Skip to main content

Preek: 1 Timoteus 6 – 3 Oktober 2010

GOD NOOI ONS UIT EN ONS KOM TOT RUS

Verwelkoming

Verlede Sondag gesê: Seisoen van Skepping
Wêreldwyd deur Christene gevier.

Talle tekste in Bybel met skepping te make –
Genesis, Psalms, verskeie NT tekste, Openbaring.

Maar wanneer Bybel lees met lens sensitief vir verwysings na aarde,
Ontdek gou dat Bybel tot barstens vol daarvan.
Elke bladsy praat van
Berge & heuwels,
Lig & lug,
Grond en water,
Riviere en see,
Wind en vuur,
Lewe en sterwe,
Plane en bome,
Diere en voëls,
En natuurlik oor die mens.

Wanneer Seisoen van Skepping vier,
Gaan nie maar oor iets interessants wat Bybel bv. oor bome te sê het,
Maar om Bybel vanuit nuwe oogpunt te verstaan –
Juis omdat hele drama van skepping, sonde, verlossing & voleinding,
Alles met skepping te doen het.

Daarom fokus Seisoen van Skepping op deugde,
Manier van leef in en met skepping,
Verlede week gebed,
Vanoggend tevredenheid.

Toetrede

Flam 48 (sit)

Votum

(Ps 8)

Seëngroet

Psalm 29 v 1, 3-5 (staan)

Wet

Lev 19:1-4, 9-18

Skuldbelydenis

Bely gebooie minag,
Selfsugtig lewe,
Net aan self en eie behoeftes dink,
So die hart van u wet oortree.

Bely dat mekaar uitbuit in besigheid,
Kyk hoe baie ons kan kry,
Nie dink aan medemens of aarde.
Dat naaste uitbuit,
Besteel,
Belieg
Bedrieg.

Dat in gulsigheid skepping waaroor U ons laat heers het,
Vernietig,
Uitbuit,
Uitput.

Lug en water besoedel,
Grond met erosie laat wegspoel
Voëls en diere van habitat ontneem
Ons naaste honger gelaat.

Dat nie in liefde leef nie,
Maar in haat,
Wrokkigheid
Eie belang.
Blind geword het vir naaste
En vir aarde.

Here,
Ons weet nie hoe om dit wat ons beskadig het,
Te herstel nie.
Ons bely ons onvermoë in afhanklikheid van U.

Vergewe ons, Here,
Wees ons genadig.
Gee ons die vermoë om anders te leef,
In Jesus Naam.

Genadeverkondiging

Miga 7:18-19

Lied 192 v 1-2 (staan)

GOD PRAAT MET ONS EN ONS LUISTER

Gebed

Skriflesing

1 Timoteus 6:6-19

Preek

Kinders – al is net 2 – voorstel Sakkie & Sieg
Video
Ons leef in wêreld vol gemors –
Wêreld gemors genereer.
Waar gemors mense weggooi,
Ongekende proporsies aanneem
(foto’s – nie vind, wel eet, stats:)
Studie Verenigde Koninkryk gevind
Mense EEN DERDE an alle kos wat koop,
Weggooi.
4.4 miljoen appels elke DAG in VK weggegooi.
Spandeer £3 BILJOEN per jaar aan kos weggegooi word.

Al hierdie gemors –
Lê vrot op asgate,
Ook koste van verbou, vervoer –
Genereer massiewe hoeveelheid koolsuurgas.

Hoe gebeur so iets?

Gebeur omdat in kultuur leef
Wat vertel doel van lewe = versamel –
Meer hê.

Van kleins af:
“Happy meals” –
Belowe geluk as stukkie nuttelose plastiek nonsens kry.

En so gaan ons deur die lewe –
Happy meals raak net duurder.

Hierdie kultuur selfs deel geword van baie kerke –
God wil hê dat jy dit alles moet hê –
Wil hê dat jy dit nou kry!
Celebrity-predikers soos TD Jakes, Benny Hinn,
Mislei te glo verdien nog te hê,
Nog meer hebsugtig.

In proses raak suinig,
Probeer mekaar uitoorlê
Vir winskoop,
Beste transaksie te beklink.

Maar dit kos ons –
Meer as net geld,
Of belaglike lang – en langer – ure moet werk om te bekostig,
Meer as liggame ingee onder druk.

Finansiële krisis afgelope tyd – economic meltdown –
Nie juis a.g.v. gulsigheid nie?

Al Gore “Inconvenient Truth” –
Kos ons die aarde.

Vergryp onsself aan GOD se goed,
Die dinge hy ons opdrag gegee te versorg.

Aarde kreun onder ons grypsug.
Wetenskaplikes bereken natuurlike hulpbronne tot beskikking
20% vinniger opgebruik
As wat natuur in staat te vervang.
Het reeds twee aardbolle nodig om vraag na ekonomiese groei te voorsien.

Ons gemors en gulsigheid veroorsaak dat koolstofdioksied
Soos kombers oor aarde lê,
Temperatuur laat styg –
Amper soos iemand koors ontwikkel –
Veroorsaak sommige plekke oormatige reën,
Ander plekke… droogte.

Ghandi gesê:
Earth produces enough to satisfy everyone’s need,
But not everyone’s greed.

Gulsigheid kos ons die aarde.
En dit kos ons ons verhouding met God –
Stel meer belang in God se goed
As in goed se God.

Teks vanoggend roep ons om met genoeg tevrede te wees,
Omdat gierigheid wortel van allerlei kwaad is.

In wêreld is gierigheid die reël –
Die liefde vir geld en besittings.
In God se koninkryk is goedhartigheid die reël.

So hoe leef met reëls koninkryk,
Eerder as wêreld?

U2 liedjie:
I still haven’t found what I’m looking for:
I have climbed the highest mountains.
I have run through the fields.
I have runned, I have crawled, I have scaled city walls
But I still haven’t found what I’m looking for.

Tevredenheid is innerlike houding teenoor lewe.
Shakespeare beskryf skitterend in Henry the Sixth:
Koning wandel rond in onbekende plekke op platteland,
Ontmoet twee wildopsigters,
Vertel dat koning is.
As jy koning is, waar is jou kroon?
My crown is in my heart,
Not on my head.
Not decked with diamonds
And Indian stones,
Nor te be seen;
My crown is called content –
A crown it is that seldom kings enjoy.

Tevredenheid is nie gebrek aan ambisie –
Gebrek ambisie wanneer nie geleenthede benut God jou gee,
Verkies eerder krepeer.

Tevredenheid kom wanneer nie dinge najaag,
Nie doel in lewe raak.
Maar tevrede is met wat het –
Wat God vir ons gee.

Kan tevrede wees,
Wanneer vrede in God vind.
Tevredenheid is gewortel in ons belydenis dat God,
Almagtige Vader,
Skepper van hemel en aarde is.
Hy is voorsiener.
Al die skatte is syne –
Trouens, hy’t dit gemaak.

En hierdie God is ons Vader.
Hy sal vir ons sorg.

Daarom kan mens vreesloos en sonder bekommernis
Die Here dien,
Uit dankbaarheid vir die kos en klere wat hy voorsien.
Deur, soos Augustinus gesê het,
Nie vir God te gebruik om wêreld te geniet,
Maar wêreld gebruik God te geniet.

Tweedens rentmeesterskap.

Paulus roep Timoteus op om van geldgierigheid weg te vlug,
Te streef na deugde wat by geloof pas:
Opregtheid,
Toewyding aan God,
Geloof
Liefde
Volharding
Minsaamheid.

Hy is voor God verantwoordelik om sy roeping
En sy geloof
Uit te leef.

Dit beteken ons onthou dat rentmeesters is.
God besit al die rykdom in die wêreld.
Alles is syne.
Nie een van ons sou vir ‘n enkele sekonde op hierdie planeet kon oorleef,
As God nie sy rykdom milddadig met ons gedeel het nie.

Gelowiges mag ook ryk wees,
Terwyl onthou dat ook “ons” rykdom nie ons s’n is nie,
Maar dat ons bestuurders is daarvan,
Trustees namens God.

Derdens ons kultuur van grypsug vryspring,
Deur vrygewig te wees.

Is natuurlik hier wat agterkom wie regtig beursie besit,
Of tevrede is,
Werklik rentmeester is,
En of slaaf is van besittings,
Ou dae sou sê: God Mammon aanbid.

Want rykdom bring groot verantwoordelikheid.
God seën sommige mense met welvaart,
SODAT hulle vir ander tot seën kan wees.
Sy bedoeling is dat ons moet deel.

Rick Warren, Doelgerigte Kerk, Doelgerigte lewe – 40 dae –
Kitsmiljoenêr geword.
Joernalis hom vra na welvaart,
Gesê:
Dis nie ‘n probleem as jy ryk is nie.
Dis ‘n probleem wanneer jy ryk sterf.

Sluit af gedig Zaap Zijlsra:
‘n Psalm van U:
“Die stroom van welvaart is my herder
Niks sal my ontbreek nie
Dit laat my neerlê in groen weivelde
Na ‘n rustige aftrede lei dit my heen.
Dit streel my maag
Geld lei my op die regte spore
Want geld wat stom is maak reg wat krom is
Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee,
Ek sal geen onheil vrees nie
Want my polis is by my
My slaappoeier en my aspiriene
Die vertroos my
Die welvaart laat my by ‘n feesmaaltyd aansit my beker loop oor
Ja, vakansiebonus, annuïteite en pensioen bystand
sal my volg al die dae van my lewe
en ek sal in die tempel van welvaart vertoef tot my begrafnis .”

 

GOD ROEP ONS OM TE LEEF

Voorbidding

Onderwys

Reën

Dankoffer

Toewyding – alles behoort aan God, rentmeesterskap, afhanklikheid.

Lied 308 v 1-2, 4-5 (Staan)

Seën
Lied 314

Preek: Om Geestelik te onderskei in ‘n wêreld waar God se Woord prakties uitgeleef moet word – 2 Konings 22 en Matteus 21:28-33 – 19 September 2010

Informele diens 19 September 2010

 

Om geestelik te onderskei in ‘n wêreld waar God se Woord prakties uitgeleef moet word
Vir die kinders

Teks:  Matteus 21:28 – 31 in Die Boodskap

Daar was eendag ʼn pa met twee seuns.  Op ʼn dag het hy vir sy een seun gevra om al die blare wat van die bome afgeval het, bymekaar te hark.  Die seun het gesê hy wil dit nie doen nie, want hy wil eerder televisie kyk.  Maar toe sy pa weg is en hy daaroor dink dat sy pa hom gevra het om te help, en hy nie daarvoor lus was nie, het hy skaam gekry en besluit om dit tog maar te doen.  Hy het toe gegaan en al die blare mooi bymekaar gehark.

Toe die eerste seun vir sy pa gesê het hy wil nie die blare gaan ophark nie, het die pa vir sy ander seun gaan vra of hy nie die blare wil bymekaar maak en in ʼn swart sak gooi nie.  Hy sê toe:   “Ja, Pa, ek sal dit sommer nou-nou doen.”  Maar toe sy pa weg is, het hy besluit om dit nie te doen nie.

Watter een van die seuns dink julle het sy pa se hart bly gemaak?  Watter een het gedoen wat sy pa gevra het?

Ja, natuurlik die eerste seun.  Ons lees presies net so ʼn storie in die Bybel.  (Lees die teks.)

Continue reading

Preek 12 September 2010 – Om God te vertrou in ‘n wêreld vol onsekerhede – 2 Konings 18-20

Val dan ook Juda – dus Hiskia se mense – aan.
Een stad na ander beleër, val.  

Hiskia laat weet koning dat verkeerd gedoen,
Sal boete betaal –
Betaal reuse boete,
Selfs Goud & silwer uit tempel – wat self herstel het.  

Verwag natuurlik koning Assirië nou tevrede,
Troepe terugtrek.
Maar nie –
Stuur drie leiers met weermag na Jerusalem.
Roep koning
(sien in kop al flieks,
Vyand buite stad,
Drie verteenwoordigers vorentoe,
Roep)
Hiskia stuur drie van sy leiers met hulle te praat.

Hiskia leiers vra Assiriërs Aramees praat,
Want Juda troepe verstaan nie.
Maar Assiriërs gaan staan
Skeer hard in Judees –
Sodat almal verstaan,
Tart uit,
Sê gaan inval, oorneem, wegvoer.
Spot omdat, volgens hulle, vertrou op verkeerde plek plaas –
Egiptenare, God.  

Tipiese sielkundige oorlogvoering.
Een ding hier op stad muur staan,
Vyand sien,
Weet reeds alle ander vestingstede oorgeneem…
Iets heeltemal ander hul leiers vertel wat gaan doen,
Verduidelik hoekom planne nie gaan werk.

Toe Hiskia hoor,
Stuur mense na Jesaja,
Vra bid.

Jesaja sê God gaan koning Assirië onrustig maak,
Sal na eie land teruggaan,
Daar doodgemaak word.

Wat toe gebeur, koning van ander land trek op koning Assirië aan te val.
Reageer?
Stuur mense na Hiskia met briewe:
Weer spot omdat Hiskia op God vertrou,
Sê God mislei hom,
Want nie een van ander lande gode kon help.  

Wanneer Hiskia hierdie briewe kry,
Doen interessante ding:
18:14:
Hiskia het die briewe wat die gesante gebring het,
gevat en gelees.
Daarna het hy na die huis van die Here toe gegaan
en die briewe voor die Here oopgesprei.
Toe het hy tot die Here gebid:
“Here, God van Israel,
U wat oor die gerubs troon,
U alleen is God oor al die koninkryke van die aarde,
U het die hemel en die aarde gemaak.
•    Hoor tog, Here,
•    luister,
•    kyk tog, Here,
•    let tog op!
•    “Hoor tog
wat Sanherib gesê het;
hy het U, die lewende God,
in sy boodskap beledig!
Dit is waar, Here,
die konings van Assirië het nasies
met lande en al
verwoes
en hulle gode verbrand,
maar dit was nie gode nie,
dit was die werk van mensehande,
hout en klip;
daarom is hulle vernietig.
Here, ons God,
red ons tog uit die mag van die Assiriese koning.
Dan sal al die koninkryke van die aarde besef dat U, Here,
alleen God is.”

Let op desperaat Hiskia.
In desperaatheid, wat doen?
Bid.
Aangrypend:  sprei briewe voor God oop.
Kyk hier, Here.  Sien dit.

Begin, loof God.
Soebat:
•    Hoor tog, Here,
•    luister,
•    kyk tog, Here,
•    let tog op!
•    “Hoor tog

Bevestig in gebed dat situasie regtig sleg IS.
Nie sommer sleg voel,
Dalk kan verkeerd loop,
Effens onseker.
Sy stad is beleër.
Ander stede reeds oorgeneem.
Geen ander koning kon nog Assiriërs weerstaan.

Maar terwyl dit sê,
Bevestig dat God vertrou –
Ander gode was nie gode.
Bid God sal red –
Interessant, nie eie ontwil,
Sodat hulle veilig –
Maar sodat nasies kan weet dat God ware God is!
Jesaja stuur boodskap –
God gebed verhoor, sal Assirië straf,
Juda nog vir jaar opslag eet,
Jaar daarna ook,
Daarna weer saai, oes, wingerde plant, druiwe eet.
Alles nie onmiddellik weer reg –
Maar God gaan red.

Daardie nag engel 185 000 Assiriese troepe doogemaak,
Assiriërs volgende oggend wakker,
Vlug –
Koning Sanherib 20 jr. later vermoor.

Uitstaan hierdie verhaal,
Hiskia vertroue –
Al regte goed gedoen,
Gedoen God van hom verwag –
Tog word ingeval, beleër.

Maar toe beleër word,
Nie eie planne gemaak –
God vertrou.

Hiskia gedoen Spreuke 3 sê:
•    Vertrou volkome op die Here
•    en moenie op jou eie insigte staat maak nie.
•    Ken Hom in alles wat jy doen
•    en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Baie bekende storie,
Meeste al gehoor –
Bly goeie storie:
19e eeuse akrobaat Blondin,
Beroemd dat op to oor Niagra Watervalle geloop het.

In 1860 opvoering vir Britse koningshuis,
Loop oor tou op stelte,
Weer met blinddoek.
Daarna halfpad gestop en omelet gekook en geëet.
Volgende kruiwa gevat en van een kant na ander gestoot,
Teruggekom met sak aartappels in kruiwa.

Voor koninklikes gaan staan,
Vir Hertog van Newcastle gesê:
Glo jy dat ek die kruiwa met ‘n mens in oor die tou kan stoot?
Waarop natuurlik “ja” geantwoord.

“Nou toe, klim in.”  Het Blondin gesê.
Maar natuurlik nee dankie gesê.

Want sien,
Een ding te glo Blondin mens oor tou kan stoot.
Ander ding in kruiwa te klim gestoot te word.

Een ding te glo God almagtig,
Regeer oor heelal –
Ook jou lewe.
Ander ding hom te vertrou met lewe.
Hoekom Spr 3 sê:
•    Vertrou volkome op die Here
•    en moenie op jou eie insigte staat maak nie.
•    Ken Hom in alles wat jy doen
•    en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Ons natuurlik heel tyd besig te vertrou,
Sonder weet.
Vertrou mense wat huis gebou dat nie op kop gaan inval.
Vertrou bank met geld.

Vertroue is die praktiese uitleef van wat jy glo.
Beteken om in kruiwa te klim,
God vertrou met eksamen,
Met toekoms,
Met wat ook al bekommer.

Kan natuurlik gebeur hertog in kruiwa klim,
Halfpad gestoot,
Dan sê:  whoa!  
Uitklim, self probeer stoot.

Klink so bietjie belaglik,
Veral as weet wat op spel,
Maar natuurlik dikwels hoe ons met God maak.
Vertrou God halfpad,
Totdat sien lyk darem asof dinge okay verloop,
Dan spring uit,
Probeer self stoot.  
Okay Here, ek’t nou toelating tot Univ. gekry,
Nou kan u eers bietjie opsy staan,
Ek sal weer kom praat wanneer tyd kom vir werk soek.  

Vertroue beteken heel tyd God wil soek,
Nie eie insig staat maak,
Alles toets aan God.

Teks sê ook mooi:
Ken hom in ALLES wat jy doen.

Ons natuurlik hierdie ding –
Sekere goed geestelik, daarom met God te doen,
Ander goed “gewone” goed, niks met God te doen.  

Spreuke sê:  Ken hom in alles wat jy doen –
Nie sommige van die goed wat jy doen nie.  
God gee om of jy Sondag in kerk is of nie,
Of jy Bybel lees of nie,
Of glo of nie…

Maar God gee ook om waarop jy jou geld spandeer,
Gee om wat jy swot,
Gee om hoe hard jy werk.

As in kruiwa klim,
Dan klim heeltemal in –
Nie stukkies uithang.  

Dis hoekom seën vra voor eet –
Nie net daardie kos van God,
Erken alles van God.

Dis hoekom dankoffer in erediens –
Nie net tiende bring soos Bybel sê,
Maar ook spesifieke handeling,
Manier waarop erken alles God behoort,
Dat alles in kruiwa is –
Geld in sakkie gooi, simbool daarvan.  

Wat by storie van Hiskia leer,
Is op God te vertrou –
Met alles.
Ook wanneer bedreig voel,
Odds heeltemal te hoog teen ons is,
Geen uitkoms sien.  

•     Vertrou volkome op die Here
•    en moenie op jou eie insigte staat maak nie.
•    Ken Hom in alles wat jy doen
•    en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Week besig teks Hiskia,
Ding my aangrypend was,
Beeld Hiskia in tempel briewe,
Dreigemente.
Briewe simbool van vrees, onsekerheid, magteloosheid.
Hoe briewe vat,
Voor God oopsprei.  

Nooi vanoggend selfde te doen.
Almal ons goed ons onseker maak,
Bedreig voel –
Kan misdaad in land wees,
Eksamen
Wat toekoms gaan doen,
Hoe toekoms gaan uitspeel,
Kan bankrekening wees,
Besigheid,
Bekommernis oor land leierskap
Siekte,

Nooi dinge jou bekommer,
Op papier te skryf –
Soos briewe van koning van Assirië,
Dan hier voor op Nagmaalstafel te kom sit,
Voor Here oop te sprei,
Wete dat hy sien,
Jou gebed hoor.

Terwyl op hierdie manier bid,
Koor sing.

Skryf sake voor God wil lê, op brief.

Koor:  Mag ons U liefde ken.

Kom maak soos Hiskia,
Sprei bekommernis oop voor Here,
Kom vorentoe,
Sit briewe op Nagmaalstafel.

Koor: (tot alles in staat;  God skep hede)

Gebed matrieks –

Staan, student bid, sing Here God van liefde as gebed, vervang “ons” met “hul”

Dankoffer

Slotlied

Lied 489 – oproep tot vertroue

Seën

Lied 228

2 Konings 11-12: Erediens – Om God te aanbid in ‘n wêreld waar geestelike strukture bouvallig raak – Son 5 September 2010

Haar troue met Joram, die koning van Juda, was bedoel om hierdie twee dinge na te jaag.  Aan die een kant kon sy met die troue die Baälgodsdiens van haar ma en pa uitbrei na die hoof geestelike sentrum van Juda, Jerusalem.  Maar aan die ander kant kon sy daarmee ‘n band te skep tussen die twee koningshuise, Agab s’n en Joram s’n, wat moontlik kon lei tot een koninkryk, onder haar pa Agab se vaandel, die sogenaamde Omri-dinastie, en later natuurlik haar eie.  Omri was haar oupa en Agab se pa, ‘n baie suksesvolle koning in die Noord-ryk.

Dinge het egter nie presies uitgewerk soos sy dit wou hê nie.  Haar pa Agab het sy kanse verspeel in Samaria.  Die Here se oordeel is oor hom voltrek, onder andere weens sy Baälaanbidding, maar ook omdat hy Nabot se wingerd vir homself toegeëien het op ‘n moorddadige manier – soos ons verlede week gehoor het.  Sy dood het gekom in ‘n oorlog, waar ‘n onbekende soldaat hom met ‘n pyl en boog doodgeskiet het.

In die onsekerheid na sy dood het Jehu, in opdrag van die Here en deur Elisa tot koning gesalf, sy kans waargeneem, die troon bestyg en om alle moontlike teenstand uit die weg te ruim, elke enkele een van Agab se nageslag in Samaria doodgemaak, 70 van hulle!  Op die koop toe het hy die Baälprofete ook laat doodmaak, sodat nie net die mag van Atalia se pa gebreek is nie, maar ook die godsdiens van Baäl in Samaria in gedrang gekom het.

In Juda het dinge beter gelyk vir haar.  Soos haar ma, Isebel, was sy ‘n stoere Baälaanbidder.  Met haar troue met Joram, die koning van Juda in Jerusalem, het sy ‘n groot invloed op hom uitgeoefen sodat ook hy Baäl begin aanbid het. En hoewel dit die toorn van die Here ook oor hom laat ontvlam het, en hy deur die Edomiete vermoor is na net 8 jaar op die troon, het Atalia daarmee skielik ‘n vry hand gehad in Jerusalem om die Baälgodsdiens te promoveer en uit te brei.

Maar dit was nie al nie.  Toe haar man Joram so vroeg oorlede is, en haar seun Ahasia net ‘n jaar na sy troonbestyging ook deur Jehu doodgemaak is (en die meeste van sy broers), het sy eenvoudig haar kans waargeneem, en probeer om op haar beurt, soos Jehu, alle ander moontlike troonopvolgers uit te wis. En so het sy die eerste en enigste koningin van Juda geword.

Heel moontlik het sy geweet, en daaroor gedroom, dat as sy die troon van Juda bestyg, sy ‘n kans sou hê om die teenstand van Jehu, wat nou die koning in Samaria was, die hoof te bied, en moontlik weer haar pa Agab se troon te verower om dan koning oor die hele Israel te wees.  Lank lewe die Omri-dinastie, sou sy moontlik vir haar self gesê het.

Hoe dit ook al sy, dat sy deur haar koningskap en deur haar godsdiens, die Baälgodsdiens, nou die mag in die belangrikste geestelike en politieke sentrum van Israel, in Jerusalam gehad het, het haar ‘n ongelooflike invloedryke en magtige persoon gemaak.  Sy was die matriarg, die koningin van die trop, en almal het vir haar gesidder.

Dit is die prentjie wat ‘n mens sien, as jy na Atalia kyk en die geskiedenis wat uit haar perspektief vir ons hier in Konings beskrywe is.

Jehoseba

Maar daar is ook ‘n ander prentjie.  Dit is die prentjie wat ons sien as ons kyk na haar dogter, Jehoseba.  In ‘n sekere sin kan ‘n mens hierdie verhaal in Konings as die verhaal van twee vrouens beskryf!  Want alles wat Joas hierna reggekry het, die herstel van die tempel en die herstel van die diens en aanbidding van die Here, kom uit die konflik tussen ma en dogter, en is die vrug van die oorwinning wat die Jahwe-godsdiens van Jehoseba oor die Baälgodsdiens van Atalia behaal het.

Wat sien ons as ons na Jehoseba kyk?

Wel ons sien dat sy en haar ma een ding in gemeen gehad het.  Hulle godsdiens, hoewel radikaal verskillend, was ‘n belangrike dryfveer in hulle lewe.  Jehoseba het die Here gedien met haar hele hart.  Trouens sy het getrou met ‘n priester, Jojada (2 Kron 22:11), en gekies vir ‘n lewe wat nie net in die aristokratiese omgewing van die koningshuis spandeer sou word nie, maar veral in die huis van die Here, die tempel.

Maar daar stop die ooreenkoms.  Die groot ander dryfveer in haar lewe was nie mag nie, maar omgee.  Sy het nie mag vir haarself nagestreef nie, maar die voortbestaan van ‘n klein eenjarige seuntjie, Joas.  Toe Atalia van moordadigheid geblaas het en in haar magsug alle nasate van Dawid probeer uitwis het, het Jehoseba ingegryp en gedoen wat sy kon om die doodslus te troef, en soos ‘n wafferse Miriam, ‘n Moses-kind, nie in die riete nie, maar in die huis van God gaan wegsteek.

Dit is eintlik ongelooflik – in ‘n sekere sin gee Jehoseba mag weg, want as sy stil sou bly en niks sou doen nie, was daar ‘n kans dat sy êrens in die lyn sou kom om self die troon te kon bestyg of ten minste ‘n kind van haar.  Maar sy kies om nie vir haarself te veg nie, maar vir ‘n ander een wat die kans sou kon hê om die troon te bestyg.

‘n Mens sien dus by haar dat haar godsdiens, haar aanbidding, haar fokus in die lewe, dié dinge wat haar gedryf het, nie om haarself gedraai het nie.  Sy wou die Here bo alles dien, en seker maak dat Sy wil in alle fasette van die lewe tot sy reg kom, ook in terme van die koningshuis, en in die beloftes wat God gegee het wat verbind was aan die huis van Dawid.  Uit sy nageslag sou immers die Koning van die hele wêreld gebore word, die Messias, die Verlosser, Jesus, die Christus.

Die aanbidding van haar God, en dit wat betekenis aan haar lewe gegee het, het dus nie om haarself gedraai nie, maar om ‘n weerlose kind, en haar God en sy beloftes.  En toe sy sien dat dié beloftes in gevaar kom met die dreigende uitwissing van die hele Dawidgeslag, het sy ingetree, en een van die kinders, die eenjarige Joas, gered en weggesteek.

En die draaiboek is daarmee eintlik vir haar geskryf.  Met die redding van die kind, is die eerste treë gegee om stukkie vir stukkie die planne bymekaar te sit om vanuit die tempel, en met die hulp van die ander gelowiges in die stad, en uiteindelik ook die gelowiges in die platteland, die koningshuis, nogal op ‘n sabbat!, weer terug te eis vir haar God, en te verseker dat die bloedlyn, wat uiteindelik op Christus uitloop, intakt gehou sou word.

Hoe mooi staan dit nie daar nie: “al die burgers van die land was bly” (11:20) en “die stad was weer rustig”.  Met die Baäldiens ’n gevoelige slag toegedien in die stadskonteks het die meer konserwatiewe platteland weer deel gevoel van die verbond, soos Jojada dit dan ook hernu het, en het ook die stadsmense tot rus gekom in hulle aanbidding van God.

En dié rol van beskerming en beveiliging van die jong Joas sou sy en haar man nog lank daarna in die lewe van hom as nuwe koning vervul.  Hulle het hom gementor en ondersteun in sy koningskap waarvan die belangrikste bydrae was die herstel van die aanbiddingsplek, die tempel, in Jerusalem.  En dit is ‘n interessante geskiedenis, wat julle gerus verder kan gaan lees in hoofstuk 12 – maar dis vir ‘n ander dag in terme van die prediking.

Wat my uitbring by die punt van dié gedeelte.

Die verhaal spreek my aan op twee maniere.

  1. Dit vra van my wat is vir my die belangrikste ding in die lewe?  Wat of wie aanbid ek?  En ..
  2. Dit vra van my waar maak ek ‘n verskil in die lewe?

Aanbidding

Ek het begin deur te sê dat die woord aanbidding nie net met godsdiens en ‘n erediens te make het nie.  Aanbidding beskryf eintlik al die dinge waarvoor ons lief is, die dinge wat ons waardeer, die dinge waarop fokus.

En die verhaal laat my die vraag vra – wat is regtig vir my die belangrikste ding in die lewe?  En let op, dit tel nie eintlik dat jy sê dat dit die Here is nie, as ‘n mens dit nie kan sien in jou hele lewe nie en dat jy kan sien alles wat jy doen word daardeur bepaal nie.

Wat jy aanbid, sien jy in die dinge wat jou dag bepaal, sien jy in wat dit is wat jou uit die bed kry in die oggend en wat jou aan die gang hou deur die dag.

As die aanbidding met God vir jou die belangrikste ding is, dan kan niks, MAAR NIKS, jou gemeenskap met God bedreig of in gevaar stel nie.  Gemeenskap met God is dan ononderhandelbaar.  Dit moet nagejaag word met alles wat in jou is, elke dag en elke oomblik van elke dag.

Dit is die waarde van die lewe van Brother Lawrence, die ongeletterde kok in ‘n klooster, wat met sy lewenspraktyk wat bekend geword het as Practicing the Presence of God die verbeelding van die Christelike wêreld aangegryp het.  Hy het geleer, alles wat jy doen, selfs as jy ‘n vloer vee of ‘n omelet vir iemand maak, moet eintlik vir God en in sy teenwoordigheid gedoen word.

Jy sien, ware aanbidding, as ‘n geestelike gewoonte, beteken nie in die eerste plek dat jy kerk toe kom op ‘n Sondag nie.  Dit gebeur wanneer jy God eerste plaas in jou lewe.  Dit gebeur wanneer wat God vir jou sê, deur sy Gees en sy Woord, vir jou meer beteken as wat ander sê.  Dit beteken om God hoër te ag as enigiets anders in ons lewe.

Ware aanbidding is om jou in te stel om God te ken en lief te hê op jou eie unieke manier.

Daarom die voorstel in die Joernaal om hierdie week een of meer van die volgende oefeninge te kies om jou aanbidding van God te verdiep:

  • Skryf ‘n brief (of lied) aan God om jou liefde en waardering vir Hom uit te spreek.
  • Spandeer elke oggend 10 minute om oor die goed en sleg van die vorige dag na te dink.  Vra jouself, waar het ek God ervaar in my dag?  Sê dan vir Hom dankie en aanbid Hom vir wat Hy vir jou doen.
  • Maak ‘n uur afspraak met God.  Vat ‘n stuk papier en skryf bo-aan die vraag: “Wat beteken vir my die meeste?”  Skryf jou antwoord daaronder.  Beantwoord die vraag dan uit die hoek van ander:  “Wat sal jou kinders, jou maat, jou kollegas, jou familie, jou gemeentevriende … en God dink: ‘Wat beteken vir jou die meeste?’”.  Vergelyk dan jou eie antwoorde met die van die ander.  Watter ooreenkomste en watter verskille is daar?  Wat sien jy van jouself raak deur hulle oë?  Vra dan vir jouself af: “Hoe moet ek my aanbidding verander?”

Waar maak ons ‘n verskil?

Maar die verhaal van Atalia en Jehoseba vra ook van my: Waar maak ek ‘n verskil?  Jaag ek my eie belang na – soos Atalia?  Of maak ek ‘n verskil in iemand se lewe – soos Jehoseba?

Jehoseba het God se stem gehoor in die krisis wat besig was om te ontvou. En met die redding van ‘n kind word die deur geopen vir die verdere optrede om die ware aanbidding van God te herstel en die belofte van die Messias uit die Juda-geslag vir nog ‘n geslag te waarborg.  Só word Jehoseba ‘n instrument in God se hand om sy plan vir die wêreld te verwesenlik.  Sonder haar bydrae sou ons die Verlosser van die wêreld, Jesus, nie geken het nie.

Die vraag wat dié verhaal dus aan ons stel, is:

  • Waar kan ons vandag nog ‘n verskil maak in die krisisse rondom ons, soos Jehoseba en Jojada?

En krisisse is daar genoeg – die onderwys, die hospitale, die gemeenskap, jou buurt, vriende, jou gesin en jou familie.

Laat dít jou aanbidding wees – om God te ken en met Hom bo alles die pad te stap, en om jou naaste te help op enige manier wat binne jou vermoë is.

Preek 28 Augustus 2010 – Om geregtigheid te doen in ‘n wêreld waar onreg so baie keer seëvier – 1 Konings 21

 
Want – dit is juis in hierdie konteks wat God ingryp. Kom ek begin vanoggend met u te praat oor wie die God van die Bybel is. Eerstens, God neem kant. God staan nie koud of neutraal nie. Baie keer in ons geloofsgesprekke wil ons die indruk van ‘n neutrale God gee, maar nee, God is aan die kant van hulle wie onderdruk word in Egipte, hy is aan Dawid se kant, hy is aan Noag se kant, hy is aan Nabot se kant.

En as hy kant neem vir iemand, neem hy kant teen andere. Hy staan teen ongeregtigheid. In die Nuwe Testament verskuif die klem ietwat en wil God dit duidelik maak dat sy koninkryk in ons harte gevestig moet word, maar ons vind nog steeds dat Jesus praat van die bokke en die skape, die Goeie Samaritaan en hulle wie verby die slagoffer stap.

Tweedens: God staan vir iets. In Engels sê hulle: If you don’t stand for something, you will fall for everything and anything. Met ander woorde, as jy nie bereid is om standpunt in te neem aan God se kant nie, dan is die veld wyd oop vir wat en wie jy bereid is om voor te val. Jy is dan neutraal, en neutraliteit lei amper altyd dat jy die kant neem van ongeregtigheid.

God, my vriende, staan nie neutraal teenoor die situasie waarin Nabot hom bevind nie. God neem die kant van die persoon wie ongeregtigheid lei. En niks het verander nie. Dieselfde God wie Nabot se ongeregtigheid teengestaan het, staan vandag nog ongeregtigheid tee. Hy wil graag hê sy volgelinge moet dieselfde doen, maar al doen hulle dit nie, sal selfs die klippe namens hom begin getuig vir dit wat reg is.

En hoekom neem God kant en hoekom neem God standpunt in? God doen dit vir ‘n rede. Die storie van Nabot is ‘n storie van geregtigheid en ongeregtigheid en hoe God se wese, God se hart, ‘n hart van geregtigheid is. God kan nie anders nie want dit is in wese wie God is. Iemand het gesê: The arc of history is bent towards goodness. Met ander woorde, dit maak nie saak of daar ongeregtighede gebeur nie, geregtigheid sal altyd laaste woord hê. Maar die rede hoekom dit so is, is omdat dit in God se DNA is, en dus is dit ook in ons en ook in die hele skepping se DNA. Soos die titel van Biskop Tutu se laaste boek sê: We are MADE FOR GOODNESS. Ons as mense juig nie as ons ongeregtigheid en lyding en pyn sien nie – nee, ons huil, ons word kwaad en ons wil iets daaroor doen, want dit is hoe ons aanmekaar gemaak is, that is how we are wired. Dit is in ons DNA – ons kan nie anders as om te staan vir geregtigheid nie want ons is in en na God se beeld geskape. Dit is fundamenteel wie ons is.

U mag dan vra: maar as dit so is, hoekom is daar nog steeds so baie ongeregtigheid? Hoekom lyk dit asof net ‘n klein groepie van ons so aanmekaar gesit is? Die rede is dat God ons nie sonder vryheid geskape het nie – God is vry, en hy het ons met daardie radikale vryheid geskape. Hy kon ons robots gemaak het, maar hy het nie. Hy glo in vryheid en ja, ons het selfs die vryheid om te sondig en ons oefen partykeer daardie vryheid uit op maniere wat God nie wil hê nie.  

Ek het nou gesê wie en wat God, nou kom ons keer terug na vanoggend se storie in 1 Konings 21: Daar is ‘n paar gevare wanneer ons hierdie storie benader: Die een gevaar is dat ons dit kan individualiseer en verpersoonlik. Ja, ons praat van individue in die Ou Testament maar die klem in die Bybel is op wat ons noem die “common good”. So u kan nie bv sê dat dit het net betrekking op Nabot nie, en het nie betrekking op my nie asof Nabot se situasie ‘n unieke een was en myne uniek is en dus kan ons nie die twee stories bymekaar uitbring nie. Ek noem hierdie gevaar omdat ek sien dit in die kerk gebeur: Party mense sê: dit is ‘n goeie storie maar dit beteken niks vir my nie.

Laat ek vir u sê: dit het alles met ons te doen. Die storie van Adam en Eva het alles met ons te doen. Die storie van Abraham en Sara en Hagar het alles met my en met u te doen. Die storie van Josef en sy broers het alles met my en met u te doen. Nie alleenlik lees ons die Bybel nie: die Bybel lees ook vir ons. Die Bybel is ‘n lewendige boek en elke storie in die Bybel het betrekking op ons lewe saam as ‘n Christelike gemeenskap.

Die tweede gevaar is dat ons die storie so veralgemeen dat dit ook dan niks beteken nie. Van wanneer af het die Bybel ‘n interresante boek geword? Gaan reis maar in Europa en kyk na die effek van hierdie tipe redenering waar die Bybel interessante literatuur geword het, wat jy met Shakespeare kan vergelyk.

Dietrich Bonnhoefer is die een Europese teoloog na wie ons vandag ernstig  moet luister. Hy praat van hoe ons “goedkoop genade”, cheap grace, wil nastreef. En hy maak die punt baie duidelik: God se genade mag verniet wees, sy genade mag genoeg wees vir my, maar dit is nie goedkoop nie. In die proses van goedkoop genade nastreef vergeet ons dan van wie God eintlik is, en ons vergeet dat die Bybel ‘n lewende boek is.

Geregtigheid ook is nie goedkoop nie. As u dink geregtigheid is goedkoop, kyk maar net na die kruis. God se genade en God se geregtigheid is gekoop en verseel met sy bloed. Dit is nie en mag nooit goedkoop gemaak word nie.

Dit bring ons na die derde gevaar: Die derde gevaar is dat ons die storie lees en dan ons Christelike geloof uitleef asof Jesus nooit mens geword het nie. God is nog in sy hemel en hy moet daarvandaan een of ander intervensie maak sonder dat ons daarin betrokke moet raak. Maar juis omdat hy mens geword het, het ons menswees radikaal verander want die Godheid het nou deel kom word van die mens-heid. Een van die vroeë kerkvaders het gesê: He took on our humanity so that we can take on his divinity. Baie van ons dink nog dat God uit sy hemel moet kom en iets vir ons moet kom doen: Nee, sy werk is gedoen; ons is nou bemagtig om dit voort te sit en totdat ons dit nie besef nie, gaan ons altyd God blameer terwyl God terugpraat en sê: Ek het julle alles gegee wat julle nodig het: doen dit.

En dit is hoekom ons vandag mekaar in die oe moet kyk en vir mekaar moet sê dat ons broers en susters van mekaar is. Ons beheptheid met my groepie, my familie moet vervang word met ‘n beheptheid vir ons familie in Christus. DIT is die evangelie. In die koninkryk gaan mense kom van die ooste en van die weste en van die Noorde en van die Suide. Ons Christelike familie-skap is groot. Dit is alreeds in die Kersfees storie ingeskryf wanneer wyse manne uit die Ooste kom om vir Jesus geskenke te bring, ons sien hierdie inklusiwiteit in Jesus se lewe en ons sien dit dan weer by Pinkster wanneer die Heilige Gees op verskillende mense uitgestort word.

Kom ek noem vir u ‘n praktiese voorbeeld hievan: Ek kyk baiekeer na families, blanke families, in Hermanus wie swart kinders aangeneem het – daar is heelwat sulke families in Hermanus. En dan sê ek vir myself: daardie familie is besig om aan ‘n groter familie te bou. Die oomblik daai kindjie hulle huis betree word hy of sy nou deel van hul familie en dit is nou onmoontlik om mure te bou. Die kindjie gaan begin MA en PA sê vir iemand wie glad nie soos hom of haar lyk nie, maar wie lief is vir hom of haar. En hoe sterker daardie verhouding gebou word, hoe sterker word die band van liefde tussen hulle. En op ‘n klein manier bou hulle iets nuuts, en dit is moontlik.

Dietrich Bonnhoefer, ‘n Duitse teoloog praat van hierdie tipe gemeenskap bou en hy waarsku ons teen idealisme – hy waarsku ons dat as ons eenheid nie in Christus gebou word nie, dan bou ons op valse fondasies. Hy waarsku ons teen ideale groepe wat nie bestaan nie, behalwe in ons verbeelding. Hy praat van werklike gemeenskappe, waar mense kwaad word vir mekaar, waar mense mekaar vergewe, die dinge wat daagliks in ons huise gebeur.

En as dit daagliks in ons huise gebeur, as ons daagliks geregtigheid in ons huis nastreef, as ons daagliks nuwe familiebande en vriendskapsbande smee sonder om dit te romantiseer, kan dit ook daagliks in ons kerk en in ons land gebeur. Dit moet, en die kerk moet die leiding neem. We must be headlights and not taillights, het Martin Luther King Jr gese. Ons moet die rigtingwysers wees, nie die brieke nie. Met so ‘n benadering en met God aan ons kant sal ongeregtigheid nooit seevier nie, maar as ons ons vertroue nie op hierdie God plaas nie en valse gode nastreef, sal ons dink dat en sal ons oortuig word dat ongeregtigheid altyd sal seevier.

Ons moet regtig ophou dat die Malemas en die Terreblanches en hulle wie agter hierdie groep skuil, die pas aangee. As ons stil is, en ons ‘n neutrale God dien, het ons wegbeweeg van die God wie Nabot se kant geneem het. Kom ons keer terug na die God van die Bybel, hierdie God van geregtigheid, en kom ons neem sy woorde in Jh 15 dat ons sy vriende is, die woorde van Paulus dat ons nou broers en susters is, erfgename is, kom ons neem dit ernstig en kom ons sê nee vir die goedkoop bree pad en ja vir die pad van daardie genade en geregtigheid wat op die kruis vir ons gekoop is en wat ons nou in staat stel om te se: Abba vader, omdat ons een met en in Christus is.

Mag die Here sy woord op ontvanklike harte laat val sodat dit baie vrugte sal dra.

Amen.

2 Konings 5: Erediens – Om met verwagting te lewe in ‘n wêreld waar God nog wonders doen – Son 22 Augustus 2010

1. Die heldin in hierdie verhaal is ‘n klein dogtertjie.

Ons weet van haar net ‘n paar goed.  Ons weet sy kom van Israel af en is in een van die oorloë tussen Israel en die Arameërs weggevoer deur die soldate. Sy was nog ‘n baie jong dogtertjie en het ‘n slaaf geword vir Naäman, die bevelvoerder van die Aramese leër.  So sy was Joods, jonk en ‘n slaaf.

Maar daar is iets anders wat ons van haar agterkom.  Sy word nie die heldin in dié verhaal omdat sy Joods is of jonk of ‘n slaaf nie.  Sy word die held in die verhaal omdat sy weet wat niemand anders weet nie.  Sy weet wie haar baas kan help toe hy siek raak van melaatsheid.

Nou, ons lees nie in die Bybel dat sy vir Elisa geken het nie.  Ons weet nie verseker of sy geweet het van die wonder van die broodvermeerdering waarvan ons in hoofstuk 4 gelees het nie.  Ons weet nie of sy verseker geweet het van die weduwee se kruik wat nooit leeggeraak het nie.

Maar iets soortgelyks moes sy geweet het, want dit is haar kennis van wat Elisa, die profeet van die Here, gedoen het, wat lei tot die genesing van Naäman.

Maar wat vir my veral interessant is, is dat sy hoegenaamd iets sê!  Sy kon stilgebly het.  Sy het nie nodig gehad om enigiets te sê.  Die Armameërs het haar leed aangedoen.  Sy is weggeneem by haar mense, en onthou sy was nog baie jonk.  Sy het nie meer vryheid gehad nie.  Sy moes vir haar nuwe base help in die huis.

En tog – toe sy hoor van haar baas se melaatsheid, en sy weet sy het inligting wat vir hom iets kan beteken, toe sê sy dit vir hom.  Sy help haar vyande – en word so vir ons almal ‘n voorbeeld van wat dit beteken om God te ken en die goeie nuus te vertel wat ander mense se lewens kan verander.

Ons sien dus hier dat kinders – maak nie saak hoe klein hulle is nie, maar nie saak hoe min hulle eintlik in tel is in die groter wêreld waar ander baie keer bo-oor hulle en hulle belange loop nie – hulle het ‘n rol te speel.  En daarmee is sy ‘n voorbeeld vir almal van ons.

2. Gewone goed is belangrik, nie net die buitengewone nie.

Dit is ‘n klein dogtertjie se inligting, ‘n bad in die Jordaanrivier, olie by die weduwee, brood by die ete vir 100 mense, ‘n dankie-sê van die generaal eerder as die baie goud en silwer wat hy aangebied het, wat in hierdie verhale van Elisa belangrik is.  En dit leer ons dat God se wonderwerke baie keer, ek wonder of dit nie meesal is nie, deur gewone goed gebeur.  Ons leer dat God net so aan die werk is in en deur gewone goed as in en deur die buitengewones.  God se buitengewone goed gebeur deur die gewone goed.

Dit is wat Naäman geleer het.  Hy het eers teëgestribbel teen die idee om in die water van die Jordaan hom te gaan was, want hy het gedink, dit is darem net te eenvoudig.

Gelukkig luister hy na die amptenare, net soos hy aanvanklik na die dogtertjie geluister het.  En deur die gewone te doen, word hy gesond.

Die verhaal spoor ons dus aan om nie net vir wonders te kyk in die groot goed nie.  God is aan die werk in die normale goed wat elke dag gebeur.  Hy is besig in die ontmoetings wat ons met mense het, selfs as ons soms dink mense is onderbrekings.

Ek het die week ‘n hele paar ontmoetings gehad met mense waar my raad gevra is, waar ek as klankbord gebruik is.  Maar, die interessante is dat dit my wêreld ook verander het – ek het ‘n paar dinge geleer, ek kon kyk na die pad wat die Here met my loop en moed skep uit die goed waardeur ek al is, sodat ek met meer empatie kon luister, en raad kon gee wat nie teoreties is nie, maar goed wat ek deur ervaring geleer het.  Gewone goed, waarin God se buitengewone voorsiening sigbaar word.

3. God doen wonders deur die gewone goed wat ons doen

Maar die verhaal spoor ons ook aan om net so gewillig te wees om die gewone goed te doen, as wat ons graag die buitengewone sou wou doen. Dit is nie net ter wille van onsself nie, maar ook en juis vir ander.

Dink net wat beteken dit vir iemand as jy geduldig is of ‘n klip uit iemand se pad rol.

Ons wil baie keer die groot goed doen, ‘n boek skryf wat 10 miljoen kopieë verkoop en baie mense se lewens verander.  Of ons raak baie keer juis moedeloos omdat ons met een oplossing alle probleme uit die weg wil ruim – terwyl dit soms net iets kleins is wat ons moet doen, wat saam met ‘n paar ander mense se klein liefdesdiensies ‘n groot verskil maak.

Dit tref my ook bv. dat Elisa in die verhaal van die weduwee sy kruik, terloops die vrou van ‘n profeet wat dood is, nie bv. met die skuldeiser gaan gesels om haar skuld af te skryf nie, maar dat hy haar in staat stel om haar skuld af te betaal met die wonder vermeerdering van die olie in die erdekannetjie.  Dit is hoe dit in die koninkryk van God werk – hy help ons IN die situasie, en neem ons nie eers UIT die situasie om ons die pyn daarvan te spaar nie.

Ons moet deur hierdie verhaal leer dat God deur die klein goed wat ons doen werk om groot goed reg te kry.  Want, die klein dogtertjie het net vertel wat sy geweet het: Elisa die profeet in Samaria kan wonderlike goed doen.  Dit is al wat sy gedoen het.  Ons weet nie eers haar naam nie.

Maar daardeur het sy nie net gesorg dat Naäman van sy melaatsheid genees is nie, maar sy het hom aan die Here bekendgestel, soveel so dat hy die Here begin aanbid het.

Daar is niks wat ons doen, hoe klein ook al, wat nie deur God gebruik word om groot dinge te doen nie.  ‘n Paar boere het gesorg dat ‘n ambulans kinders hospitaal vervoer in Elliot, en die hele gemeenskap verander en begin misdaad bestry, en mekaar help as mense.  ‘n Paar gemeentelede skenk 3 rekenaars in Oos-Londen en ‘n hele woonstelblok se kinders kan hulle skoolprojekte begin inhandig, en 4 van hulle ouers woon die katkisasieklas by en raak lidmate van die gemeente.

Ons kan met verwagting lewe – dat God nog wonders doen, deur die klein dade van gehoorsaamheid wat ons doen.

4. Dankbaarheid is die draad wat ons lewens lappieskombers aan mekaar weef.

Maar daar is ‘n laaste ding van die dogtertjie se lewe wat my tref.  Sy kon op ‘n hopie gaan sit het en haar hart uitgehuil het oor die slegte situasie waarin sy beland het.  Nou, dit is moontlik dat sy gehuil het, dat sy hartseer was, dat sy alleen en eensaam gevoel het.  Om die waarheid te sê, sy het heel waarskynlik baie bang en baie weerloos gevoel daar in die vreemde.

Maar sy het gekies om nie ten gronde te gaan nie, en iets aan die nood van die mense rondom haar te doen.  Sy was dankbaar dat sy lewe, en het meer as haar deel gedoen in die vreemde huishouding, sy het hulle die geheim van Elisa, die geheim van God, vertel.  En dit lei tot genesing vir haar baas, toevallig ook haar vyand.  En dit lei nie net tot genesing nie, hy leer ook die Here ken.

Ek sien dus by haar wat Paulus veel later sou skryf:

1 Tes 5:16-18 sê: “Wees altyd bly. Bid gedurig. Wees in alle omstandighede dankbaar, want dit is wat God in Christus Jesus van julle verwag.”

Dankbaarheid is die draad wat die lappieskombers van ons lewe aan mekaar weef.  Moeilike en maklike tye, geluk en ongeluk, kan in iets kosbaar saamgevoeg word deur met dankbaarheid en erkentlikheid te lewe.  Soos Jesus 5 broodjies en 2 vissies met dank aan God gebruik het om so iets besonders vir mense te doen, so kan ons ook met dankbaarheid dit wat ons het, al is dit min of doodgewoon, gebruik om ander se lewens te verryk, soos wat hierdie dogtertjie gedoen het met haar kennis.

Haar voorbeeld nooi ons dus uit om God se teenwoordigheid in ons lewe Ste erken en met dankbaarheid te lewe, en ander te dien met wat ons ook al het.

Ons kan leef met die verwagting dat God vandag nog wonders doen, en ons kan verwag dat Hy dit steeds sal doen, en meermale deur die gewone goed wat ons vir ander doen.