Skip to main content

God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39

Jaar van die Bybel 2020
Tema: God se liefde staan onwrikbaar vas – Romeine 8:31-39
Somerstrand 5 April 09:00 Passie Sondag

Verwelkoming en aankondigings

Dit is vandag Palm Sondag, die Sondag waarop ons herdenk Jesus se Intog in Jerusalem. Met die palmtakke wat geswaai is, die klere wat op die grond neergegooi is, die Hosannas wat die skare gesing het, om Jesus as die Koning te ontvang.

Ons noem hierdie Sondag ook Passie Sondag, die Sondag wat die week inlei waarin Jesus se pad onwrikbaar op die kruis van Golgota afgestuur het. Na die worsteling in Getsemane. Die roerende gebed of die beker nie by hom verby kan gaan nie. En die uiteindelike dood aan die kruis op Golgota.

Ek gee aan die einde ‘n skakel na ‘n pdf wat jy kan gebruik om die verhaal van Jesus se laaste week te lees, soos die vier evangelies dit vir ons vertel. Dit is opgedeel in die dae van die week, sodat jy dit van vandag af tot volgende Sondag kan lees.

Ek noem dit Heilige Week. Die mense wat die Prontuit die Waarheid boek het, sal die tekste kan volg in hulle boek. Die ander sal die tekste in hulle Bybels kan volg.

Dankie vir die bydrae wat verlede week gekom het vir die sopkombuis. Theo is baie dankbaar. Theo het vir ons ‘n lysie van benodigdhede gegee vir Willowpark en Barcelona. Jaco het met die Sasol vulstasie gereël dat dit daar gelos kan word.

Hugo het ook vir ons ‘n video gestuur oor die verspreiding van kos in Kaïro. Hulle het 1 300 mense kos gegee. Kom ons luister wat Hugo vertel.

Verjaarsdae: Lang-Piet de Villiers verjaar vandag. Ons wens hom geluk. Ook die ander wat verjaar. Die name is op die webtuiste met die selnommers. Reik uit en wens mekaar geluk.

SKAKEL NA DIE YOUTUBE VIDEO

Votum en seën

Continue reading

Die krag van die kruis – Jesaja 53:3-12

Jaar van die Bybel 2020
Tema: Die krag van die kruis - Jesaja 53:3-12
Somerstrand 09:00 – Goeie Vrydag – 10 April 2020

Intro Psalm 23

Alida Bothma

Verwelkoming

Die lidmate wat die Eenjaar Bybelleesprogram volg van die begin van die jaar af, het vanoggend Psalm 80 gelees. Dit is ‘n uitstekende Psalm vir voorbidding vir mense in die geloofsgemeenskap. Twee keer bid Asaf: “Laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!” (vers 8,20).

Ek wil jou aanmoedig om die Psalm vir jouself, vir jou familie, en vir mense in die breë geloofsgemeenskap te bid: “Laat dit weer met ons goed gaan, verskyn tog tot ons redding!”

Verjaarsdae

Annelie Hattingh en Eben Olivier verjaar vandag. Baie geluk!

Votum en Seëngroet

Genade vir julle en vrede van Hom wat is en wat was en wat kom, die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die Almagtige. (Openb 1:4-8)

Inleiding

Ons het nagmaal sommer so as vanselfsprekend aanvaar, nie waar nie? Jy weet daar is so vier keer ‘n jaar nagmaal. Jy daag net op en dan vra die dominee nog, is iemand oorgeslaan met die brood of die wyn. Jy sal altyd kan eet en drink. Want, dit is waarvoor die nagmaal is. ‘n Viering van ons gemeenskap met mekaar.

Nou is ons ingeperk. Wat gaan ons nou doen? Daar is eintlik nie enige voorbeelde in die geskiedenis van hoe ‘n gemeente die nagmaal kan hou, as hulle nie in dieselfde plek bymekaar is nie. Jy kan nog ‘n soort huisnagmaal hou, of ‘n familienagmaal. Maar, as gemeente?

Dit is nie so eenvoudig nie, nê?

Continue reading

Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18

Jaar van die Bybel 2020
Tema: Ek het die Here gesien – Johannes 20:1-18
Somerstrand 09:00 12 April Paassondag

VIDEO OP YOUTUBE

Verwelkoming

My wêreld, maar is dit nou ‘n plesier om soveel mense van soveel plekke te sien inskakel. Uit Humansdorp, uit Riebeeck-Oos, uit talle plekke in ons land en in die wêreld. Bekendes en vriende wat ons nog moet leer ken. ‘n Gemeenskap van 111 families en lidmate wat gelyk gekyk het na die Goeie Vrydag diens, en aan die einde van die dag 300 keer gekyk is. Die Tenebrae diens het Saterdag al by die 500 kyke getrek.

Continue reading

Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12


Jaar van die Bybel 2020
Tema: Wees eensgesind – 1 Petrus 3:8-12
Somerstrand 09:00 Youtube 3 Mei 2020

Kyk die video hier

Verwelkoming

Welkom, van naby en van ver, of jy alleen kyk of saam met jou mense. Ons is familie in Christus.

Ons het verlede week oor die Woord gesels. Dat ons daarna moet smag soos pasgebore babas na suiwer melk. In my leeswerk hierdie week is ek verder deur die boodskap geroer.

Soos Psalm 19 sê die hele skepping vertel al die eer van God. Die een dag stort vir die ander dag ‘n boodskap uit. Maar die Woord van God is volmaak. Dit maak ons harte bly. Dit gee vir ons wysheid.

Psalm 105 wat ons drie dae lank hierdie week in die Eenjaar Bybelleesprogram gaan lees, sê selfs dat die plae in Egipte “woorde” van God was. Woorde om Egipte te oortuig om die Here te gehoorsaam (Ps 105:27-28). Maar hulle het nie op sy “woorde” ag geslaan nie.

Daar is niks wat met jou gebeur waarin die Here nie is nie. Daar is niks wat met jou gebeur wat die Here nie gebruik om sy wil en wens aan jou bekend te maak nie. Die geheim is om op daardie “woorde” van God te reageer, nie op die gebeure self nie. Om te bid en te vra, wat wil U vir my sê. Hoe wil U hê dat ek moet reageer.

Dit maak ons tyd saam as gemeente so opwindend, want Petrus gaan vir ons vandag verder inlei in wat belangrik is in ‘n tyd soos hierdie. Ons het nou al oor blydskap gepraat en oor die Woord. Vandag gaan ons gesels oor eensgesindheid.

En Hy gaan ons help om die Here se wil te onderskei, sodat ons wat op die oomblik gebeur ook as “woorde” van God kan hanteer.

Continue reading