Skip to main content

06 Tree in

Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.

Ons kom by die sesde element van gebed, om “in te tree” vir, om voorbidding te doen.

Die Hebreërskrywer beskryf Jesus se bediening in die hemel so:

“Hy leef altyd om ter wille van hulle in te tree” (Hebr 7:25).

Andrew Murray sê hieroor dat alle groei in die geestelike lewe verband hou met ‘n groeiende insig in wat Jesus vir ons is. Hoe meer ek besef dat Christus alles vir my en in my moet wees, dat alles in Christus wel vir my is, hoe meer leer ek die werklike geloofslewe leef.

Continue reading

04 Bid die Woord

Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.

Die vierde element van gebed vloei uiteraard voort uit die vorige elemente. Waar ons deur aanbidding en wag op die Here in sy teenwoordigheid gekom het, en ons alles wat skeiding maak tussen ons uit die weg geruim het, kan ons die beloftes van die Here aangryp en in gebede omskep.

Die vierde element is dus om die Woord te bid. Veral waar ‘n mens reeds op die Here gewag het en ‘n belofte van Hom gekry het. Hierdie deel van die gebed is gemik daarop om waar jy reeds ‘n belofte gekry het, die Here doelbewus te herinner aan sy beloftes.

Ons lees in Jesaja daarvan:

6 Op jou stadsmure, Jerusalem, het ek wagte uitgesit. Dwarsdeur die dag en nag sal hulle nie ‘n oomblik lank swyg nie. Julle wat die Here herinner aan sy beloftes, gun julleself geen rus nie! 7 Gun Hom ook geen rus nie, totdat Hy haar gevestig het, totdat Hy Jerusalem ‘n loflied op aarde gemaak het! (Jes 62:6-7)

Dit is ‘n merkwaardige opdrag hierdie van Jesaja:

“6Gun julleself geen rus nie … 7maar gun Hom ook geen rus nie … totdat Hy haar gevestig het!”

Totdat God sy belofte nagekom het om Jerusalem – die geloofsgemeenskap – ‘n loflied op aarde te maak.

Continue reading

02 Wag

Al die video’s in die reeks is op hierdie Playlist by Youtube.

Die tweede element van gebed is om op die Here te wag. Dit kan op twee maniere verstaan word. En natuurlik beoefen word.

1. Die eerste manier van wag, is die erkenning van God se teenwoordigheid.

Soos Dawid dit in Psalm 27 sê:

14 Wag op die Here! Wees sterk en hou moed, ja, wag op die Here! (Ps 27:14; vgl Ps 31:25)

Continue reading