Preek: Vreugde, twyfel & advent – Matteus 11:1-12 – 12 Des 2010

Verwelkoming

Adventkers

Dankie

Votum

Jesaja 35:1-10

 

Seëngroet

Lofsang

• Lied 344:1 & 3 (staan)
• Lied 352 (sit)
• Lied 366: 1 & 3 (sit)

Gebed

Skriflesing

Matteus 11:2-11

Preek

Kinders vorentoe –
Crackers – wat dink gaan binne wees?
Soms verwag een ding, kry iets anders.
Johannes gebeur – gedink Jesus gaan een ding doen, doen iets anders –
gaan gesels wat gedink – fyn luister.

Eers vertel van Charles Templeton.
Was in 1940’s nabye vriend,
kollega
legendariese evangelis Billy Graham.

Formidabele prediker,
groot skares evangelie verkondig.

Maar begin worstel vrae Christelike geloof.

So erg geraak,
uiteindelik rug op geloof gekeer.
Billy Graham probeer oortuig selfde te doen.
Uit aard van saak opgehou evangelis te wees,
skrywer en joernalis geword.
Kritiek op Christelike geloof verwoord in boek
“Farewell to God: My reasons for rejecting the Christian faith”

Toe hy 83 was, iemand onderhoud gevoer,
gevra waarom rug op geloof gedraai.
Ek het begin nadink oor al die plae wat oor ons planeet swiep
en sonder aansien des persoons mense doodmaak –
dikwels pynlik.
Alle soorte mense ly,
die gewones,
die goeies,
en die slegtes.
Dit het kristalhelder geword
dat geen intelligente mens
kan glo dat daar ‘n God bestaan
wat mense liefhet nie.

Oor Jesus het gesê dat Jesus nie God is nie,
maar die grootste mens wat ooit geleef het,
‘n morele genie.

Sy etiese aanvoeling was uniek.
(het hy gesê)
Hy is die mees wyse persoon wat ek ooit in my leeswerk ontmoet het.
Sy lering is die kosbaarste aspek van my lewe.
Ek weet dit mag vreemd klink,
maar ek eer Jesus.
Hy is die belangrikste mens wat ooit geleef het.
En, as ek dit so mag stel,
ek mis hom”
Het hy gesê.

En op hierdie punt –
so vertel die onderhoudvoerder –
het Templeton se oë vol trane geskiet.
Hy het hardop begin huil.
en geweier om enige iets verder te sê.

Matteus 11 vertel an ‘n soortgelyke worsteling.

Johannes die doper is in die tronk.
Hy hoor alles wat Jesus gedoen het
en stuur van sy volgelinge om vir Jesus te vra
of hý die een is wat sou kom –
of moet hulle nog vir ‘n ander een wag.

Een kant Johannes twyfel baie vreemd –
het as baba in baarmoeder al Jesus erken,
het Jesus gedoop,
moontlik selfs stem uit hemel gehoor
(hoewel natuurlik baie moontlik net Jesus dit gehoor).

Maar op manier kan mens ook verstaan Johannes twyfel.

Eerstens sy omstandighede.
Johannes kondig God groot werke aan,
verkondig koms van Messias,
en beland as gevolg daarvan in die tronk.

Hoekom gebeur dit?
Hy’t tog gedoen God van hom vra.

Tweedens natuurlik nie self Jesus optrede gesien (is in tronk),
hoor wat mense sê.
En wat Jesus doen,
nie wat Johannes verwag het!

Johannes het oordeel gepreek.
Jesus het vergewende liefde gepreek
en God beskryf as gasheer
wat wonderlike partytjie hou
of vader
wat nie oor hard kan kry kinders weg te jaag –
selfs al draai rug op hom.

Johannes gesê mense moet lewe in orde kry voor te laat.
Jesus sê God red –
selfs as al geld op drank en seks mors soos verlore seun,
nog nie te laat.

Terwyl Johannes saam met kerkmense
sprinkane en heuning
in woestyn geëet,
het Jesus saam met skuim van samelewing partytjies gehou –
‘n vraat en ‘n wynsuiper, het die mense van hom gesê.

Johannes gedink Messias oordeel,
mense bevry van sosiale, ekonomiese, politieke onderdrukking.
Buitelandse oorheersers
en korrupte godsdienstige leiers
het God se geduld tot die uiterste beproef.

Nou, nou’s dit tyd.
Nou gaan hulle leer waar Dawid die wortels begrawe het.
Die byl lê klaar teen die wortels van die boom.

Maar Jesus se bediening is nederig,
diensbaar.
Van die heerlikheid van Jesus sien mens amper niks.
Dis nie wat Johannes verwag het nie.
Hy worstel daarmee dat hy nie Jesus se koninklike mag sien nie.

Daarom die vraag:
Is U die Een, of moet ons vir ‘n ander wag?

Ons hoef nie vir Johannes hieroor te veroordeel nie.
Twyfel is deel van die geloofslewe – lees maar net die Psalms.

Iemand het gesê dat mense wat nie twyfel nie,
nog nooit geglo het nie.

Moeder Teresa het geweldige twyfel ervaar.
Maartin Luther het dikwels geworstel met sy geloof.

Almal wat Jesus ernstig neem,
wat werklik glo dat Jesus die seun van God is,
worstel met wie Jesus is
en wat hy doen.

Albert Schweizer skryf:
Dis nie die mens
wat met twyfel worstel
wat struikel nie.
Nee, dit is die mens
wat nie langer worstel
met wie Jesus is nie,
wat struikel.

So Johannes laat stuur sy geloofsvrae na Jesus.
Jesus se antwoord
help almal wat die boodskap van Jesus hoor
en wonder
of hulle regtig in Jesus kan glo.

Jesus beskaam nie vir Johannes omdat hy twyfel nie.
Jesus nooi Johannes uit om te sien, te hoor en te glo.

Eerstens verwys hy terug na die OT profesieë,
wat Johannes ongetwyfeld sou ken.
Onthou, sê Jesus,
die profete het gesê die tyd van die Messias
sal ‘n tyd wees
waar blindes kan sien,
lammes wat loop,
melaatses wat gereinig word,
dowes wat hoor,
dooies wat opgewek word
en armes wat die evangelie ontvang.

Dís wat die profete, o.a. in Jesaja,
oor die Messias voorspel het.
Johannes kan maar rustig wees.
Jesus is die Messias.
Wat hy sê en doen,
is presies wat die profete voorspel het.

Tweedens word Johannes genooi om dieper te kyk.

Dis opvallend hoe belangrik die woord “sien” in hierdie teksgedeelte is.
Word aanmekaar gebruik.
Johannes “hoor” van Jesus in die tronk.
Nou word hy uitgenooi om dieper, meer te “sien”:
Gaan vertel vir Johannes wat julle hoor en sien (v4).

Johannes se persoonlike omstandighede is sleg.
En ons weet dit gaan nie beter raak nie.
Maar hy moenie in sy omstandighede vaskyk nie.
Hy moet verby die tronk kyk,
en die groter prentjie van Jesus se werk sien.
Boosheid word oorwin,
Genesing word bewerkstellig.

Wat Johannes moet leer,
is dat die koninkryk soms anders kom as wat ons verwag.
God kom in nederigheid en diens.

Jesus het sy koninkryk kom vestig
te midde van die werklikheid van die lewe,
van lyding
swaarkry
gevangenskap
armoede
en pyn.

Jesus verkondig nie –
soos Johannes verwag het –
die finale oordeel van God nie.

Dit gaan nie oor oordeel,
oor mag nie,
maar oor medelye en liefde
vir hulle wat uitgestoot is na die rand van die samelewing.

die goeie nuus is vir hulle wat nie gewoond is aan goeie nuus nie.
Geloof is om op God te hoop,
selfs al gaan dit teen jou verwagtinge in,
al is jy in die tronk.

En dit is geluk –
om Immanuel te ken,
om God by jou te sien,
ten spyte van jou persoonlike omstandighede.
Jesus belowe nêrens vir ons dat dit altyd met ons sal goed gaan nie.

Johannes sterf in die tronk.
Maar sy oë het die grootheid van God in Jesus gesien.
Sy ore het die getuienis van die wonderlike werk van die Messias gehoor.

Vreugde is om Jesus aan die werk te sien,
ten spyte van,
of eerder: te midde van,
jou omstandighede.

Wat maak ons vandag met hierdie teks?

Ons vier nou Advent –
tyd van afwagting, koms van koninkryk.
As om ons rondkyk,
dan is daar werklike spanning
tussen wat sien
en wat verwag van Jesus.

Saam met Johannes moet ons leer
dat God se koninkryk dikwels anders lyk as wat ons verwag.
Saam met Johannes word ons genooi om dieper te kyk,
om te sien dat Jesus se koninkryk nou reeds,
elke dag,
hier is.

Saam met Johannes kan ons Jesus se teenwoordigheid raaksien,
ook onskuldig in die tronk.

Tweede ding ons met hierdie teks moet doen,
is Johannes voorbeeld ernstig opneem.

Wanneer begin twyfel,
neem twyfel na Jesus,
vra vraag.

Jesus leef.
Hy leef elke dag met ons.
Net omdat nie kan sien,
beteken nie minder werklik.
Ons mag hom enige iets vra.
Ons mag worstel.

En ons sal ook genooi word om te glo.
Miskien sal ons nie altyd ‘n rasionele antwoord kry nie,
dalk sal ons nie verduideliking kry wat help om omstandighede te verstaan.
Ons kyk in ‘n dowwe spieël.

Maar Jesus is hier.

Laaste reaksie ek wil noem,
God woord ons vra,
is om Jesus te volg.

Beteken wegkyk persoonlike omstandighede,
betrokke raak by wat Jesus doen.

Jesus het God se werk gedoen.
Genesing vir dowes, siekes, armes, lammes.

Kan ons dan ook,
in navolging van hom,
van onsself wegkyk
en lewe lei
wat genesing vir ander bring?

Gardner Taylor is ‘n professor in teologie in VSA.
Vertel in jong dae,
preek Louisiana,
dae van Depressie.

Destyds net begin elektrisiteit Louisiana aan te lê.

Gepreek in plattelandse,
Afro-Amerikaanse gemeente.
Net enkele gloeilampie in die middel van die plafon gehang.
Net-net genoeg gebou te verlig.

Terwyl nog so preek,
gaan krag af.
Alles pikdonker.
As jong, onervare prediker,
Taylor nie geweet wat doen of sê.

Terwyl onbeholpe staan en mompel,
roep een van bejaarde lidmate kliphard
van agter uit kerk uit:
Preek dominee, preek!
Ons kan Jesus steeds in die donker sien!

Gebed
Dankoffer

Lied 355
Seën
Lied 314

     

Trackback from your site.

Leave a comment