pad nie daarlangs gaan nie.

Die lang pad,
pad wat vir Jesus voorlê, nie maklike pad.
Pynlike pad –
pad wat lewe gekos,
pad waarop selfs van God verlaat!

Hebr 5:7-8
Gedurende sy aardse lewe
het Hy aan God,
wat Hom uit die dood kon red,
gebede
en smekinge geoffer
met harde geroep
en met trane.
En sy gebede is verhoor
vanweë sy eerbiedige onderworpenheid aan God.
8  Hoewel Hy die Seun was,
het Hy deur alles wat Hy gely het,
geleer wat gehoorsaamheid is.

 

Jesus het gesê: 
Luk 9:
“As iemand agter My aan wil kom,
moet hy homself verloën,
 sy kruis opneem
en My volg,
25  want wie sy lewe wil behou,
sal dit verloor;
maar wie sy lewe ter wille van My verloor,
sal dit terugkry.

Dit is wat dissipelskap is.
Om jouself te verloën,
kruis opneem
Jesus volg.

Dink ons verloor juis dit dikwels uit oog:
dissipelskap kos iets.

Pad God ons laat loop,
dikwels nie kort, reguit, maklike pad.
Dikwels styl, moeilik.

Meestal verstaan ook nie hoekom hierdie pad.

Ongelukkig hierdie week iets gebeur
my gehelp om hierdie verhaal van Jesus beter te verstaan.

Weet nie wie van julle verhaal van Hettie Brittz se verkragting in koerant gelees?
(Koerante jok, mense in gemeente haar ken, waar).

Vertel hoe in huis aangehou,
hoe Here vir haar sê gaan verkrag word.

Aangrypendste egter hoe sy en Louis daaroor praat,
verwys na “battle scars in ‘n oorlog wat ons nie kan verloor nie.” 
Praat van hoe Jesus ook vir verkragter aan kruis gesterf,
oor tien jaar sal kan getuig oor alles wat hieruit voortgevloei. 

Ek dink dis skrikwekkend.
Maar dit help my vanoggend teks verstaan,
want dit is versoeking.

Kan verskillend reageer op hierdie versoeking:
wraak, woede, haat. . .
of vertroue op God.

Dink baie keer heg ons voorwaardes aan ons dissipelskap.
Miskien onbedoeld,
dalk selfs onbewustelik.

Veronderstel as God volg, sal goed gaan.
Sal beskerm wees teen gevaar.
Uitkoms finansies.
Siekte genees.

Die vraag is:
sal ons die Here bly volg,
al verloor ons alles,
al word ons bankrot verklaar,
al gaan ‘n geliefde dood aan ‘n siekte ons gedink God gaan genees,
al word ons wreed aangeval?

Op die ou end is dit die vraag van dissipelskap:
gaan ek opgee op God,
gaan ek my eie pad volg,
of gaan ek op God bly vertrou,
toelaat dat die versoekings en beproewings my vorm,
eerder as dat dit my opstandig maak.

Wie sy lewe wil behou,
sal dit verloor,
maar wie sy lewe ter wille van my verloor,
sal dit terugkry.

As Jesus ons vra om kruis opneem en hom te volg,
dan moet weet hy nie van ons iets vra ons nie kan doen.

Daarom kennis neem manier waarop Jesus versoekings hanteer,
wat hom gehelp staande te bly:

Eerste ding Jesus gehelp,
ek glo ook ons kan help:
Jesus geweet wie hy is.

Net voor versoeking,
gedoop,
stem uit hemel:
Dit is my geliefde seun,
oor hom verheug ek my.

Henry Nouwen sê is oortuig dat woorde “jy is my geliefde”
grootste waarheid wat daar is oor die mens.

As gelowige is dit ook waar van jou:
Jy is God se geliefde. 

Deur lewe, ook deur versoekings:
Jy is my geliefde seun/dogter.
Oor jou verheug ek my.

Wanneer dit weet,
kan enige toets deurkom,
enige versoeking oorleef.

Bepaal identiteit op grond van baie dinge:
Afrikaner
Vrou
Gen. X-er
Van Niekerk….

Kinderpinkster verlede jaar:
‘n man hou altyd sy woord.
Kind gaan deur lewe gaan, deel van wie hy is.

By Jesus leer,
is dat identiteit in God
bepalend is vir wie is.
Jy is my geliefde kind,
oor jou verheug ek my. 

Deel van Hettie Brittz storie,
net voor verkragting,
Jesus vir haar gesê:  Jy is my bruid.
Jy is my geliefde.

Wat ook al oor pad kom,
voel wil wankel, ingee, opgee:
Jy is God se geliefde.

Tweedens Christus Woord geken.

Waaroor reeks tot op hede gegaan – verdiep in woord.

Nie genoeg net woorde te ken – duiwel haal ook aan.

Woord verstaan deur Gees,
beide Luther & Calvyn beklemtoon Woord en Gees hoort saam.

Wanneer so verdiep in Woord, elke dag daarmee besig,
sal vind dat Gees jou aan Woord herinner wanneer in spesifieke situasies van versoeking kom.

Derdens, Jesus God geken,
veral:  geweet God plan het.

Versoeking natuurlik Jesus allerhande ander goed te vertrou,
Jesus vertrou God.

Kry reg om versoekings te weerstaan,
omdat grootste begeerte is om God wil te doen.
As begeerte mag of iets dergeliks was,
sou nie kon weerstaan.
maar grootste begeerte God wil doen,
en omdat God ken,
weet God plan het,
kan God wil doen.

Hebr 12:2:
Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was,
het Hy die kruis verduur
 sonder om vir die skande daarvan terug te deins,
en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.

Omdat Jesus geweet God plan het,
kon hy pyn – selfs van kruis – verduur.

As dus onthou wie God is,
God liefde is,
God plan het,
ons ook  help in ons versoekings.
Gebed 
Ps 51
U verwag opregtheid diep in ‘n mens se hart:
laat ek dan diep in my binneste weet hoe U wil dat ek moet lewe.
Laat my weer blydskap en vreugde belewe.
U het my verbrysel; laat my weer jubel.
Skep vir my ‘n rein hart, o God,
vernuwe my gees
en maak my standvastig.
Here, gee my die woorde om u lof te verkondig.
Die offer wat U wil hê, o God, is verootmoediging:

Gebed om reën     Lied 278 Koor 1x, gemeente 1x

Dankoffer
manier waarop afhanklikheid van God erken, steeds bid vir reën.

Slotlied:  Lied 505 gemeente verse 1, 2 & 3, koor vers 2
Seën

Kolossense 3:12-17 – Die Bybel is ‘n huis om in te woon – Son 7 Feb 2010

Verwelkoming

  • Vraelys – PowerPoint twee slides: Waar die skakel is en waarheen die skakel jou neem.
  • Simpatie – Ons innige simpatie aan Gerrit Venter, kinders en familie met die heengaan van Rita. Ons innige meegevoel ook aan Louis Marx, kinders en familie met die heengaan van Elizabeth. Ons bid vir julle die sterkte van die Here toe.

Toetrede

Lied 154 “Kom nou tesaam, laat ons vergader, één as sy kerk, één in sy Naam.” (gemeente vers 1 en 3, koor vers 2) sit

Votum

Seëngroet

Lofliedere

Lied 365 “Hoor die blye eng’lelied aan die Koningseun gebied: Vrede op aarde – God die eer – Hy daal tot die sondaar neer.” staan

Lied 373 “U, Jesus, eersgebore Kind, u lig sou bewe in die wind, dit flikker in die donker.” sit

Kindertyd

Hoe leer julle lees?
In Dolfyntjie skryf hulle mos julle name op ‘n bord en dan leer julle om dit te herken.
Kyk gou hierna: kan julle die naam herken? Rethie
En met die foto by?
Kom ons probeer nog een. Chris
En in graad 1 leer julle mos om prentjies en woorde met mekaar te verbind.
Ken julle die woord al? boek
En met die prentjie?
Kom ons probeer weer.  lyf
As ‘n mens dit genoeg doen, uiteindelik dan kan jy lees en verstaan wat jy lees!
En dan kan ‘n mens die koerant oopmaak en verstaan wat mense sê.
En jy kan ‘n boek lees en verstaan wat die skrywer sê.
En jy kan leer oor diere en dan kan jy ‘n dieredokter word.
Of jy kan leer oor mielies en dan kan jy ‘n mielieboer word.
En jy kan leer oor pype en water en krane en dan kan jy ‘n loodgieter word.
Dit is hoe die lewe werk – en alles is afhanklik daarvan dat ons kan lees.
Dit is net soos die Bybel ook werk.
Ons leer om die Bybel te lees.
Dan begin ons om te doen wat die Bybel sê, en
kort voor lank dan kan jy doen wat die Here wil hê jy moet doen.
En dan raak die Here vir jou alles in die lewe.
Hy raak soos ‘n huis waarin jy woon.
Hy bly by jou, Hy is lief vir jou, en julle kan met mekaar praat en
ons raak familie.

Gebed

Skriflesing

Dit is ‘n wonderlike gedeelte.

Hy gebruik eintlik die woordjie beklee in vers 12 om die gedagte van iets waarin ‘n mens woon of leef oor te dra: “Beklee julle dan … en dan volg die vyf goed wat hy sê waarmee hulle hulleself moet beklee:

1.      die 5 deugdes (meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig, verdraagsaam),

2.      die liefde vir mekaar (wat met sy geduld en vergifnis die hoofbestanddele is van die gemeenskapslewe wat onder ons moet heers),

3.      die Woord van God in al sy vorme (prediking, lering en onderrig),

4.      die liedere vir God in al sy vorme (psalms, lofsange en geestelike liedere), en

5.      hulle lewenswandel in die wêreld (wat ons sê of doen).

En die middelste mededeling – om die Woord in ons te laat woon – is die hart van die gedeelte, want dit is die bron waaruit die ander 4 opdragte hulle krag kry.  Alles word gekoppel word aan hierdie oproep dat die boodskap van Christus in sy volle rykdom in hulle moet bly, as’t ware in hulle moet woning maak, of anders gestel ‘n huis moet word waarin hulle woon.

Ons kan volgens God se riglyne leef as ons dit alles doen, waarvan ek vandag spesifiek gaan konsentreer op die 3de opdrag, om in die Woord te bly, dat dit ons huis word.

Kolossense 3:12-17

Woordverkondiging

Die Bybel is God se verhaal

Die Bybel is die verhaal van God.  Dit strek van die begin van die skepping af regdeur die geskiedenis tot by die verhaal van Jesus Christus.  En na Jesus se lyding, dood, opstanding en hemelvaart vertel die Bybel ons van die Gees wat deur die kerk die koninkryk van God laat kom.  En Johannes skryf ten laaste oor die nuwe skepping wat God belowe het vir almal wat in Hom glo.  Van begin tot einde is dit God se verhaal.

Dit is ook die evangelie.  Dit is die fondament van wat ons glo.  En dit waarom ons die Bybel die Woord van God noem.  Dit is Sy verhaal.

Dit leer ons op God vertrou

Hierdie Bybel nooi ons telkens uit om met hierdie verhaal, die verhaal van God, rekening te hou.  Dit nooi ons uit om te vertrou op God se nabyheid, sy beloftes, sy krag.  Dit nooi ons uit om sy wil te soek en te doen, en eerder met Sy onsigbare werklikheid rekening te hou as met dit wat ons rondom ons sien.  En dit nooi ons uit om te leef soos Hy van ons vra eerder as soos almal rondom ons leef.

Dit leer ons om anders as die wêreld te leef

In die Bergrede noem Jesus, byvoorbeeld, diegene gelukkig, geseënd wat agter in die tou staan, as ‘n mens volgens gewone wêreldse standaarde sou meet: die armes, die sagmoediges, die barmhartiges – want, sê Jesus, aan hulle behoort die koninkryk van die hemel, hulle sal die nuwe aarde ontvang, en aan hulle sal barmhartigheid bewys word.

Die ongelooflike belofte word aan reinhartiges gemaak, hulle sal God sien.  Die vredemakers sal kinders van God genoem word.  En dié wat vervolg word omdat hulle Jesus navolg, hulle sal hulle loon ontvang in die hemel (Matt 5:1-9).

Die Bybel leer ons om nie so besorg oor allerhande dinge te wees nie, ons nie so moeg te maak oor aardse goed nie, maar eerder ‘n skat na te jaag wat groter is as kos en klere en sukses en status (Matt 6:25-34).

Dit leer ons om anders as die wêreld nie te dink oor wie ons kan uitsluit nie, maar eerder oor wie ons kan insluit, soos die verhaal van die barmhartige Samaritaan ons leer.  Daar is niemand wat ooit in beginsel, van die begin af, uitgesluit word net omdat hulle is wie hulle ook al is nie.  Ons mag ‘n naaste word vir dié wat ons kan help op ons pad deur die lewe (Matt 22:34-40).

Want dié Bybel wat hierdie verhale vertel, is ‘n boek wat aan ons eie adres gerig is.  Dit sê vir ons: “Gaan en doen jy net so.”

Dit leer ons om ander met mekaar te leef

Net so fokus Paulus ons gedagtes hier in Kolossense op die manier waarop ons met mekaar moet leef in die gemeenskap van gelowiges.

Daar is 1) 5 deugdes wat God van sy uitverkore volk verwag:  meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig, verdraagsaam.

Hy wil hê dat ons 2) mekaar moet liefhê deur geduld met mekaar te hê en mekaar te vergewe as iets verkeerd gaan.  Dit is die hoofbestanddele van die gemeenskapslewe wat onder ons moet heers.

En die hart van hierdie gemeenskapslewe is om 3) op die Bybel te fokus, wat uitmond in 4) ons spreke met God in ons liedere en 5) ‘n lewe wat God se eer voorop stel.

Maar die belangrikste hiervan is die fokus op die Bybel, die middelste van die 5 bestanddele, want al die ander dinge hang daarvan af.

Hoe word die Bybel ‘n werklikheid?

Regdeur die eeue word hierdie Bybel op dieselfde manier vir ons die Woord van God as ons in drie eenvoudige stappe daarna luister: ons lees dit, ons dink daaroor na en ons leef dit. (Vgl Dirkie Smit se uitstekende weergawe hiervan in Neem, lees)

Ons lees die Bybel

Die lees van die Bybel kan eenvoudig wees (in jou stiltetyd), én baie kompleks (akademies: tradisie-histories of retories); dit kan alleen gedoen word én in groepe; dit kan inzoom op een vers of selfs een woord in ‘n ‘n vers, én dit kan die breë lyne probeer vasvat.  Dit kan in die kerk wees én in ‘n huis of saam met ‘n groep vriende.

Hierdie eerste stap bly die eerste liefde, die ding wat die vonk verskaf, waarvan alles afhang.

  • Soos Augustinus onder die vyeboom gedoen het in 439 toe hy die kinderstemme hoor sing het, Tolle lege, Tolle lege, Neem, lees, Neem lees, en ingehardloop het en in Romeine begin lees het – en sy hele lewe verander het.
  • Of soos Karl Barth in 1918 onder ‘n appelboom gesit en lees het en die Bybel vir hom, asof vir die eerste keer, oopgegaan het. En sy ontdekking het ‘n impak gehad in die Christelike wêreld wat enorm was, bv. met sy kommentaar op die (toevallig ook) Romeine brief, waarin hy weer sterk beklemtoon het dat God na ons kom, zenkrecht von oben, en nie maar net langs die weg van humanistiese ontwikkeling nie.
  • En laat ons nie vergeet van Luther wat ook in die Romeine brief die eerste ervaring gehad het dat die Bybel vir hom oopgaan, en hy God se genade in Jesus vir die eerste keer ervaar het.

As ‘n mens die Bybel só lees, dat die betekenis daarvan vir jou vasvang en dit die rigsnoer vir jou lewe word, dan word die Bybel vir jou soos ‘n huis om in te woon, ‘n wêreld waarin jy tuis kan wees en jou kan verheug, elke dag, ook vandag in die 3de millennium na Christus.

Ons dink na oor die Bybel

Die tweede stap van Bybellees is net so belangrik.  Dit is om die Bybel herhalend, en met groeiende nadenke te lees; om nie tevrede te wees totdat die betekenis daarvan vir jou oopgaan en jy die praktiese betekenis vir jou lewe daaruit kon haal nie.

En die nadink van die Bybel kan baie dinge insluit: dit kan meditatief wees met baie stilte en verwondering; dit kan akademies wees met baie vrae en met baie instrumente; dit kan in groepsverband wees of juis in ‘n oor-grense-luister, waarin nuwe perspektiewe vir jou oopgaan.

  • Ek sal nooit vergeet hoe ek in ‘n luister sessie met VGK dominees oor ‘n baie bekende teks gesels het, die verhaal van Jesus se verheerliking op die berg (dit is toevallig ook die tyd in die kerkjaar wat ons vandag vier!), en een van hulle my gevra het wat ek maak met die verskyning van Moses en Elia saam met Jesus op die berg; wat ek dink daar gebeur het. En toe ek sê, maar hulle het seker uit God se wêreld, die hemel, verskyn, het hy begin praat oor die wyse waarop hy oor die voorvaders dink vanuit ‘n Christelike perspektief, en hulle die “living dead” genoem. Geen sprake van aanbidding nie, maar net erkenning dat hulle nie opgehou bestaan het nie, en steeds ‘n rol kon speel.

Nou, dit bly steeds vir my ‘n vreemde konsep, maar ten minste iets waaroor ek begin dink omdat ek blootgestel is aan ‘n ander manier van dink oor die Bybel.  En dit beteken dat daar groter begrip vir mekaar kom, al bly die konsepte steeds vreemd.  En die toenadering in ons begrip het met die nadenke vanuit ander hoeke te make.

Ons leef die Bybel

Maar, dit moet altyd ook die derde stap insluit, om die Bybel te gaan leef, om te doen wat God in sy Woord van ons vra.

Soos Paulus hier leer in Kolossense, moet die boodskap van Christus, sy logos, in sy volle rykdom in ons bly. Dit beteken dat ons mekaar moet leer en onderrig met alle wysheid in die betekenis van die Bybel. En let op dat Paulus hier van drie verskillende vorme van verkondiging praat: prediking, lering en onderrig.  Nou, die punt is nie om dit noodwendig presies te gaan identifiseer en onderskei van mekaar nie, maar om te sê dit moet omvattend wees, en op verskillende maniere gedoen word.

Hierdie leef van en uit God se werklikheid sluit in dat ons met dankbaarheid in ons harte psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God moet sing. Weereens word drie vorme van sang genoem, om te sê dat daar ‘n verskeidenheid moet wees en dat dit regtig ‘n belangrike rol moet speek in die samekoms van God se mense.  Die Psalms sê nie verniet dat God woon waar die lofsange van sy mense weerklink nie.

Om die waarheid te sê, hierdie Woord se aanspraak op ons lewens is so omvattend, dat Paulus sê, “wat julle ook al sê of doen, sê en doen dit alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.”

En dit moet in die praktyk van die lewe geleef word.

Die leef van die Bybel is nie vanselfsprekend nie

Maar laat ons eerlik met mekaar wees.  Die leef van die Bybel is nie vanselfsprekend nie.  Dit bly steeds die moeilikste deel van die besig wees met die Bybel.  Ons sien dit alreeds in die verhale van die skares wat Jesus gevolg het, wat aanvanklik verwonderd was oor Hom en die wonders wat Hy doen, maar toenemend sy woorde moeilik gevind het om te doen, en uiteindelik gerebelleer het teen Hom en Hom verwerp en gekruisig het.

Die kruis het nie gebeur omdat die skares slegte mense was nie, maar omdat die navolging van Jesus toenemend moeiliker geword het, en hulle die prys daarvoor nie wou betaal nie. Sy woorde was in konflik met die huise waarin hulle gewoon het, hulle verstaan van wat belangrik is en wat nie.  En dan moet die een wat konflik vir jou veroorsaak uit die weg geruim word, nie waar nie, want hoe anders kry jy sy stem stil?

Vandag maak ons Sy stem stil deur in die eerste plek ons lees te beperk – ‘n vinnige blaai deur die Bybel vir ‘n teks wat ons opval, of nog erger net in ‘n dagboek te lees en glad nie meer die Bybel te hanteer nie.  In die tweede plek lees ons oppervlakkig, sonder om diep daaroor na te dink en die betekenis te laat insak in ons harte.  Gevolglik word ons nie uitgedaag om ons lewens te verander nie, want daar is nie diepte in ons nadenke nie.  En in die derde plek – en dit is die grootste gevaar – lees ons sonder om te doen.  Gevolglik verdwyn nie net die uitdaging van die Woord nie, maar die Woord self uit ons lewe, soos die Satan die Woord oppik uit ons harte.  Dit kry nie eers kans om wortel te skiet nie, laat staan nog om kans te kry om sy werk te doen nie.

Sommige teoloë het hieroor so sterk gevoel dat hulle half raadop voorgestel het dat die Bybel eerder verbrand moet word, want mense maak ‘n bespotting daarvan deur nie te doen wat dit vra nie.

Schleiermacher skryf op ‘n keer in sy dagboek dat hy dink die Bybelgenootskappe moet toemaak, en alle Bybels moet gekonfiskeer word en vernietig word, terwyl hulle sê: Here, ons doen liewer dit, en erken daarmee openlik dat ons tog nie van plan was of is om van die Bybel of uit die Bybel te lewe nie.  Ons wil nie in hierdie huis van die Woord woon nie.

Ook Thielicke, wat ons die beste ken uit sy boekie Die gebed wat die wêreld omspan, het soortgelyke gedagtes geopper omdat hy besorg was oor die kerk se geloofwaardigheid.  Die kerk vertel vir ander van die Bybel, maar doen nie self wat die Woord vra nie.

Ons leef die Bybel deur die Gees van God

Dit is waarom die werk van die Gees so belangrik is.  Dit is wanneer Hy ons vrymaak, ons harte sagmaak, laat reageer op die fluistering van die Woord in ons lewe, dat ons dit regkry om in die anderster wêreld van die Woord te woon, om daarvan ons huis te maak.

En dit gebeur wanneer ons toelaat dat die Woord ons begin lees.

Wat ek daarmee bedoel, is dat ‘n mens die Bybel moet lees totdat dit iets binne in jou begin roer, dat jy ervaar die sluier word van jou oë gelig en jy begin met God se oë kyk na jouself, na die wêreld, en na Hom en sy teenwoordigheid in die lewe, en jy daardie roering begin koester.

O, die wonder van só ‘n lees, waar jou lewe opgeneem word in die lewe van God, en Hy jou só vol maak van Homself dat jy eintlik deursigtig raak en God oral uit jou begin skyn.

Dan raak die Bybel regtig vir jou ‘n HUIS om in te woon.

Amen.

Gebed

Dankoffers

Koor: Ons vind ons krag in die Here – Vonkk 58.

Ouderlinge voorstelling

Slotlied

Lied 494 “Gelukkig is die mens wat op die Here bou, God self sal in sy nood sy hande om ons hou.” ( vers 1 en 3 almal, vers 2 koor) staan

Seën

Gemeenterespons

Lied 228 “Halleluja!” (koor 1x, en gemeente 1x)

2 Korintiërs 3:12-18 – Die Bybel is ‘n spieël wat ons verander – Son 31 Januarie 2010

Verwelkoming

REËN: Dit het ‘n bietjie gereën na ons verlede Sondag gebid het.  Dit het wel baie gereën in ander dele van ons land.  Ons moet aanhou bid, en ook bid vir dié wat geraak word deur die vloede. Ons het ‘n biddag vir reën môre by Waltonpark om 15:00.

HAÏTI: Ook vir die mense van Haïti.

DADAGÉ: Ons het ‘n groot klomp mense by Didage gehad dié week, meer as 50.  Die Bybelskool het ook nog 25 mense van oor die land wat via die Internet inskakel.  Ek wil jou uitnooi om dieselfde te doen.

  • Volg die Bybelskool in jou persoonlike stiltetyd of as ‘n sel of Bybelstudiegroep (een sel doen dit reeds).
  • Registreer net by die blog, dan stuur ek vir jou die leeslys en kan jy elke dag die bydraes lees en daarop reageer. Skakel op die Joernaal: www.ngkerksomerstrand.co.za/blog
  • En vir Bybelstudiegroepe sal ek ‘n gesprekraamwerk gee wat hulle in hulle sessies kan gebruik. E-pos my net daarvoor.

Toetrede

Lied 185 “Kom alle volke” staan (in kanon tussen koor, galery en kerkskip)

Votum

Seëngroet

Lofliedere

Lied 168 “Heilige Jesus, Heer van die here ” staan

Lied 340 “Kom ons loof die Jesuskind” sit (v1 en 3 almal v2 koor)

Kindertyd

Kom ons kyk na hierdie prentjie

Kyk stip (20 sekondes lank) na die vier kolletjies binnekant.

Maak nou jou oë toe.

Wat sien julle?

Net so, as ons lank kyk na die Bybel, dan laat die Bybel ons God se gesig sien.  En dan weet ons hoe Hy wil hê ons moet lewe.

Liedjie leer

“Lees jou Bybel, bid elke dag (x3). Lees jou Bybel, bid elke dag, want dit gee jou krag.

Want dit gee jou krag (x2). Lees jou Bybel, bid elke dag, want dit gee jou krag.”

Bybelgenootskap

Ds Ben Fourie

Gebed

Skriflesing

2 Korintiërs 3:12-18

Woorverkondiging

Vers 18: “Ons almal weerspieël die heerlikheid van die Here … ons word al meer verander om aan die beeld van Christus gelyk te word.  Die heerlikheid wat van ons uitstraal, neem steeds toe.  Dit doen die Here wat die Gees is.” ( vers 18)

Die ou Afrikaanse vertaling het dit helder vertaal: “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld …”

Ons het nou al twee Sondae oor die Bybel gesels:

  • Die Bybel is ‘n SAADKORREL wat ontkiem – God se Woord val op die grond van ons hart en ontkiem, en dra vrug. Op ‘n ongelooflike manier werk God die vrug in ons lewe, deur die werking van sy Woord in ons lewe.
  • Die Bybel is ‘n STEM in ons hart en mond – Ons lewe word daagliks bepaal deur ons luister na God se stem in die Woord. En dit is iets wat ‘n daaglikse werklikheid vir ons kan en moet wees.

Vandag wil ek gesels oor die feit dat die Woord ons lewens verander.  Dit is soos ‘n spieël wat nie net vir ons wys wie ons is, en wat ons nodig het nie, maar die krag het om ons te verander.  Die Bybel is ‘n SPIEËL wat ons verander.

Tolle lege

In die jaar 386, in Milaan in Italië, sit drie vriende en gesels.  Die een is Augustinus, ‘n beroemde professor in retoriek uit Noord-Afrika.  Die ander twee is sy twee vriende Alypius en Ponticianus.  Daar lê ‘n Nuwe Testament geskrif op ‘n tafel en Ponticianus vra vir Augustinus of hy ‘n Christen is.

Nou Augustinus se ma, Monica, het toe al jare reeds vir hom gebid, maar hy moes antwoord, nee, hy is nie ‘n gelowige nie; hy kom net nie so ver nie, eintlik omdat hy sy eie lewenstyl – ‘n gejaag na plesier en sukses – te liefhet.

Dan vertel Ponticianus vir Augustinus hoe hy onlangs tot geloof gekom het toe hy een van die woestynvaders, Antonius, se verhale gelees het, en hoe dié tot geloof gekom het toe hy in ‘n kerk gehoor het hoe daar uit die boek Matteus voorgelees is.  Dié woorde het Antonius só ontroer dat hy tot inkeer gekom het, en sy lewe dramaties verander het.

En Ponticianus het só onder die indruk van die krag van die Woord in die lewe van Antoius gekom, dat hyself ‘n volgeling van Jesus geword het.

Die gesprek en getuienis van sy vriend het Augustinus hewig ontstel.  Dit het hom opnuut verward en leeg laat voel, vol van verlange na die vreugde wat Ponticianus en Antonius in die Woord en in ‘n verhouding met Jesus ontdek het.

Hy het opgestaan en in ‘n tuin daar naby gegaan om alleen te wees.  Onder ‘n vyeboom het hy in trane uitgebars.  En dan hoor hy ‘n stem.  Êrens, daar naby, hoor hy ‘n kinderstem wat sing, dieselfde woorde oor en oor.  En hoewel hy nie kan uitmaak of dit ‘n seuns- of dogterstem is nie, kan hy die woorde van die liedjie duidelik hoor: Tolle, lege.  Tolle, lege. Neem, lees.  Neem, lees.

Dit is asof Augustinus weet die woorde is vir hom bedoel.  Hy draai om, gaan die huis binne, neem die Nuwe Testamentiese boek op die tafel en begin lees by Romeine 13:13 en verder.  En oombliklik is die Woord vir hom soos ‘n spieël, waarin hy homself sien: “Ons moet welvoeglik lewe soos dit in die daglig hoort.  Daar moet geen drinkery en uitspattigheid, geen ontug en onsedelikheid, geen rusie en jaloesie wees nie.”

En in die sien van homself, in alle eerlikheid skuldig aan alles wat die Woord sê nie in sy lewe moet wees nie, kom daar ‘n verandering, toe hy verder lees en agterkom die geheim van ‘n oorvloedige lewe lê in die afskeid van sy sondige begeertes, en die navolging van Jesus Christus ( vers 14).  En hy kom tot geloof in Jesus Christus, tot groot vreugde van sy ma.

En die res van die verhaal is vir ons bekend: Augustinus word waarskynlik die grootste denker en teoloog, nie net van sy eie tyd nie, maar van alle tye (verhaal in Neem, lees! van Dirkie Smit, p 231).

En deur die eeue sou dié ervaring hom telkens herhaal – Luther, Calvyn, Wesley – en tallose gewone mense.  Hulle word diep geraak deur die lees van die Woord, kom tot geloof, word deur die Woord versterk in hulle geloof deur die jare heen, soms radikaal soos met ‘n waterval of ‘n stroomversnelling en ander tye diepsinnig soos met ‘n al dieper vloeiende rivier.

Die Bybel is soos ‘n spieël

Die Bybel is soos ‘n spieël.

Elke keer as ons daarin kyk, sien ons drie goed raak: 1) onsself geteken in ons mensheid, sondigheid en gebrokenheid, 2) die wêreld en die lewe in sy verydeling en boosheid, en 3) die beeld van Christus wat ons nie net uitnooi om soos Hy te word nie, maar wat in die raaksien en die herkenning van wie Hy is en wat Hy bied alreeds ons menswees verander.

Die Bybel praat op ‘n paar plekke oor dié ervaring.

  • 1. In Jakobus 1:21-25 word veral gepraat oor hoe onsself sien in die spieël van die Woord. Ons kan nie wegkruip vir die prentjie wat die Bybel gee van onsself. Dit teken ons in ons sonde en onmag. Dit ruk ons en dit ontstel en bring ons by ‘n kruispad, ‘n ontmoeting met dié Een wat ons wil verander.
  • 2. In 1 Korintiërs 13 word weer gepraat van hoe ons die lewe sien. Ons kyk soos in ‘n spieël, ‘n dowwe spieël – spieëls van daardie tyd was nie so helder soos vandag s’n nie, want dit was van gepoleerde metaal gemaak – en verstaan nie alles nie. Maar, sê Paulus, een ding kan ons weet, en dit is dat die liefde die enigste ding is wat regtig saak maak, belangriker as die mees wonderbaarlike geestelike gawes, diepsinniger as die beste kennis en insig, en baie meer werd as die grootste opoffering wat ‘n mens kan maak. Dit troos ons, en nooi ons dus uit om in liefde teenoor en met almal te leef.
  • 3. Maar die toppunt vir my van al dié skrywes oor die Woord as ‘n spieël, is waar Paulus sê in 2 Korintiërs 3: As ons in die spieël van die Woord kyk, sien ons vir Christus. Ons sien in die Bybel, nie net hoe ons lyk nie, of hoe die wêreld lyk nie, maar hoe Christus lyk.

Die Bybel is soos ‘n spieël wat ons verander

Want, en dit is die verstommende manier waarop Paulus hierdie metafoor van die spieël aanwend, die spieël van die Woord keer volgens hom die normale orde van dinge om.  In plaas daarvan dat die spieël se beeld verander soos ek daarin kyk en ek beweeg of gebare maak – dit is soos normale spieëls werk toe ek laas gekyk het – verander die een wat voor die spieël staan om te lyk soos die prentjie wat in die spieël wys.

Die ou Afrikaanse vertaling het dit helder vertaal: “En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld …”

En nou weet ons, die een in die spieël is Christus.  Dit is die weerkaatsing wat ons in die spieël van die Woord sien.  En die een voor die spieël is ekself.  Dit is ek wat verander as ek lank genoeg kyk na die beeld van Christus wat in die Woord so duidelik vir ons geskets word.

As ons lank genoeg, en diep genoeg kyk in die spieël van die Woord, word ons algaande verander, stukkie vir stukkie – van heerlikheid tot heerlikheid, soos Paulus hier sê – om die heerlikheid van Christus te weerspieël.  Dit is asof die sluier van ons lewens afgehaal word, ons gebrek aan verstaan en begrip, en ons Hom al hoe beter kan raaksien.

Godskennis en selfkennis gaan saam

Calvyn het hieroor geskryf in sy bekende werk, die Institusie van die Christelike geloof, dat jy jouself net beter kan leer ken, as jy God leer ken – en dat jy net vir God regtig kan leer ken, as jy jouself beter leer ken.  Godskennis en selfkennis, sê hy, gaan saam, die een kan nie sonder die ander nie.

En hoe leer ons God (en onsself) ken?  In die spieël van die Woord, in Jesus Christus, want dit is die beeld wat die Bybel uitstraal.  Daarom kon Calvyn oor geloof praat en sê, geloof is: “to contemplate the face of God”.  Geloof is om ure lank in God se teenwoordigheid met sy Woord deur te bring, sodat ek Hom kan sien in die Woord, en die beeld van Hom my kan verander.

Ons word spieëls vir die wêreld

En die wonder gebeur, soos ons verander, word ons ook spieëls vir die wêreld, weerkaatsings van God se heerlikheid, wat sy genade, en sy liefde, sy vreugde, en sy vrede na mense uitstraal.  En soos mense na ons kyk, en in ons hierdie weerkaatsing van God raaksien, word hulleself verander – soos dit inderdaad gebeur het met Augustinus.  Sy vriend Ponticianus was vir hom soos ‘n spieël wat hom na die spieël van die Woord gedryf het, waardeur die verandering in sy lewe gebeur het.

Daarin is ons anders as Moses, wat wel verander het in God se teenwoordigheid, maar telkens as hy terug is in die gewone lewe, die glans verloor het.  Daarom dat hy dit weggesteek het vir die ander mense. ‘n sluier oor sy gesig getrek het.  Hy wou nie hê dat hulle sien die glans verdof nie.

Nou, Paulus skryf hieroor, nie net om ‘n mooi kontras met die lewe van Moses te teken nie.  Hy skryf nie hieroor net om ‘n literêre tegniek te gebruik om sy brief interessanter te maak nie.  Hy spreek ‘n fundamentele vrees by Christene aan. Dit is – ek weet mos wie ek is, ‘n sondige mens, iemand wat so baie tevore al verkeerde keuses gemaak het.  Hoe weet ek dat ek nie môre die Here weer in die steek gaan laat nie, dat ek ook maar soos Moses al hoe dowwer en dowwer sal raak totdat daar van die glans van Christus min oorbly nie?

Moet ek nie maar meer kere, soos Moses, die berg van ‘n retreat of ‘n byeenkoms wat my weer laat blink van die glans van die Here bywoon nie?  En sorg dat ek die inspuiting gereeld kry, sodat my dowwe gelaat kan bly blink nie?

Nou, moet vir geen oomblik dink dat die berg-ervarings nie belangrik is nie.  Sonder dit sou baie van ons wat hier sit nie hier gewees het nie.  En van tyd tot tyd het selfs die blinkstes onder ons dit nodig.

Ek onthou hoe die 3 ervarings wat ek nou al by Willow Creek en in Madison County by die Benediktynse klooster met John Ackerman se spiritual direction gehad het, my lewe verander het.  En ek is só bly dat dit gebeur het en dat dit ‘n blywende effek in my lewe het.

MAAR – dit verdryf nie die vrees nie!

Dit doen die Here wat die Gees is

Daarom dat Paulus hier sê: “Dit doen die Here wat die Gees is.”  Dit is Hy wat die heerlikheid wat ek uitstraal, laat toeneem.  Hy maak ons vry om God te kan hoor en gehoorsaam.

Dit is net die Gees wat my vrees kan verdrywe.  Want Hy maak my lewe vol van die krag van God, van God self.

Maar, hoe doen Hy dit?

Dit gebeur in my daaglikse besig-wees met die Woord

Dit gebeur in my daaglikse besig-wees en bly met die Woord van God.

Hoe mooi sê Peterson dit nie, in daardie vers wat ‘n motto vir ons gemeente begin word: ““Let the word of Christ – the Message – have the run of the house.  Give it plenty of room in your lives.  Instruct and direct one another using good common sense.  And sing, sing your hearts out to God!” Kol 3:16 in The Message.

  • Dit is uiteindelik nie die berg as sodanig wat my of jou verander nie. Dit is die God van die berg.
  • En dit is ook nie die bediening van ‘n Bill Hybels of ‘n John Ackerman wat jou in die eerste plek verander nie. Nee, dit is die God van wie hulle jou vertel, wat jou lewe verander.
  • En daarom, dit is nie die berg wat jou verander nie – ‘n mens kan tog nie altyd daar bly nie – dit is die Woord van God wat jou verander.

Daarom, die uitdaging:

Lees jou Bybel, bid elke dag – want dit gee jou krag.

Gebed

Dankoffers

Koor: Skuil by die Vader (Vonkk 53)

Slotlied

Lied 353 “Die Heiland is gebore, soos eeue reeds voorspel staan

Seën

Gemeenterespons

Lied 228 “Halleluja!”

Rom 10:8-13 – Die Bybel is … ‘n stem in ons hart en mond – Son 24 Jan 2010

Verwelkoming

  • BIDDAG VIR REËN: Maandag, 1 Februarie om 15:00 ‘n biduur vir reën by Waltonpark
  • HAÏTI NOODLENIGING- Verskeie mense het navraag gedoen of die NG Kerk by die verskriklike ramp wat Haiti verlede week getref het, betrokke is en hoe gemeentes daarby kan inskakel. Drie maniere:
    • Project Caritas: (administered by the Southern African Catholic Bishops’ Conference)
    • Beyers Naude Special Fund: (administered by the South African Council of Churches).
    • Rooikruis Internasionaal het ook vroeër die week ‘n persverklaring vrygestel waarin hulle organisasies en individue oproep om by te dra.

Votum

Seëngroet

Lofliedere

128 – Geseënd hy wat handel soos God wil en Hom vrees – staan

342 – O Jesus, ons Heer, U het ons verbly – sit

Bediening van die doop

293 – Vers 1 voor die doopbediening en vers 3 daarna

Kindertyd

  • Ons luister na verskillende geluide. Ek wil hê julle moet dit probeer identifiseer.
  • Geluide (Bokke, Bye, Kinders, Krieke, Leeu, Olifant, Paddas, Uil, Wolwe).
  • Hoe hoor ons vir God?
  • God praat deur sy Woord en deur sy Gees. Dit is soos sy eie stem.

Gebed

Skriflesing

Romeine 10:8-13

Woordverkondiging

  1. Een van die belangrikste Godsbeelde wat ons het, is dat God met ons praat. Hy roep, deel mee, onderrig, waarsku, leer, belowe, beveel, vertroos.  Die Bybel begin in die derde vers van Genesis met die woorde: “Toe het God gesê …” en eindig in die vyfde laaste vers van Openbaring met: “Die Gees en die bruid sê: …”
  2. Dis die diepste belydenis van die Christelike kerk. Daar is niks meer fundamenteel, niks dieper as dit nie.  Ons het in ons geloof ten diepste met die lewende, persoonlike God self te doene.  Ons leef coram Deo, voor die aangesig van God self, dié lewende God wat vandag met ons praat deur sy Woord en sy Gees, asof met sy eie stem.
  3. En hierdie God praat met ons veral deur die Bybel. Dit is nie nodig dat ons probeer om op te klim na die hemel nie – Jesus het immers al reeds mens geword hier op aarde.  Dit is nie nodig om die grens na die dood oor te steek om Christus as’t ware daaruit te bring om ons God se woord te vertel nie.  Nee, Hy het reeds opgestaan, en Hy leef om die woorde van God, die woorde wat ons opgeteken het in die Bybel, aan ons te bring.
  4. En hierdie woord van God word ‘n stem in ons lewe, in ons hart en in ons mond. Waar ons stil raak en begin luister na God, sy Woord soos ‘n saadkorrel in die grond van ons harte druk, spruit die lewe van God in ons uit.
  5. Ek onthou die eerste keer dat dit vir my ‘n werklikheid geraak het. Ek was 12 jaar oud in graad 7.  My ma het stiltetyd gehou met ons, en gelees uit Rom 8:16: “Die Gees wat aan julle gegee is, maak julle nie tot slawe nie en laat juille nie weer in vrees lewe nie; nee, julle het die Gees ontvang wat julle tot God laat roep: “Abba!” Dit beteken Vader.”  Ek onthou hoe die woorde in my hart geplant is en ek in trane uitgebars het van ontsag vir dié God wat ook my Vader is.
  6. En so het ek met ‘n reis met die Bybel begin, of beter gestel, met ‘n reis met God waarin die Bybel ‘n baie belangrike rol gespeel het.
  7. Dit is waarom die Bybel so ‘n ongelooflike belangrike plek in ons geloofslewe inneem. Daar is eintlik niks belangriker as dit nie.  Nie om die Bybel te aanbid nie, want dit is ook net ‘n boek wat met letters op papier geskryf is.  Maar om in die Bybel die lewende woorde van God te hoor, en daarop te reageer.
  8. Want dit is wat gebeur as ons na die Bybel luister.  Ons hoor daarin die woorde van God, woorde wat lewe gee, woorde wat troos, woorde wat insig gee, woorde wat vreugde gee.   Ons hoor daarin die woorde van God.
  9. Dit is waar van die Bybel, die tema vir die eerste vier weke van hierdie kwartaal, maar dit is ook waar van die prediking van die Woord. Die prediking is ook die lewende stem van God, die viva vox evangelii, die lewende stem van die evangelie.  Ons kan immers nie glo en bely as ons nie van Hom gehoor het nie.  Ons kan nie hoor as iemand ons nie vertel nie.  En soos Paulus sê, niemand kan vertel sonder dat hy of sy nie gestuur is nie.  Daarom is dit so belangrik dat Christus verkondig word, tydig en ontydig, deur klein en groot, ryk en arm, predikante en lidmate.
  10. Dit is die goeie nuus van die Nuwe Testament – soos ons in Romeine 10 van lees – dat God praat, en dat die woord van Hom naby ons is, naby ons gekom het, om die waarheid te sê, in ons mond en in ons hart is.
  11. As ons dit bely, d.w.s. daarmee saamstem, dit saam-sê, dan word ons gered en sal ons nooit teleurgestel word nie, ongeag wie ons ook is of mag wees. Daarom kan niemand wat hom- of haarself ‘n Christen noem, dit in stilte of in die geheim wees nie.  Christenskap is nie net ‘n saak van die hart nie – dit is ook ‘n saak van die mond. Soos God se Woord ‘n stem in ons hart word, moet dit ook ‘n stem in ons mond word.  Ons moet dit bely, daarvan vertel, en in die vertel word die werklikheid van God se teenwoordigheid in ons lewe bevestig.
  12. Maar, en dit is die punt van vandag se prediking, dit is nie net ‘n eenmalige gebeurtenis nie! Paulus haal hier immers vir Deut 30:12-14 aan, wat ook in dieselfde terme oor die woord van God praat wat naby is.  Moses het vir die volk die woorde van die lewe voorgehou en gesê: “14 Die gebod is baie naby aan jou, jy kan daaroor praat, jy ken dit, jy kan daarvolgens lewe.”  Dit wil sê, die Woord red nie net eenmalig nie.  Dit word die woorde waarvan ons lewe, die stem van God, wat ons begelei en voed en stuur.
  1. Geen wonder dat Jesus in die woestyn in sy konflik met die duiwel elke keer na die Woord van God sy toevlug neem. En elke keer as die versoeking kom, is die woord van God daar om te gebruik, wat Jesus in staat te stel om die lewe te kies. “Daar staan geskrywe” sê Jesus vir die duiwel, ”‘n Mens leef nie net van brood nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom” (Matt 4).
  2. Maar, en dit is belangrik, alles hang af van die HOOR van God se Woord. Ons moet ook kan sê, soos Jesus, daar staan geskrywe. Daar is geen manier waarop ons die lewe van Jesus kan lewe, sonder dat ons lees wat Hy gelees het nie.  Jesus se lewe was ingebed in die luister na die Woord.  Daarom kon Hy die antwoorde gee wat Hy gegee het.  Daarom het Hy wysheid gehad en kon Hy die regte woord op die regte tyd spreek.  Hy het eers geluister, en toe gepraat.
  3. Baie mense verstaan dit natuurlik nie.  Ons leef in ‘n tyd dat mense vir hulleself ‘n wet geword het. Hulle besluit self wat om te glo en wat nie.  Ons luister na ons eie stem en ons eie keuses en ons eie wil – en uiteindelik na niemand of niks anders nie.  Ons leef in ‘n tyd waar ander stemme van hulle gesag gestroop is, en selfs as ons nog verkies om die woord “god” te gebruik in ons luister, praat ons eintlik maar net van selfgesprekke.
  4. Ons het nodig om weer God se stem te ontdek – te leer luister. Soos Jesus.  Ek doen net wat Ek die Vader sien doen.  Ek het gekom om Sy werk te voltooi.  Jesus se werk het doodgewoon voortgespruit uit wat Hy gehoor het. Elke keer wat Hy moes praat, of moes optree, of die 12 apostels moes aanwys, het Hy eers met God ‘n ontmoeting gehad, buite in die veld, alleen in gebed, op soek na die woorde van God wat lewe bring.
  5. Hoekom?  Want dit is hoe dit werk!  Die stem van God bring genesing, bring herstel, bring lewe. Die wonder lê nie net in die feit dat God praat nie, maar in wat Hy sê – dit is woorde van vernuwing, van genade.  En die wonder lê daarin dat die hóór van die woorde van God self die heling bring.  Die Woord van God is kragtig in sigself.  Dit is uit die hoor van dié Woord wat ons lewe.
  6. Ek dink ons moet regtig bestek opneem vandag. Daar is niks belangriker vir jou in hierdie jaar as om erns te maak met die Woord van God nie.  Niks!  En dit is nie net omdat navorsing bewys dat Bybellees die primêre faktor in geestelike groei is nie, die sogenaamd “vanilla faktor”, meer belangrik as enige ander faktor nie.  Dit is omdat die lewende God jou uitkies om met jou te praat – en dit die enigste ware manier is om die lewe in oorvloed te kan hê.
  7. Hoe doen ons dit?
  8. Ons luister in die eerste plek daagliks na wat die Heilige Gees sê: :”Vandag, as julle sy stem hoor” … luister, gee af, gee gehoor (Hebr 3:7). Hy is die een wat jou insig gee, wat jou ‘n behoefte laat kry om die Woord te lees, wat jou bewus maak van ‘n gemis in jou lewe, wat jou gewete aanspreek, wat deur allerlei gebeure met jou praat.  Hy is ook nou weer besig met jou.  Luister dan.
  9. Dit het te make met persoonlike stiltetyd.  Die blote feit dat jy dit hou, is alreeds ‘n verandering. Soos my lewensmotto is: Elke bestemming begin met die eerste tree.
  10. Storie van die stryd tussen die koerant en die Bybel in my eie lewe.
  1. Ons laat in die tweede plek toe dat hierdie Woord sy werk doen, die Woord wat lewend en kragtig is, skerper as enige swaard met twee snykante, wat deurdring selfs tot in die diepste binneste van ‘n mens, en die bedoelinge en gedagtes van die hart beoordeel.  On luister, ons oordink, ons vra, ons worstel, ons vier, ons deel dit met ander.  As God met ons praat, word alles immers blootgelê en word ons van binne af verander.  Dit is die lewende Woord van Jesus, wat met ‘n ongelooflike ryke verskeidenheid van perspektiewe jou lewe wil vernuwe.
  2. Storie van die melaatse man in Markus 1:40 wat my aangespreek het: “As U wil, kan U my gesond maak.”  Guelich sê hieroor:

“By addressing Jesus at the level of his will rather than his ability, the supplicant believingly acknowledges that Jesus’ ability or power (δύνασαι) correlates with his will (σέλῃς). Thus, his request arises out of his confidence rather than doubt in Jesus’ ability to heal him.”

  1. En dit is nooit net persoonlik nie.  Ons is mense van die Woord, ons lewens word bepaal deur die Woord, ons gemeenskapslewe word saamgebind deur die Woord.  Daarom is daar niks meer belangriks as dat ons ook saam luister na die Woord.
  2. Waar?
  3. Die erediens is ‘n goeie plek om te begin.   Hier luister ons saam, en word ons verenig met een gesamentlike woord vir die week. Ons lewens word daardeur saamgesnoer en saamgebind.
  4. Maar saam luister met ander gelowiges is net so noodsaaklik – ons kan nooit volledig luister sonder ander nie.  Die dagstukkies in die Joernaal en op die web is ‘n goeie aanknopingspunt.
  5. En ons Kleingroepe is ‘n noodsaaklike saamluisterplek: Bybelstudiegroepe, selgroepe, dissipelskapgroepe, diensgroepe.
  6. En ons midweek geleentheid is ‘n ander baie belangrike geleentheid.  Didage: Bybelskool, Bybelvaardighede, Op pad met God, dissipelskap en die Alpha Huwelikskursus.
  7. Maar in die derde plek, ons luister eers regtig, as ons begin om te doen wat die Woord sê. Daarom dat Romeine sê, dit is in die glo (hart) EN bely (mond) wat die Woord ‘n mens red.  As ek luister, en nie doen nie, bedrieg ek myself en is ek soos die grond waarvan ons verlede week gehoor het, dat dit die groei van die saad kortwiek.
  8. En in die luister kan daar wonderlike dinge gebeur, as ons bereid is om die risiko te neem om God te vertrou.
  9. Storie van Marietjie en Johann McFarlane met die stigting van die skool in Jeffreysbaai: Global Challenge Academy. Ek het hulle storie volledig op die Internet by die preek geplaas (Kruispaaie waar die stem van die Here ‘n absolute ‘lifeline’ word en Die begin van Global Leadership Academy op Jeffreysbaai).  Hier is net ‘n kort uittreksel:

1. Hulle is betrokke by ‘n organisasie Global Challenge Expeditions (GCEX), wat jongmense op reise oral oor die wêreld te stuur om diens te lewer.

2. 2 jaar gelede het hulle begin dink oor hoe om die jongmense wat terugkom te gebruik. Omdat meeste opleiding het, het die gedagte van ‘n skool na vore gekom.

3. In Augustus verlede jaar was die gevoel dat hulle van die Here ‘n mandaat moes kry, en het so 20 van hulle ‘n retraite gehou om die wil van die Here te soek, en daarna was die algemene gevoel positief.

4. Een persoon sien daarna die Equinox Mall wat net 50% beset is, en gaan praat met die agent. Hulle bied toe eers die middelste deel van die Mall aan teen ‘n baie billike huur.

5. ‘n Ontwikkelaar van Rustenburg laat weet dat hy die huur sal borg.

6. Maar een van die groep bly egter sê dat die deel wat hulle kan kry, nie goed genoeg is nie, en sit haar kop op ‘n ander deel, waarin die winkels voltooid is. Die agent sê daar is geen kans dat die eienaars dit vir ons sal gee nie.

7. Hulle begin die skool bemark, en spandeer baie geld, sonder dat daar iets tasbaars op die tafel is.

8. Op die 25ste November bereik hulle ‘n doodloopstraat met die agent van die Mall, en voel hulle weer by ‘square 1′.

9. In hierdie vergadering is daar ‘n verteenwoordiger van die eienaars, ‘n christen, en hulle ervaar ‘n openheid by haar vir die projek.

10. Die volgende dag bel die agent en sê dat hulle elf winkels (waarvoor daar geen verbouings nodig is nie) vir nog steeds dieselfde huur kan kry.  Dis presies die gedeelte wat die een persoon die hele tyd oor gepraat het, gebid en gevas het (‘against all odds!’).

11. Hulle ervaar die vreugde van mense wat deur ‘n toetstyd, ‘n absolute wonderwerk beleef.

12. Op die 13de Januarie open die skool met 82 kinders en 16 onderwysers, met omtrent 300 mense wat opdaag om die wonderwerk eerstehands te aanskou! Hulle staan verslae en verwonderd oor die ongelooflike goedheid, getrouheid en almag van die Here.

Gebed

Dankoffers

o   Didage

o   Willow Creek – Spiritual Life Survey

Slotlied

492 -In U is vreugde, vrede en vreugde – staan

Seën

Amen

314

Matt 13 – 17 Jan 10 Die Bybel is ‘n saadkorrel wat ontkiem

Video-snit:  Despereaux

Votum & seëngroet
Desperaux gehoor boek met hom praat
oor goed soos
waarheid en
geregtigheid,
mal oor alles.

Ps 119 in Bybel vra:
hoe kan jongmens
sy lewe skoon hou?
Deur hom te hou
aan God se woord!

Bybel is boek wat met ons praat,
vanoggend hier saam na Bybel te lees,
dan God ook hier,
daarom groet in God naam:
genade en vrede vir julle!

 Verwelkoming
Desperaux storie geniet,
ons voorreg:  het boek God self geskryf,
God self praat.
Maak ons bly,
daarom sing:

Lofsang               
Flam 21:1 (staan)
My B-Y-B-E-L (x2) (Staan)
Lied 177 (sit)

Gebed
Video van saaier (sonder aankondiging(

Skriflesing  Matteus 13:1-9, 18-23

Preek
Leer uit hierdie gedeelte in Bybel:
God soos boer, praat met ons in Bybel,
Woord soos saad in lewens saai.

 Wat moet met saad gebeur?
 Al gesien?
EERSTE POT
Soms hoor,
harte soos klipharde grond.

Te besig met ander goed,
nie tyd Bybel lees.
Al goed moet doen,
soos voëls wat saad kom oppik –
saad kry nie eers kans worteltjie te begin skiet.

Weet moet Bybel lees,
maar nie lus –
ander goed belangriker,
lekkerder.
Dink sal later,
as tyd het
of lus het,
Bybel lees.
Wanneer daarby uitkom.

Vanaand te vaak,
as lees, weet nie wat gelees.

Selfs as in kerk sit,
dink wat vanmiddag gaan doen,
gister gedoen,
huiswerk,
môre.
Hoor,
maar luister nie,
saad bly bo-op grond,
niks groei.

Gestel ek wil my hande was,
water, seep, handdoek. . .
was – wat verkeerd?
Papier van seep afhaal!

Selfde Bybel,
moet lees!

TWEEDE POT
Saad geval, klippe.

Hoor woord,
aanvaar met blydskap,
skiet nie diep wortels.

In kerk, ds. sê moet Bybel lees,
sê:  Ja, ek gaan!
1 of 2 keer, jaar kom aan gaan,
opgewondenheid vervaag,
begin ander goed doen. . .

Of hou aan lees,
maar nooit regtig diep.
Surfers?
Surfboard altyd bo-op brander bly.
Somtyds maak ons so met Bybel:
lees aanmekaar, gaan kerk toe,
maar bly bo-op branders,
bly dieselfde,
leer nie, nooit dieper.

Partykeer dink moet altyd lekker wees Jesus kind wees.
Dink altyd goed gaan,
as nie geleer, sal steeds goed doen toets.
Sê:  gebid, Jesus sal gee wat gevra.
Ken mooiweersvriend?
Soms mooiweers-gelowiges.
Iemand vertel hy’t vakansie jongmense gevat canoe in berge VSA,
noordelike Minnesota.
Ongerepte natuur,
groot, pragtige bome.

Moes waarsku:  bome gevaarlik.
Staan op klippe,
grond nie baie diep.
Wind erg waai,
kan reuse bome omwaai.

Groot bome by Knysna:
diep grond,
staan, al waai wind hoe erg.

 
DERDE POT:
Tussen onkruid.

Soms lees Bybel, luister…
Maar soveel ander lekker goed in lewe.
Jesus sê:  verleidelikheid van rykdom.

Wat beteken verleidelik?
Ma gaan koekies bak,
kersies op,
staan op tafel, mag nie vat. . .
verleidelik.

Soms dinge van wêreld so verleidelik,
woord versmoor.
Lees Bybel sê moet dankoffer gee, armes sorg. . .
maatjies met nuutste Wii games,
wil sakgeld vir self hou,
dan wat in Bybel gelees, geleer,
verdwyn,
want eerder wêreldse goed doen.`

VIERDE POT
Maar hierdie pot waarby wil uitkom,
wat almal graag wil wees –
hierdie is pot waar Beanie woon –
ons is Beanie.

Want Beanie is saadjie wat groei (sien, blaartjie kom by kop uit).
Pot grond vrugbaar,
skiet diep wortels,
begin blaartjies groei,
dra vrug – 100, 30, 30-voudig!

Hoe?

 Video – noelle

Fliek Noelle,
nooi,
kom sit aan regte kant van boek!
Ontvang as Woord van God,
geniet dit,
leef in – soos Despereax,
luister,
vir jou!

Ons moet Bybel lees,
want dis belangrikste manier waarop Jesus met ons praat –
seep oopmaak voor gebruik!

Lees,
op “regte kant van boek”-manier:
op eie,
in erediens,
saam met mekaar.
So mooi deesdae praat van “woon in die woord”,
woord huis maak,
teks hierdie kwartaal in Didage gebruik:

Let the word of Christ – the Message –
have the run of the house. 
Give it plenty of room in your lives.

Kol 3:16 in The Message.

So mooi beskrywing gelees,
praat van spesifieke manier van lees (lectio)
direk aanhaal:
These ancient practices
 each beckon us
 to be loiterers
in the neighborhood of the Word,
to hang out
and dawdle with it,
rather than moving through it
with a briskness
that assumes we know what it has to say.
The liturgy and lectio both invite us
to consider
how we’re allowing God to cultivate us,
 how we are tending our interior earth
 as a place where the Word
can take root and grow—
not just for ourselves
 but for the life of the world.

Maar as Beanie wil wees,
belangrike ding nie wat ons doen,
maar wat Woord, Jesus, self doen.

Want onthou,
Jesus is die Woord wat lewend geword het.
So terwyl Bybel lees,
Jesus ook besig ons te praat,
werk,
vorm,
saad laat groei.

Dink bietjie aan saad:
klein,
kan nie sien groei.
Groei onder grond,
stadig:
al probeer kyk hoe groei?
Sien DAT groei, nie hoe,
video’s baie vinnig gespeel.

Ons leef in kitswêreld,
kitskoffie,
kitsbanke,
soek ook kits-geloof.
Maar Woord groei in ons soos saad,
stadig,
onsigbaar,
saadjie oopbreek,
spruit,
worteltjies af in grond,
blaartjie stadig begin opstoot, oopgaan.

So ook Woord.
Misterie,
groei in lewe,
breek oop,
om manier,
weet nie hoe,
weet DAT.

Weet dat Saaier deur saad
klipperige grond in kleiner stukkies breek,
saad ingroei in krake en stukkende plekke,
stadig groter maak,
sodat grond vorm, sag, vrugbaar word.

Kan beleef hoe saad grond sagter maak,
vrugbaarder maak,
geleidelik vermoë vergroot om vog te hou,
voeding te verskaf,
uiteindelik:  vrug te dra.

Ons komende weke fokus op woord.
Nooi saam met ons:
Let the Word of God have the run of the house.

Kleingroepe hierna – almal reeds,
as wil inskakel.

Didage:
Bybelskool,
basiese Bybelvaardighede – wil lees, voel weet nie hoe,
ander – kyk, skryf in.

Boontjie gekry.
Wie al boontjie tussen watte geplant, kyk hoe groei?
Nooi vandag Beanie word,
laat Woord in lewe groei.
Boontjie tussen watte in piering,
elke dag wat Bybel lees,
water gee.
Kyk groei,
weet ook jy so besig te groei.

Gebed

Dankoffer

Slotsang               Flam 76:1 & 4 (staan)
Seën
(CD:  Die Woord van God)