Kop-Hart-Hand BarmHARTigheid

Ds Pieter Nel van PE Hoogland het Sondag 20 Oktober die erediens waargeneem onder leiding van die kommissie van Barmhartigheid in ons gemeente. Jy kan hier bó na sy boodskap luister waarin hy die kop-hart-hand elemente van ons BarmHARTigheid beklemtoon.

Ons het ook 25 emmers uitgedeel met ‘n lysie van goed wat mense nodig het. Die reaksie was so groot dat ons dit weer hierdie komende Sondag sal herhaal. Jy hoef egter nie vir ‘n emmer te wag nie. Hier is die lysie van goedere wat jy kan aanskaf en Sondag saambring.

Dankie vir Annemarie en Jaco Barnard saam met hulle gesin wat vir ons die voortou hier geneem het!

Lysie vir ‘Buckets’ vir Barmhartigheid

·      Pap

·      Rys

·      Pasta

·      Two minute noodles

·      Grondboontjiebotter

·      Soppoeier

·      Olie

·      Tee

·      Koffie

·      Suiker

·      Pakkies koeldrank

·      Blikkies kos soos bully beef, Pilchards vis, sweetcorn, baked beans, ens.

·      Tandepasta

·      Sjampoe

·      Seep

·      Tandeborsels

·      Sanitêre ware

 

Hier is ‘n paar verhale uit ons Barmhartigheidsfokus in die gemeente

Continue Reading

1 Johannes 4:7-21 – die Opstanding van Jesus (Paassondag)

Johannes skryf vir opponente binne die kerk in sy 1 Johannes brief. Hierdie mense het Christus aangeneem – hulle glo in Hom. Maar, nie alles wat hulle glo oor Hom is vir Johannes aanvaarbaar nie. En dan vat hy hulle deeglik aan oor hulle wanpersepsies en verdraaiings. Hierdie mense veroorsaak onsekerheid en verdeeldheid as gevolg van dit wat hulle glo. In die lig hiervan skryf Johannes dat God liefde is, en dat, om hierdie God lief te hê noodwendig beteken om mekaar lief te hê. Die een kan nie van die ander geskei word nie. Ten diepste gaan dit dus in ons teksgedeelte (1 Johannes 4:7-21) om die korrekte verstaan van die inhoud en praktiese uitspeel van ons geloof in Christus.

Continue Reading

Sterre/Lig

NG Kerk Somerstrand Kerssangdiens

Lynette van Wyk

 Tema:              Sterre/lig

 Vooraf:            Gemeente-samesang van bekende Kersliedere met die woorde op die dataprojektor.

Sluit samesang af met die koor wat om 19:00 “Want so lief het God die wêreld gehad” sing.  Terwyl die koor gaan sit, bly Albert aanhou speel op die orrel. Soos die orrelspel taan, doof die ligte stadigaan totdat dit heeltemal donker is.

 Verteller: (Proloog vir ‘n Kersspel – WEG Louw) ( – die woorde van die verteller veskyn deurgaans op die skerm vir die gemeente om te volg.)

In duisternis en angs bevange, slaap die aarde,

Só maatloos ver verwyder van die hoë lig

Van God se liefde en genade, dat geen sterreglans,

Geen sagte flonk’ring selfs, die winternag verlig;

En lank reeds wag die mens, in die verderf gestort

En uitgeban van die verlore paradys

Deur eie trots en opstand teen die wil van God,

Op die verlossing, aan Adam en sy vrou beloof,

dat Éen uit hul geslag die slang se mag sou breek,

sy kop vermorsel in die sand…

 

Die orrelis begin die melodie van “As Hy weer kom” speel.  Die voorskoolse kindertjies, in wit geklee (aan hulle mammas en pappas  se hande) stap een vir een in, steek ‘n “Starlight” voor aan die doopvont se kant aan en vorm ‘n groepie voor die preekstoel.  Wanner almal voor staan,  sing hulle die Halleluja-weergawe van

 

“As Hy weer kom, as Hy weer kom

kom haal Hy sy pêrels,

al sy pêrels, fraaie pêrels vir Jesus se kroon.

O die kindergesiggies

soos die sterre se liggies,

is die hemel se pêrels vir Jesus se kroon”

 

Die mammas en pappas help sing.

 

Jannie: Ek wonder wat al die sterre beteken?  Dit is anders as ander nagte.

 

Die kindertjies stap saggies af.  Hulle sit by hulle families in die voorste rye banke wat vooraf gereserveer is.  Hulle bly hulle verwonder aan die sterre. Die orrel begelei hulle afgaan met die laaste note van “As Hy weer kom”.

 

Verteller: (Proloog vervolg)

 

Aan Jesaja, die profeet, die geroepene van God,

Hy wie se mond die seraf met ‘n kool moes brand

Sodat sy lippe rein sou word, is dit gegee

Om woorde uit te spreek waarin die gees van God

Bestendig deur die eeue soos ‘n vuur sou brand:

“O almal wat dors het, kom na die waters, kom drink en eet…”

Konings en profete het van Sy koms getuig,

Die harte voorberei sodat, wanneer die Woord,

In al sy volheid van die tyd, vervul sou word,

Die Seun van God nie soos ‘n vreemdeling deur Sy land,

Nie onbegrepe met Sy eie volk sou praat…

En deur die eeue wag die aarde op dié Woord.

 

Ligte kom tydens die lees van die verteller,  een vir een aan.

 

Gemeente: sing Lied 372 – staande

 Sterrekykers stap vanaf regs agter in.  Hulle volg die ster.  Hulle begin beweeg terwyl die verteller begin lees.

 

Verteller: Eén nag… Wie het die eerste daardie lig gewaar?

‘n Herderseun wat vaakrig by sy skape waak?

‘n Laat wandelaar?  Verliefdes met die vreug

van nuwe lewe hoog en heerlik in hul harte?

Die wyses wat die ure deur waak om die geheim

Van aardse lotgevalle in die nag te sien?

Wie sal dit sê?… Eén nag het aan die hemelboog

‘n nuwe, groot en onbekende ster veskyn,

so skielik en so skitterrend soos geen ster nog ooit

oor lande van die sterflikheid kon staan en straal:

‘n blou vlam, ‘n vuur wat oor die aarde klim

en elke uur al verder na die Ooste neig…

 

Wyse man 1: Belthasar, kom kyk, hier is ‘n vreemde verskynsel in die lig. Wat kan dit tog beteken? Melgior, wat sê die voorspellings van hierdie konstellasie?

 

Wyse man 2: (Hy hou ‘n boekrol voor hom waaruit hy voorlees.)

“Maar in die land waar daar duisternis is, sal daar nie langer donkerte wees nie.  Die volk wat in donkerte geleef het, het ‘n groot lig gesien, oor die wat in die donker land was, het ‘n lig geskyn.”  (Jes 8: 23 en 9:1)

 

Wyse man 3: Laat ek sien:  “’n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai, ‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra.” (Jes 11:1)

 

Wyse man 1: “Daar kom ‘n ster uit Jakob, daar staan ‘n heerser uit Israel op.”

(Num. 24:17)  Miskien moet ons die ster volg en gaan kyk wat gebeur.  Dit wil voorkom of ‘n koning gebore gaan word – ‘n verlosser wat lig bring in die duisternis…

Hulle stap agter aan die doopvontkant af terwyl die gemeente sing.

 

Gemeente: sing Lied 323: (terwyl Christine met die stomp van Isai wat deur Hettie gemaak is, vorentoe stap en dit op die doopvont neersit.)

 

Verteller: Maria (WEG Louw)

Deur daardie tuintjie het sy stil gegaan,

Haar hande need’rig oor haar bors gevou,( ‘n engel verskyn)

toe hy, verblindend  – soos die son, daar staan:

Drie wit lelies het hy in sy hand gehou.

Half-skaam, verleë, het sy opgekyk

En is opeens met groot vrees bevang:

Sy oë het van haar nie afgewyk,

Sy vleuels het oor heel die tuin gehang.

“Geseën is jy onder die vroue” –  sy woorde –

of was dit winde? – verruis nog in haar oor,

toe hy teen die son in goue vlug verdwyn…(engel verdwyn agter die preekstoel)

Sy het haar neergebuig en half-versmoorde

Klein snikkies in haar hart gehoor,

Van verlossing reeds die vreugde en die pyn.

 

(Die engel verskyn, nou sonder die lelies, vanagter die preekstoel aan die teenoorgestelde kant van waar hy opgegaan het.)

 

Maria: “Maar dit is heeltemal onmoontlik.  Ek meen, e.. ek het nog nooit eens by ‘n man geslaap nie.  Kyk, ek is maar nog net verloof.  Nee, wat sal die mense sê?  My ouers? Josef.  Die gemeenskap sal my stenig.  Ek sal nooit met ‘n man mag trou nie.

 

Engel: “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek.  Daarom sal die een wat gebore word, heilig genoem word, die Seun van God.  Kyk ‘n bloedverwant van jou, Elisabet, het in haar ouderdom self ook ‘n seun ontvang, en sy wat as onvrugbaar bekend was, is nou al in haar sesde maand.  Niks is vir God onmoontlik nie.” (Luk 1: 35 – 37)

 

Maria: (Donkergenade – Rosa Smit)

 

Uit my binnekamer

Onder die digtheid van struik en donkergroengewas

Teen die muur van olifantsklip en oorgroeide grondrank

Het ek iets sien flits ‘n ster het ek vir

Elizabeth en die ander oorvertel

Asof dit wou sê dat donker

Nie heeltemal donker is en in my hart

Het ek ‘n vae voorspel van iets kranks

En kermends, van Elizabeth wou weet

Of donkerdompeling ‘n mens nie soos ‘n sel

Sou hou en bitter, mens vir altyd sou veskil

Donkernag sê sy is liefliker as dagbreek

En maande daarna toe ek die soet

Somer weer uit my kamer sien

Onthou ek die ster en met dank

Elizabeth se woorde

Want uit die donker

Wat kort na ons gesprek toe ook vir my begin

Het ek met soveel geweld gegryp

Na die lig díe lig (wys die lig op die skerm)

Soos ‘n bruid haar man vasgryp

Dat ek nou in teer vereniging

Transformerend meer soos Hy al lyk.

 

Maria: Nadenkend: Niks is vir God onmoontlik nie. Sara het in die geheim gelag, Manoag, Simson se pa was ontsteld, Sagaria het getwyfel.  En ek, wat staan my te doen?

Lang pouse.  Vertwyfeling en dan, helderheid.

Ek is tot beskikking van die Here.  Laat met my gebeur wat u gesê het.  Die engel verdwyn – gaan voor regs uit (orrelkant).

Koor: Lofsang van Maria – Maria bly knielend sit.

Verteller: Die boodskap aan Maria  N P van Wyk Louw – Maria staan op.

Sy’t deur die skaduwee gegaan

In die soet lentenag,

Skraal-wit en skemerig en nog sku

Van naamlose verwag;

Soos ‘n groot nagblom oop

Waaroor die motte bewend hang,

So was sy onder die sterre, in haar

Onwetende verlang.

Maar toe Hy kom, het sy geweet.

Geen stem was daar,

Net enkele sterre donkerder

En blydskap soos ‘n tent óm haar;

En alle verlange buitekant

Het trug- en tuisgekeer

Tot innigheid, en rus gekry

Soos waters in ‘n donker meer,

En huiswaarts oor die paaie het sy

Gepeins dat vreugde só kon wees:

Vervuld en woordeloos, en stil

Geglimlag oor haar verre vrees.

 

Maria stap stil-rustig en peinsend voor aan die doopvant se kant af terwyl die gedig gelees word.

 

Boodskap– die liturg kondig aan die einde aan dat die kinders na vore moet kom tydens die sing van die lied.

 

Gemeente:    sing Lied 349 en  die kinders kom na vore vir die storie.  Susan neem verantwoordelikheid vir die kindertjies saam met die mammas wat die kinderkerk doen.

 

Daniel: Vertoon die prente op die skerm.

Dit was ‘n buitengewone dag.  Almal het rondgehardloop soos mal goed, op mekaar se trone getrap en mekaar verskree.  Ek wou so graag help, maar is deur almal verjaag as te klein en onder hulle voete.  Toe het ek koers gekies plein toe.  Daar was dit nie juis rustiger nie.  Ek dag die speseryhandelaar kry ‘n oorval toe ek net iets vir hom wou vra.

 Hulle het eenkant gestaan, die drie deftig geklede mans – heeltemal anders as ons.  ‘n Mens kon sien hulle kom van die Ooste af.  En by hulle was die mooiste, mooi kamele.  Ek het nog nooit sulke diere gesien nie.  Gretig het ek aangebied om vir hulle water te gee, maar die een man het my stip en vriendelik aangekyk, my geprys vir my bedagsaamheid en toe gewaarsku dat die kameel baie maklik op my voet sou kon trap, maar dat ek ‘n baie oulike seun was en nie moes moed opgee nie.  Iewers het daar ‘n belangrike werkie op my gewag.

 Haastig het ek huis toe gehardloop, uitasem daar aangekom net om weer die onvriendelike spul aan die skree te kry.  My pa het skielik onthou dat hy vergeet het om die stal skoon te maak.  Gretig het ek aangebied, maar my ma was baie vinnig om te vertel dat ek nog te klein was.  My susters het allerhande verskonings gehad.  In die herberg was my broer besig om vir dorstige reisigers drankies aan te bied.

 Ek het stil weggeglip.  Ek het die hark geneem en vinnig voor iemand my betrap, die vuil strooi weggewerk.  ‘n Koei het lui gebulk.  Die vurk waarmee die skoon strooi gestrooi moes word, was twee keer groter as ek, maar ek het moedig aangehou werk totdat ek later wou omval.

 Dit was reeds donker toe ek terug kom by die huis.  Op my plekkie voor die vuurherd het ‘n vreemdeling gelê.  Te moeg om verder rond te soek, het ek vas aan die slaap geraak, gestut teenaan ‘n sak meel.

 Later in die nag het ek skielik bewus geword van ‘n skerp lig wat by die huis inskyn.  Ek was oortuig dat ek droom totdat ek besef ek hoor stemme in die stal.  Suutjies het ek uitgesluip en by die staldeur ingeloer.  Hy was daar.  Daardie vriendelike man wat vroeër die dag met my gepraat het.  Die een met die pragtige kameel.  Ek wou nog koes, maar hy het my raakgesien en my saggies binnegenooi.  Daar in die stal, by die koei wat vroeër die aand vir my geloei het, was ‘n babatjie in spierwit doeke toegedraai aan’t huile in die diere se krip.  Die koei het vir my geknipoog.

 Ek het baie jare daaroor gewonder, maar nou verstaan ek sy boodskap.  Dit was ‘n baie belangrike koning wat daardie nag in die stal gebore is:  Jesus van Nasaret het die mense hom genoem.  En dink net wat sou gebeur het as hy daar in die stink strooi moes lê.  Nee, die koei met haar kalfie liefderyk onder haar, het verstaan en op haar manier vir my probeer dankie sê.  Die man was toe reg.  Ek het ‘n baie belangrike werk verrig.  Ek kon die Koning se bedjie vir hom opmaak!

 Moenie dat iemand ooit vir jou sê dat jy te klein is om vir Jesus iets te doen nie.  Kyk net waar daar ‘n geleentheid is en gryp dit aan.  En sonder dat jy dit weet, kan jy dalk self vir engele ‘n gunsie doen.  Wees altyd goed en lief vir ander mense.  Jesus sien dit raak.

 Die storieverteller lig die kindertjies in dat hulle weer by hulle ouers kan gaan sit.

 Gemeente: en kinders sing Lied 355 terwyl die kinders weer gaan sit.

 Verteller:                    Luk2: 1 – 7

“In daardie tyd het keiser Augustus ‘n bevel uitgevaardig dat ‘n volkstelling in die hele ryk gehou moet word.  … Almal het gegaan om hulle te laat inskryf, elkeen na sy eie stad toe.  Ook Josef het gegaan.  Hy het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe gegaan, na Betlehem, die stad van Dawid, omdat hy tot die huis en geslag van Dawid behoort het.  Maria, sy verloofde, wat swanger was, het saamgegaan om ingeskryf te word.  Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word.  Sy het haar eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in ‘n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.”

(terwyl die verteller voorlees, neem Maria, Josef en mettertyd ook herders voor die kansel stelling in.  Josef kry die krippie agter die preekstoel en bring dit vir die “baba”.  Maria het ‘n pop as baba.)

Gemeente: sing lied 340 sittend (Terwyl die gemeente sing, stap ‘n volgende groep kinders, laerskoolkinders in herdermonderings, in en buig, staan en kniel by die krippie in verwondering.  Hulle stap aan die ander kant af en uit.) Eleanor en Theo – self aangetrek – neem verantwoordelikheid.

Die orrel hou aan speel totdat almal voor is.

Koor: Lied 335  

Die wyse manne kom  in en buig in aanbidding voor die krippie terwyl hulle hulle geskenk daar neersit.

 

Verteller: lofsang (Antjie Krog)

 

Kom herwaarts geliefdes

Met voete vlugtig oor bolandse berge

Oor koel valleie varkoor

Versamel in die vlaktes

Trek op uit die Hantamgebergtes

Uit die Koue Bokkeveld

En die Witteberge naby Betlehem

Vertoef nie vir klere nie

Ook nie vir brood of wyn nie

Snel geluidloos deur die donker

Net die hoewe van die aarde wat sterre vonk

En die silwer mane wit salpeter teen sy flanke

Want ‘n kind is vannag gebore

‘n seun is gegee in vreugde ontvang en gebore

‘n seun wat die aarde langs sal huppel

oseane sal opvang in sy strandemmer

sy speelgoed oor vastelande strooi

oor kape met windrigtings sy helder top laat tol

en die son soos ‘n ghoenie-ghoen in sy agtersakkie dra

o kom herwaarts geliefdes

vrolik en seëvierend

psalmsing

met goud en wierook en mirre

en kniel op die berge waar daar son is

gevange

en heerlik en bloesend gekruisig

teen die aardse ritme van die ewigheid.

 

Koor: Juig nou almal

 

Die gemeente sê staande die Geloofsbelydenis van Nicea op terwyl die verteller voorgaan:

Ons glo in een Here, Jesus Christus,

die eniggebore Seun van God,

voor al die eeue uit die Vader gebore:

Hy is God uit God,

lig uit lig,

ware God uit ware God,

gebore, nie gemaak nie,

van dieselfde wese met die Vader, deur wie alle dinge gemaak is.

Hy het ter wille van ons, mense, en ons saligheid

uit die hemel neergedaal

en het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria mens geword;

Hy het mens geword.

Nou sit Hy aan die regterhand van die Vader;

Omring deur lig en sal weer kom in heerlikheid

Om ons ook te verlig.

 

Koorsang: Halleluja, loof God

Verteller: Kersnag – Louis Leipoldt

 

Die swoele skemer trek sy dun, versagte,

Vergroende sluier oor weiland, veld en werf.

Al wat die wêreld van die daglig erf:

Die heerlik pers van purper bergepragte;

Die diep-steil kliprotskranse, lig-geverf;

Graskolle met die skyn van groot smaragde;

Die luisterryke oostelug met onverwagte,

Gestreepte kleure as die songloed sterf –

Versink in skaduryke groen, en vrede

Rus as voorloper van die somernag

Oor alles – huis en plaas en bos-beklede

Bergkloof en dal – wat op die dagster wag.

En tot die sterre styg ons Kersnagbede:

“Verleen ons, Heer, vir lewe nuwe krag.”

 

Gemeente: sing lied 358:  Welkom o stille nag van vrede – staande

 

Liturg: ”Ek is die Afstammeling, die Nakomeling van Dawid.  Ek is die helder Môrester.” (Openbaring 22:16) “Ek sal vir elkeen wat die oorwinning behaal, die môrester gee” (Openbaring 2:28)“Julle sal goed doen as julle in sy lig bly totdat die dag aanbreek en die môrester opkom in julle harte.” (2 Pet 1:19)

 

Mag die liefde van God die Vader, die lig van sy Seun, Jesus Christus, en die gemeenskap van die Heilige Gees, ook jou pad verlig, vandag en elke dag tot met Kersfees en die dag uiteindelik aanbreek waarop die lig vir ons almal sal opkom.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

BEPLANNING – KERSSANGDIENS

 

  1. Charlene:  kry sterre by my.  Dit moet asb reeds teen Sondag 21 November hang.
  2. Program:  Lynette en Rethie finaliseer, Liesl fotostateer.
  3. Ligte:
  4. Beheer van ster:
  5. Reserveer voorste banke vir gesinne met jong kinders.
  6. Briefie vir voorskoolse kinders:  Lynette

Verduidelik:  drag, sitplek, starlights, repetisies, liedjie.

7.  Rolverdeling:   Maria                                       Sanett Prins

Josef

Vertellers                                 Stephan Bothma

en Sura Swanepoel

3 wyse manne                         Johann McFarlane

Japie Havemann

Willem Oelofsen

Kinderstorie                            Deon Loots

Dataprojektor                          Chris van Wyk

Power Point                            Rethie van Niekerk

Engel                                       Ralph Killian

Liturg                                      Rethie van Niekerk

Orrelis                                     Albert Troskie

Kind                                        Jannie Coetzer

Stomp                                      Hettie Oelofsen

Christine Veldsman

Dekor                                      Charlene Brewis

Klank                                      Ian van Niekerk

Beligting

Voorskoolse kinders               Susan Coetzer

Laerskoolkinders                     Theo en Eleanor van Niekerk

Kostuums                                Anke kritzinger en Irma Loots

8.  Verversings:

9.  Geskenke:

10. Beplanning:           Teks gefinaliseer

Power point gereed

Teks uitgedeel

Rolle toegeken

Deurlees met alle deelnemers

Briewe aan ouers gereed

Tegniese repetisie

Kleedrepeitisie

 

Continue Reading

Die GEE van Kersfees

Kerssangdiens –2007 – Lynette van Wyk

eNGee!

in die GEEs van die Christusfees…

 Orrelvoorspel – Albert

Aankondigings. 
Vra mense om tot in die middel van die bank te skuif sodat meer mense kan inskuif.

Die kollekte word opgeneem terwyl die orrel voortspeel.

Eerste moment:

God gee sy enigste Seun

 Die leë krip staan deurentyd voor die preekstoel.  So ook twee kateders links en regs voor, uit die pad van die dataprojektor.

 Eerste persoon (Chris van Wyk): (stap van die preekstoel af tot by die laaste trappie, kyk dan op, en praat)  Jes 9:1

 “Die volk wat in donkerte geleef het, het ‘n groot lig gesien, oor die wat in die donker land was, het ‘n lig geskyn.”  Beeld op skerm?

 Tweede persoon (Deon Binneman):   (kom van die orrelkant af op tot op die hoogste trappie.  Tweede persoon stap solank nader, maar bly aan sy kant van die straal van die projektor)  Jes 9:5

“Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee;

Hy sal heers, en Hy sal genoem word: (ononderbroke afwisseling van stemme)

Eerste persoon: Wonderbare Raadsman,

Tweede persoon:       Magtige God,

Eerste persoon:          Ewige Vader,

Tweede persoon:       Vredevors.”

Persone een en twee bly voor. Sit miskien net.

 Koor:              Lied 362

Liturg: (stap vanaf die middelste ry voor, af op) God gee lig.

Eerste persoon: God gee sy Seun.

Tweede persoon:   God gee lewe, die ewige lewe.

Liturg:            Kersfeeskind

Gerhard Olivier

Kersfees,

‘n skilder-sentiment.

Die Godsgreep,

Van ‘n vader

Se liefde,

Wat onthou.

Kersfees,

‘n liedjie-luister.

In ‘n stille-heilige nag,

Na ‘n engele lied,

‘n hemelse

Verlossingsmimiek.

Koor:  “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal gaan, maar die ewige lewe sal hê.”

‘n Kunstenaar verbeeld die volgende gedeeltes terwyl dit vanaf ‘n kateder voorgelees word.

 Eerste persoon: Luk 1: 68-79

 “Loof die Here, die God van Israel!

Hy het na sy volk toe gekom.

Hy het hulle kom verlos.

God het ‘n sterk Verlosser na ons toe gestuur.

Hierdie Redder kom uit die nageslag van Dawid, die kneg van die Here.

Die Here het al lankal belowe dat Hy dit sal doen.

Al die profete wat Hy gestuur het om sy wil bekend te maak, het daaroor gepraat.  God het belowe dat Hy ons sal red uit die hand van almal wat ons haat en dat Hy ons sal oorlaai met sy goedheid.

Dit alles het Hy in sy ooreenkoms met ons voorvaders belowe.

God het sy beloftes onthou; ook daardie groot belofte aan Abraham:

God het onthou dat Hy ons van ons vyande sou red sodat ons Hom voluit kan dien, sonder enige vrees of kommer – elke dag van ons lewe.”

 Liturg: Waarlik, God se lig skyn ook oor my, skyn ook oor jou.  Mag hierdie Lig jou donkerte verlig vandag en elke dag wanneer jy in donkerte rondtas.

 Gemeente: Lied 336:1,2,5 – staande

Tweede persoon: Jesaja 35 –dramaties voorgelees terwyl ‘n kunstenaar dit op ‘n grootskerm uitbeeld.

“Die woestyn, die dor land, sal jubel, die droë wêreld sal juig, oortrek met affodille; hy sal  in volle bloei staan, hy sal juig en sing, hy sal die prag van die Libanon hê, die skoonheid van Karmel en Saron. Israel sal die mag van die Here sien, die koninklike mag van ons God.

Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sê vir dié wat moed verloor het:  ‘Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier, Hy kom om wraak te neem, om julle vyande te straf;  God kom julle red!’  Blindes sal kan sien, dowes sal kan hoor, lammes sal kan rondspring soos takbokke, stommes sal kan sing.  Strome water sal uit die woestyn uit bars; daar sal riviere loop in die droë wêreld.  Die verskroeide aarde sal ‘n moeras word, dorsland  waterryke wêreld.  Waar daar nou net vir jakkalse lêplekke is, sal gras en riet en biesies groei.  Daar sal ‘n grootpad deur die woestyn loop en dit sal bekend staan as die gewyde pad.  Onrein mense sal nie daarop loop nie, hulle sal glad nie daar kom nie.  Net die mense wat deur die Here gered is, sal die pad gebruik.  Dié wat deur die Here verlos is, sal terugkeer, hulle sal juigend in Sion aankom, hulle sal altyd straal van blydskap, hulle sal vol vreugde en blydskap wees; ellende en smart sal verdwyn.

Gemeente: Lofgesang 203sittend terwyl die kunstenaar ongestoord voortgaan (tydens die sing van die lied stap persone een en twee af en gaan sit)

Alida Stewart: Kom van regs af op tot voor die preekstoel

Vervulling

Elisabeth Eybers

Toe keer haar voete traag en langsaam na

Die einde van die lange reis; sy was

Soos een wat tot die laaste ‘n kosb’re las

Beskermend in gekelkte hande dra.

 

Die helder krag vir hierdie avontuur

Het deur haar liggaam soos ‘n vlam gestraal

Toe sy na die verlate dieptes daal

Om daar te worstel tot die skeidingsuur.

 

En met haar kind se eerste, roue kreet

Het sy die ou, meedoënlose pad

Wat hulle saam moes aflê reeds vergeet

Want in haar hart het alles weggesterf

Behalwe net die enkele vreugde dat

‘n nuwe mens die lewe kon beërf.

 

Koor: Halleluja, o loof en prys die Heer!

Halleluja, o loof en prys die Heer!

Kom, mensdom roem en bring aan Hom die eer!

Juig nou! Die Woord het mens geword;

Só is Gods liefd’vir elkeen uitgestort.

 

Sing saam en juig in diepe dankbaarheid,

Prys en loof die hoogste Majesteit –

Die Vors en Heer wat in die hemeltroon,

Het lank gelee’ hier onder ons kom woon!

 

Loof dan u God! Deur Christus is ons vry,

Vir al ons skuld moes Hy kom om te ly –

Volg Hom getrou en bring Hom lof en dank

Met vreugdekoor – verhef die blye klank!

Tweede moment:

 

Wyse manne gee geskenke:

 

Gemeente: Lied 344: sittend terwyl drie groter seuns: Jan, Fordie(?) en  John Williams, goud , wierook en mire indra en by ‘n krippie kniel. (Vra iemand om die geskenke te maak.  Vra die drie seuns. Lynette het ‘n houtkrippie)

Lynette:                      Eén nag…

W E G Louw

Eén nag… Wie het die eerste daardie lig gewaar?

‘n Herderseun wat vaakrig by sy skape waak?

‘n Laat wandelaar?  Verliefdes met die vreug

Van nuwe lewe hoog en heerlik in hul harte?

Die wyses wat die ure deur waak om die geheim

Van aardse lotgevalle in die nag te sien?

Wie sal dit sê? … Een nag het aan die hemelboog

‘n nuwe, groot en onbekende ster verskyn,

so skielik en so skitterend soos geen ster nog ooit

oor lande van die sterflikheid kon staan en straal:

‘n blou vlam, ‘n vuur wat oor die aarde klim

En elke uur al verder na die Ooste neig…

Met vrees en skrik is dit gewaar, want wankel leef

In menseharte steeds die rus en sekerheid.

Wat sou dit wees, dié onbegrepe teken dáár?

‘n Tyding van ‘n nuwe, onbekende nood

Wat oor die aarde kom?  ‘n Pes, met sy verderf,

Wat met sy swarte dood nóg kneg nóg koning spaar?

‘n Oorlog wat verwoesting oor die wêreld saai,die volkere gebreek en hulpeloos sal laat?

En elke more, as die ster in vreugde styg,

Steeds hoër in die hemel klim, is daar met vrees

Gefluister oor die heuwels van die Joodse land…

 

Maar God het geeste afgesonder vir sy werk,

Aan wie Hy sy geheimenisse openbaar.

Hul het verstaan; hul het geweet die uur was daar

Dat die hemel soos ‘n blom se kelk sou oopbreek

En al sy heerlikheid sou uitstort oor die aarde…

 

Die ster het stil gestaan.  Die Woord het Vlees geword.

 

Die koor volg sonder enige onderbreking.

Koor:                          Hierdie heilige nag!

Hierdie heilige nag, sing die engele sag,

Christuskind lank reeds verwag, is hier gebore vandag.

 

Wyse manne van ver, volg die Betlehemster –

Vind daar die Kindjie so teer kniel in aanbidding daar neer.

 

Heiland, U is Heer, ons bring U al die eer.

Liefde en vreugde en vree’ bring U, o Heiland, ons mee.

 

Koor en kindersanggroep:  Stil, stil, stil

Stil, stil, stil, die Jesuskind slaap sag.

Dit word nou nag, die dag verdwyn,

slaap gerus, Heer Jesus klein.

Stil, stil, stil, die Jesuskind slaap sag.

 

Stil, stil, stil, die Vader hou hier wag.

Heer Jesus klein, so teer en rein,

Slaap gerus, net sterre skyn.

Stil, stil, stil die Vader hou hier wag.

 

(Persone 1 en 2 lees nou vanuit die banke waar hulle sit.)

Eerste persoon: Na Jesus se geboorte het daar sterrekykers uit die ooste in Jerusalem aangekom en gevra:

Tweede persoon:       Waar is hy wat as koning van die Jode gebore is?  Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.

Eerste persoon: Die ster wat hulle sien opkom het, het hulle gelei tot dit gaan staan het bo die plek waar die kindjie was.  Toe hulle die ster sien, was hulle baie bly. Hulle het in die huis ingegaan en die Kindjie saam met Maria, sy moeder, gesien, en hulle het gekniel en aan Hom hulde bewys.  Daarna het hulle hul reissakke oopgemaak en vir Hom geskenke uitgehaal:  goud, wierook en mirre.

Die seuns gebruik een mikrofoon wat voor by die krippie lê.

John Williams: Goud,‘n geskenk gepas vir ons Koning!

Fordie: Wierook, waarmee ons U as Koning aanbid!

Jan: Mirre, waarmee ons U tot Priester salf!

Gemeente: Lied 345sittend terwyl die klein kindertjies met krone op en geskenke vir Jesus opstap tot by die krip, buig en hulle geskenkies daar neersit.  Hierna bly hulle sommer sit vir kindertyd.

Kindertyd: Rethie behandel die verhaal van die lekkergoedman se nuwe uitvindsel.  Elke kind kry een stokkie om huis toe te neem.

 

Kindersanggroep:      Lied 355, onder leiding van Jennie.

 

Gemeente:      Lied 340 staande terwyl die kinders weer gaan sit.

Koor:              Loof heel die skepping

Weer dink ons saam aan daardie nag;

Die herders en die sterreprag,

Die eng’le woord wat blydskap bring,

Die blye koor wat juigend sing.

 

Laat ons nog eens die lied herhaal,

Die eng’lelied in mensetaal:

Op aarde vrede, God die eer!

Die mensdom heil, Gods Seun daal neer!

Derde moment:

Wat gee ek ?

 

Liturg:                        Kersgedagte

Angelus Silesius

En al word Christus

‘n duisend maal

In Betlehem gebore

En nie in jou nie

Dan bly jy verlore

 

Kindersanggroep en koor:   Christmas isn’t Christmas

Chorus:

Christmas is’nt Christmas till it happens in your heart

Somewhere deep inside you is where Christmas really starts.

So give your heart to Jesus; you’ll discover when you do,

That it’s Christmas, really Christmas for you.

 

Jesus brings warmth like a winter fire,

A light like a candle’s glow.

He’s waiting now to come inside,

As He did so long ago.

 

Jesus brings gifts of truth and life,

And makes them bloom and grow.

So welcome Him with a song of joy,

And when He comes, you’ll know that:

Repeat chorus

Liturg: Nie uit wit paleise nie

Wou Hy (uit soewereine Wil)

Tot ons soort staat gebore word;

Maar, waar die Kuise en die Arme stil

En buite die hotel se poort

Verniet loseer het in die stal,

Het Hy, Visarendjie van God,

In ons benoude vlees geval…

 

Gemeente:                  Lied 348sittend

Tweede persoon:       Onopsigtelik vanaf die galery. Bly sit sonder om op die verhoog op te gaan of sigbaar te wees.  Swaar, sugtend, gedrae, vertwyfelend.  Albert speel die lied saggies voort op die orrel totdat die gemeente weer inval.

Stille nag, heilige nag?

 

Helaas nie.

 

In die donkerte van ons ondermaanse

Skreeu inkopiesentrums met basuingeskal

Van ‘n slee met vrolike klokkies,

‘n takbok met ‘n rooi neus,

Santa wat vir mamma onder die mistletoe soen!

 

Terwyl bloed vloei in Jerusalem

‘n vrou of kind elke paar sekondes verkrag word

Die osoonlaag deur sy gate hygend asemhaal

En Afrika hom aan Vigs doodsweet?

 

Wit Kersfees?

Stille nag,

heilige nag?

 

Inderdaad nie.

 

Waar is ons Vors van Vrede?

Waar die Raadsman?

Aan watter boom is Hy opgehang?

In watter graf is Hy verskans?

 

Stille nag,

heilige nag.

God praat met ons

Ons slaan ag

 

of:

 

Gebed vir ‘n Somerkersfees

Bernard Odendaal

 

Hier staan talle plaaskrippe leeg,

Of verlate opstalle, of agterin sjebiens sommer drankkratte

Om in neergelê te word.

 

Ons somer-Jesus, as U kan kom.  Onnosel kinders sonder toesig

Is hier báie wat kan hól agter ‘n trekstêr se vuurwerk aan

En vir engelekore hemel om te galm

 

Oorgenoeg, en oral vigs en moord te vinde

Om ‘n kort, beroerde lewe te verseker,

Dertig jaar of so.

 

Ja, ontsetting spoel oor die land:

Huisbrake, kinderverkragtings, mens- en diereslagtings, weeklagte

Wat daagliks talle uit laat wyk, verder as Egipte nog van hier.

 

Ook tafels sal hier wees, oorlaai

Met spys en drank sonder spyt of dank

(wyl elders brood godvrugtig te vermeerder is) –

 

As U wil omsmyt

Ook nog blinkende, kersliedklingelingende handels-tempels

Waar dit goedkoop-goedkoop lonk.

 

Vir U wat graag met stories onvergeetlik leer,

Word hier oorvallings, verloreganings, heilsverlangens afgespeel

Na hartelus se seer.

 

Miskien is iéwers hier nog mens,

Te onverwronge om die wanhoop te bevat

Wat U kan roep en stuur?

 

Of kom dan maar net tot ons sinne

Met ‘n klompie klinkklaar woorde in ons tale

(kgotso, erbarming, for the love of God),

Broodnodige Jesus –

Hierdie Somerkersfees nog,

Hierdie Somerkersfees nog!

 

Gemeente: Sag terwyl hulle bly sit

Stille nag, heilige nag!

Jesus, Heer, voor u mag,

Voor u ryk moet die duisternis swig;

tot in ewigheid bly U die lig –

Heer, gebore vir ons!  Heer, gebore vir ons!

 

Alida Stewart:            Protes teen Kersfees

Lina spies

Ek gaan my koes hou

Hierdie Kersfees:

Horende doof vir “Stille nag”

In supermarkte,

Siende blind vir wattesneeu

Teen vensterrame.

Die sluipende ou heer met sy rooi mantel

En wit baard gaan ek vermy.

 

Ek gaan na ons nagtelike somerhemel kyk

En my voorstel hoe het die ster

Bokant die stal gelyk.

Ek gaan my ore toestop

Vir die geklingel van sleeklokkies

Om te kan luister hoe die engele sing.

 

Ek wil my vasklem aan die krip

Omdat ek so kan vasgryp aan die kruis:

Koningshulde – wierook, mirre, goud –

Uiteindelike geselslae, doringkroon, vloekhout.

 

Gemeente:                  Lied 358

Liturg: ‘n Klein seuntjie het niks gehad wat hy vir Jesus as geskenk kon gee nie, net maar sy trom waarop hy vir die Koningskind gespeel het.  Elkeen van ons het iets waarmee ons die Koningskind hierdie Kersfees kan eer.  Waarmee wil jy Hom eer?  Jou lewe, jou stem, jou gawes, jouself?  God vra nie van jou klatergoud nie, net maar dat jy jouself vir Hom sal gee.  Miskien dan sal die gedruis van Krismis in jou stil raak en jy sy stem hoor as Hy vir jou fluister:  Immanuel, Ek by jou.

Gebruik die geleentheid om ‘n woordgeskenk te skryf wat ons Kersdag aan almal as geskenk kan gee:  ‘n wens, ‘n gebed, ‘n vers, ‘n lied, ‘n toewyding.  In die banke is genoeg kartonne en penne.  Neem u tyd en skryf dit wat op u hart is.  Laat dit in die bank wanneer u huis toe gaan.  Ons gaan dit toedraai en as versiering ophang tot op Kersadag wanneer almal teenwoordig so ‘n geskenk sal ontvang.

Gemeente:                              Lied 271:2 staande

Sura Swanepoel: terwyl sy opstap op die verhoog

Klein ballade

Sheila Cussons

Ek soek die huis van ‘n timmerman,

Ek soek die tafel, die eenvoudig gedekte,

En die bêreplek van die botterspaan

Van Maria, die Onbevlekte.

 

Ek soek die dinge van hulle elke-dag,

Ek soek die praat en die maklike lag

in daardie gebenedyde huis:

 

Neem hierdie pad, klop aan die deur.

Na buite dwaal ‘n varsbroodgeur,

En sê nou hulle is tuis?

 

My moed begeef my en ek vlug,

Maar iets sê in my gaan trug, gaan trug:

 

Sy staan reeds in die deurkosyn…

Toe draai ek omen vind verstom

Ek het voor my eie deur gekom:

My huis is Hare, my huis is Syne!

 

Nou ken ek die huis van die timmerman,

Ek ken die tafel, die eenvoudig gedekte,

En die bêreplek van die botterspaan

Van Maria die Onbevlekte.

Koor:                          Prys Hom

Prys Hom!  Alle volke buig jul neer en erken die Here,

Gee Hom lof en ere!

Buig jul voor die Here.

Hy is in sy woning,

Groot, gevreesde Koning.

Laat ons voor Hom neerval,

Volke, gerubs, almal.

Prys Hom, hoog verhewe;

Prys Hom – al wat lewe.

Hoe ook al verhewe,

Tog rig Hy gans ons lewe.

Heilig is die Here.

Kom buig voor Hom neer.

Amen.

 

Liturg:                        Advent

Sheila Cussons

Dit wil Hom baar en aanbid tegelyk,

Die hele natuur: gewortel

In die aarde of op vleuels gedra,

Wat waai of spoel, elke kreatuur.

 

Deur alles wat lewe vaar ‘n graagtheid

En elke skepsel is bewus van sigself,

Wil vir Hom aanneemlik wees,

Vir Hom deur wie alles gekom het:

Soos dit was in die begin, nou is

En altyd sal wees tot in alle ewigheid:

Christus sonder einde, die ronding

Onder haar voorskoot.  Buig boom,

Buig elke hoof:  buig:  Aanbid die Heer

 

Liturg: En die gemeente antwoord hardop saam:

 

Gemeente: Amen! Ja, Kom, Here Jesus, kom tog gou.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Deelnemers:

 

Liturg:                                     Rethie van Niekerk

Dataprojektor:                         Arno van Wyk

Koor en orrelbegeleiding:       Albert Troskie

Kindersanggroep:                    Jennie Troskie

Eerste leser:                             Chris van Wyk

Tweede leser:                          Deon Binneman

Dames voordragte:                  Sura Swanepoel

Alida Stewart

Lynette van Wyk

Wyse manne:                           John Williams

Jan Coetzee

Fordie van Gend?

Tee en portal:                          Marlene Theron

Ronelda van Eyk

Elmarie Venter

Klank:                                     Klema?

Geskenke “mobile”:                Alida en Thomas Stewart?

Props:                                      Lynette (2 kateders, krip, stalraam, ‘n staande spiel?)

Kinderstafies:                          Marlene en Kie.

 

 

 

 

Continue Reading

Afrika Kersdiens

Afrika-Kersdiens deur Lynette van Wyk

NG Kerk Somerstrand November 2008

 Deon Binneman verwelkom almal en verduidelik die reëlings rondom die kollekte, aankondigings en so meer.

‘n Enkel Afrika-trom speel aan die kant van die verhoog.  Dit word al hoe opruiender. ‘n Videobeeld van ‘n vrou uit Afrika wat weeklaag, word vir ‘n oomblik vertoon. ‘n Vrou in ‘n wit Afrika-kerkgewaad stap van die preekstoel af en sing onbegeleid.

Sura: met klavierbegeleiding deur Sandra Binneman

God seën Afrika …

Hierdie gedeelte in groen sal afhang van die praktiese uitvoerbaarheid daarvan of anders met die koor se Pleidooi vir Afrika vervang word.

Verskillende stemme roep uit tot God om verlossing. Hierdie stemme word vooraf opgeneem en word begelei met gepaste flitse van noodlydendes uit Afrika – Deon B verskaf die flitse. Die tromspeler begelei die proses saggies op sy trom:

Sura: God, my God, waarom het U ons verlaat?  Kyk ons kinders sterf van honger.  Waar is die brood uit U graanskure? Gee ons vandag net ‘n stukkie brood.    (‘n fotobeeld van verhongerde families)

Deon Binneman:  Kinders weeklaag in die hart van Afrika, wees gelaat deur oorloë.  O God, die kinders roep tot U.  Ewige Vader, hoor tog ons gebed. (‘n fotobeeld van weeskindertjies)

Lynette van Wyk:  ‘n Gevreesde virus trek sy donker sluier oor Afrika – ‘n mantel van rou oor haar oë, dof van weeklaag.  Daar is geen grond meer oor om haar kinders te begrawe nie.  Verlos ons, o God.  Het U doof geword vir ons weeklaag, blind vir ons pyn? Kom tog nou, Immanuel, wees by ons in ons nood. (‘n fotobeeld van ontelbare rye grafte)

Chris van Wyk: Die rooi grond van Afrika spoeg stof in haar oë.  Die skepping smag na reën, na genadige verlossing.  Die riviere het opgedroog, die mielielande verskroei tot stoppels niks.  Rig ons op uit die stof, Stroom van Lewende Water.  Laat die fonteine weer  jubel in die dorsland.  Laat Afrika lag en jubel oor U voorsiening. (‘n fotobeeld van droogte)

Rethie van Niekerk: Despote verjaag die kinders van Afrika.  Soos sprinkane trek hulle suid en noord, oos en wes, verswelg deur vrees en dondervuur.  Waar hulle land, word hulle verkneg, vervolg, verjaag.  Waarheen, o God?  Waarheen sal ons vlug? Waar is U, Sterke God? (miskien ‘n fotobeeld van ‘n vlugtelingkamp, miskien mense wat deur drade heen kyk)

Sura: En in die stede van Arika rinkink dit sonder God, verdrink eensame siele hulle smarte, hang jong kinders hulle aan hulle eie ellende op.  O God, o God, hoor die jeug van Afrika, hoor hul uitroep in hul nood.  Verlos hul van hul eiewaan, hul trots. Vredevors, ons roep U, kom. (‘n fotobeeld van ‘n klub orgie?)

Die trom word stil. Die vrou in wit sing weer die begin van die lied en sluit dit dan af.

Sy neurie saggies en raak dan stil. Sy verdwyn stil.

Gemeente: Lied 286 (staande)

(Tydens die sing van die lied neem Deon B en Rethie stelling in aan die orrelkant van die liturgiese ruimte, dalk maar sittend by ‘n tafeltjie met ‘n wit lap oor, dalk ‘n kers en/of Afrika kersversiering daarop?)

 Liturg: God droom oor Afrika:

Rethie: ‘n Takkie sal uitspruit uit die stomp van Isai,

‘n loot uit sy wortels sal vrugte dra.

 

Die Gees van die Here sal op hom rus:

Die Gees wat wysheid en insig gee,

Die Gees wat raad en sterkte gee,

Die Gees wat kennis verleen

En eerbied vir die Here.

Koor:              Lied 323

Rethie: (Terwyl hierdie gedeelte voorgelees word, teken ‘n kunstenaar dit op ‘n elektroniese bord – Alida Bothma)

God het die engel Gabriël gestuur na ‘n maagd in Nasaret, ‘n dorp in Galilea.  Sy was verloof aan Josef, ‘n man uit die geslag van Dawid.  Die naam van die maagd was Maria.  Toe die engel by haar kom, sê hy:

 Deon B: “Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou.”

 Rethie: Sy was verbysterd oor die woorde en het gewonder wat die begroeting tog                                    kon beteken.  Die engel sê toe vir haar:

 Deon B:          “Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou.  Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee.  Hy sal groot wees en die seun van die Allerhoogste genoem word.  Die Here God sal Hom die troon van sy voorvader Dawid gee, en Hy sal as koning oor die nageslag van Jakob heers tot in ewigheid.  Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.”

Rethie:            Maar Maria sê vir die engel:  “Hoe is so iets moontlik, aangesien ek nog nooit omgang met ‘n man gehad het nie?”

 Deon B: Die engel antwoord haar:  “Die Heilige Gees sal oor jou kom, en die krag  van die Allerhoogste sal die lewe in jou wek. Daarom sal die een wat   gebore word, heilig genoem word, die Seun van God.  Niks is vir God onmoontlik nie.

 Rethie: Maria sê toe:  “Ek is tot beskikking van die Here.  Laat met my gebeur wat  u gesê het.” Toe het die engel van haar af weggegaan.

 Koor:              Lofsang van Maria

Deon B: (Terwyl hierdie gedeelte voorgelees word, gaan  die kunstenaar voort met die grafiese uitbeelding van die toneel.)

Josef het van die dorp Nasaret in Galilea na Judea toe gegaan, na  Betlehem, die stad van Dawid, omdat hy tot die huis en geslag van Dawid behoort het.

 Rethie: Maria, sy verloofde, wat swanger was, het saamgegaan om  ingeskryf te word.  Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word.  Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en  Hom in doeke toegedraai en in ‘n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen  plek in die herberg was nie.

 Koor:              Vol vreugde sing die eng’leskaar

Vol vreugde sing die eng’leskaar:  Ere! Ere!

Aan Hom, die God van die hemele!

Die Seun word mens, Gods Woord is waar!

Halleluja!  Halleluja!

Hy’t ons kom red, ons skuld gedra.

Ons loof die Raadsman, wonderbaar:  Ere! Ere!

Aan Hom die Heer van die hemele!

Gods liefde is geopenbaar.  Halleluja! Halleluja!

Hy’t ons kom red, ons skuld gedra.

Sura (Sura is nie op die verhoog sigbaar nie, maar sit in die eerste ry voor met haar eie mikrofoon.)

Geen Madiba met ‘n selnommer om op te roem

Geen Moeder Teresa wat die voetes van armes soen

Geen Seally Posturepedic, Cloud Nine, sponsmatras of bulsak

Maar net die nederige krip van strooi

Sy lewenskreet verdoof deur die bulk van ‘n doodmoeg donkie

‘n grootoog kalf wat dié tafereel voltooi.

Vroue en kinders: (sittend)

Lied 355

Al was ek nie daar nie – ek weet dit is waar:

Die krip en Maria met die kindjie by haar.

Dis of ek die engel die boodskap hoor bring

Van Jesus se vrede, wat harte laat sing.

Gemeente en kinders:

Al was ek nie daar nie – ek weet dit is só:

Die herders en wyses het dit eerste geglo.

En deur al die jare bou Jesus sy kerk –

Die Gees en die Woord kom geloof in ons werk.

Koor: Met middernag

Met middernag word feest’lik weer verkondig

dat God as mens neergedaal het op aard’

Om te bevry die mensdom van die sonde,

en sy volk te red van die dood en die smart.

En nuwe hoop vervul die hele aarde

toe daardie nag gebore is die Heer

Kniel voor Hom neer, kom lowe Hom na waarde.

Dis Kersfees, dis Kersfees die Heer daal tot ons neer. 2x

 

Met bly gemoed laat ons tesame nader

na daardie krip van die heilige Kind.

So het die wyse voor sy wieg vergader

en, voortgelei deur die ster, Hom gevind.

Ons kan Hom nooit na waarde prys en lowe:

Vir ons gebore en vir ons gely.

Kom almal saam, verhef jul stem na bowe.

Dis Kersfees, dis Kersfees, wat ons aan Hom wy. 2x

(Sura vanuit die bank.  Kan iemand dalk die ster van die plakkaat hier laat flikker?.)

Sura:                           Die môrester

Die môrester laat val

Kort voor dagbreek drie

Druppels nektar

Op die rooi duin

En drie wyse manne

Het op drie wit

Môreblomme afgekom

En die geur van ‘n

Babatjie geruik –

En hom gevind

Wat sou praat

Oor die een ster

Bo verlate duine

Gemeente:                  Lied 372

Deon nooi die kinders om vorentoe te kom en hulle geskenke voor die skerm neer te sit.

Die kinders word hier na vore geroep om na ‘n storie te luister (Ursula?).  Daar is ’n baie mooi storie genaamd “Die Heilige Nag”  deur Heidi en Jörg Zink.  Hul kan vooraf gevra word om soos engeltjies of herders of wyse manne aan te trek en kan moontlik gevra word om elkeen ‘n geskenk saam te bring vir Thand’usana – ‘n nuwe huis vir babas wat weggegooi of weggeneem word.

Koor:              Dankie, vir hierdie goeie môre, dankie, vir hierdie nuwe dag.

Dankie, dat ek met al my sorge op u hulp kan wag.

Dankie, dat ek U hier mag dien en dankie, dat ek tot U mag sing,

Dankie, dat ek hier elke dag aan U die lof mag bring.

Dankie vir al my goeie vriende, dankie, vir elke plant en dier.

Dankie, dat ek met vreugde hierdie kersfeestyd kan vier.

Dankie vir al U liefde, Vader, dankie, vir hierdie feesgety.

Dankie dat U u Seun gestuur het.  Ja, dit maak ons bly.

 

Koor:              Christmas is’nt Christmas till it happens in your heart;

Somewhere deep inside you is where Christmas really starts.

So give your heart to Jesus; you’ll discover when you do,

that it’s Christmas, really Christmas for you.

 

Jesus brings warmth like a winter fire,

A light like a candle’s glow.

He’s waiting now to come inside,

As He did so long ago.

 

Jesus brings gifts of truth and life,

And makes them bloom and grow.

So welcome Him with a song of joy,

And when He comes, you’ll know that:

 

Christmas is’nt Christmas till it happens in your heart;

Somewhere deep inside you is where Christmas really starts.

So give your heart to Jesus; you’ll discover when you do,

that it’s Christmas, really Christmas for you.

 

Boet Bouwer: Koor:    Pleidooi vir Afrika

1. Laat ons bid vir Afrika, land van helder son.

Daar is soveel wat nog wag om verlos te word.

Vele lewens reeds verby

en nog soveel meer roep om redding tot U, Heer,

U is lewend God.

 

Laat dit wyd bekend word, elke tong en taal pleit saam:

God seën Afrika, en sy kinders een vir een.

 

2. Kom ons bid vir Afrika: Here wil U gee

dat God se liefde heers oor ons wye land.

En wanneer ons saam aanbid voor die troon van God,

Bid vir vrede in ons land en dat God regeer.

 

Laat dit wyd bekend word, elke tong en taal pleit saam:

God seën Afrika, en sy kinders een vir een.

 

God se wil vir ons lewe (Nav Mat 25:35-40):

Rethie: Here, Afrika is honger.

Deon: Gee julle vir hulle iets om te eet.

Rethie: Here, Afrika se waterbronne droog op.

Deon: Sorg julle vir hulle water.  Bied vir hulle die Water van die Lewe.

Rethie: Here, die vreemdelinge neem ons stede oor.

Deon: Het Ek julle nie gesê om hulle te huisves nie?

Rethie: Mense loop in vodde, Heer.

Deon: Gee vir hulle uit julle oorvloed klere om aan te trek.

Rethie: Die siekes sterf sonder versorging.

Deon: Versorg dan die siekes.

Rethie: Die tronke is oorvol.

Deon: Besoek die gevangenes, asof dit Ek is.

 

Gemeente:                  Lied 283 (sittend)

Ons kom, o Vader, vir ons land

Om vrede by U pleit.

Solank die vlam van haat bly brand,

Is vrede self ‘n stryd.

Wil deur u Gees ons lei, genees

In u geregtigheid.

 

Lei, Vors van Vrede, op u weg

Húl wat oor ons regeer,

Dat hul met insig en met reg

U opdrag hier hanteer –

Gelei deur U, bewaar deur U,

Getroue Opperheer.

Gemeente:                  Lied 348 (staande)

Stille nag, heilige nag!

Jesuskind, lank verwag,

Lig uit Lig uit die Vader se ryk,

Word uit liefde aan mense gelyk.

Loof die hemelse Kind!

Loof die hemelse Kind!

 

Stille nag, heilige nag!

Hemelvors, ons gee ag

Op die lied van die engelekoor.

Herders het dit die eerste gehoor:

Juig die Redder is daar!

Juig die Redder is daar!

 

Stille nag, heilige nag!

Jesus, Heer, voor u mag,

Voor u ryk moet die duisternis swig;

Tot in ewigheid bly U die lig –

Heer, gebore vir ons!

Heer, gebore vir ons!

Deon: 

Here, ons God, U is die Lig.  Maar die aarde is donker, die nood is groot onder die mense.  Baie wag op U en ons wag saam met hulle.

U het weerloos in hierdie wêreld gekom om naby aan die weerloses te wees.  As ’n kind, aangewese op die sorg van mense, om aan te toon dat U naby aan ons is in ons kwesbaarheid.

Ons wil graag tot u diens wees, ons en ons kinders.  Bly naby aan ons as ons lig en troos soek.  Lei ons en trek ons en ons kinders na U toe.

Heer, gee ons vrede op aarde – aan almal wat vrede soek.  U is vrede.

Maak ons werktuie van u goedheid en u barmhartigheid en maak ons huis ’n plek van vrede.

Here, U is die lig van liefde waarin ons leef; ons prys U daarvoor.

Amen

Koor:                          Lied 358

Welkom, o stille nag van vrede,

Onder die suiderkruis,

Wyl stemme uit die ou verlede

Oor sterrevelde ruis.

 

Gemeente: (sittend) Kersfees kom, Kersfees kom –

Gee aan God die eer.

Skenk ons ‘n helder Somerkersfees

In hierdie land, o Heer.

 

Koor: Hoor jy hoe sag die klokke beier

In eeue-oue taal.

Kyk selfs die nagtelike swye

Vertel die ou verhaal.

 

Gemeente: Kersfees kom, Kersfees kom –

Gee aan God die eer.

Skenk ons ‘n helder Somerkersfees

In hierdie land, o Heer.

 

Koor: Voel jy ook nou sy warm liefde

As ons die dag gedenk,

Toe Hy sy seun vir ons gegee het –

Ons grootste Kersgeskenk.

 

Gemeente: Christus kom, Christus kom –

Gee aan God die eer.

Skenk ons ‘n helder Somerkersfees

In hierdie land, o Heer.

 

Deon B: Mag die Raadsman jou lot beslis wanneer jy nie herwaarts of derwaarts weet nie.

Mag die Ewige Vader jou koester en vashou wanneer jy eensaam is.

Mag die Magtige God doen ver bo wat jy bid of dink.

Mag die Vredevors vir jou vrede bring in ‘n  onstuimige gemoed.

Liewe Gemeente, Mag die genade van ons Here Jesus  Christus, die liefde van God,  die gemeenskap van die Heilige Gees by jou wees en bly.

Grafika deur Jaco Potgieter (klik om te vergroot):

 

 

Continue Reading

Die Boodskap van die Bybel

NG KERK SOMERSTRAND KERSSANGDIENS 2009

BRE NDA VAN ROOYEN

Preekstoel area is met hessian bedek. Aan regterkant (doopvont) is groen bome en plante.(tuin v Eden) Net links van preekstoel staan ‘n groot garingboom wat later as die kersboom opgemaak gaan word. Net onder dit, strooi wat later as krip gaan dien.

(donderweer en reën)

(video oor skeping – 6 min) of

prent oor …………….

 

 

Prent oor lig en donker

 

 

 

 

Prent oor see en hemel

 

 

 

 

Prent oor kuslyn

 

 

 

Prente van plante

 

 

 

 

 

 

Prente van son, maan en sterre.

 

 

 

 

 

 

 

Prente van visse en voëls

 

 

 

 

 

Prente van diere

 

 

Prent oor reën

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Vrouestem: In die begin het God die hemel en die aarde geskape.

Die aarde was woes en leeg en heeltemal onbewoonbaar, dit was donker op die diep waters, maar die Gees van God het oor die waters gesweef.

Mansstem: Laat daar lig wees!

Vrouestem: En daar was lig.

Toe sien God dat die lig goed was. En God het die lig en die donker van mekaar geskei. God het die lig dag genoem, en die donker het Hy nag genoem. En dit was aand en dit was môre, die eerste dag.

Mansstem: Laat daar ‘n gewelf wees tussen die waters, om die waters van mekaar te skei.

Vrouestem: So het dit gebeur. God het toe die uitspansel gemaak en die waters wat onder die uitspansel is, geskei van die waters wat bo die uitspansel is. En God het die uitspansel hemel genoem. En dit was aand en dit was môre, die tweede dag.

Mansstem:Laat die waters onder die hemel op een plek bymekaarkom, sodat die droë grond sigbaar word.

Vrouestem:En dit was so. God het die droë grond aarde genoem, en die versameling van die waters het Hy see genoem. Toe sien God dat dit goed was.

Mansstem: Laat daar uit die aarde groenigheid voortkom, groen plante wat saad gee en bome wat, volgens hulle soorte, vrugte dra, waarvan die saad in vrug sit.

Vrouestem:En dit was so.  Die aarde het voortgebring grasspruitjies, plante wat saad gee volgens hulle soorte en bome wat vrugte dra, waarin hulle saad is, volgens hulle soorte. En God het gesien dat dit goed was. En dit was aand en dit was môre, die derde dag.

Mansstem: Laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel, om skeiding te maak tussen die dag en die nag; en laat hulle dien as tekens om seisoene, dae en jare aan te dui. Laat hulle ook dien as ligte aan die uitspansel van die hemel om lig te gee op die aarde.

Vrouestem: So het dit gebeur.  God het toe die twee groot ligte gemaak: die groot lig om bedags te heers en die kleiner lig om snags te heers en ook die sterre. En God het hulle in die hemelgewelf geplaas om lig te gee op die aarde

en om te heers oor die dag en oor die nag en om skeiding te maak tussen die lig en die duisternis. Toe sien God dat dit goed was. En dit was aand en dit was môre, die vierde dag.

Mansstem: Laat die waters krioel van lewende wesens, en laat die voëls oor die aarde vlieg.

Vrouestem: En God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg, waarvan die waters krioel, volgens hulle soorte; ook al die voëls na hul aard. Toe sien God dat dit goed was. En God het hulle geseën:

Manstem: Wees vrugbaar en vermeerder en bewoon die waters van die see, en laat die voëls op die aarde vermeerder.

Vroustem: En dit was aand en dit was môre, die vyfde dag.

Mansstem: Laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte: mak diere, kruipende diere en wilde diere, elkeen na sy aard.

Vrouetem:En dit was so. Maar, die HERE God het dit nog nie laat reën op die aarde nie en daar was nog geen mens om die grond te bewerk nie.

Toe het ‘n mis uit die aarde opgetrek en die hele aardbodem bevogtig.

Manstem: Laat Ons mense maak na Ons beeld, na Ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

 

Vroustem: En God het die mens geskape as sy verteenwoordiger, as beeld van God het Hy die mens geskep; man en vrou het Hy hulle geskep.

En God het hulle geseën.

Manstem:Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.

 

GEMEENTE: Lied: 456 v 1-3  Loof heel die skepping, loof die Heer

Vroustem: Maar die slang was listiger as al die wilde diere wat die HERE God gemaak het.

 

Slang: Het God werklik gesê julle mag van geen boom in die tuin eet nie?

 

Eva: Ons mag eet van die vrugte van die bome in die tuin. God het net gesê ons mag nie eet van die vrugte van die boom in die middel van die tuin nie en ons mag dit nie aanraak nie, want dan sterf ons.

 

Slang: Julle sal beslis nie sterf nie, maar God weet dat julle oë sal oopgaan die dag as julle van daardie boom eet, want dan sal julle soos God wees – julle sal alles kan ken – julle sal goed en kwaad ken!

 

Vrouestem: Toe sien die vrou dat die boom goed was om van te eet en mooi is om na te kyk en ….. dit was begeerlik omdat dit kennis kan gee. En sy het van die vrugte gepluk en geëet. Sy het ook vir haar man by haar gegee en hy het geëet. Toe het altwee se oë oopgegaan, en hulle het besef dat hulle naak is. Toe werk hulle vyeblare aanmekaar en hang dit om hul vir klere.

Adam en Eva kom binne en kruip agter die boom weg

Adam: Ek het u hoor wandel in die tuin en ek het bang geword, want ek is naak; daarom het ek weggekruip.

Adam:Die vrou wat U my gegee het om  my by te staan, sy het my van die boom se vrugte gegee, en ek het geëet.

Eva: Die slang het my mislei, en ek het geëet.

(Wys na waar de slang wegkruip)

Slang kom te voorskyn.

Slang kruip (leopard crawl) uit – sis woedend in die rigting van mense

‘n Gerub kom en neem Adam en Eva uit.

 

En hulle het die stem van die HERE God gehoor terwyl Hy wandel in die tuin in die aandwindjie; en die mens en sy vrou het vir die HERE God weggekruip tussen die bome van die tuin.

 

Manstem: Adam, waar is jy?

 

 

Manstem: Wie het jou te kenne gegee dat jy naak is? Het jy tog nie  geëet van die boom waarvan Ek jou verbied het om te eet nie?

 

 

Manstem:     Eva, wat het jy nou gedoen?

 

 

Manstem: Omdat jy dit gedoen het, is jy vervloek onder al die diere. Op jou maag sal jy seil, en stof sal jy eet al die dae van jou lewe.

En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou nageslag en haar nageslag. Jy sal haar nageslag in die hakskeen byt, maar Hy sal jou kop vermorsel, Hy sal jou kop vermorsel, Hy sal jou kop vermorsel, Hy sal jou kop vermorsel,(echo)

 

Vroustem: Toe stuur die HERE God die mens weg uit die tuin van Eden om die grond te gaan bewerk, die aarde waaruit hy gemaak is.

So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.

 

Mense kom binne

Man en vrou en 2 kinders. Man het sak goud by hom. Hulle gaan sit om te eet. Kinders baklei, stamp mekaar en trek mekaar se hare.

Vrou skel op hulle:  Hou op raas! skoert! Ek wil julle nooit weer sien nie!!!

Jaag hulle uit. Gooi hulle met klippe.

Twee mans kom in en gryp die man se sak.

Vreemdeling: En wat het ons hier? Ons sal dit vat, dankie.

Man: Dit sal die dag wees! Ek het hard daarvoor gewerk.

Vreemdeling: Dis hoekom ons “dankie” sê, onnosel.

Man: Nee. Oor my dooie liggaam!

Vreemdeling haal mes/kierie uit en dreig die man.

Vreemdeling: Bly waar jy is!

Vrou gil. Twee mans retireer uit. Man sit hulle agterna. Man gil as hulle hom doodmaak. Vrou bly alleen agter. Sit en huil

sakklere

sak met goud

 

brood/appels??

 

 

 

 

“klippe”

Vroustem: Die mense op die aarde het begin vermeerder.

 

 

 

 

 

 

Vroustem:Maar die aarde was korrup en verdorwe voor die aangesig van God, en die aarde was vol geweld.

‘n Vrou en twee mans kom in. Man en vrou gaan sit eenkant en eet ‘n stuk brood. “Kerkman” gaan staan en bid by boom.

Weduwee: Asseblief meneer, help my, ek is honger

“Kerkman” draai sy rug op haar. Sy kom nader en trek aan sy kleed. Hy stamp haar weg. Sy probeer weer. Hy stap vererg weg.

Die ander man en vrou sit en eet. Sy kruip na hulle toe. Hou haar hande uit.

Weduwee: Help my asseblief.

Die vrou spring op spoeg op haar gryp haar man aan die arm en verdwyn. Vrou sit alleen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Stomp om op te sit?

Brood

 

 

 

 

Toe sien die HERE dat die boosheid van die mens op die aarde groot was en dat hy sy lewe lank net slegte dinge bedink.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

En die HERE was bedroef dat Hy die mens op die aarde gemaak het en daar was smart in Sy hart.

 

 

 

 

 

 

Maria kom in.

 

Skrik as die stem met haar praat.

 

 

 

 

Maria: Ek is tot beskikking van die Here. Laat met my gebeur wat u gesê het.

 

Maria dans.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Mansstem: Ek sal die mens wat Ek geskape het, wegvee van die aarde af, want Ek is bedroef daaroor dat Ek hulle gemaak het.

Vrouestem: Maar deur die eeue het God se liefde vir die mens onwrikbaar vas bly staan.

Daar was geen einde aan God se getrouheid nie en ten spyte van die mens se sonde  het God sy groot genadeplan – die enigste redding moontlik vir die mens, laat gebeur.

Engel-Mansstem: Ek groet jou, begenadigde! Die Here is by jou. Moenie bang wees nie, Maria, want God bewys genade aan jou. Jy sal swanger word en ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom die naam Jesus gee. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word.

KOOR:  Lofsang van Maria

Josef kom in.

Josef kneel as die stem met hom praat

Maria gaan na Josef toe, neem sy hand en vat hom na die krip toe. Tel pop uit en sus hom.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

pop/doeke

Engel-Mansstem: Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees. Sy sal ‘n seun in die wêreld bring, en jy moet Hom Jesus noem, want dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos.

Vrouestem: 1Jn 4:10 Deur hierdie plan van God is Sy liefde vir ons so duidelik geopenbaar: Hy het ons so liefgehad het dat hy sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes.

Hemelse Heer, hoe kan ons ooit begin om U geskenk van genade te verstaan.

KOOR: Lank, lank terug in Betlehem

 

Kinders en engeltjies kom in. Almal gaan kyk na die Baba.

GEMEENTE: Lied 353  v 1-3 Die Heiland is gebore

Herders kom in. (regter deur) Skrik as die stem begin praat. Bly staan en luister

 

 

Engeltjies: Ere aan God in die hoogste hemel en vrede op aarde vir die mense

Kieries – wat van skapies?

3-4 seuntjies met wit klere en wol ore?

Engel – Mansstem Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here!

Egeltjies gaan haal die herders en neem hulle na die baba.

 

GEMEENTE: Lied 364 Herders op die ope velde

Kinders begin om kersboom te versier Tel een van die engeltjies op om ster bo-op boom te sit.

Wyse manne kom in – sit geskenke neer.

Angle hair

hout/riet ster

 

 

 

Almal kniel vir gebed

Vroustem:

Here, ons God, ons dank U vir die genade wat U aan ons in Christus Jesus gegee het. Deur die bloed van U Seun, is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens U ryke genade. Deur hierdie genade, en nie uit verdienste nie, is ons, voordat die wêreld geskep is, reeds in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.  

Uit U oorvloed het ons almal genade op genade ontvang.

Jesus kom in (regterkant) met sy kruis. Gaan staan by doopvont.

Jesus: Aan almal wat My aanneem en in My glo, gee Ek die reg om kinders van God te word. Moet dus nie bang wees nie, want dit was die wil van jul Vader om die koningkryk aan julle te gee.  As iemand my liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.  Genade, God se wonderlike genade, is met Kersfees, My geskenk aan julle. Ontvang dit.

Jesus klim op preekstoel

Engeltjies hang bal met “ uitverkies”vrygespreek” gered” vergewe”hoop” “troos” gehelp” sorg” krag” aan boom op.

Balle met woorde op

KOOR + GEMEENTE: Lied 510 Genade onbeskryflik groot (Solo:1  Gemeente 2-4)

Jesus: Ek het julle uitgekies en aangestel om uit te gaan en vrugte te dra. Dit is My opdrag, Ek beveel julle dit: julle moet mekaar liefhê soos Ek julle liefhet. En die vrede wat Ek gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe.

 

Twee moordenaars kom binne. Vasgebind kniel hulle voor die preekstoel.

Jesus: En Ek sê vir julle: julle moet jul vyande liefhê, want God is liefde en hy wat nie liefhet nie, ken God nie. God het my nie na die wêreld gestuur om te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur my gered kan word. Wie in My glo, word nie veroordeel nie. Ek het reeds al julle sonde op my geneem en My genade is genoeg vir almal. Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal julle rus gee.

Twee engeltjies maak toue los en gee vir elk ‘n brandende kers en wys na Jesus.

toue

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

kerse vuurhoutjies

KOOR:  Dankie

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

KOOR:  Christmas isn’t Christmas

 

Engeltjies kniel en vou die hande

Vrouestem: Gebed

Here God, vir U genade wat U aan ons almal bewys het deur die geboorte en sterwe van Jesus Christus, wil ons U vandag loof. Dankie Heer, vir  hierdie geskenk. Gee dat Christus deur ons geloof in ons harte sal woon sodat ons hele bestaan in Sy liefde gewortel kan word. Vader wil U asseblief deur U Gees, en uit die rykdom van U heerlikheid, gee dat ons geestelik sal groei. Laat U Heilige Gees aan ons krag skenk sodat ons innerlik sterk kan word. Help ons om te verstaan hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag ons Sy liefde ervaar en ken – liefde en genade wat ons verstand te bowe gaan. Vader, vervul ons met U volheid. Getroue God, U het ons geroep tot gemeenskap met U Seun Jesus Christus, onse Here. Help ons om U hierin te gehoorsaam. Aan U, wat deur U krag in ons werk, U wat magtig is om oneindig meer te doen as wat ons kan bid en dink, aan U kom alle eer toe, tot in alle ewigheid.

 

Jesus: Mag God julle waardig  maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep het. En mag Hy deur Sy krag julle liefde vir die goeie, en die werk van die geloof, volkome maak.

 

Engeltjies gaan steek hulle starlights aan by die kerse van moordenaars.

starlights

GEMEENTE: Lied: 348 Stille nag

 

 

SEëN

 

GEMEENTE: Lied: 313 Amen

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kindjie: Tannie, wat beteken genade?

Tannie: Genade beteken dat God vir jou en vir my, vir ons almal uitverkies het 

Engeltjie hang bal met “ uitverkies” aan boom op. (Jesus antwoord op die vers wat voorgelees word)

Jesus: Joh 1:12 Aan almal wat My aanneem en in My glo, gee Ek die reg om kinders van God te word. (Luk.12:32) Moet dus nie bang wees nie, want dit was die wil van jul Vader om die koningkryk aan julle te gee.  (Joh.14:23) As iemand my liefhet, sal hy my woorde ter harte neem; en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woon.  Genade, wonderlike genade, is met Kersfees, My geskenk aan julle

 

 

 

 

 

 

Bal met woord op

1.

Rom 11:5/Ef 1:4  Deur God se groot genade, en nie uit verdienste nie, is ons, voordat die wêreld geskep is, reeds in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees.  

Tannie: Dit beteken ook dat God ons nou vryspreek  

Engeltjie hang kaart met “vrygespreek” aan boom op.

Jesus: Joh3:17 God het my nie na die wêreld gestuur om te veroordeel nie, maar sodat die wêreld deur my gered kan word. Wie in My glo, word nie veroordeel nie.

Bal met woord op

2.

Rom 3:24 Ons sondig almal, maar ons word deur sy genade sonder verdienste vrygespreek vanweë die verlossing deur Jesus Christus.

 

 

 

Tannie: Dit beteken dat God ons gered het.  

Engeltjie hang kaart met “gered” aan boom op.

Jesus: Joh5:24 Dit verseker ek julle: Wie luister na wat Ek sê en in Hom glo wat my gestuur het, het die ewige lewe.

Bal met woord op

3.

Act 15:11  Ons glo dat ons slegs deur die genade van die Here Jesus Christus gered word.

 

Tannie: En dat God ons nou vergewe  

Engeltjie hang kaart met “vergewe” aan boom op.

Jesus: Matt6:12 Ons Vader sal ons ons oortredinge vergeef soos ons dié vergewe wat teen ons oortree.

Bal met woord op

4.

Eph 1:7  Deur die bloed van Sy seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God.

Tannie: Dit beteken ook dat God troos en vir ons hoop gee.  

Engeltjie hang kaart met “hoop”

aan boom op.

Jesus:

Rom 15:13 – Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul sodat julle hoop al hoe sterker kan word deur die krag van die Heilige Gees.

Bal met woord op

5.

2Th 2:16  Hy het aan ons sy liefde bewys en aan ons deur sy genade ‘n blywende troos en goeie hoop gegee.

 

Tannie: Dit beteken ook dat God ons help.  

Engeltjie hang kaart met “gehelp”

aan boom op.

Jesus: Jer.29:11 Ek weet wat Ek vir julle beplan: voorspoed en nie teenspoed nie. Bid tot My en Ek sal julle gebede verhoor.

Bal met woord op

6.

Heb 4:16  Ons kan met vrymoedigheid na die genadetroon  gaan, sodat ons barmhartigheid en genade ontvang en so op die regte tyd gehelp kan word.

 

Tannie: Dit beteken ook dat God vir ons sorg  

Engeltjie hang kaart met “sorg”

aan boom op.

Jesus: Matt6:8 Die hemelse Vader weet wat julle nodig het, nog voordat julle dit van Hom vra. As julle wat sleg is, weet om vir julle kinders goeie dinge te gee, hoeveel te meer sal julle Vader in die hemel is, goeie gawes gee aan die wat dit van Hom vra.

Bal met woord op

7. Rom 8:32  God het selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom oorgelewer om ons almal te red.  Sal Hy dan nie al die ander dinge saam met Hom uit genade skenk nie?

 

Tannie: Dit beteken dat God vir ons die nodige krag sal gee  

Engeltjie hang kaart met “krag”

aan boom op.

Jesus: Es:26 Ek sal julle ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees gee. Ek sal my gees in julle gee en Ek sal maak dat julle volgens my voorskrifte en bepalings leef. Ek sal julle bevry van alles waarmee julle julle verontreinig het.

Bal met woord op

8.

2Co 12:9  God se genade is vir ons genoeg, want Sy krag word in ons swakheid volbring. Baie liewer moet ons in ons swakhede roem, sodat die krag van Christus in ons kan woon.

 

Tannie: Dit beteken dat God ons nou roep  

Engeltjie hang kaart met  “geroep” aan boom op.

Jesus: Joh. 15:16 Ek het julle uitgekies en aangestel om uit te gaan en vrugte te dra. Dit is my opdrag, Ek beveel julle dit: julle moet mekaar liefhê soos ek julle liefhet. Gal 3:15En die vrede wat Ek gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe.

Bal met woord op

9.

Gal 1:15 +16 God het ons reeds voor ons geboorte vir Hom afgesonder en ons in Sy genade geroep. Hy het sy Seun aan ons geopenbaar sodat ons die evangelie oor Hom aan ander sal verkondig.

 

Tannie: Dit beteken God ons vir ons elkeen ‘n gawe en ‘n spesiale talent gegee  

Engeltjie hang kaart met “genadegawes aan boom op.

Jesus: 2Tes1:11 Mag God julle waardig  maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep het. En mag Hy deur sy krag julle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome maak.

Bal met word op

 

 

10.

Rom 12:6  En ons besit genadegawes wat verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee is:

Twee moordenaars kom binne.

Jesus: Matt5:45 En ek sê vir julle: julle moet jul vyande liefhê, en julle moet bid vir die wat julle vervolg. Julle hemelse Vader laat immers die son opkom oor slegtes en goeies.

 

Twee engeltjies gee vir elk ‘n brandende kers en wys na Jesus.

Jesus: My genade is genoeg vir almal. Kom na My toe almal wat uitgeput en oorlaai is en Ek sal rus gee.

Engeltjies kniel en vou die hande

kerse vuurhoutjies

Gebed (Ef 3:14)

Here God, vir U genade wat U aan ons almal bewys het deur die geboorte en sterwe van Jesus Christus, wil ons U vandag loof. Dankie Heer, vir  hierdie geskenk. Gee dat Christus deur ons geloof in ons harte sal woon sodat ons hele bestaan in Sy liefde gewortel kan word. Vader wil U asseblief deur U Gees, en uit die rykdom van U heerlikheid, gee dat ons geestelik sal groei. Laat U Heilige Gees aan ons krag skenk sodat ons innerlik sterk kan word. Help ons om te verstaan hoe wyd en ver en hoog en diep die liefde van Christus strek. Mag ons Sy liefde ervaar en ken – liefde en genade wat ons verstand te bowe gaan. Vader, vervul ons met U volheid. 1Co 1:9 Getroue God, U het ons geroep tot die gemeenskap met U Seun Jesus Christus, onse Here. Help ons om U hierin te gehoorsaam. Aan U, wat deur U krag in ons werk, U wat matig is om oneindig meer te doen as wat ons kan bid en dink, aan U kom alle eer toe, tot in alle ewigheid.

 

Engeltjies gaan steek hulle starlights aan by die kerse

starlights

 

Lied: 348 Stille nag

 

 

 

 Vrouestem:      _________________________________

Mansstem:       _________________________________

Slangstem:       _________________________________

Evastem:         _________________________________

 

Karakters:

Adam:

klere met blare

Eva:

 

Slang:

gesigverf +

Gerub:

wit laken,  sward

Man:

hessian rok, velle, sak met “goud”

Vrou:

hessian rok, “klippe”

Kind 1:

hessian rok

Kind 2:

hessian rok

Skurk 1:

hessian rok, stok

Skurk 2:

hessian rok, mes/

Kerkman:

lang rok, kopdoek

Eters – Man:

lang rok

Eters – Vrou:

lang rok, kopdoek, brood

Josef:

lang rok,

Maria:

lang rok,

Engeltjies:

 

wit klere, vlerkies

 

 

kersversierings

 

 

ster

 

 

balle met woorde op

 

 

2 kerse,  starlights

Herders:

lang rokke

 

herderstawwe

Wyse manne:

“grand” klere, wierook, mirre, goud

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

:

 

 

 

Continue Reading